God's Kingdom Ministries
Serious Bible Study

GKM

Donate

Hoofstuk 1: Vrye wil en God se soewereiniteit

Ek glo hierdie boekie sal hulpvaardig wees om God se soewereiniteit te verstaan en om die hele vraag rondom vrye wil op te los. Blykbaar glo elke Christen dat God soewerein is in die heelal. Aan die ander kant lyk dit of mense se teologie Sy soewereiniteit bevraagteken en ontken dit as mens hulle sou uit vra oor die details. God is soewerein, sê hulle, maar het vir een of ander rede gekies om Sy almag te verminder en die beheer oor Sy hele Skepping op te gee, sodat mens vrye wil kan hê.

Om dinge vêrder te kompliseer, glo baie dat God se hoof engel besluit het-natuurlik met sy eie vrye wil-om God te probeer oorheers. Hierdie Lucifer, of die duiwel, [volgens die algemene siening] het vrye wil gehad, en hy het ander ontevrede engele wat jaloers was of kwaad was vir God, vir wat ook al rede, oortuig om deel te neem aan die rebellie. Die punt is dat dit deur die oorgrote meerderheid geglo word dat beide mense en engele vrye wil het en self kan besluit om te sondig of nie.

Ons sien wel in die Bybel dat mens vermaan word om die goeie te kies en dit wat verkeerd is te verwerp. Deut. 30:19

“Ek roep vandag die hemel en die aarde tot getuie teen julle dat ek die lewe en die dood aan jou voorgehou het, die seën en die straf. Kies die lewe, sodat jy en jou nageslag kan lewe.”

Weer in Josua 24:15, lees ons

“Of as julle dit nie goedvind om die Here te dien nie, kies dan vandag wie julle wil dien: die gode wat julle voorvaders gedien het anderkant die Eufraat, of die gode van die Amoriete in wie se land julle woon. Wat my en my familie betref, ons sal die Here dien.”

Die mens het ‘n wil; ongetwyfeld is dit so. Ons word geroep om keuses te maak deur ons wil. Die regte vraag is eintlik of God se wil enige invloed op die mens se wil het anders as deur oorhaling.

Dit word geglo dat as die mens ‘n wil het, dan moet dit heeltemal vry wees. Die probleem is dat dit wat in Johannes 6:44 geskryf staan daardie idee teenstaan, want dit sê geen mens kan na die Vader kom nie, behalwe as die Vader hom trek nie. Strongs konkordansie sê dat die Griekse woord helkuo beteken ‘om te trek/sleep’, en dit word in die Nuwe Afrikaanse vertaling vertaal as ‘trek’. Johannes 6:44

“Niemand kan na My toe kom as die Vader wat My gestuur het, hom nie na My toe trek nie; en ek sal hom op die laaste dag uit die dode laat opstaan.”

Mens vind die selfde woord in ander dele van die Bybel, soos Johannes 21:6

“Hy sê toe vir hulle, “Gooi die net aan die regterkant van die skuit uit, dan sal julle iets kry.” Hulle het die net toe daar uitgegooi, en vanwee die groot klomp vis kon hulle nie weer intrek [helkuo ] nie.”

Die selfde idee word uitgebeeld wanneer vissermanne hulle nette intrek. Daar is baie vis in die net, en die visse het nie baie vrye wil om te probeer ontsnap as hulle eers gevang is in die net nie. Die visse weet dit nie, maar ons wat meer verstand het, weet dit. Die selfde woord word weer gevind in Jak 2:6

Maar julle behandel die arm man met minagting. Is dit nie die rykes deur wie julle uitgebuit word nie, en is dit nie hulle deur wie julle voor die hof gesleep [helkuo] word nie?

Kom klop die ryk en magtige verdrukkers aan mens se deur en sê, “Dis jou keuse maar ons wil graag hê jy moet na ons hof toe kom want ons wil jou dagvaar.” Ek dink nie so nie. Hulle gee mens nie die ‘vrye wil’ opsie om te wyer nie. Hulle sit jou in boeie en sleep jou voor die hof. Dit is die tema in Jakobus 2, dit beteken om te sleep. Om gesleep te word beteken ook dat iemand of iets nie regtig ‘n sê in die saak het nie. Hulle mag dalk baklei en skreeu soveel as wat hulle wil, maar dit is nie hulle besluit om te maak nie. Iemand met ‘n hoër outoriteit het klaar die besluit vir hulle gemaak, en hulle word gedwing om toe te gee. Johannes. 12:32 sê;

“En as Ek van die aarde af verhoog is, sal Ek almal na My toe trek [helkuo].”

Hier gebruik Jesus ook helkuo; betekende om te sleep. Dit klink nie of mense baie sê in die hele saak het nie. Met ander woorde, as die uitdrukking “om te trek” beteken die ryk en magtiges sleep jou voor die hof of dat die net besig is om die visse in die boot in te trek, dan word die’s wat ‘getrek/saamgesleep’ word se ‘vrye wil’ deur ‘n hoër wil oorheers. Daarom kan ons sê dat as Jesus verhoog is, op die kruis-wat Hy beslis was-dan sal Hy alle mense na Hom toe trek net soos Hy gesê het Hy sal.  

Die vraag is dan watter betrekking het dit met die idea van vrye wil? Die woord “trek/saamsleep” gee regtig nie baie plek vir vrye wil nie. Is daar ‘n manier om hierdie stellings van God se soewereiniteit met ander tekste te versoen wat ons vermaan om te kies? Ons kan nie sê dat enige iets in die Skrifte in teenstryd is nie. Daar moet ‘n manier wees om hierdie skynbaar weersprekende verse te versoen.

Die standpunt van hierdie boek is dat mens ‘n wil het maar dat dit nie ‘vry’ is soos in die algemene aanvaarde sin daarvan nie. Die vryheid daarvan is onderwerp aan God se wil. Mens se wil het God-gegewe outoriteit, maar nie soewereiniteit nie. Die soewereine wil van God is baie magtiger as ‘n mens se wil. Die mens se wil word maklik gemanipuleer deur duisende faktore buite sy beheer, beginnende met die basiese feit dat hy geen keuse gehad het om gebore te word of kon kies tot watter familie, ras, nasie, of godsdiens om te behoort nie. Na dit word hy geleer deur die wil van ander-veral sy ouers. Ouer skaplike leiding en vermaning manipuleer die wil van ‘n kind en vorm dit volgens die wil van die ouers. Na dit gaan die kind skool toe, waar sy wil vêrder gemanipuleer word deur onderwysers en ander studente. Bowenal, is daar die wil van die regering wat weet hoe om die kind te manipuleer om ‘n sekere standaard van gedrag te handhaaf. Die punt is dat ons ‘vrye wil’ eintlik die som totaal is van miljoene manipulasies wat in die onderbewussyn vasgesteek het. Dit bepaal ons vermoë om te onderskei en om besluite deur die lewe te maak. Wat ons dink is ‘vrye wil’ lyk skielik nie meer so vry soos ons daarvan hou om te dink nie.

Mense se manipulasie is een ding, maar wat van God se wil in al hierdie dinge? Manipuleer God ons op enige wyse, of bly Hy vêr en afsydig terwyl mans en vrouens al die manipulasie doen?

Ons weet dat God ons leer en lei deur Sy Gees. Daar is te veel voorbeelde daarvan in die Bybel om dit te ontken. Wanneer Hy ons as Sy kinders dissiplineer, manipuleer Hy nie ons wil om soos Syne te gehoorsaam nie? As die wet oordeel en straf vir ongehoorsaamheid dreig, word dit nie afgedwing nie? Is sulke afdwinging nie ‘n beperking op mens se ‘vrye wil’ nie?

As ons besluite neem gebaseer op beperkte kennis, kan God nie daardie besluite verander deur ‘n openbaring of woord van kennis nie? Saulus wou die Christene in Damaskus vervolg [Hand.9] maar God het ingegryp en hom die kennis van Homself gegee. Dit het sy wil oorgehaal, en Saulus was bekeer. God was nie daardie dag afsydig nie. Hy was nie hulpeloos gelaat deur die ‘vrye wil’ van Saulus nie. Dit bring die vraag ingedagte: As God die hart van Saulus kon verander deur ‘n uitvoering van Sy soewereine wil, hoekom doen Hy dit dan nie met alle mense nie? Die enigste rede hoekom mense nie Jesus Christus lief het nie is mos oor hulle hom nog nie ken nie?

Dit is duidelik dat God Homself nie aan alle mense openbaar soos Hy met Saulus gedoen het nie. Dit is nie vir ons om God hieroor te bevraagteken nie, maar om te probeer verstaan hoekom Hy Homself aan party openbaar en nie aan ander nie, Johannes 6:37

“Elkeen wat die Vader aan My gegee het, sal na My toe kom, en Ek sal hom wat na My toe kom, nooit verwerp nie.”

Wie ook al die Vader aan Christus gegee het, sal na Hom toe kom. Hoe weet ons dit? Omdat die wil van God deur Sy krag gestaaf word. Hy is instaat om Sy wil op aarde te doen. Hy is nie hulpeloos omdat mens ‘n wil het nie. Hy het steeds meer krag, meer intelligensie, en meer soewereiniteit as enige mens op aarde of enige geestelike wese. Sy redes waarom Hy Homself nie aan alle mense openbaar nie strek buite die boek, maar die feit is dat Hy soewerein bly en dat Sy wil nie enigsins deur die wil van ‘n mens verhinder of verander kan word nie-nie eers in die saak van persoonlike redding nie. God kan dadelik alle mense tot die kennis van hul redding bring deur aan hulle te verskyn en Homself te openbaar.

Die wat besluit om na Christus te draai uit hulle eie ‘vrye keuse’ is die mense wat die Vader Homself aan geopenbaar het. Hy openbaar Homself aan die wat Hy aan Jesus Christus gegee het deur die voorafbepaalde wil van God. “Elkeen wat die Vader aan My gegee het, sal na My toe kom.” Daar is Iemand agter die skerms Wie hierdie mense geroep het en Homself aan hulle openbaar het. Daarom is hulle reaksie, “Ek wil na Christus toe kom.” Hulle dink dis alles deur hulle eie vrye wil, maar God het tog ‘n rol in die agtergrond gespeel en het gekies om anoniem te bly.

Dit maak nie die mens se wil tot niet nie. Dit hou egter die mens se wil ondergeskik aan die wil van God. Wanneer God Homself aan ‘n mens openbaar maak, vind hy dat God onweerstaanbaar is. Hy wil in so ‘n God glo, en dan doen hy dit deur sy eie menslike wil. Die mens se wil is nie heeltemal vry nie, maar dit bestaan, en dit is ‘n faktoor.

Om ‘n ander scenario as voorbeeld te gebruik, as ‘n man in ‘n afgeleë deel van die wêreld gebore is en nog nooit van God gehoor het nie en God openbaar Homself nie aan daardie man nie, kan dit nie gesê word dat hy God uit sy eie vrye wil verwerp het nie. Dit kan wel gesê word dat God kies om Homself nie aan daardie man in hierdie huidige tyd te openbaar nie. Soos ons deur ander leringe gewys het, sal God Homself aan elke mens openbaar op die regte tyd. Hy het nie gekies om die meerderheid van die mensdom in die hel te werp en te laat brand verewig nie, soos ‘n geharde Calvinis sal leer nie. Calvin het wel ‘n openbaring van God se soewereiniteit gehad, maar nie die openbaring van die herstelling van alle dinge nie. Dus was sy lering ongebalanseerd en het God as ‘n hartelose monster voorgestel.   

Die’ wat God gekies het om Homself aan te openbaar, daardie sal Hom kies deur hulle eie vrye wil. God stuur hulle paadjies sodat hulle wel een of ander tyd Hom kies.

Omdat God nie direk ons menslike wil vooruitgaan nie, is dit maklik vir ‘n mens om te dink dat daardie wil vry is. Ons staan op hierdie illusie van vrye wil in ons onvolwassenheid. Wanneer ons eers begin groei en verstaan wie God is, sien ons dat Hy regtig die Soewerein van die heelal is. Hoe meer ons Hom leer ken, hoe meer soewerein word Hy vir ons, en hoe minder vrye wil  blyk ons te hê.

Die Teologie Van Vrye wil  

Die vraag verander: Hoekom voel mense die behoefte om God se soewereiniteit te bevraagteken en hulle eie vrye wil te vestig? Wat sit agter die behoefte om Sy soewereiniteit te bevraagteken? Wat is die motief daaragter wat so sterk is dat mense absoluut genoodsaak voel om vrye wil te behou, en sonder dit val hulle hele wêreld uitmekaar? Daar is drie basiese motiewe vir die onderhouding van vrye wil  onder die mense.   

Trots

Die eerste element is die menslike trots en mens se behoefte om iets uit sy eie uit te doen om gered te word. Die mens wil hê God moet dink dat hy [mens] na Hom toe gekom het op eie inisiatief, sodat God gelukkig sal wees met die mens se besluit. Met ander woorde, hy sê, “Ek het ‘n deel in my redding. Dit is ‘n gesamentlike poging tussen my en God. God kan niks doen sonder my nie, net soos ek niks sonder God kan doen nie.”

Ons hoor baie van hierdie ‘gesamentlike poging’. Sekerlik behoort ons wil in ooreenstemming met Sy wil te wees. My vraag is die: Wie is dit wat die idea in ons harte geplant het om met God saam te werk? Kon ons dit gedoen het sonder ‘n voorafbepaalde werk van God? Kon ons tot by God kom sonder die leiding en trek krag van die Heilige Gees? Ek glo nie dat ons dit sou kon doen nie. Die doel van die Heilige Gees is om ons die openbaring te gee sodat ons met God kan ‘saamwerk’.

Daarom dan het Christen-gelowiges geen rede om trots te wees op hulle besluit om Christus te volg nie. Hulle moet eerder ‘n houding van dankbaarheid aanneem dat die Heilige Gees hulle geroep het. Hulle mag ook nie geaffronteer voel as God ander mense ook roep nie.

Die Adamiese Self-Lewe

Die tweede motief agter die idea van vrye wil  is dat die Adamiese self-lewe nog steeds baie lewendig is. Die self-lewe wil homself onderhou en aan die lewe bly. Dit wil nie dood gaan nie. Dit is die vleeslike gesindheid en dit gebruik mens se ego om op die mens te fokus. Dit maak mens se wil die oorsprong van al sy besluite. Mens word die maat van alle dinge, soos filosowe sou sê. Eintlik is dit ‘n vleeslike uitkyk op die wêreld.

Die vleeslike gesindheid of bewussyn wat ons van Adam oorgeërf het, het ‘n sterk sin van self-onderhouding. Dit wil nie saam met Christus gekruisig word nie. Dit wil lewe sodat dit sy eie wil in ons lewens mag uitoefen. Die menslike wil is die primêre uitdrukking van die ‘ou man’[ Rom. 6:6]. Die’ wie sterk vashou aan die idea van ‘vrye wil ’ besef nie dat dit die ‘ou man’ is wat vir sy oorlewing baklei nie. Dus, om die vryheid van daardie uitdrukking te weerhou van die mens, is vir hom ondenkbaar. Maar in realitiet is so ‘n denkwyse ‘n vrug van die vlees en nie die Gees nie.

Om God In ‘n Bose Wêreld Te Regverdig

Derdens, en miskien die belangrikes vir ons doel: Die rede vir die vrye wil  idea is die behoefte om die bestaan van boosheid en duisternis in die wêreld te verduidelik wat God nie aanspreeklik daarvoor maak nie. Met ander woorde, as God soewerein is [word ons gevra] hoekom laat Hy al die menslike swaarkry toe? Mense wys altyd al die verskriklike gebeurtenisse op aarde wat altyd aan die gebeur is, uit. As God regtig soewerein is, dan hoekom doen Hy nie iets omtrent die wêreld se probleem nie? Sekerlik kan Hy nie verantwoordelik gehou word nie! Bose mense is verantwoordelik en nie God nie.   

Christelike teoloë en filosowe het twee hoof konsepte as oplossings vir hierdie derde vraag voorgestel. Een groep sê hulle verstaan nie regtig God se doel met boosheid nie, maar hulle weet dat God alle dinge ten goede laat meewerk[ Rom8:28]. Met ander woorde, God skep die kwaad [Jes. 45:7; Amos 3:6] maar altyd vir ‘n goeie doel op die ou end.

Die ander oplossing is dat God glad nie verantwoordelik is nie, dat alles deur die mense veroorsaak word en/of deur die duiwel wat hulle inspireer. Dit behou die soewereiniteit van die mens of die duiwel en maak God ‘n hulpelose toeskouer en helper van die mensdom wanneer hulle vir hulp vra. 

Mens Se Wil Reageer Op God Se Wil

Wie ook al die aksie aan die gang sit, het die grootste wil. As mens die aksie aan die gang moet sit, en God net op die mens se gebede kan reageer, dan is mens se wil groter as God sin. Dan manipuleer mens vir God en God gee toe aan die wil van mens. Dit kom alles neer op ‘n vraag van wie dan God is? Is mens God? Of is die Skepper steeds God?

Maar as God die werk begin, en die mens reageer deur sy menslike wil, dan is God nog God. Maar as God die een is wat reageer, dan is mens sy eie god, en die Skepper is sy magtige maar gehoorsame dienskneg. 

Jeremia het iets hieroor te sê gehad. : Jeremia 31:18

“Ek het duidelik gehoor hoe Efraim kla: “U het my gestraf, ek is ingebreek soos ‘n kalf wat mak gemaak is. Bring my terug na U toe dat ek my kan bekeer, want U is die Here my God.”

Deur die Gees vergelyk Jeremia vir Efraim met ‘n kalf wat tot inkeer moes kom, asof hy sy meester bid om hom in ‘n ander rigting te stuur. Om tot inkeer te kom of bekeer te word, beteken om belydenis te doen, om in ‘n ander rigting in te gaan. Maar die bul kan nie ‘n ander rigting inslaan tensy sy meester hom daarheen draai nie. Met ander woorde, die boer is die een wat verantwoordelik is om die bul op die regte koers te hou soos wat dit ploeg in die veld. Hierdie spesifieke bul is die stam van Efraim. [Deut. 33:17].

God word duidelik as ‘agter die stuur’ uitgewys. Hy is die Een wat vir die beheersing van die bulkalf verantwoordelik is. So Jeremia wys dat God alles moet begin-anders sal dit nie uitgevoer word nie. Die bulkalf sal dan deur sy eie wil reageer op die wil van sy heer.

Jeremia 17:14 sê ook vir ons:

“Maak U my gesond, Here, dan sal ek gesond wees! Bevry U my, dan sal ek vry wees. Dit is vir U wat ek wil loof.”

Weereens wys die profeet vir ons dat God die een is wat die werk begin. Niemand van ons sal gered word as God nie eers iets doen om die mens se reaksie aan te hits nie. Niemand kan na die Vader toe kom, as die Vader hom nie trek nie. As God van die begin af ‘n gebeurtenis bepaal het [noem dit voorbestemming as jy wil], as Hy oor iets besluit het en dit verordineer het, dan gaan dit gebeur, MAAR dit sal lyk of dit op natuurlike wyse gebeur het of deur die wil van die mens.

Weereens, wie is die oorsaak en wat is die effek? Mens se vlees kan niks goeds begin nie. In my vlees woon niks goed nie. [ Rom. 7:18]. Jakobus 1:17 sê “Elke goeie gif en elke volmaakte gawe daal van bo af neer.” Een van die grootste gawes wat God ons kan gee is die geskenk van bekering. Rom 2:4 “...dat die goedheid van God jou na bekering wil lei.” As God ons lei om ons sondes te bely en begin om ons na die Vader toe te trek, dan moet ons ophou om ons menslike wil soveel krediet vir bekering te gee. Ons moet God dank en prys dat Hy ons hierdie goeie en volmaakte gawe geskenk het.   

As God ons nie terugdraai nie- wat veroorsaak dat ons reageer deur na Hom toe te draai- is daar geen manier wat ons ooit in Hom sal wil glo nie. Dus, die blote feit dat jy die begeerte in jou hart het om God te ken is bewyse dat God klaar iets in jou hart bewerk het. Daar is geen rede om te twyfel of wonder of God jou regtig geroep het nie. Natuurlik het Hy; andersins sou jy geen belangstelling daarin gehad het om God te ken nie-selfs nie eers om hierdie tipe boek te lees nie.

As God jou na Hom toe trek en Homself aan jou openbaar, wat veroorsaak dat jy na Hom toe draai, word dit deur jou ‘vrye wil ’ gedoen? Mens wil altyd die eer hê vir sy aanvaarding van God en die belydenis van Jesus Christus as sy redder, asof sy redding gebaseer is op sy eie wils besluit. Vir baie teoloë is dit die enigste ding wat redding enige waarde gee. Hulle glo dat as God Sy wil uitoefen of inmeng op enige manier met die mens se besluit om na God toe te kom is dit op een of ander manier teen die natuur van God. Maar daardie teologie is net ‘n filosofie van mense, want daar is geen Skrif wat dit leer nie. Die term ‘vrye wil ’ bestaan nie eers in die Skrif nie. Dit is net ‘n tradisie van die mense.

 Johannes 1:11-12

Hy het na Sy eiendom toe gekom, en tog het Sy eie mense Hom nie aangeneem nie. Maar aan almal wat Hom aangeneem het, die wat in Hom glo, het Hy die reg gegee om kinders van God te word.”

So vêr klink dit of mens ‘n vrye wil het. Maar dan gaan Johannes aan in vers 13,

Hulle is dit nie van nature nie, nie deur die wil van die vlees of die wil  van ‘n mens nie, maar van God.”

Dit is nie die wil van die vlees nie; dit is nie die wil van die mens nie; dit is nie eers sy bloedlyn nie. Dit word net gedoen deur die wil van God. Van al die evangelie skrywers, maak Johannes dit die duidelikste dat God soewerein is. Was Johannes onkundig oor die debat oor vrye wil ? Nee, want daardie saak was gedebatteer in daardie dae, net so baie soos in ons eie.

Daar was drie Joodse groepe met hul eie denkwyse in daardie dae. Die Essene het geglo dat God totaal soewerein was. Die Sadduseërs het geglo dat mens totale vrye wil het. Die Fariseërs was in die middel, en het geglo dat God mense ‘help’ om goed te doen. Hierdie selfde denkwyses is oorgedra aan ons vandag, en die debat gaan voort in elke Bybel-skool.     

God voer alle dinge deur die raadsbesluit van Sy eie wil uit. Ef. 1:11

“Deur Christus het ons ‘n erfdeel ontvang as deel van die volk van God, soos Hy dit vooruit al bestem het. So het Hy Hom dit voorgeneem, Hy wat alles laat gebeur volgens Sy raadsbesluit.”

Om God te ontneem van enige verantwoordelikheid vir die boosheid in die wêreld, voel baie Christelike teoloë die behoefte om God van Sy soewereiniteit te stroop. Eerste gee hulle die soewereiniteit aan God, en dan neem hulle alles terug en gee meeste daarvan aan die duiwel en die mens. Om tot die logiese gevolgtrekking te kom van vrye wil : Dit neem alle soewereiniteit van God af weg en laat Hom kragteloos om enige iets te verrig, asof Hy op die kantlyn staan en mense dreig met ewige straf. Hy staan sommer daar en hoop en hoop en hoop dat iemand tog nou sal luister, maar Hy kan mos nou nie eintlik iets doen nie. Terwyl hulle geloof in God bely met hulle lippe, gaan hulle huis toe met die geloof dat God regtig ernstige hulp nodig het om Sy doel vir die aarde te behaal…

Ek dink meeste mense stem saam dat God dit nie hierdie manier hoef te gedoen het nie, as Hy aan die begin so gekies het nie. Meeste sê tog het Hy dit so gedoen, omdat, vir een of ander misterieuse rede glad nie in die Bybel verduidelik nie, moet Hy mens se vrye wil  behou. Party gaan so vêr om aan te dring dat God ook aan engele vrye wil  moet gee. Onthou dat ons geleer word dat die duiwel op sy eie inisiatief, met sy eie vrye wil  gesondig het. So met gevalle engele wat rond en bond in die gees hulle vrye wil uitoefen, en die mens wat in die wêreld so maak, word God uit Sy eie heelal geskuif.   

Dit sou ongelooflik vir my wees as God werklik op die kantlyn staan, Sy hande uitwring, in die hoop dat iemand na Hom toe sal kom. Hy staan daar in afwagting en wanhoop wanneer dinge nie gebeur soos Hy wil hê dit moet nie- maar die duiwel het niks sulke beperkinge nie. “Die duiwel het in my oor gefluister”, omdat hulle sê die duiwel is nie ‘n fatsoenlike, ordentlike man nie, maar God is. God het die reëls wat Homself en Sy wil in die skepping verhinder neergelê, en die duiwel het vrye wil, sê hulle, selfs as God nie het nie. Die duiwel het geen reëls vir homself nie, so hy mag maak soos hy wil en sy wil op enige iemand afdwing.

Wanneer die Gees van God in jou woon, dan sondig jy steeds uit jou eie vrye wil, reg? Maar as die duiwel in jou woon en jy sondig, dan het jy glad nie vrye wil nie-die duiwel het jou dit laat doen. Hoekom so? Ons word vertel dat die duiwel die menslike wil kan oorheers, maar nie God nie. Is daar nie miskien iets…fout met hierdie siening nie? Gin wonder dat die duiwel op die ou end dan ten minste 99% van die mensdom win nie?

Wie Is Regtig Soewerein Hier Op Aarde?

Het die duiwel die almag oorgeneem, en het God teruggetrek? Is dit die tipe God wat ons dien? Wanneer jy ‘n oomblik neem en daaroor nadink: Om vrye wil  net so in die mens te los skep ‘n angswekkende situasie in die wêreld! As God op die kantlyn staan en nie mens se wil kan oorheers nie, dan hoe kan God enige iets profeteer? Daar is boeke daarbuite vandag wat selfs met daardie veronderstelling saamstem. Hulle sê, “Dis reg, selfs God weet nie eers wat gaan gebeur nie want die mens het nog nie besluit nie, en die duiwel het ook nog nie besluit nie.” God het geen beheer oor die situasie nie, sê hulle, en daarom weet God nie alles nie.

Wel, dalk weet hulle gode nie alles nie, maar my God doen. Ons dien nie die selfde God nie.

Ons kan dalk ons self afvra, hoeveel vrye wil  het die apostel Paulus gehad to hy bekeer is? ‘n Lig het verskyn en hom op sy rug gegooi, die lig het in sy oë geskyn, hy het ‘n stem uit die hemel met hom hoor praat. Sit jouself in sy skoene. Sou jy ‘nee’ gesê het? Paulus het homself die grootse van alle sondaars genoem in 1 Timotheus 1:15. God het die grootse sondaar gered deur hom op die grond te gooi, hom opgekommandeer, en gesê. “Van nou af sal jy My volg,” dus het Hy heeltemal Paulus se vrye wil  oorheers. Dit is ‘n uitsondering op die reël. Maar vra vir jouself een ding: wat as God dit met elke mens op aarde sou doen? Hoeveel ongelowiges sou daar vandag in die wêreld wees?  

As die reëls van vrye wil van die begin af gevestig was, het God dan seker maar dit eenkant toe geskuif toe dit by Paulus gekom het. Dit is nie regverdig nie. Hoe kan enige iemand glo dat God regtig die hele mensdom wil red, maar dat Hy Homself net aan ‘n paar openbaar? As Hy regtig die hele mensdom liefhet, sou Hy nie met alle mense wou doen soos met Paulus nie? Natuurlik. En Hy sal dit doen in Sy tyd, soos ek in my boek, Creation’s Jubilee, verduidelik het.

Die punt van die saak is, dat as God elke mens op hierdie einste dag wou red, Hy dit baie maklik sou kon doen. Al wat Hy sou moes doen is om te herhaal wat Hy met die apostel Paulus gedoen het. Hy sal almal op hul rug gooi en sê, “Ek is Jesus Christus vir wie jy vervolg.” Wie sou met Hom stry? Kyk na ‘n paar kleiner situasies ook. Elke keer wat daar ‘n regte herlewings vergadering is, wanneer jy die Heilige Gees sien beweeg in volle krag, sien jy hoe mense bekeer word en hul sondes bely. Hoekom doen God dit nie die heeltyd nie? As Hy het, sou ons nie die situasie in die wêreld hê wat daar vandag is nie, maar Hy het nie gekies om dit so te doen nie.

Wanneer die wêreld kom en sê dat hulle nie glo in ‘n God wat toelaat dat al hierdie bose dinge gebeur nie, het hulle dalk ‘n punt want God kan dit op enige oomblik stop wat Hy kies. Maar die kerk hou nie van daardie oplossing nie.

Hulle oplossing is dat God nie verantwoordelik is nie want Hy is eintlik hulpeloos. Wees verseker: God is nie hulpeloos nie. God is soewerein, en Hy kan die effek van boosheid op enige tyd verander wat Hy wil. Die wêreld is partymaal meer geregverdig as die kerk, want ten minste neem hulle aan dat God regtig soewerein moet wees as Hy regtig God is. Die Kerk wil dikwels Sy soewereiniteit afwater, tot op die punt waar God ‘n hulpelose, magtelose reus in die lug is.

Die vraag word nie opgelos deur die soewereiniteit van God weg te neem nie; die vraag word opgelos deur te verstaan hoekom god dinge op die manier doen soos Hy doen. Dit neem baie meer studie en werk en kennis van wie God is om te verstaan wat die regte oplossing vir die wêreld se probleme is.

Die Bybel leer baie duidelik dat alle mense gered sal word, maar elkeen in sy eie orde 1 Kor. 15:22-28). Ek weet nie hoekom God my in hierdie tyd gekies het om na Hom toe te draai nie, terwyl Hy wag vir die era wat kom voor Hy die res na Hom toe sal laat draai nie. Dit is ‘n saak van God se raadsbesluit alleen. Maar die Skrif onthul baie keer dat die hele mensdom aan die einde versoen sal wees, en dat die doel van Sy oordeel is om mens te korrigeer, nie om hulle verewig te straf nie. Waar dit lyk of God ‘ewige’ oordeel vonnis, is die woord aionian,  ‘‘n tydperk’, dit beteken nie nimmereindigend nie. Vir verdere bewyse hiervan, sien my boek The Judgments of the Divine Law.

Sonde Word As Skuld Gereken

Ons weet dat alle sonde as skuld gereken word. Wanneer ons sondig, ontvang ons ‘n skuld eis aan die wet. Die wet is opgestel met verantwoordelikheid-wette, so dat as jy teen jou naaste sondig, jy hulle vergoeding skuldig is. Daarom is dit gereken as skuld. Dit is hoekom Jesus die dissipels geleer het om te bid: “Vergeef ons ons skuld, nes ons ons skuldenaars vergewe.” [Matteus 6:12]. Lukas se weergawe sê, “Vergeef ons ons SONDES, want ons vergewe ook elke een wat ONS IETS SKULDIG IS.” God reken sonde in terme van skuld.

Op ‘n mens se manier van dink, hou skuld verewig en ewig aan. Dit is altyd ewigdurende marteling en straf. Maar God se wet is nie so nie! [En dan het mens die vermetelheid om te sê dat die Ou Testament God koud en genadeloos was!] Ons is soos die man in Matteus 18 wat tien duisend talente geskuld het, ‘n massiewe bedrag wat hy nie kon betaal nie. So die man, sy vrou, hulle kinders, en alles wat hulle gehad het, was verkoop vir betaling.

“Daarom kan die Koninkryk van die hemel vergelyk word met ‘n koning wat besluit het om saam met sy amptenare die boeke deur te gaan. Toe hy daarmee begin, is een amptenaar na hom toe gebring wat tien duisend talente geskuld het. Hy kon dit nie betaal nie, en daarom het die koning beveel dat hy en sy vrou en hulle kinders en alles wat hy het, verkoop en die skuld betaal moet word.”

Dink hieroor. Adam het ‘n vrou, kinders en heerskappy oor die aarde ontvang. Dit het ‘alles wat hy gehad het’ verteenwoordig-die hele aarde. Hy het egter gesondig en toe is alles wat hy gehad het verkoop aan die sonde, en die sonde het die rekening [skuld brief] gehou tot Christus die skuld kom betaal het. Omdat Christus ons rekening kom betaal het, het ons nou Sy slawe geword [Rom. 6:18] nes Paulus homself beskryf in Rom 1:1.

“Van Paulus, ‘n dienskneg van Jesus Christus, ‘n geroepe apostel, afgesonder vir die evangelie van God.”

Die skuldenaar in die vergelyking hierbo was genade verleen toe hy om vergifnis vra. Hy het dit verloor deur te weier om ‘n ander man se skuld te vergewe, want as ons ander oordeel, sal ons geoordeel word deur die selfde maat [Mat. 7:1, 2]. Gelowiges sal ‘gered word asof deur vuur heen’. [1 Cor. 3:15]. Jesus het gesê dat sommige van Sy diensknegte geoordeel sal word met ‘min slae’ en party met ‘baie slae’, afhangende van hoeveel kennis hulle van Sy wil gehad het  [Luke 12:45-48]. Dit beteken nie hulle sal hul redding verloor nie, maar dat hulle verantwoordelik gehou sal word tot ‘n sekere mate by die Groot Wit Troon oordeel, wanneer al die dooies opgewek word-party in die lewe in, en party vir die oordeel [Johannes 5:28, 59].

Die vergelyking hierbo is dus onvoltooid, want die punt van die vergelyking was om die gelowiges te waarsku dat hulle hul naaste moet vergewe wat teen hulle sondig, nes God hulle vergewe het omdat hulle teen Hom gesondig het.

Die Jubel-Jaar Skryf Alle Skuld Af

Hoe lank was die skuld teen die man geldig in die vergelyking in Matteus 18? Daar is ‘n Jubel-Jaar wat alle verantwoordelikheid vir skuld beperk. Dit is God se wet. Ons het nie die outoriteit of die soewereiniteit wat ons sou toelaat om ons self so diep in skuld te kry dat die Jubel-Jaar ons nie kan vrymaak nie. Ons het nie die reg nie, en het nog nooit die reg of outoriteit gehad nie, want ons besit ons nie. Jy besit nie jouself nie. Jy het beperkte outoriteit oor jouself, en wanneer jy trou, staan jy nog meer van jou outoriteit aan jou eggenoot af.

Eienaarskap behoort aan God. God besit; ons het net beperkte outoriteit. Wanneer ons praat van eienaarskap-soos wanneer ons sê dat ons ‘n stuk grond of ons huis besit-moet ons besef dat in die oë van God besit ons nie regtig daardie eiendom nie. God besit al die grond [Lev. 25:23]. Ons outoriteit daaroor is altyd beperk deur God se soewereiniteit en Sy wet. God het so ook wette wat ons verantwoordelikheid om die skuld af te betaal, beperk. Wanneer ons skuld maak, is daar ‘n tydperk om die skuld oor af te betaal. Maar daar is ‘n Jubel-Jaar wat die verantwoordelikheid vir al die skuld beperk.

Dit word deur God se Almag gedoen. Dit is gerusstellend vir my om te weet in hierdie tyd van boosheid en sonde-skuld, wat deur so baie gemaak word, want dit maak nie saak of hulle ‘n triljoen of ses dollar skuld nie. Die Jubileum kan alles hanteer. Daar is geen bedrag skuld waar die Jubel wet nie meer van toepassing op jou is nie. Die Jubileum sal skuld van ses-dollar kanselleer asook ‘n rekening van ‘n triljoen-dollar, met net een beweging van die pen. Dit is God se wet, en Sy Wet is genadig.

So ons stel die vraag: Kan God elke mens red op die selfde manier as vir Paulus? Of, was die wet van vrye wil  op sy gesit in die geval van Paulus? Het Paulus enige voorrang by God gehad? As God Sy mag om die grootste van sondaars te bekeer en sy sondes te laat bely, gedemonstreer het, hoekom doen Hy dit nie meer male nie? So as God nie Sy soewereiniteit uitoefen om nou dadelik almal te red soos vir Paulus nie, wie is dan verantwoordelik vir verlore siele?