Latest Posts
View the latest posts in an easy-to-read list format, with filtering options.
Die goddelike wet erken twee soorte huweliksverhoudings. Dit word die beste geïllustreer deur Hagar en Sara, wat Abraham se vrouens was. Die apostel Paulus stel hierdie twee vroue uiteen in Gal. 4, en sê dat hulle die twee (huwelik) verbonde verteenwoordig. Hierdie boek is ongetwyfeld die eerste van sy soort deurdat dit baie tradisionele sienings oor die huwelik uitdaag en die ideale huwelik uiteensit om op die Nuwe Verbond gebaseer te wees.
Category - General
Mans en vrouens is nie net verskillend nie, maar ook nie volledig of heel op hul eie nie. Hulle het mekaar nodig om die denke van God te ken. Dit is al so vandat God Adam en Eva van mekaar, in twee aparte liggame, geskei het. Hoekom het God hulle geskei? Sou dit nie beter wees as man en vrou een was in alle liggame, om die twee perspektiewe saam te behou nie? Om dit te beantwoord moet ons die fondasies van die huwelik, soos God dit sien, ondersoek.
Kom ons vergelyk die name Yahweh en El Shaddai. God het in Exodus 6: 2-3 met Moses gepraat en hierdie twee name aan hom genoem. God het met Moses gespreek en vir hom gesê:
“Ek is die Here [letterlik ‘Yahweh’], en Ek het aan Abraham, Isak en Jakob verskyn as God, die Almagtige [letterlik El Shaddai] maar met My Naam, die Here, het ek my nie aan hulle bekend gemaak nie.”
Dit is ‘n baie belangrike openbaring. Die naam van Yahweh was eerste aan Moses geopenbaar, baie eeue na Abraham, Isak en Jakob. Moses was die skrywer van die eerste vyf boeke van die Bybel [Torah] en daarom sien ons dat hy gedurig die naam van Yahweh in Genesis ingevoeg het. Dit wys nie daarop dat die naam Yahweh al in daardie dae openbaar was nie, maar eerder dat Yahweh aktief gewerk het gedurende daardie tyd. Die eerste keer wat die naam Yahweh gebruik word verskyn in Genesis 2:4:
“Dit is die geskiedenis van die hemel en die aarde toe hulle geskape is. Die dag toe die Here God [Yahweh Elohim] die aarde en die hemel gemaak het…”
Daarom weet ons dat Yahweh, gewoonlik genoem die Here of God in Bybelse teks, die Skepper was van hemel en aarde, selfs al het Hy Homself nie met hierdie naam bekend gestel vir die eerste 2,500 jaar van Adamiese geskiedenis nie. In Genesis 17:1 vind ons ‘n baie besonderse vers:
“Toe Abraham negen-en-negentig- jaar oud was, het die Here [die Here Yahweh] aan Abraham verskyn en vir hom gesê, “Ek is God, die Almagtige [El Shaddai], wandel voor My aangesig, dan sal jy opreg wees.”
Yahweh het vir Abraham gesê, “Ek is El Shaddai”, met ander woorde, El Shaddai is ook Yahweh. Albei is die selfde God, maar Hy gebruik al twee name; afhangende van die geleentheid. Daar is net een God, maar Hy gebruik maar as een naam en het meer as een manifestasie. El Shaddai is die naam wat God gebruik om die goddelike karakter van moederskap te manifesteer.
Die Hebreeuse woord ‘Shad’ beteken ‘die borste van ‘n vrou of dier’, volgens Strongs #7699. Dus, die naam verteenwoordig die vroulike of moederlike kant van God se karakter. Die Hebreeuse woord ‘el’ beteken [meer letterlik as ‘God’] een wat mag het oor ‘n ander. God het byvoorbeeld in Exodus 7:1 vir Moses gesê,
“Kyk, Ek stel jou as ‘n god oor Farao, en jou broer Aaron sal jou profeet wees.”
Dit beteken dat God vir Moses geestelike outoriteit oor Farao gegee het. Farao was dus die dienskneg van Moses, al sou Farao dit nie erken nie. In die meervouds vorm is ‘el’, Elohim, wat ook vir die Rigters van Israel gebruik is [Exodus 21:6 en 22:8-9]. So El en Elohim beteken een wat almagtig is.
Die naam El Shaddai verteenwoordig die Here as die Almagtige Een met Borste, die God wat geboorte geskenk het aan die skepping, en die voeder en beskermer van haar kinders, veral gedurende hulle jonkheid. Daarom is dit die naam wat God Homself mee geopenbaar het in die vroeë dae van die mens se geskiedenis, toe mens nog ‘jonk’ was. Na omtrent 2,500 jaar is Moses deur God geroep en Hy het Hom met die Naam Yahweh voorgestel. Hy het nou Homself as Vader openbaar omdat die ‘kind’ groter geword het en ‘n ouderdom was wat die ferm hand en dissipline van sy Vader nodig gehad het. Yahweh is die wet-gewer. Paulus sê in Galasiërs 3: 24,
“Die Wet was dus ons tugmeester na Christus toe, sodat ons geregverdig sou word uit die geloof.”
Die doel van die Wet is om ‘n tugmeester/leeraar te wees om ons die verskil tussen reg en verkeerd, sonde en geregtigheid, te leer. Sonder dissipline, sal ‘n kind se karakter nooit ontwikkel om respek vir ander en die regte van hul naaste se eiendom of besittings te leer verstaan nie. ‘n Ouer spandeer baie tyd om skeidsregter in sy kinders se onderonsies te speel. Elke keer wat die ouer ‘n besluit neem oor watter kant om te kies, word die kind die betekenis van die wet en regverdigheid geleer en dit vorm die basis van hoe die kind sy naaste sal behandel gedurende sy hele lewe. Dit is die doel van die Wet en word gemanifesteer in ‘n familie met kinders. Die doel van dissipline is nie straf nie maar om te korrigeer en verbeter sodat die kind in volwassenheid kan optree.
So het God ons Sy Wet gegee om tot by volwassenheid in Christus te groei. Dit is gegee om ons ‘na Christus te lei’, nie net om na Jesus as Persoon te kom nie, maar om in die gelykenis van Christus te kom deur te groei in volwassenheid, omdat die karakter van Christus geestelike volwassenheid verteenwoordig. Ons vlak van geestelike volwassenheid word gemeet deur hoe goed ons die karakter van Jesus Christus manifesteer.
Die twee name El Shaddai en Yahweh toon aan ons dat God beide moeder en vader is. Hy is volledig en self-genoegsaam, het geen ander god, manlik of vroulik, nodig nie en voorsien in Sy eie behoeftes. God het twee kante van Sy brein, manlik en vroulik, net soos ons ‘n regter en linker brein het.
In Genesis 1: 27 lees ons,
“…en God het die mens [awdawm] geskape na Sy beeld, na die beeld van God het Hy hom geskape, man en vrou het Hy hulle geskape.”
Ons sien hier mens is in die beeld van God geskape, manlik en vroulik. Dit is omdat God beide manlik en vroulik is.
Later, in Genesis 2:21-23 sien ons die volgende,
“Toe het die Here God [Yahweh Elohim] ‘n diepe slaap op die mens laat val, en terwyl hy slaap, het Hy een van sy ribbebene geneem en die plek daarvan met vlees toegemaak, en die Here God [Yahweh Elohim] bou die rib wat Hy van die mens geneem het tot ‘n vrou en bring haar na die mens. Toe sê die mens: “Dit is nou eindelik been van my gebeente en vlees van my vlees. Sy sal mannin genoem word, want sy is uit die man geneem.”
Na die manlike en vroulike geskei is en in twee aparte liggame geplaas is, was hulle afhanklik van mekaar vir hulle volledigheid. Dit is die fundamentele waarheid agter die huweliksverbond. Vers 24 sê,
“Daarom sal die man sy vader en moeder verlaat en sy vrou aankleef en hulle sal een vlees wees.”
Die konsep om ‘een vlees’ te word is eenheid van liggaam, siel en gees. Baie mense weet hoe om een in liggaam te word. Minder weet hoe om een in siel [wil, intellek, emosie] te wees. Slegs ‘n baie klein persentasie van die mensdom het al ooit geestelike eenheid ervaar. Eenheid van gees is nie om oor godsdienstige doktrines saam te stem nie, dit gaan meer oor siele-eenheid, omdat dit op verskeie opinies en idees van die intellek fokus. Eenheid van gees is baie meer subtiel, en sal later in die studie verduidelik word.
Toe God die Wet aan Moses gegee het, het Hy ‘n baie fundamentele konsep openbaar. Deuteronomium 19: 15 sê,
“Een getuie mag nie teen iemand optree insake enige misdaad of enige sonde, by enige misstap wat hy begaan nie, op die verklaring van twee getuies of op die verklaring van drie getuies sal ‘n saak vasstaan.”
Die apostel Paulus het in 2 Korintiërs 13: 1 ‘n beroep op die Korinte gedoen ter wille van hierdie wet,
“In die mond van twee of drie getuies sal elke woord vasstaan.”
In 1 Timoteus 5:19 skryf Paulus,
“Moenie ‘n beskuldiging teen ‘n ouderling aanneem nie behalwe op die getuienis van twee of drie.”
Alle waarheid word op die getuienis van twee of drie getuies wettiglik gestaaf. Om ‘n getuie te wees, moet iemand of iets hoor of iets sien. As ons met goddelike openbaring te doen het, is daar baie wat sê dat hulle ‘n woord van God gehoor het, en hulle gee daar volgens ‘n profesie. Dalk het hulle waarlik van God gehoor, dalk nie. Hoe weet mens? Op ‘n individuele vlak, moet elke persoon die profesie na God toe neem en Hom vir bevestiging vra.
As God dit bevestig, is dit waar vir daardie persoon. In ‘n familie is daar verskeie besluite wat elke dag geneem moet word. Die kind kan dalk sê, “God het vir my gesê om winkel toe te gaan om lekkergoed te koop.” Dit kan of kan dalk nie van God wees. Die ouer word geroep as die kind se getuie. As die ouer nie getuienis lewer nie, is die woord nie gevestig as die waarheid nie. In ouer-skaplike besluite wat die hele huishouding affekteer, is die man en sy vrou geroep as die twee getuies om die waarheid van ‘n openbaring te bevestig.
God het man en vrou van mekaar geskei om ‘n dubbel getuienis in die gesin te vestig; om die waarheid van God wat geopenbaar word te bepaal en doen. Dit is een van die belangrikste prinsiepe wat ‘n man en vrou moet weet om die tipe huwelik te kan he wat God van die begin af ingedagte gehad het.
Mens is oorspronklik gemaak as man en vrou in een liggaam, en die mens was toe in God se beeld, met ‘n linker en regter brein. Hy kon onderskei tussen- en hoor van- El Shaddai en Yahweh afsonderlik. God het Eva egter uit Adam gehaal en daarom het hulle onvolledig in hul self geword. Adam se manlike natuur was ingestel op die stem van Yahweh, terwyl Eva se vroulike natuur ingestel was op die stem van El Shaddai.
Ons weet nie hoeveel dit in daardie eerste paartjie beklemtoon was nie, maar ons weet deur ervaring dat meeste mans meer linker brein dominant is, terwyl vrouens meer regter brein dominant is. Die linker brein gee vir ons ‘n logiese en meganiese vermoë. Die regter brein gee ons ‘n kunstige en instinktiewe vermoë.
Dus, mans en vrouens sien die lewe uit verskillende oogpunte en tree anders op om probleme op te los. Wanneer hulle in die selfde situasie is, sal mans ‘n logiese oplossing soek, terwyl vrouens meer emosioneel na die saak sal kyk. Om ‘n situasie te verstaan en ontleed, en eindelik op te los, moet mens al twee kante benader en verstaan. Die verskil tussen mans en vrouens is baie meer as net fisies.
Een van die doele van die huwelik is vir die een om die ander by te staan om sodoende die ‘ander kant van die realiteit’ in ‘n scenario te sien. Byvoorbeeld, as God met hulle praat en sê dat hulle moet trek, sal die man wonder hoe dit sy werk en vermoë om vir sy gesin te sorg sal beïnvloed. Die vrou sal wonder hoe dit die gesin en kinders sal affekteer, omdat dit ‘n steuring is. Selfs al het die vrou ‘n loopbaan, sal sy baie meer emosioneel en instinktief na die situasie kyk as ‘n man. Om God se wil te verstaan, is die uitkyk van beide man en vrou nodig.
Die inset van al twee sal die ander een help om die situasie met meer sekerheid te verstaan. Al twee moet daarom die vermoë hê om God se stem te hoor, anders sal hulle nie duidelik by God se wil uitkom nie. Die vermoë om God se stem te hoor is ‘n vaardigheid wat aangeleer en ontwikkel word oor ‘n lang tyd, veral soos wat ons leer om die afgode van die hart te oorwin, wat die stem van God kan verhinder en ons iets laat misverstaan en doen. As beide man en vrou die vermoë gekry het om God se stem te hoor en albei regtig net God se wil sonder afgodery begeer, sal so ‘n huwelik groot potensiaal hê om altyd die wil van God vir die gesin te ken. Man en vrou kan die taak van die twee getuies opneem, waar een van Yahweh en die ander van El Shaddai hoor. Saam kan hulle volledige goddelike perspektief kry van beide kante van God se brein en daarvolgens optree.
Die Apostel Petrus het oor die huweliks verhouding gepraat en het toe vir die man gesê in 1 Petrus 3:7:
“Net so, moet julle, manne, verstandig met hulle saam lewe en aan die vroulike geslag, as die swakkere, eer bewys, omdat julle ook mede- erfgename van die genade van die lewe is, sodat julle gebede nie verhinder mag word nie.”
Petrus wys dat ‘n vrou ook ‘n mede-erfgenaam is. Dit is die selfde term as wat in Romeine 8:17 gebruik word.
Dit handel oor die bruid, wat ‘n mede-erfgenaam saam met Jesus is. Die woord het te make daarmee om ‘n erfgenaam te wees. In die fisiese kan vroue grond en eiendoms regte erf [num 36:2]. So ook het vroue die selfde regte as ‘n man om ‘n geestelike erfenis te ontvang. Deur hierdie wet word die Bruid van Christus ‘n mede- erfgenaam met Hom.
Tweedens vermaan Petrus mans om vrouens eer te bewys. So baie keer onteer ‘n man sy vrou [of anders om], deur ‘n stemtoon te gebruik wat die ander een afkraak -en dikwels gebeur dit in die publiek om die ander een te verneder.
Derdens sê Petrus dat vrouens die swakkere is. Dit beteken nie intelligent, geestelik of moreel swakker nie. Dit is slegs ‘n heenwysing op die gewone vrou wat nie fisies so sterk soos die gewone man is nie. Mans mag nie hierdie frase gebruik om hulle vrouens af te kraak nie, asof hulle moet verwag dat die vrouens geestelik swak is nie, want hierdie interpretasie sou Petrus se opdrag tot niet maak. Laastens moet mans hul vrouens eer, omdat hulle mede-erfgename met hulle is. As mens mede-erfgename is, sal jou vrou/man deel hê aan belonings, al is die vrou se primêre rol om die huishouding en kinders te versorg en die man in die bediening aktief, sal hul al twee as getuies staan en die wil van God kan bepaal vir die familie as al twee Hom reg hoor. Sonder daardie eenheid is mens se gebede verhinder.
Niemand kan 100% seker wees van Sy wil sonder dit nie. Dit is die basis vir ‘n ideale huwelik. Niemand het outomaties so ‘n verhouding nie. Dit neem ‘n lang tyd om te vestig. Ongelukkig weet min mense daarvan en spandeer hulle lewe terwyl hul in die donker rond tas. Sonder instruksies kom meeste aan die einde van hulle lewe sonder om die satisfaksie van so ‘n verhouding te smaak. Die’s wat ongetroud is, moet iemand van die ander geslag as ‘n gebed vennoot kry en as daar nie so iemand is nie, moet daardie persoon na die pastoor van die gemeenskap gaan wat ‘n vermoë het om God se stem te hoor, maar as hy nie het nie, is al wat mens kan doen om God te vra om dit self te bevestig en sal Hy vir ons tekens gee as ons oë het om te sien. Daarom moet ons goddelike gebaretaal leer.
Die doel van hierdie boek is om fundamentele leering neer te lê wat leiding gee en wat ons glo kan help om God se stem te hoor, veral in gesins konteks.