God's Kingdom Ministries
Serious Bible Study

GKM

Donate

Hoofstuk 1: Om ‘n Seun te Word

Die Apostel Paulus sê in Romeine 8:19:

19 For the anxious longing of the creation waits eagerly for the revealing [unveiling] of the sons of God.

19 Want die skepping wag met reikhalsende verlange op die openbaarmaking van die kinders van God.

Hoe word iemand ‘n seun van God? Die eerste voorbeeld in die Ou Testament kom voor in Hosea 11:1 waar ons lees:

1 When Israel was a youth, I loved him, and out of Egypt I called my son.

1 TOE Israel ‘n kind was, het Ek hom lief gehad, en uit Egipte het Ek my seun geroep.

Die heel beste voorbeeld in die Nuwe Testament is Jesus Christus, wat na Egipte geneem was vir beskerming teen koning Herodes. Die profetiese rede hiervoor word in Matteus 2:14-15 verduidelik.

14 And he arose and took the child and His mother by night, and departed for Egypt; 15 and was there until the death of Herod, that what was spoken by the Lord through the prophet might be fulfilled, saying: ‘Out of Egypt did I call My Son’.

14 Hy het toe opgestaan, die Kindjie en sy moeder in die nag geneem en na Egipte vertrek. 15 En hy was daar tot die dood van Herodes, sodat die woord vervul sou word wat die Here gespreek het deur die profeet: Uit Egipte het Ek my seun geroep.

Toe Jesus deur Johannes die doper gedoop is, het ‘n duif bo Sy kop verskyn en ‘n stem uit die hemel het gesê: ‘Dit is my geliefde Seun in wie Ek ‘n welbehae het’.

Ons moet ook noem dat Lukas 3:38, waar die geslagsregister van Jesus tot by Adam genoem word, sê: ‘die seun van Enos, die seun van Set, die seun van Adam, die seun van God’.

Wat bedoel die Bybel wanneer dit na die ‘Seun van God’ of ‘seuns van God’, verwys? Is Jesus die enigste Seun van God? Johannes 3:16 praat van Jesus as die ‘eniggebore Seun’ van God. Hoe kan die Apostel Paulus dan in Romeine 8:14 sê: ‘Want almal wat deur die Gees van God gelei word, dié is kinders van God’? Hoe kan die Apostel Johannes in Johannes 1:12 sê?

12 But as many as received Him [Jesus], to them He gave the right to become children of God, even to those who believe in His name.

12 Maar almal wat Hom [Jesus] aangeneem het, aan hulle het Hy mag gegee om kinders van God te word, aan hulle wat in sy Naam glo.

Die eenvoudige antwoord vir wat hier as teenstrydig voorkom, is dat Jesus op daardie stadium, en tot vandag toe nog, die enigste ‘gebore’ Seun is. Ons, wat in Hom glo, is in opleiding om seuns van God te word. Dan sal iemand moontlik aanhaal uit 1 Johannes 3:2 wat sê: ‘Geliefdes, nou is ons kinders van God...’. Watter een is dit nou? Is ons TANS die kinders van God of eers LATER? Buite konteks is dit baie verwarrend, tot ons die res van die vers ook lees...

2 ... and it has not appeared as yet what we SHALL BE. We know that, when He appears, we shall be like Him, because we shall see Him just as He is. And everyone who has his hope fixed on Him purifies himself, just as He is pure.

2 en dit is nog nie geopenbaar wat ons SAL WEES nie; maar ons weet dat ons, as Hy verskyn, aan Hom gelyk sal wees, omdat ons Hom sal sien soos Hy is.

Met ander woorde: Johannes sê dat ons in ‘n sekere opsig, REEDS die kinders van God is, hoewel daar ‘n vooruitsig is van wat ons SAL WEES in die toekoms. Hoewel ons dus tans kinders van God is, beteken dit nie dat ons reeds alles ontvang het nie – ons is erfgename, nie volwasse seuns wat reeds hul erfdeel ontvang het nie. Dit stem volkome ooreen met wat Paulus in Romeine 8:16-17 sê:

16 The Spirit Himself bears witness with our spirit that we are children of God,  17 and if children, heirs also, heirs of God and fellow heirs with Christ, if indeed we suffer with Him in order that we may also be glorified with Him.

16 Die Gees self getuig saam met ons gees dat ons kinders van God is; 17 en as ons kinders is, dan ook erfgename, erfgename van God en mede-erfgename van Christus, as ons naamlik saam met Hom ly, sodat ons ook saam met Hom verheerlik kan word.

Net soos die volk Israel, het ons ook uit ‘n huis van ‘slawerny’ getrek en is tans oppad na die Beloofde Land. God het Sy seuns uit Egipte geroep en lei hulle na hul erfdeel. Die doel van die tweede koms van Christus is om ons in ons ‘Beloofde Land’ in te vergesel. Dit is nie ‘n oomblik wanneer mense hemel toe gaan, asof die hemel ons erfdeel is nie. Dit is die oomblik wanneer die hemelse Tabernakel na die aarde kom en ons klee met Sy glorie – ‘n verheerlikte liggaam. Hierdie verheerlikte liggaam is wat Adam verbeur het toe hy gesondig het. Dit is die verlore erfdeel wat herstel moet word.

Hoe kan mens ‘n seun van God word? Die voorbeeld wat aan ons gegee is, is die manier waarop Jesus gebore is. Matteus 1:18-21 sê:

18 Now the birth of Jesus Christ was as follows. When his mother Mary had been betrothed to Joseph, before they came together she was found to be with child by the Holy Spirit. 19 And Joseph her husband, being a righteous man, and not wanting to disgrace her, desired to put her away secretly. 20 But when he had considered this, behold, an angel of the Lord appeared to him in a dream, saying, ‘Joseph, son of David, do not be afraid to take Mary as your wife; for that which has been conceived in her is of the Holy Spirit. 21 And she will bear a Son; and you shall call His name Jesus [Yashua, ‘salvation’], for it is He who will save His people from their sins.

18 Die geboorte van Jesus Christus was dan só: Toe Sy moeder Maria verloof was aan Josef, voordat hulle saamgekom het, is sy swanger bevind uit die Heilige Gees. 19 En Josef, haar man, omdat hy regverdig was en onwillig om haar openbaar te maak, het hom voorgeneem om in die geheim van haar te skei. 20 Maar terwyl hy dit in die gedagte gehad het, verskyn daar ‘n engel van die Here in ‘n droom aan hom en sê: Josef, seun van Dawid, wees nie bevrees om Maria, jou vrou, by jou te neem nie, want wat in haar verwek is, is uit die Heilig Gees; 21 en sy sal ‘n seun baar, en jy moet Hom Jesus [Yeshua - ‘verlosser’] noem, want dit is Hy wat Sy volk van hulle sondes sal verlos.

Jesus het ‘n aardse moeder en ‘n hemelse Vader gehad. Dit is die goddelike patroon vir al die seuns van God ook. In ons vlees het ons twee ouers, albei aards, wat ons die kinders van ons aardse ouers maak. Om egter die seun van God te wees, moet mens ‘n hemelse Vader ook hê.

Hoe is dit moontlik? Nikodemus het na Jesus gegaan met presies hierdie vraag. Johannes 3:3-6 sê:

3 Jesus answered and said to him, ‘Truly, truly I say to you, unless one is begotten from above, he cannot see the kingdom of God.’ 4 Nicodemus said to Him, ‘How can a man be born when he is old? He cannot enter a second time into his mother’s womb and be born, can he? 5 Jesus answered, ‘Truly, truly, I say to you, unless one is born [begotten] of water and the Spirit, he cannot enter into the kingdom of God. 6 That which is begotten of the flesh is flesh, and that which is begotten of the Spirit is spirit.

3 Jesus antwoord en sê vir hom: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie weer gebore word nie, kan hy die koninkryk van God nie sien nie. 4 Nikodemus sê vir Hom: Hoe kan ‘n mens as jy oud is, gebore word? Hy kan tog nie ‘n tweede keer in die skoot van sy moeder ingaan en gebore word nie? 5 Jesus antwoord: Voorwaar, voorwaar ek sê vir jou, as iemand nie gebore word uit water en Gees nie, kan hy in die koninkryk van God nie ingaan nie. 6 Wat uit die vlees gebore is, is vlees; en wat uit die Gees gebore is, is gees.

Om ‘n seun van God te word, moet mens deur die Heilige Gees verwek wees. Die Heilige Gees is die ‘Saad’ van die Vader. Ons aardse liggaam is die moeder en die siel is die baarmoeder wat die saad van die Heilige Gees ontvang. Met ander woorde: om ‘n seun van God te word, moet mens eers van ‘bo verwek’ word – ‘n mens se siel moet die Heilige Gees ontvang.

Wanneer ‘n mens gelowig word (van bo verwek word - Pasga-fase), word ‘n mens (manlik óf vroulik) se siel of denke ‘swanger’ met Christus. Hierdie ‘embrio’ begin groei en volwasse word (Pinkster-fase) tot die tyd aanbreek daarvoor om gebore te word (Tabernakel-fase). Paulus verwys na hierdie swangerskap in Kolossense 1:27 as die ‘verborgenheid onder die heidene ... , dit is Christus onder julle [... Christus is in julle, AFR’83; ... Christ in you, NASB], die hoop van die heerlikheid.’. Die ‘hoop’ van elke ‘embrio’ is om gebore te word.

Saam met hierdie geboorte van ‘Christus in jou’ gebeur die tweede koms van Christus (openbaring van die Seuns van God) - dit is die ware ‘jy’. Op ‘n manier vorm dit die ‘nuwe generasie’, dit is wat jy besig is om te word. Jy is die aardse moeder daarvan (die seun van God) – jy is die ‘maagd Maria’ om dit so te stel. ‘Christus in jou’ is beide aards en hemels, want hierdie seun het twee ouers. Net soos Jesus, sal hierdie seun outoriteit in beide die hemel en op aarde hê (Matteus 28:18).