God's Kingdom Ministries
Serious Bible Study

GKM

Donate

Hoofstuk 2: Die Doodsvonnis

Lukas 3:38 vertel vir ons dat Adam ‘die seun van God’ was, omdat hy na die beeld van God geskape was. Dit was van die begin af God se doel om die mens volgens Sy beeld te maak. Hulle was geskape met ‘n fisiese liggaam, maar het die glorie van God gehuisves.

Later, toe Adam en Eva gesondig het, het hulle hierdie glorie van God verloor en net die fisiese liggaam, geskape uit die stof van die aarde, oorgehou. Die mikpunt en doel van die geskiedenis, is om hierdie verlies reg te stel deur Christus.

Met ander woorde: Adam was ‘n seun van God, maar het sy ‘seunskap’ verloor as gevolg van sonde, wat hom van God geskei het. Erger nog, hy het dit verloor namens sy hele nageslag en dit het ‘n nadelige gevolg op die hele skepping ook gehad.

Daar is een ding wat God in oorvloed besit, wat die mensdom nie het nie – TYD. Die Goddelike wet, wat die fundamentele uitdrukking van God se Gees en Wil is, sê dat ‘n persoon wat nie vir die skuld van sy oortreding kan vergoed nie, sy skuld vir ‘n sekere tyd lank moet afbetaal deur ‘arbeid’ (slawerny). Adam se geval word perfek verduidelik in Jesus se vergelyking van die skuldenaar in Matteus 18:25:

25 But since he did not have the means to pay, his lord commanded him to be sold, along with his wife and children, AND ALL THAT HE HAD, and repayment to be made.

25 En omdat hy nie kon betaal nie, gee sy heer bevel dat hy verkoop moet word, en sy vrou en sy kinders en alles wat hy het, en dat betaal moet word.

Daarom is Adam, sy vrou en al sy kinders (dit sluit ons in) ‘verkoop’ aan slawerny van sonde. Nie alleen die mensdom nie, maar ook ‘alles wat hy gehad het’. Adam het outoriteit oor die aarde ontvang, daarom sê Paulus in Romeine 8:22 dat ‘die hele skepping tesame sug en tesame in barensnood is tot nou toe’.

Paulus noem dit barensnood, want hy verwys na die ‘geboorte’ van die seuns van God ‘in die aarde in’. Net soos ‘n vrou wat in kraam is, is die wêreld self in pyn, sodat die seuns van God ‘gebore’ kan word.

Die Goddelike wet leer ook dat iemand wat in slawerny is, aan die einde van ses jaar vrygespreek moet word (Eksodus 21:2). Dit is egter nie ‘n permanente vrylating nie. Indien daar nog skuld op sy straf uitstaande is, moet hy na die Sabbatjaar (die sewende jaar) terug gaan en verder werk om sy skuld te vereffen. In die Jubeljaar word alle skuld ten volle gekanselleer, tensy die oortreder (slaaf) daarin kon slaag om sy skuld voor daardie tyd te vereffen.

In die hofsaak van Adam sien ons in Genesis 3:17 dat die vloek vir Adam se sonde, op die grond uitgespreek is:

17 ... Cursed is the ground for your sake; in toil you shall eat of it all the days of your life.

17 ... vervloek is die aarde om jou ontwil; met moeite sal jy daarvan eet al die dae van jou lewe.

Wettig gesproke beteken dit dat die grond self, Adam se skuldbrief gekoop het. Dit beteken dat die grond of aarde van toe af outoriteit oor Adam en sy kinders ontvang het en Adam en sy nageslag moet ‘daarvan eet’ vir die res van hul lewe. Met ander woorde: Die grond sal sy slaaf (Adam en sy nageslag) van kos en behuising voorsien, tog moet Adam bekommer en werk vir die onthalwe van die aarde. Dit staan geskryf in Genesis 3:19:

19 By the sweat of your face you shall eat bread, till you return to the ground, because from it you were taken; for you are dust, and to dust you shall return.

19 In die sweet van jou aangesig sal jy brood eet totdat jy terugkeer na die aarde, want daaruit is jy geneem. Want stof is jy, en tot stof sal jy terugkeer.

Adam se liggaam is geskape uit die stof van die aarde (Genesis 2:7). Hy het die glorie wat sy liggaam voor sy sondeval gehuisves het, verbeur. Daardie glorie het die teenwoordigheid van God in hom uitgebeeld en dit was die eienskap wat hom die seun van God gemaak het. Hy was veronderstel om onder direkte soewereiniteit van God, gely deur God se teenwoordigheid te funksioneer. As gevolg van sonde het hy nie alleen slaaf geword van die aarde nie, maar sy liggaam van stof/grond het ook. Hou in gedagte dat hierdie vloek deur God uitgespreek is.

Adam en sy nageslag sou dus ‘ses jaar’ lank in slawerny vir die aarde werk. Psalm 90:4 en 2 Petrus 3:8 verduidelik dat ‘... een dag by die Here soos duisend jaar is en duisend jaar soos een dag’. In toepassing van Adam se vloek op ‘n groot, kosmiese konteks, is hy en sy nageslag gevonnis tot 6,000 jaar se slawerny aan hul fisiese liggame. 

Ons is nou al naby die einde van hierdie 6,000-jaar vonnis, sedert Adam hierdie vonnis begin uitdien het. Die dag waarop die eerste groot Sabbat aangekondig sal word kom al hoe nader, waanneer die aarde vrygemaak sal word van sy slawerny aan die wêreld-sisteem, wat bekend staan as, onder andere Babilon. Dit sal egter nog nie die Jubileum wees nie, dit sal die eerste Sabbat-rusjaar wees, waartydens alle slawe ‘n rusjaar gegee sal word.

Die Nuwe Testament verduidelik dit en voeg meer detail daarby. Dit vertel van die ‘eerste opstanding’ (Openbaring 20:4-6), wanneer die oorwinnaars onsterflikheid sal ontvang. Hierdie  oorwinnaars is die ‘seuns van God’ wat die ‘hoop van heerlikheid’ het. Hulle sal volle vrystelling van Adam se vonnis ontvang. Die res van die mensdom sal ook aan hierdie vryheid deelneem, maar eers later onsterflikheid ontvang.

In my boek, The Purpose of Resurrection, verduidelik ek die twee opstandings wat in die toekoms gaan plaasvind, breedvoerig. Kortliks sal die eerste opstanding aan die einde van 6,000 jaar vanaf Adam plaasvind en die ‘eerste vrug’ insluit wat hul ‘seunskap’ ontvang. Die tweede opstanding sal aan die einde van 7,000 jaar vanaf Adam plaasvind en Jesus vertel van hierdie opstanding in Johannes 5:28-29:

28 Do not marvel at this; for an hour is coming in which all who are in the tombs shall hear His voice 29 and shall come forth; those who did the good deeds to a resurrection of life, those who committed the evil deeds to a resurrection of judgement.

28 Moenie julle hieroor verwonder nie. Want daar kom ‘n uur wanneer almal wat in die grafte is, sy stem sal hoor 29 en sal uitgaan, die wat goed gedoen het, tot die opstanding van die lewe, en die wat kwaad gedoen het, tot die opstanding van die veroordeling.

Wanneer die tweede opstanding plaasvind sal beide gelowiges (wat goed gedoen het) en ongelowiges (wat kwaad gedoen het) uit die dood opgewek word. Die Bybel verseker ons dat die mense wat in Jesus Christus geglo het, dan ook onsterflikheid sal ontvang, maar eers nadat hulle ‘deur vuur heen’ is (1 Korintiërs 3:15). Hulle sal eers geoordeel word, ‘n vonnis uitdien en dan onsterflikheid onvang, volgens Lukas 12:47-49.

Die res van die mensdom, wat ook opgewek sal word tydens hierdie tweede opstanding, sal van dan af nie meer sterf nie, want Openbaring 20:14 sê dat die dood self in daardie tyd in die ‘poel van vuur gewerp’ sal word. Hulle sal egter vir hul oortredings ‘verkoop’ word aan ‘die seuns van God’ om in liefde, geregtigheid aan te leer en daarom moet hulle wag vir die groot Skeppingsjubileum om totaal vrygespreek te word. Op daardie oomblik sal die stof of grond nie meer die skuldbrief besit nie, omdat die seuns van God die skuldbrief dan van die grond sal ‘oorkoop’.

Dit sal tot groot voordeel van die mensdom wees, omdat hulle dan in slawerny sal wees van oorwinnaars (seuns van God) wat hulle sal liefhê, eerder as die grond wat ongeërg is. Hierdie seuns van God sal verantwoordelik wees daarvoor om hulle te versorg en om hulle te leer aangaande die weë van God, soos in Jesaja 26:9 geskryf staan: ‘... want as U oordele op die aarde is, leer die inwoners van die wêreld geregtigheid’.

Dit is hoe die ‘vlammende vuur’ (Deuteronomium 33:2), werk. Dit is die aard van die ‘poel van vuur’ waarvan ons in Openbaring 20:14-15 lees. Die wet skryf nie marteling van oortreders voor nie – die Goddelike wet leer dat oortreders vir hul straf ‘verkoop’ moet word (Eksodus 22:3). Die wet bewerk herstel en God se doel of ‘die teiken waarna Hy mik’, is om die skepping te herstel of restoureer na hoe dit oorspronklik was voor Adam gesondig het.

Dit is die rede waarom die hele skepping uitsien na die openbaarmaking van die ‘kinders (seuns) van God’ (Romeine 8:19). In die volgende hoofstuk kyk ons na die feesdae van Israel en die basiese ‘bloudruk’ om seunskap te ontvang.