God's Kingdom Ministries
Serious Bible Study

GKM

Donate

Hoofstuk 4: Pinkster

PINKSTER is die tweede fees van Israel en was oorspronklik bekend as ‘die fees van die weke’ of ‘die fees van die eerstelinge van die koring-oes’ (Eksodus 34:22). In die drie eeue voor Chirstus se geboorte, nadat Alexander die Grote daardie deel van die wêreld verower het, het Grieks die primêre taal vir besigheid en kultuur geword. Só het ‘die fees van die weke’ se naam na Grieks verander, en as Pentecost of ‘vyftigste dag’ (Pinkster) bekend geword.

Net soos Paasfees Israel se uittog uit Egipte gevier het, was Pinkster die fees wat gevier is om die dag te herdenk waarop God op die berg Horeb neergedaal het om die tien gebooie aan hulle te oorhandig. Dit was God se wil om die wet op hulle harte te skryf deur die gesproke Woord, maar die volk het terug gestaan en geweier om die res van die wet aan te hoor (Eksodus 20:18-21), daarom moes Moses dit skriftelik aan hulle oordra - op kliptafels.

Sewe weke na Jesus se opstanding, is die Heilige Gees aan die ‘kerk’ gegee soos opgeteken in Handelinge 2:1-12. 

1 And when the day of Pentecost had come, they were all together in one place, 2 and suddenly there came from heaven a noise like a violent, rushing wind, and it filled the whole house where they were sitting. 3 And there appeared to them tongues as of fire distributing themselves, and they rested on each one of them. 4 And they were all filled with the Holy Spirit and began to speak with other tongues, as the Spirit was giving them utterance.

5 Now there were Jews living in Jerusalem, devout men, from every nation under heaven. 6 And when this sound occured, the multitude came together and were bewildered, because they were each one hearing them speak in his own language. 7 And they were amazed and marvelled, saying, ‘Why, are not all these who are speaking Galileans? 8 And how is it that we each hear them in our own language to which we were born? 9 Parthians and Medes, and Elamites, and residents of Mesopotamia, Judea and Cappadocia, Pontus and Asia, 10 Phrygia and Pamphylia, Egypt and the districts of Libya around Cyrene, and visitors from Rome, both Jews and Poselytes, 11 Cretans and Arabs – we hear them in our own tongues speaking of the mighty deeds of God.’ 12 And they continued in amazement and great perplexity, saying to one another, ‘What does this mean?’

1 EN toe die dag van die pinksterfees aangebreek het, was hulle almal eendragtig bymekaar. 2 En daar kom skielik uit die hemel ‘n geluid soos van ‘n geweldige rukwind, en dit het die hele huis gevul waar hulle gesit het. 3 Toe is deur hulle tonge gesien soos van vuur, wat hulleself verdeel en op elkeen van hulle gaan sit het. 4 En hulle is almal vervul met die Heilige Gees en het begin spreek in ander tale, soos die Gees aan hulle gegee het om uit te spreek.

5 En daar het in Jerusalem Jode gewoon, godsdienstige manne, uit elke nasie wat onder die hemel is. 6 En toe hierdie geluid kom, het die menigte saamgestroom en was in die war, want elkeen het gehoor hoe hulle in sy eie taal spreek; 7 en hulle was almal verbaas en verwonderd en sê vir mekaar: Is almal wat daar spreek, dan nie Galileërs nie 8 En hoe hoor ons hulle, elkeen in ons eie taal waarin ons gebore is? 9 Parthers en Meders en Elamiete en die inwoners van Mesopotamië, Judea en Kappadocië, Pontus en Asië, 10 Frigië en Pamfilië, Egipte en die streke van Libië by Cirene, en Romeine wat hier vertoef, Jode en Jodegenote, 11 Kretense en Arabiere – ons hoor hulle in ons eie taal oor die groot dade van God spreek. 12 En hulle was almal verbaas en radeloos en sê die een vir die ander: Wat kan dit tog wees?

Inderdaad - wat beteken dit? Met die eerste Pinkster onder Moses was daar ‘n ‘menigte mense van gemengde bloed’ van baie nasies (Eksodus 12:38). Toe die stem van God van die berg af hulle aangespreek het, het hulle ongetwyfeld die tien gebooie, elk in sy eie taal gehoor. God het aarde toe gekom om die ‘hemel’ na ons toe af te bring, maar in Moses se dae het die mense geweier om meer te hoor (Eksodus 20:18-21). Daarom is die goddelike wet nie op hul harte ‘geskryf’ nie, maar later in eksterne vorm oorhandig – kliptafels (Eksodus 34:29).

Wette, neergeskryf op klip, hout of enige ander medium anders as die hart, moet uiterlik op mense afgedwing word en kan ‘n mens nie regverdig maak nie. Daar is ‘n gesegde dat regerings nie morele waardes deur wetgewing kan afdwing nie. Dit is gedeeltelik waar. Wette kan wel optrede reguleer, want mense word afgeskrik deur die gevolge van wetsoortreding, maar wette kan nie die mens se hart verander nie. Die ware toestand van ‘n mens se hart word openbaar wanneer die uiterlike wette afgeskaf word. Wanneer morele wette nie op ‘n mens se hart ‘geskryf’ is nie, sal hy binnekort in wettelose optrede verval, sodra daardie wette verwyder word.

Die ware regverdigheid van ‘n mens word slegs duidelik wanneer daar geen wette is om te vrees nie. Wanneer wette op iemand se hart ‘geskryf’ is, sal hy doen wat reg is, omdat dit deel van sy natuur sal wees om te doen wat goed is en wat niemand te ná kom nie. So ‘n mens sal aan sy medemens doen wat reg is, of die regering dit goedkeur of nie. As die wette nie op ‘n mens se hart ‘geskryf’ is nie, sal hy God se wette oortree, sodra hy nie daarmee saamstem nie of wanneer hy homself te swak vind om die versoeking van sonde te weerstaan.

Dus is die ware doel van Pinkster om die wette op ‘n mens se hart te ‘skryf’. Dit is alleen moontlik deur die krag van die Heilige Gees. Die Gees van God moet in ‘n mens woon – die Gees van God moet in die gees van die mens kom en EEN word daarmee.

Dit is hoe die Goddelike wet op die hart van ‘n mens ‘geskryf’ word. Die Heilige Gees werk om die wette op iemand se hart te ‘skryf’, sodat dit deel van sy natuur of geaardheid kan vorm. Dan is daar geen nodigheid vir uiterlike wette om hom te sê wat hy mag of moet doen nie, want hy sal instinktief weet wat reg is, ongeag menslike wetgewing.

Die doel van Pinkster is om mense te hervorm om REGVERDIG op te tree en regverdig te WEES.

Net soos Paasfees van ‘n mens ‘n Christen maak, behoort Pinkster ‘n Christen se daaglikse lewe te bepaal volgens gehoorsaamheid. Die Christen word ‘wedergebore’ tydens Paasfees, maar word volwasse gedurende Pinkster onder lyding van die Heilige Gees van God.

Daarom is dit ‘n jammerte dat baie Christene Pinkster verwerp, omdat aangevoer word dat dit slegs op dissipels in die eerste eeu van toepassing was. Die verwerping van Pinkster het veroorsaak dat daar baie verdraaiings van die waarheid onder Christene voorkom. Dit het veroorsaak dat roemsugtige, talentvolle sprekers en fondsinsamelaars die leiers van kerke geword het, al is hulle geestelik onvolwasse. Baie van hierdie leiers het nog nie eens die Paasfees-ondervinding (regverdigmaking deur geloof in die Lam van God), beleef nie.

In vergange eeue het ‘Christen’-leiers dikwels die regverdiges vervolg, omdat hulle dit gewaag het om die basuin te blaas teen die immorele optredes van byvoorbeeld die priesters en pousdom. Toe volg die kruistogte wat ontstaan het om die ‘heilige terreine’ en altare in die ‘heilige land’ terug te neem. Hulle het nie besef dat God dit reeds aan die kinders van Hagar gegee het, nadat die Jode die Nuwe Verbond verwerp het nie. Ek bespreek dit in my boek The Debt Note in Prophesy – toe die Jode besluit het om onder die outoriteit van die Ou Verbond te bly (Sinaï en Horeb), het hulle Jerusalem onder die outoriteit van van die Berg Sinaï in Arabië geplaas – wat die erfdeel van Hagar en Ishmael is (Galasiërs 4:25). Dus het God die land en die stad vir Ishmael gegee en geen Jood of Christen het enige wettige eis daarop nie.

Binne ‘n paar eeue ná Christus het dit duidelik geword dat die kerk (verteenwoordig deur die leierskap daarvan), Pinkster verwerp het net soos Israel dit in die dae van Moses verwerp het. Hulle het geweier om na Sy stem te luister en dat die wette op hul harte ‘geskryf’ word. Hulle het Jesus wel aanvaar as die Lam van God (Paasfees), maar gefaal op die gebied van Pinkster. In stede daarvan om onderdanig te word aan die wette van God, het hulle besluit dat God by hulle moet aanpas en Sy stempel van goedkeuring op al hulle bepalings behoort te plaas.

In hul onkunde het beide politieke- en geestelike leiers gedink dat hulle ‘verkose’ was en daarom kon doen wat hulle wou en dat God hulle sou ondersteun ongeag hulle korrupsie en verdrukking. Hulle reg om te doen wat hulle wou, is gegrond op ‘apostoliese opvolging’, terwyl hulle die feit ignoreer dat die Levitiese Priesters reeds daardie argument beproef het en gefaal het om God se oordeel af te weer. 

Die Levitiese priesterskap van die Ou Testament was gegrond op die bloedlyn van Aäron, Moses se broer. Hulle het geglo dat, solank hulle bloedlyn bewys kon word, hulle nooit vervang sou word nie. Hulle het nie besef dat God reeds ‘n Melgisedek Orde van priesters ingestel het, wat die orde van Aäron (Hebreërs 7:11) sou vervang, nie. God het aan koning Dawid gesê (Psalm 110:4):

4 The Lord has sworn and will not change His mind, Thou art a priest forever according to the Order of Melchizedek.

4 Die Here het gesweer, en dit sal Hom nie berou nie: U is priester vir ewig volgens die orde van Melgisedek.

Hierdie nuwe orde word nie baseer op ‘n bloedlyn nie (Hebreërs 7:1-11), want Dawid is gebore uit die stam van Juda (nie Levi nie) dus kon Dawid nie ‘n priester wees volgens die ‘Levitiese’ orde nie. Tog het hy as priester opgetree in die Tabernakel terwyl die Verbondsark op sy eiendom gehuisves was - dit was voor dit in Salomo se Tempel geplaas is. So ook het Dawid van die heilige toonbrode geëet (1 Sameul 21:6), wat onwettig was vir enigiemand behalwe priesters om te eet. Dawid kon dit eet sonder om te sondig, omdat hy ‘n priester was, hoewel van ‘n ander Orde.

Hebreërs 7 stel dit baie duidelik dat die Orde van Melgisedek die Orde van Aäron vervang as eksekuteur van God se wil – Sy ‘testament’. Die priesters was veronderstel om Sy wil uit te voer na die dood van Jesus (Hebreërs 9:16-18). Omdat die Aäron-priesters betrokke was by ‘n komplot om Hom dood te maak, is hulle van die voorreg om as eksekuteurs op te tree, ontneem. Die nuwe eksekuteurs is Melgisedek-priesters, gebaseer op ‘n persoon se karakter en dat hulle in ooreenstemming met die karakter van Jesus Christus is.

Gedurende die Pinkster-tydperk het die kerk net so korrup geraak as wat die Aäron-priesterdom was. ‘n Korrupte priester is nie deel van die Melgisedek-priesterdom nie, maak nie saak hoe hy homself sien nie. Die Romeinse kerk het nie ‘n oorerflike monargie ingestel nie, maar wel iets waarna hulle verwys as ‘apostoliese opvolging’.

Vir alle praktiese doeleindes is dit dieselfde as ‘n oorerflike monargie. Hoewel dit aanspraak maak daarop dat dit baseer word op meriete en ‘n ‘Christen’-karakter, is dit byna nooit die geval nie. Die Pousdom was gekoop en verkoop net soos in die slegste dae van die Aäron-priesterdom. Hulle dink sodra hulle die amp van priesterskap bekom, kan hulle volgens hul eie hartsbegeertes regeer, vir persoonlike gewin. Te danke aan korrupsie, geniet ‘apostoliese opvolging’ geen meriete in God se oë nie. Wanneer die tyd aanbreek om die Tabernakel-tydperk en die toekomstige Koninkryk binne te gaan, sal sulke priesters hulself onthef en vervang vind, deur oorwinnaars wat die karakter van Jesus Christus openbaar.

Hoewel dit ‘n Nuwe Testament Kerk genoem word, skiet dit te kort, omdat die Pinkster-seën daarvan ‘gegis’ het. Suurdeeg kom van gis, ‘n simbool van sonde. Jesus het gesê: ‘... Pas op en wees op julle hoede vir die suurdeeg van die Fariseërs en Sadduseërs’ (Matteus 16:6). Die wet het priesters nie toegelaat om suurdeeg vir enige offers te gebruik nie, omdat offers Jesus simboliseer het – die sondelose Een.

God het, vreemd genoeg, wel vereis dat suurdeeg vir die Pinksterfeesoffers aangewend moes word (Levitikus 23:17).

17 You shall bring in from your dwelling places two loaves of bread for a wave offering, made of two-tenths of an ephah; they shall be of a fine flour, baked with leaven as first fruits to the Lord.

17 Julle moet uit julle woonplekke twee beweegbrode [brode wat rys] bring; dit moet van twee-tiendes van ‘n efa fynmeel wees; gesuurd moet dit gebak word as eerstelinge aan die Here.

Dit het daarvan profeteer dat die Pinkster-tydperk ‘gegis’ sal wees – met ander woorde, dit sal met sonde deurtrek wees. Dit sal nie voldoende wees om die geregtigheid van God na die wêreld te bring nie. Dit sal nie moontlik wees om in hierdie tydperk die Koninkryk van God op aarde in te stel nie, slegs ‘n erg onvolmaakte vorm of skadu daarvan. Dit sal die patroon van koning Saul en sy koninkryk volg eerder as die patroon van koning Dawid en sy koninkryk.

Koning Saul is gekroon op dieselfde dag as die koringoestyd (1 Sameul 12:17) en was ‘n profetiese patroon van die kerk in die Pinkster-tydperk. Net soos Saul in opstand teen God regeer het vir veertig jaar as koning, sou die kerk opstandig ‘regeer’ vir veertig ‘Jubileums’. Die veertig Jubileums (40x49 jaar) van die Pinkster-tydperk het in 1993 verstryk. Op daardie tydstip het God begin om Sy outoriteit aan die oorwinnaars, wat die visie van die Tabernakel-tydperk ingesien het, oor te gee. 

Wat baie belangrik is om te verstaan, is dat die Pinkster-tydperk met alle erns van die Gees, onvoldoende is om die Seuns van God te openbaar. Die gebeurtenis wag op die vervulling van die Tabernakelfees, waartydens die volheid van die Gees aan die mense wat kwalifiseer vir die Melgisekdek Orde (oorwinnaars) gegee sal word. Hulle sal saam met Christus as koning-priesters regeer in die tydperk wat kom. Die doel van Pinkster is dus om by ons ‘n deposito van die Heilige Gees te los ter voorbereiding van die volheid daarvan wat ontvang sal word, sodra die Fees van Tabernakels vervul word.