God's Kingdom Ministries
Serious Bible Study

GKM

Donate

Hoofstuk 7: Die Nuwe Verbond

Die Nuwe Verbond word vir die eerste keer deur die profeet Jeremia verduidelik, wat in Jeremia 31:31-33 die volgende geskryf het:

31 Behold, days are coming, declares the Lord, when I will make a new covenant with the house of Israel and with the house of Judah, 32 not like the covenant that I made with their fathers ... 33 But this is the covenant which I will make ... I will put My law WITHIN them, and on their heart I will write it; and I will be their God, and they shall be My people.

31 Kyk, daar kom dae, spreek die Here, dat Ek met die huis van Israel en die huis van Juda ‘n nuwe verbond sal sluit; 32 nie soos die verbond wat Ek met hulle vaders gesluit het ... nie ... 33 Maar dit is die verbond wat Ek na die dae met die huis van Israel sal sluit, ... Ek gee My wet in hulle binneste en skrywe dit op hulle hart; en Ek sal vir hulle ‘n God wees, en hulle sal vir My ‘n volk wees.

Hier word twee hoofverskille tussen die twee verbonde uitgelig. Eerstens is die Nuwe Verbond ‘n onvoorwaardelike vebond, omdat dit geen ‘as/indien/solank’ klousule bevat nie. Dit is ‘n verbond waar God beloof om self die ‘werk’ in ons te doen, eerder as om die belofte afhanklik te maak van die mens se ‘arbeid’ of pogings.

Tweedens word dit baseer op innerlike ‘werke’ wat God sal doen, omdat die wet nie meer net uitwendig op kliptafels geskryf sal staan nie, maar innerlik op die hart. In stede daarvan dat die wet op mense afgedwing word deur ander mense of deur selfbeheersing, word dit eerder deur die Heilige Gees bewerk. God praat met ons en lei ons deur die Heilige Gees, net soos Israel onder Moses met behulp van ‘n vuurkolom deur die wildernis gelei was.

Hierdie twee verbonde word dus uitgebeeld deur Ismael en Isak. Kinders soos Ismael van die Ou Verbond, is gevange slawe wat poog om perfek te word deur hul eie vermoë om gehoorsaam te wees. Hul opregtheid kan nie bevraagteken word nie en hulle kan bewonderenswaardig wees. Baie slaag daarin om groot wilskrag toe te pas en kan selfs oor rooiwarm kole loop sonder dat hul voetsole brand. Die uiteinde van die saak is egter dat hulle nie daarin kan slaag om aan die wettige vereistes van ‘n geregtige God te voldoen nie.

Aan die teenoorgestelde kant is kinders soos Isak van die Nuwe Verbond, gebore uit ‘n vry vrou. Die verantwoordelikheid rus op God se skouers om hierdie mense van Hom regverdig te maak. Dit is moontlik gemaak deur die vervulling van Paasfees, toe Jesus Christus die boete vir sonde betaal het deur aan die kruis te sterf. Terwyl ons nou op reis deur die wildernis van die lewe gaan, beleef ons die tweede fees naamlik Pinkster, waar God besig is om Sy wette op ons harte te ‘skryf’.

Christene is dié mense wie se verhouding met God deur die Nuwe Verbond bepaal word. Sodra ‘n mens die opoffering wat Jesus Christus vir ons sonde gemaak het aanvaar, reken God die regverdigheid van Christus aan hom toe – asof dié mens reeds vervolmaak is. Dit is dan vir hierdie mens moontlik om vry deur die wildernis (Pinkster) te reis, eerder as ‘n slaaf. Hulle word regverdigheid TOEGEREKEN tot hulle WERKLIK regverdig gemaak word ten tye van die Tabernakelfees.

Dus volg die pad na Seunskap drie stappe omskrywe deur die drie feesdae.

Nóg ‘n verskil tussen die Ou- en Nuwe Verbonde is dat elk met ‘n spesifieke TEKEN assosieer word. Die teken van die Ou Verbond is ‘n vleeslike besnydenis, soos oorspronklik ingestel met Abraham Genesis 17:11. Die teken van die Nuwe Verbond is besnydenis van die hart.

Besnydenis van die hart word vir die eerste keer deur Moses genoem in Deuteronomium 30:6

11 Moreover the Lord your God will circumcise your heart and the heart of your descendants, to love the Lord your God with all your heart and with all your soul, in order that you may live [ie. have immortality].

11 En die Here jou God sal jou hart besny en die hart van jou nageslag, om die Here jou God lief te hê met jou hele hart en met jou hele siel, dat jy kan lewe [onsterflikheid kan bekom]

Moses het hierdie besnydenis van die hart beskryf as iets wat God self in ons sal doen – geen mens kan sy eie hart besny nie. Om hierdie rede word dit met die Nuwe Verbond assosieer, omdat dit iets is wat God self in ons sal doen en nie iets wat ‘n mens kan doen deur eie werke of selfbeheersing nie.

Daarom sien ons dat die Bybel vir ons as sinnebeeld van die Ou- en Nuwe Verbonde, Ismael en Isak gee. Twee verskillende maniere waarop regverdigheid bekom kan word, met twee verskillende erflatings. Die wat die pad van Ismael volg, ongeag sy ras of wie hy is, is van die Ou Verbond. Die mens wat die pad van Isak volg, is van die Nuwe Verbond.

Hoewel dit nie ‘n rassistiese stelling is nie, dui geskiedenis daarop dat die fisiese afstammelinge van Ismael ‘n godsdiens genaamd Islam volg, waarvan die naam gehoorsaamheid beteken en dus die Ou Verbond presies beskryf.

In Galasiërs 4 identifiseer Paulus die aardse Jerusalem met Hagar en haar ‘kinders’ – aanhangers van Judaïsme. Judaïsme kleef die Ou Verbond aan en weier om die Nuwe Verbond te aanvaar. Dus is Jode in ‘n wetlike sin ‘Ismael’, omdat hulle Jerusalem (Hagar) as hul ‘moeder’ sien.

Die Ou Verbond kan egter nie seuns van God voortbring nie, daarom kan nie Islam óf Judaïsme die erfdeel van die seuns van God bekom nie. Hul erfdeel het meer te doen met fisiese grondgebied as ‘n verheerlikte liggaam (die beste ‘grond’ wat geërf kan word)