God's Kingdom Ministries
Serious Bible Study

GKM

Donate

Hoofstuk 9: Die Priesterdom

Die oorwinnaars wat gedurende die eerste opstanding opgewek sal word, word ‘priesters van God en van Christus’ genoem. Daar is twee soorte priesterskap in die Bybel: Levi (Aäron) en Melgisedek. Die Levitiese priesters was gekies om die terme van die Ou Verbond te bedien; Melgisedek priesters word gekies om die terme van die Nuwe Verbond te bedien.

Die kontras tussen die twee is massief. Levi is geweldadig en wreed (Genesis 49:5-7) en het saam met Simeon onder die vloek van Jakob geval. Hierdie vloek het hulle uiteindelik ingehaal toe hulle hul Finale Offer in die persoon van Jesus Christus gemaak het. Hulle was wel geroepe om dit te doen, ja, maar nogsteeds: hulle is veroordeel vir die gesindheid in hul harte waarmee hulle dit gedoen het. Op daardie oomblik is Levi vervang deur Melgisedek, net soos die Ou Verbond vervang is met die Nuwe Verbond.

Daarom is die seuns van God priesters van die orde van Melgisedek, nie volgens die orde van Levi nie. Melgisedek was die koning van Salem met ander woorde ‘Koning van vrede’ (Hebreërs 7:1-3), in teenstelling met Levi, wat ‘koning’ van geweld en wraak was.

Melgisedek se roeping is nie gebonde aan ‘n bloedlyn nie (Hebreërs 7:6). Die Levitiese priesters moes van die nageslag van Aäron wees, van die stam van Levi. Dawid en Jesus is gebore uit die stam van Juda, eerder as Levi. Dus was hulle Melgisedek priesters (Psalm 110:4; Hebreërs 7:17), wat aan God bedien. Die oorwinnaars het ook nie enige verbintenis aan Levi deur ‘n geslagslyn nodig nie en word geroep uit alle mense van alle nasies en tale.

Een van die sleutel-eienskappe van priesters is dat hulle geen grond kan erf nie, soos ons lees in Numeri 18:20,

20 Then the Lord said to Aaron, You shall have no inheritance in their land, nor own any portion among them; I AM YOUR PORTION AND YOUR INHERITANCE among the sons of Israel.

20 Ook het die Here vir Aäron gesê: Jy sal in hulle land nie erwe nie, en jy sal geen deel onder hulle hê nie. EK IS JOU DEEL EN JOU ERFENIS onder die kinders van Israel.

Om God as jou erfenis te hê, is om ‘n verheerlikte liggaam as seun van God te ontvang. As seuns is dit hierdie priesters se verantwoordelikheid teenoor God om Hom aan die mensdom te bedien. Voorbidding en bemiddeling tussen God en die mens was die priesterdom se plig onder God. Levi het gefaal in sy administratiewe plig en is vervang deur Melgisedek. Dit beteken eenvoudig dat die orde van Melgisedek die pligte wat aanvanklik aan Levi toevertrou was, oorgeneem het. Hierdie pligte sluit nie meer bloedoffers in nie, omdat ‘n beter Offer in die persoon van Jesus Christus - Lam van God, dit vervang het. Hulle het ‘n nuwe Tempel, in ‘n Nuwe Jerusalem en ‘n nuwe Berg Sion, soos die boek Hebreërs verduidelik.

Tog staan die voorsiening van Numeri 18:20 steeds. God is hul erfdeel, in teenstelling met die res van die gelowiges wat grond as erflating sal ontvang wanneer die sagmoediges die aarde beërwe.

Hierdie verandering van Levi na Melgisedek is voorspel in die storie van Eli en hoe sy bloedlyn deur Zadok vervang is in die dae van Salomo. Hoewel Zadok ook ‘n Levitiese priester was, beteken sy naam ‘geregtigheid’ en vorm deel van die Melgisedek (Zadok) naam, ‘Koning van Geregtigheid’  (Hebreërs 7:2). Omdat hierdie plaasvervanging in die Ou Testament plaasgevind het, het God ‘n Aäroniese priester - Zadok, gebruik as tipe van die Melgisedek Orde.

Verder het die plaasvervanging in die dae van Salomo gebeur, die ‘Prins van Vrede’ en dit profeteer van die ware ‘Prins van Vrede’ - Jesus Christus. Die storie van hierdie plaasvervanging begin in 1 Sameul 2:27-36. Omdat Eli se seuns korrup was, deur van die offers te steel en met vroue omgang te hê, het God ‘n profeet na Eli gestuur om hom in vers 30 en 35 te sê:

30 ... I did indeed say that your house and the house of your father should walk before Me forever; but NOW the Lord declares, ‘Be it far from Me – for those who honor Me I will honor, and those who despise Me will be lightly esteemed ... 35 But I will raise up for Myself a faithful priest who will do according to what is in My heart and in My soul; and I will build him an enduring house, and he will walk before My anointed always’.

30 ... Ek het wel duidelik gesê: Jou huis en die huis van jou vader sal voor my aangesig wandel tot in ewigheid. Maar nou spreek die Here: Dit is ver van My; want die wat My eer, sal Ek eer; maar die wat my verag, sal veragtelik wees. 35 En ek sal vir my ‘n getroue priester verwek wat sal handel soos dit in My hart en in My siel is, en Ek sal vir hom ‘n bestendige huis bou, sodat hy al die dae voor die aangesig van My gesalfde kan wandel.

Eli was vervang met Eleazar (1 Sameul 7:1), wat weer op sy beurt deur Abjatar vervang was, waarna Salomo vir Abjatar vervang het. Dit was ‘n profesie van Jesus Christus en die Melgisedek Orde wat die ou Orde van Levi vervang het. Zadok was as hoëpriester, ‘n tipe Christus. 1 Konings 2:27,28 (NASB) 27,35 (1933 AV) sê:

27 So Solomon dismissed Abiathar from being priest to the Lord, in order to fulfill the word of the Lord, which he had spoken concerning the house of Eli in Shiloh ... 28 And the king appointed Zadok the priest in the place of Abiathar.

27 So het Salomo dan Abjatar verdrywe, sodat hy nie meer priester van die Here was nie, om die woord van die Here te vervul wat Hy oor die huis van Eli in Silo gespreek het... 35 ... en Sadok, die priester, het die koning aangestel in die plek van Abjatar.

Esegiël lewer oor hierdie plaasvervanging kommentaar in Esegiël 44, waar hy dit porfeties koppel aan die twee tipes priesterdom van die toekomstige Taberkakel-tydperk. In Esegiël 44:10-14 praat hy van die Orde van Eli, wat die korrupte priesterdom verteenwoordig.

10 But the Levites who went far from Me, when Israel went astray ... shall bear the punishment for their iniquity, 11 Yet they shall be ministers in My sanctuary, having oversight at the gates of the house and ministering in the house ... 13 And they shall NOT come near to Me to serve as a priest to Me ...    

10 Maar die Leviete wat ver van My afgewyk het by die afdwaling van Israel ... 11 hulle moet dienaars wees in my heiligdom, as wagte by die poorte van die huis en bedienaars van die huis; ... 13 En hulle MAG NIE nader kom ma My toe om die priesteramp vir My te bedien nie ...

Dit is vreemd dat God ‘n korrupte priesterdom sal toelaat om enige werk in die tempel te doen. Dit word egter veronderstel dat die betrokke korrupte priesters teen die tyd van vervulling bekeer sal wees, hoewel hulle daarvan gediskwalifiseer word om direk tot God te bedien. In die konteks van tempelaanbidding sal dit nie vir hulle moontlik wees om God in die tempel (die hemel self) te nader nie, maar hulle sal wel in die voorhof (die wêreld) kan bedien. Met ander woorde, hulle is Christengelowiges en selfs -priesters wat nie verder kon vorder as die Paasfees- of Pinksterondervinding nie. Hulle het nie toegelaat dat die wet op hul harte geskryf word nie - die doel van Pinkster. Hulle mis uit op die beloftes, omdat hulle nie die waarde van die Loofhutte en die betekenis daarvan om die Beloofde Land (verheerlikte liggaam) binne te gaan, kon insien nie. In kontras hiermee lees ons in  Esegiël 44:15-19:

15 But the Levitical priests, the SONS OF ZADOK, who kept the charge of My sanctuary when the sons of Israel went astray from Me, shall come near to Me to minister to Me; and they shall offer the fat and the blood, declares the Lord God. 16 They shall enter My sanctuary; they shall come near to My table to minister to Me and keep My charge.

15 Maar die Levitiese priesters, die kinders van Sadok, wat die diens van My heiligdom waargeneem het toe die kinders van Israel van My af weggedwaal het, hulle moet na My toe nader kom om My te dien en voor my aangesig staan om aan My die vet en die bloed te offer, spreek die Here HERE 16 Hulle moet in my heiligdom ingaan, en hulle moet na My tafel toe nader kom om My te dien en My diens waarneem.

Bybel-leraars neem dikwels hierdie verse te letterlik, wanneer hulle dink dat God weer ‘n tempel in Jerusalem op die berg sal oprig, kompleet met Levitiese priesters en diereoffers. Hulle voer aan dat die tydperk van genade binnekort voltooi sal wees, waarna ons almal sal terugkeer onder bloedoffers. Vir my is dit Godslastering! Dit is asof hulle nog nooit die boek, Hebreërs, gelees het nie. Die bloed van bulle en bokke kan nooit sondeskuld vereffen nie. ‘By ons is daar geen onttrekking tot verderf nie, maar geloof tot behoud van lewe.’ (Hebreërs 10:39)

Esegiël se profesie word aangebied volgens Ou Testamentiese terme net soos alle tipes en skadus. Ons moet dit egter interpreteer in ‘n Nuwe Testamentiese konteks. Hierdie nuwe priesterdom is nie soseer die bloedlyn van Sadok nie, want Sadok self was van die bloedlyn van Levi, daarom kon hy homself nie werklik van die vloek van Jakob verwyder nie.

Ons moet ook nie verstaan dat Jesus se bloed opsygesit sal word vir die bloed van hernude diereoffers nie. Ook sal die Nuwe Jerusalem nie deur die Ou Jerusalem vervang word nie en net so ook sal die lewende tempel Efesiërs 2:21 nie deur ’n dooie tempel wat in Jerusalem herbou word, vervang word nie. Ek koop nie in hierdie ‘herinstellingsteologie’ in nie:- Die Ou Verbond is vervang met die Nuwe Verbond. Ek glo nie dat die Nuwe Verbond in die toekoms deur die Ou Verbond vervang sal word nie.

Hoewel Esegiël 44 die storie van Eli en Sadok gebruik as agtergrond vir die profesie, gaan dit in werklikheid oor ‘n Nuwe Testamentiese priesterdom gedurende die Loofhutte-tydperk wat binnekort sal aanbreek. Gedurende die laaste 2000 jaar was daar ‘n priesterdom onder die Pinkster-tydperk (die ‘gesuurde’ fees), wat net so korrup geword het soos die priesterdom van Eli. Baie van hulle, hoewel hulle die offers steel en seksuele omgang met hul vroulike gemeentelede het, glo werklik in Jesus Christus. In die tydperk van die Prins van Vrede, sal hulle toegelaat word om in die voorhowe te bedien (in ‘n fisiese liggaam), maar hulle sal nie toegelaat word om aan God in Sy tempel in die hemel te bedien nie. Met ander woorde: hulle sal nie die verheerlikte liggaam ontvang wat tussen hemel en aarde kan wissel nie - die soort liggaam wat Jesus na Sy opstanding gehad het nie.

Esegiël beskryf hierdie liggaam in Esegiël 44:17-19. Hy stel dit in Ou Testamentiese terme, maar profeteer van Nuwe Testamentiese dinge.

17 And it shall be that when they enter at the gates of the inner court, they shall be clothed with LINNEN GARMENTS; and WOOL shall not be upon them while they are ministering in the gates of the inner court and in the house.

17 En as hulle na die poorte van die binneste voorhof ingaan, moet hulle LINNEKLERE aantrek; maar WOL mag op hulle nie kom as hulle dien in die poorte van die binneste voorhof en daar binnekant nie.

Linne is plantaardig; Wol is ‘n dierlike produk. Openbaring 19:8 sê: ‘En aan haar [BRUID] is gegee om bekleed te wees met rein en blink fyn linne, want die fyn linne is die regverdige dade van die heiliges [SADOK].’ Linne verteenwoordig die geestelike liggaam en wol die vleeslike, fisiese liggaam.

Dus sal hierdie ‘priesters van God en Christus’ verheerlikte liggame ontvang soos die een wat Jesus gehad het en hulle sal tussen hemel en aarde kan beweeg. In die hemel sal hulle aan God mag bedien in hul ‘LINNE’ klere, maar hulle sal na die aarde terugkeer om aan die mense in hul ‘WOL’ klere te bedien. 

19 And when they go out into the outer court [earthly realm of the people] ... they shall put off their [linen, spiritual body] garments in which they have been ministering, and lay them in the holy chambers; then they shall put on other [wool, fleshly body] garments ...

19 En as hulle uitgaan na die buitenste voorhof [aardse gebied van die mensdom], na die buitenste voorhof na die volk toe, moet hulle hul [linne - geestelike liggaam] klere uittrek waar hulle in gedien het, en dit neersit in die heilige kamers, en hulle moet ander [wol - vleeslike liggaam] klere aantrek, sodat hulle die volk nie heilig maak met hul klere nie.

Dit is die rede waarom Jesus na Sy opstanding altyd aan die dissipels verskyn het in ‘n liggaam van ‘vlees en bene’ (Lukas 24:39). Hy het werklik in Lukas 24 noemenswaardige tyd daaraan spandeer om die dissipels te oortuig dat Hy NIE ‘N GEES was nie. Hy het selfs saam met hulle geëet om dit te bewys - waarom? Om die verheerlikte liggaam aan ons te openbaar, wat ook die erflating van die Seus van God is. Hulle moet daartoe in staat wees om hul ‘klere’ te verander, want volgens Esegiël 44 is dit onwettig om in linne klere (as geeste) aan mense te bedien. Om hierdie rede het Jesus nie in die gees aan mense verskyn nie - Hy het ‘n vleeslike liggaam aangeneem om in te verskyn.

Hierdie verheerlikte liggaam word nie ingeperk deur die beperkings van vlees soos ons die menslike liggaam ken nie. In Paulus se dae het die skeptikuste gevra watter tipe liggaam hulle wat uit die dood opgewek word, sou hê (1 Korintiërs 15:35). Hoewel ons nie die volle antwoord hierop het nie, is die eenvoudige antwoord die volgende: ‘Hulle sal die tipe liggaam hê wat Jesus gehad het na Sy opstanding’. Dit is wat dit beteken vir die Seuns van God om Priesters van die Orde van Melgisedek te wees, soos beskryf word in Esegiël 44.