Latest Posts
View the latest posts in an easy-to-read list format, with filtering options.
Baie verskil oor die vraag of die mens 'n vrye wil het of nie. Hierdie boekie van 26 bladsye wys uit die Skrif dat vrye wil nie die fundamentele kwessie is nie, maar eerder die feit dat die Skepper alle dinge BESIT en verantwoordelik is vir alles wat Hy besit. Daar is baie interessante regsimplikasies hierin.
Category - General
Die Israeliete het die slegte gerug van die tien spioene geglo en geweier om die Beloofde Land in te gaan- en dit het ‘n situasie geskep waar God duidelik Sy soewereiniteit gemanifesteer het. God het gedreig om daardie mense dood te maak en om Moses se familie te gebruik om Sy wil te volvoer. [Num. 14:12]. Moses het ingetree vir Israel, deur te sê in Numerie 14:15, 16,
“As U hierdie volk soos een man om die lewe bring, sal die nasies wat van U dade gehoor het sê: Die Here was nie instaat om hierdie volk in te bring in die land wat Hy met ‘n eed aan hulle beloof het nie, daarom het Hy hulle omgebring in die woestyn.”
Die kwessie was die soewereiniteit van God. Ten opsigte van Israel se keuse om in die wildernis te bly-was God NIE INSTAAT om hulle in die Beloofde Land in te bring nie? Almal weet dat God die mag gehad het om hulle te dwing om Sy bevele uit te voer, maar die vraag was of Hy dit in ‘n praktiese sin kon doen.
Was God regtig so beperk deur die wil van die mens dat Sy soewereiniteit gelimiteer of afgeskaal is deur mens se outoriteit? Nee, God se soewereiniteit kan nooit afgeskaal of verhinder word nie. Om die waarheid te sê: God rig sy eie opposisie op om die volvoering van Sy wil tot op die bestemde tyd uit te stel. Dit was in God se plan dat Israel die Beloofde Land eers binnegaan na 40 jaar in die wilderness – en dit is hoekom dit so gebeur het.
Om terug te kom na die bespreking tussen God en Moses in Numeri 14: Moses het die punt gemaak dat die nasies sou sê God was nie instaat om Sy doel tot stand te bring as Hy nie Israel in die Beloofde Land kon inbring nie. God se magtige en oorweldigende antwoord aan Moses word gevind in verse 20-21
Toe het die Here geantwoord: “Ek vergewe hulle, soos jy gevra het. Nogtans, SO SEKER AS WAT EK LEEF, en die hele aarde vol sal word van My magtige teenwoordigheid…”
Die frase “so seker as wat ek lewe” is ‘n eed, wat God op sy eie lewe gesweer het. God vat nie die aflê van ‘n eed ligtelik op nie. Alles wat God sê sal vervul word, want Hy kan nie jok nie. As Hy ‘n eed maak, verdien dit spesiale beklemtoning. Die enigste woord van God wat nog meer klem dra is ‘n Verbond.
Nie net sal God Israel vol van Sy glorie maak nie, maar Hy het gesweer om die hele aarde vol van Sy glorie te maak. God was nie net in staat om die klein nasie van Israel in die Beloofde Land in te bring nie, maar ook heeltemal instaat om die hele aarde vol van Sy glorie te maak! Die ware Beloofde Land, soos ons weet, is nie om op een of ander stuk eiendom aan te kom nie, maar om in Sy heerlikheid in te gaan. Die verheerlikte liggaam is die regte Beloofde Land. Dit is wat in Adam verloor is en dit word herstel in Christus. Israel was die tipologiese nasie op ‘n kleiner skaal, maar die uiteindelike plan was om die hele wêreld by die glorie ingesluit te hê.
Die vraag is net, HOE kon God so ‘n eed aflê, as Sy soewereiniteit deur die mens se outoriteit beperk is? Of, om dit meer reguit te stel, hoe kon God sweer om die hele mensdom vol van Sy glorie te maak as net ‘n paar gekies het om Jesus Christus te volg? Bepaal die keuses van mense dan nie hulle ewige lot nie? Mense kan mos Christus verwerp? Is sulke mense nie verlore deur hulle eie keuse nie?
Of-hoe kan elke knie buig en elke tong Christus bely, soos ons lees in Jesaja 45:23 and Fil. 2:10, 11? Maak dit nie God se soewereine wil groter as mens se outoriteit om te kies nie?
Die dadelike antwoord is dat mens se outoriteit eindig waar God se soewereiniteit begin. Mens het die outoriteit om God vir ‘n tyd lang te verwerp, maar op die uiteinde, sal God se soewereine wil voltrek word. Mens kan God verwerp en beoordeling ondergaan, maar God se oordele sal die vleeslike geaardheid korrigeer sodat in die einde hy regtig homself aan Jesus Christus onderwerp.
Mens het outoriteit oor sy eie ‘land’ wat God hom as sy erfdeel gegee het; maar God behou steeds soewereiniteit oor hom deur middel van die reg van skepping. Die outoriteit wat God die mens gegee het is baie beperk. Mens het nie die vermoë om homself aan die duiwel te verkoop, of aan die vlees, of aan sonde vir ewig en altyd nie. Hy kan dit net so doen binne die grense van tyd. Die Bybelse wet waarop hierdie waarheid gebaseer is word in my boekie-If God Could Save Everyone—Would He? bespreek.
Kyk ook na die geval van Josef en sy boeties. Josef se broers het hom moedswillig verkoop as ‘n slaaf en hy was na Egipte geneem. Mens kan dalk stry dat Judah-deur sy eie vrye wil-met die idea vorendag gekom het om Josef te verkoop. Die res van sy broers het toe hulle vrye wil uit geoefen deur in te stem. Die enigste een wat blyk geen wil in die saak te hê nie is Josef self.
In Egipte was Josef vals beskuldig deur sy meester en in die tronk gegooi deur sy meester, Potifar, wat dit deur sy eie vrye wil gedoen het. Op die ou end het hy Farao se drome uitgelê en was die hoogste posisie gegee onder Farao in die hele land. Uiteindelik was hy ook met sy familie herenig en het hulle gevra om in die beste deel van Egipte te kom woon. Sewentien jaar later is hul pa dood, en Josef se broers het bang geword dat Josef wraak op hulle sou neem vir hul wan-behandeling van hom as gevolg van hulle eie vrye wil. Genesis 49:19-21 gee sy reaksie:
Maar Josef het hulle geantwoord, “Moenie bang wees nie, is ek dan in God se plek? Julle wou my kwaad aandoen, maar God wou daarmee goed doen: Hy het gesorg dat ‘n groot volk nou in die lewe gebly het. Moenie bang wees nie. Ek sal sorg dat julle en julle kinders kos het.” Josef het hulle jammer gekry en hulle gerusgestel.
Josef het besef dat die gebeurtenisse op twee vlakke gebeur het- deur mens se outoriteit en deur God se soewereiniteit. Die broers het opgetree volgens hulle eie wil, en gedink dit was hulle eie idea om Josef in slawerny te verkoop aan Egipte. Josef het beslis die wil van sy broers op die laer vlak herken, en gesien dat God in hulle harte gewerk het, deur hulle te beoordeel en korrigeer tot hulle dit bely het en vergifnis vir hulle daad gevra het. Maar die broers was net verantwoordelik so vêr as wat hulle outoriteit gehad het.
Josef het ook duidelik gewys dat God uiteindelik verantwoordelik was daarvoor. Dit is, God het Sy soewereine wil uitgeoefen om Josef se broers te beïnvloed om hom as ‘n slaaf te verkoop. Niemand is meer verantwoordelik as wat sy vlak van outoriteit hom toelaat nie. As God uiteindelik verantwoordelik was vir die dade van Josef se broers, dan bewys dit dat God nie Sy soewereiniteit opgegee het nie.
Die storie van Josef is ‘n goeie illustrasie van hoe God se soewereiniteit nie die mens se outoriteit teenwerk nie. Al twee konsepte is waar. Maar ons moet die verskil ken tussen soewereiniteit en outoriteit, en hoe die outoriteit beperk is in die krag daarvan, en daarin lê die sleutel om die ware kwessie te verstaan.
Party stem nie saam met dit nie, omdat hulle sê dat God net goeie dinge doen, en die duiwel doen al die slegte dinge, maar die saak is nie so eenvoudig nie. Dit is meer akkuraat om te sê dat die kwaad wat God doen, altyd vir ‘n goeie doel is [uiteindelik], terwyl die duiwel niks wat goed is vir die mens nie. Wat die duiwel doen kan dalk ‘goed’ voorkom deur die oë van ‘n mens, vir ‘n tyd. Byvoorbeeld, a mens kan ‘n ooreenkoms met die duiwel aangaan vir geld en roem in sy leeftyd, in ruil vir sy siel se welsyn. Maar die tydelike ‘lekker [goeie]’ vir ‘n paar jaar is nie tot enige mens se eindelike voordeel nie.
Daarinteen kan God dalk Sy kinders deur baie moeilike tye en hartseer sit om hulle nederig te maak en die kuns van vergifnis te leer. Die kinders van God voel dikwels misbruik hieroor en sukkel met hierdie konsep vir jare, omdat hulle nie weet dat om ‘n oorwinaar te wees, vereis die geleentheid om te kan oorwin nie. Meeste kom tot die gevolgtrekking dat die duiwel hierdie slegte dinge doen aan hulle, en hulle spandeer baie tyd om ‘teen die duiwel te baklei’. ‘n Paar-soos Josef-kom tot die insig dat dit eintlik God is wat agter hulle moeilikhede sit, en dat Hy alle dinge ten goede meewerk [Rom. 8:28].
Die duiwel speel beslis ‘n rol daarin, as God se dienskneg. Job wys ons dat Satan wel God se toestemming nodig het om op te tree. As God kies om die duiwel te gebruik om sy kinders te tugtig, moet ons verstaan dat die duiwel geen vermoë het om meer te doen as wat God toelaat of stipuleer nie. Die duiwel se wil is nie bo God se soewereiniteit nie, net so veel soos ‘n mens se wil nie is nie. ‘n Vriend van my noem hom ‘tussen bestuur’. Die wie hulle lewe spandeer om teen die duiwel te veg in plaas van om met God te handel, moet verstaan dat as jy enige iets gedoen wil kry, moet jy bo, by die groot base, begin. Moenie met ‘tussen bestuur’ handel nie.
Die boek van Job wys ons dat Satan ondergeskik is aan die soewereiniteit van God net so veel soos die mens is. God word uitgebeeld dat Hy spog met Job by Satan. Satan werp dit tee en sê dat Job net ‘n volgeling van God was omdat God so goed vir hom was. Jy sien, dit is maklik om in God te glo [Jesus Christus] as alles goed gaan. Maar wat as dinge verkeerd loop? Satan het gedink dat Job dan vir God sou vervloek. In Job 1:12 lees ons,
Toe sê die Here vir Satan: “Alles wat hy het, gee Ek in jou mag oor. Net aan hom self mag jy nie raak nie.”
Ons lees dan hoe die diensknegte van Jod dood gemaak was deur Sabeërs wat hulle aangeval het. Die duidelike implikasie is dat Satan die wil van die Sabeërs beïnvloed het om dit te doen, omdat God dit toegelaat het. Natuurlik is die wettige prinsiep dat as ‘n persoon iets toelaat of toestemming gee aan ‘n ander persoon om sulke dinge te doen, hy self net so verantwoordelik is as ‘n medepligtige aan die daad [Ex. 22:5; Jakobus 4:17]. Dus is die storie geskryf op so ‘n manier om te wys dat God Homself verantwoordelik hou vir die sogenaamde ‘bose’ ding.
Die laaste les wat Job– en so ook ons almal – moes leer was dat ons nie so vol trots behoort te wees dat ons dink ons vir God kan voorskryf hoe om die heelal te bestuur nie. Wanneer ons God blameer dat Hy slegte dinge aan ons doen [of ‘toelaat’ om met ons te gebeur], wys ons dat ons nie regtig totale geloof in God se liefde en regverdigheid het nie. Nes Job weet ons nie van die volle omvang van die ongeloof in ons harte tot ons onder druk geplaas word nie. Dit is maklik om te s , “Ek glo in ‘n God van liefde’. Dit is moeiliker om die selfde te sê as God sy hand van beskerming terug trek van ons af en Satan toelaat om daardie geloof in ons te toets.
Die boek van Job maak dit duidelik dat Satan gebonde is deur die woord en wet van God. As die wil van God bo die van Satan staan, dan behoort ons Bybelse bewyse te verstaan dat God die krediet neem vir die ‘bose’ dinge wat gebeur. Ons moet ook insien uit die Bybelse bewyse dat God Homself verantwoordelik hou vir alles wat Hy doen op Sy vlak. Dit is presies wat Hy doen.
As ons aanhou om mense te blameer vir al die boosheid op aarde, of as ons die duiwel blameer, of albei, sal ons nooit regtig God of Sy plan verstaan nie. Alle mense sal wel aanspreeklik gehou word op hulle eie vlak, en dit is hoekom daar beoordeling sal plaasvind by die Groot Wit Troon oordeel aan die einde van tyd. Maar God hou ook Homself verantwoordelik bo almal, en vir hierdie rede het Hy Homself verbind deur ‘n eed om die hele aarde vol van Sy glorie te maak. [Num. 14:21]
God kon natuurlik ‘n wêreld geskep het sonder die moontlikheid van sonde, en Hy het nie nodig gehad om Satan met die vermoë te skape om teen Sy wil te gaan nie. Maar Hy het. Hy het Sy eie vyand gemaak. Maar Hy het nie Sy vyand krag of mag wat enigsins naby aan Sy eie kom gegee nie. Daar is geen God behalwe Hy nie [Jesaja 45:5]. Alle ander ‘gode’ is onder Hom. Hulle is ondergeskik aan Sy soewereiniteit, insluitende Satan en die mens.
In die Hebreeuse definisie is ‘n ‘god’ ‘n onderwerper, dit is, een wat gesag oor ‘n ander besit. Dit is hoekom die Hebreeuse rigters ‘gode’ genoem is.[ Exodus 22:28]. Dit is omdat hulle die manne was wat outoriteit oor die ander uitgeoefen het.
Hy het Homself verbind deur ‘n eed om alle dinge te herstel en alle dinge vol van Sy Gees te maak. Dit beteken nie dat God die enigste verantwoordelike party in die wêreld is nie. Hy is uiteindelik verantwoordelik, maar nie die enigste een wat verantwoordelike gehou word nie. Hy is verantwoordelik omdat Hy soewerein is en omdat Hy enige iets kon voorkom wat Hy sou wou voorkom. Maar die mens is ook verantwoordelik omdat hy outoriteit gegee is. Alle beoordeling van sonde is gebaseer op die vlak van kennis en outoriteit aan hom toevertrou [Lukas 12:47, 48].
Deur die mens se outoriteit kan hy sy redding uitstel, en die eerste en selfs die tweede opstanding misloop [Open. 20:4-6, 12]. Maar die finale herstelling van alle dinge en die redding van alle mense is iets wat deur die soewereine wil van God vas besluit is, apart van die mens se wil.
Om jou redding uit te stel beteken eenvoudig dat jy deur die ‘poel van vuur’ beoordeel sal word tot in met jy vrygemaak sal word by die jubileum van die skepping aan die einde van alle dinge. God se wet van die Jubel jaar sit ‘n beperking op mens se vermoë om homself in skuld te dompel en die slawerny aan sonde.
Die Nuwe Testament gebruik verskillende woorde wat vertaal word as ‘wil’. Hulle is nie die selfde nie, maar oor die vertalers nie die verskil verstaan het nie, het hulle die belangrike waarheid verdraai wat mens hinder om die verhouding tussen die mens se wil en God se soewereiniteit te kan verstaan.
Die wil van God is dat ons nie sonde doen nie. Dit is meestal uitgedruk in die wet wat sê, “Jy mag nie…” Dit is God se wil dat ons nie steel, vermoor, owerspel pleeg ens. nie. Die beste vers wat Sy WIL illustreer word gevind in Rom 2:17, 18 wat sê ,
Kyk, jy dra die naam van Jood en steun op die wet en beroem jou op God, en jy ken sy wil [Grieks: thelema, “wil”] en onderskei die dinge waar dit op aankom, omdat jy uit die wet onderrig word...
Ons sien hieruit dat mens God se wil kan ken deur ‘uit die wet onderrig te word’. Die wat die Wet verbreek, oortree die WIL van God. Die Grieks is thelema, en dit verskyn baie maal in die Nuwe Testament.
Die tweede Griekse woord gewoonlik vertaal ‘wil’ is boulema. Paulus gebruik die woord in Romeine 9, waar hy die geval van Farao bespreek en hoe God vir hom gesê het “Laat my volk gaan” en toe het hy sy hard verhard en hulle NIE laat gaan nie. Vers 19 sê,
Jy sal dan vir my sê: Waarom verwyt Hy dan nog, want wie het Sy WIL weerstaan? [Grieks: boulema, ‘plan, hoër intensie.]
Met ander woorde, hoe kan God Farao aanspreeklik hou omdat hy geweier het dat Israel uit Egipte mag gaan, aangesien God krediet geneem het dat Hy die Farao se hard verhard het? Wie kan dan nou eintlik God se boulema weerstaan? Sekerlik nie Farao nie. Dus, blyk dit om ‘n probleem met goddelike geregtigheid te skep. In realiteit is dit net ‘n probleem as God nie Farao vry maak aan die einde nie. As God Farao heeltemal aanspreeklik sou hou omdat hy Hom weerstaan het, sonder enige beoordeling in sig dan, ja, sou God Farao ‘n ongeregtigheid aangedoen het. Maar dit is nie die geval nie.
Toe God vir Farao deur Moses gesê het, “Laat my volk gaan,” het Hy sy wil uitgedruk. Farao was instaat om God se wil te weerstaan. Maar toe God Farao se hard verhard het sodat hy NIE vir Israel sou laat gaan nie [vir ‘n ruk], was Farao nie instaat om God se PLAN te weerstaan nie. God se plan het nodig gehad dat Farao die wil van God teenstaan tot die tiende plaag oor Egipte se eersgeborenes gekom het. God het vir Moses die plan uiteengesit in Exodus 7:2-5,
“Jy moet spreek alles wat Ek jou beveel, en jou broer Aäron moet met Farao spreek, sodat hy die kinders van Israel uit sy land laat uitrek. En Ek sal Farao se hart verhard en my tekens en wonders in Egipteland vermenigvuldig. Maar Farao sal na julle nie luister nie; en Ek sal My hand op Egipte lê en my leërskare, my volk, die kinders van Israel, deur groot strafgerigte uit Egipteland uitlei. Dan sal die Egiptenaars weet dat Ek die Here is, as Ek My hand oor Egipte uitstrek en die kinders van Israel tussen hulle uitlei.”
Hier lê God die plan voor Moses uit, sodat hy vooraf sou weet wat God van plan was om te doen. Daar is geen indikasie in die bewoording dat God net ‘geweet’ het voor die tyd wat Farao sou doen nie of dat God dit maar net in ag geneem het nie. Die stelling, “En Ek sal Farao se hart verhard’, gee nie plek dat God nie iets met die saak te doen gehad het nie. En so, toe Moses en Aäron hulle klein kompetisie met die Farao se magi gehad het, het Farao sy hart verhard, soos ons lees in Exodus 7:13, 14
Maar Farao se hart was verhard, sodat hy na hulle nie geluister het nie soos die Here gespreek het. Toe sê die Here vir Moses, “Farao se hart is verhard, hy weier om die volk te laat trek.”
Die stelling, “Farao se hart was verhard’ verklap niks oor die oorsaak of wortel van die probleem nie, maar ons word verwys na die Here se plan deur die opvolgende stelling, “Soos die Here gespreek het.” Met ander woorde, ons word hier vertel dat Farao se hart verhard was oor God dit deur Sy soewereiniteit verhard het. Na die padda plaag gekom het, lees ons van Farao se reaksie in Exodus 8:15
En toe Farao sien dat daar verligting kom, het hy sy hart verhard en na hulle nie geluister nie, soos die Here gespreek het.
Na aanleiding van die volgende plae, verskil die Bybel se bewoording. In die eerste paar plae lyk dit of Farao sy eie hart verhard het, maar weereens word ons oortuig dat Farao se wil net ‘n reaksie op God se werk om sy hart te verhard was. Spreuke 21:1 bevestig dit,
Die koning se hart is in die hand van die Here soos waterstrome: Hy lei dit waar Hy wil.
Dus was Farao se hart in die hande van die Here om mee te doen soos HY wil. Farao het dit natuurlik nie geweet nie, omdat Hy nie God geken het nie. Maar Farao se kennis van God het niks daarmee te doen nie. In die verslag van die latere plae meld dit duidelik dat God sy hart verhard het. Na die sesde plaag [swere], lees ons in Exodus 9:12
Maar die Here het Farao se hart verhard, sodat hy nie na hulle geluister het nie, soos die Here aan Moses gesê het.
Na die sewende plaag [hael], het Farao om vergifnis gepleit, dus, probeer om sy sondige aksies reg te stel: Exodus 9:27, 28 sê
Toe Het Farao Moses en Aäron laat roep en vir hulle gesê: “Ek het die keer sonde gedoen. Die Here is reg, maar ek en my volk het ongelyk. Bid tot die Here, want daar is oorgenoeg donder en hael van God gewees; dan sal ek julle laat trek, en julle hoef nie langer te bly nie.
Moses het daarom gebid dat die donder en hael moet ophou. Dit het, maar daarna was Farao se hart weer verhard. Hierdie keer is die verslag vreeslik interessant: Exodus 9:34, 35 en 10:1
Toe Farao sien dat die reën en die hael en die donder ophou, het hy nog vêrder gesondig en sy hart verhard, hy en sy dienaars. Ja, Farao se hart was verhard, sodat hy die kinders van Israel nie laat trek het nie, soos die Here deur die diens van Moses gespreek het. Vêrder het die Here vir Moses gesê: “Gaan na Farao toe, want Ék het sy hart verhard, ook die hart van sy dienaars, sodat Ek hierdie tekens van My onder hulle kan verrig,”
Dit sê vir ons dat as die Woord die stelling maak dat Farao se hart verhard was, of dat Farao sy eie hart verhard het, dit nie die feit afkeer dat God dit veroorsaak het nie. Om die waarheid te sê het God die eer daarvan geneem om Farao se hart te verhard- en Farao se reaksie was om sy eie hart te verhard. Farao het nie geweet wat was aan die gebeur nie. Hy het gedink hy verhard sy eie hart deur sy uitoefening van ‘vrye wil’. Maar Moses en Aäron het die plan van God geken, so hulle het geweet wie dit aan Farao doen agter die skerms. Dus, Farao het dit op sy eie vlak gedoen, maar God op ‘n hoër vlak. Elkeen is daarom verantwoordelik op sy eie manier en op sy eie vlak.
Dit lê ‘n belangrike prinsiep neer van goddelike beoordeling. God se doel daarmee om Farao se hart te verhard word uitgedruk in Exodus 7:5
Dan sal die Egiptenaars weet dat ek die Here is, as Ek my hand oor Egipte uitstrek en die kinders van Israel tussen hulle uitlei.
Voor skadu dit nie ‘n groter oordeel wat kom by die Groot Wit Troon nie? God se doel van beoordeling is nie om hulle te vernietig nie, maar dat hulle kan weet dat Hy die ware God is! Slegs ‘n oorblyfsel sal aan die eerste opstanding deel hê en regeer saam met Christus gedurende die duisend jarige Sabat Dag. [Open. 20:4-6]. Die res van die gelowiges sal hulle beloning ontvang aan die einde van die duisend jaar wanneer hulle voor God staan saam met die ongelowiges. [Lukas 12:46; Johannes 5:28, 29; Hand. 24:15]. Maar die res van die skepping-die oorgrote meerderheid van die mensdom-sal beoordeel word om korrigeer te word en verantwoordelik gehou te word vir hulle dade op aarde. Die doel van die ‘poel van vuur’ is nie om hulle te martel nie, maar om hulle onder die oordele van die goddelike wet te bring-die vurige wet van Deut. 33:2.
In so ‘n plan beoordeel God nie die mensdom buite sy vlak van aanspreeklikheid nie. God kom ook Sy plig na volgens Sy eie soewereiniteit. Dit was die plan van die begin af, en die finale herstelling van alle dinge was net uitgestel deur die faktoor wat ons ‘tyd’ noem.
So Farao self en al die Egiptenare wat in Moses se dag geoordeel was, was nie geoordeel sodat hulle vernietig kan word nie. Hulle was geoordeel oor hulle nie God geken het nie. Dit is die goeie doel van God en die sleutel om te verstaan hoe God Farao se hart kon verhard sonder om hom ‘n ongeregtigheid aan te doen. In plaas daarvan om die duidelike Bybelse stellings te probeer ontken dat God verantwoordelikheid neem dat Hy Farao se hart verhard het, laat ons eerder met God saam stem, wetende dat dit vir ‘n goeie doel was.
Dit is omdat meeste mense nie die goeie doel ken nie dat God se dade kwaadwillig kan voor kom. Dit is wat veroorsaak dat mense twyfel dat God so iets kan doen. So word die alternatiewe ‘oplossing’ vir hierdie dilemma dan om God van Sy soewereiniteit te ‘ontneem’ en dit onderworpe te maak aan die mens se outoriteit [wil]. Dit kan dalk lyk of dit die probleem van God se geregtigheid oplos, maar dit sou dit doen ten koste van Sy soewereiniteit.
Dit is daarom van groot belang dat ons die uiteindelike plan van God om die hele mensdom te red, insluitende Farao, verstaan. Sonder so ‘n verstaan is dit amper onmoontlik om God as ‘n God van geregtigheid en liefde te sien. As ons dit nie insien nie bly ons by die Calvinistiese siening wat God totaal soewerein maak maar Sy oordeel onregverdig. Calvin het die mense geleer dat God net ‘n klein oorblyfsel kies om gered te word, en die res gekies het om in ‘n helse vuur gemartel te word verewig. Nie baie het die gestel om saam te stem met so ‘n prinsiep van geregtigheid nie. Die eenvoudige oplossing is om te sien dat God se soewereiniteit Hom die mandaat gee om Sy hele skepping te red om sodoende heeltemal regverdig en almagtig te bly.
Die verhouding tussen God se wil en God se plan is: God se wil gaan altyd volvoer word-maar nie tot in met sekere dinge gebeur het nie. God se wil het te doen met die dade van mense in die verloop van geskiedenis, dit is, historiese feite. Aan die ander kant, werk God se plan met TYD. Tyd is wat dinge stadiger maak. Sonder tyd sou alle historiese gebeurtenisse op die selfde oomblik gebeur. God Self staan bokant tyd en kyk na alle dinge asof hulle op die selfde tyd gebeur. Dit is hoekom Hy van toekomstige dinge in die verlede tyd praat. Maar ons is gebonde aan en beperk deur tyd en ruimte, en daarom moet ons die goddelike plan sowel as Sy wil probeer hanteer.
Die wil van God soos aan Farao gegee was inderdaad volvoer as ‘n historiese gebeurtenis. Farao het Israel laat gaan. Maar God het seker gemaak dat Farao dit nie sou doen tot op die regte oomblik in tyd nie. So toe Farao oorspronklik besluit het om Israel te laat trek, het God sy hart verhard, so dat hy NIE Israel sou laat gaan tot ‘n latere tyd nie.
Farao het Israel wel laat gaan, en het toe God se ‘wil’ gedoen, maar hy het so gedoen volgens die ‘plan’, deur dit eers te doen na die tien plae uitgevoer was. Daarom is dit God se ‘wil’ dat alle mense gered word, soos 1 Timothy 2:4 sê
...wat wil hê [Griekse werkwoord: thele, ‘wil’] dat alle mense gered word en tot kennis van die waarheid kom.
Maar dit is God se ‘plan’ dat meeste van hulle gered sal word deur goddelike oordeel en korreksie. Egipte verteenwoordig die wêreld van ongelowiges; Israel verteenwoordig die gelowiges. Dit is ‘n geskiedkundige vergelyking wat die denke van God uitbeeld soos wat Hy die hele skepping onderwerp onder die voete van Christus [1 Kor. 15:27]. Uiteindelik sal elke knie buig onder die glorie van God, omdat God dit gesweer het in Jesaja 45:23-25
Ek sweer by Myself, geregtigheid gaan uit My mond, ‘n woord wat nie herroep word nie: dat voor my elke knie sal neerbuig, by My elke tong sal sweer. Hulle sal van My sê: Alleen in die Here is volle geregtigheid en sterkte, na Hom sal hulle kom, maar hulle almal sal beskaamd staan wat op Hom toornig is. In die Here sal geregverdig word en hulle beroem die hele geslag van Israel.
Ja, God het gesweer op Sy eie soewereine vermoë dat Hy alle mense na die plek sal bring waar hulle Hom bely as die regverdige. Al was hulle kwaad vir Hom dat Hy boosheid in die wêreld toegelaat het, sal hulle kom tot die besef dat die goddelike plan baie goed was. Hulle sal insien dat Hy ‘n God van liefde en wysheid sowel as ‘n God van mag en geregtigheid is. Alle mense sal buig, elke tong sal bely dat hulle aan Hom behoort.
Maar Hebreërs 2:8 sê, “Maar nou sien ons nog nie dat alle dinge aan Hom onderwerp is nie.” Dit is omdat die plan vereis dat meeste van die mensdom se harte verhard bly terwyl Hy Sy seuns red. Dit is slegs aan die einde van tyd dat die hele plan verwesenlik sal word en almal sal verstaan wat die gedagtes van God is.
Kan ons so ‘n plan begryp? Selfs Paulus het daarmee gesukkel, want hy getuig in Rom. 11:32-36,
Want God het hulle almal in die ongehoorsaamheid ingesluit om vir almal barmhartig te kan wees. O, diepte van die rykdom en wysheid en kennis van God! Hoe ondeurgrondelik is sy oordele en onnaspeurlik sy weë! Want wie het die gedagte van die Here geken, of wie was Sy raadsman gewees? Of wie het eers iets aan Hom gegee, dat dit hom vergeld kan word? Want uit Hom en deur Hom en tot Hom is alle dine. Syne is die heerlikheid tot in ewigheid. Amen.
‘n Fatalis is iemand wat God se soewereiniteit insien sonder dat hy die outoriteit wat God vir die mens gegee het verstaan. Met so ‘n ongebalanseerde uitkyk, kan die fatalis altyd God blameer vir alles en nooit aanspreeklikheid of verantwoordelik vir sy dade vat nie. Hy kan altyd sonde regverdig wat hy doen deur te sê, “Wel, God is soewerein, daarom, het ek geen keuse gehad behalwe om dit te doen nie.”
Fataliste verstaan nie regtig dat daar ‘n oordeel is wat kom nie, waar elke mens volgens hulle werke beoordeel gaan word [Rom. 2:6; Open. 20:12, 13 ]. Fataliste maak God totaal soewerein en totaal verantwoordelik vir alles wat op die aarde gebeur- sonder om te besef dat God mens verantwoordelik hou op sy vlak van outoriteit.
Om te verhoed dat mens ‘n fatalis raak, moet mens duidelik die verskil begryp tussen die wil [thelema] en die plan [boulema] van God. Dit word die beste uitgebeeld deur die werklike voorbeeld van Farao, wat die wil van God deur sy outoriteit kon weerstaan en dit ook gedoen het, maar nie die soewereine plan van God kon keer nie. Tweedens het ons die voorbeeld van Israel wat verantwoordelik gehou word dat hulle geweier het om die Beloofde Land binne te gaan, al het God ‘n hart om te verstaan, oë om te sien en ore om te hoor van hulle weerhou [Deut. 29:4]. In daardie geval was die oordeel beperk tot 40 jaar-die omvang van hul outoriteit.
Om hierdie verskil te sien sal ons gebalanseer hou, sodat ons nie sonde regverdig en beweer dat dit God se ‘wil’ was nie. Sonde is NOOIT God se wil [thelema] nie, alhoewel dit ALTYD deel van die plan [boulema] is.
Die plan van God is alleen in Sy hande en apart van die wil van die mens. Dit is God se vlak, nie ons sin nie. Ons daaglikse lewens moet bestaan uit die strewe om die wil van God te ken en te doen. Dit beteken om gehoorsaam te wees aan die goddelike wet en die leiding van die Gees. Wanneer ons iets verkeerd doen, moet ons dit erken en bely.
As ons wetteloos lewe en weier om aanspreeklik gehou te word vir ons dade, bewys ons eintlik aan almal dat ons nie deel is van God se ‘gort’ oorblyfsel nie. As ons weier om gehoorsaam te wees en ons self te onderwerp aan die goddelike wil, bewys ons dat ons nie onsterflikheid in die eerste opstanding sal verkry nie en vir ‘n latere opstanding sal moet wag.
Dit kom eintlik alles neer op die ou spreekwoord van “Wat was eerste, die hoender of die eier?” Is ‘n mens wetteloos omdat God hom verblind het? Of het God hom verblind omdat hy wetteloos was? Mens kan maar debatteer oor die saak, maar op die ou einde, maak dit nie saak nie. As jou oë blind is, en as jy weier om jouself aan Christus en Sy Wet te onderwerp, dan is dit vanselfsprekend dat jy nie een van die oorblyfsel is wat die eerste opstanding sal beërf nie.
Is dit nie die prys wat jy begeer nie? Dan is dit nou maar so. Dit is te hoog vir my om jou hart te probeer verander. Ek is nie die Heilige Gees nie en kan nie Sy werk doen nie. Maar as dit in jou hart is om ‘n oorwinnaar van die oorblyfsel groepie te wees, die gort groepie, dan sal Hy dit in jou hart sit om gehoorsaam te wees. Die boom word geken deur sy vrugte [Mat. 7:20].
Dus, in die praktiese sin is jou dade ‘n manifestasie van jou hart. As God vir jou oë gegee het om te sien en ore om te hoor, dan sal dit duidelik wees in jou werke, omdat ‘gehoor’ en ‘gehoorsaamheid’ van die selfde Hebreeuse woord afstam, shema. As God regtig vir jou ore gegee het om te hoor, dan sal dit gereflekteer word in jou gehoorsaamheid aan Sy stem. As Hy jou geroep het om ‘n oorwinnaar te wees, tree dan soos een op. ‘n Oorwinnaar is NIE iemand wat net beweer om een te wees nie, maar iemand wat se dade hulle woorde reflekteer (Jak. 2:18].
Fatalisme is ‘n ongebalanseerde verstaan van God se soewereiniteit. Die hoof simptoom van fatalisme is die gebruik van God se soewereiniteit as ‘n verskoning om sonde te doen, of om heeltemal niks te doen nie. Moenie verskonings maak vir slegte gedrag nie. Om God se soewereiniteit te blameer vir jou sonde sal nie jou verantwoordelikheid of aanspreeklikheid verminder by die groot wit troon nie.
‘n Goeie voorbeeld hiervan word gevind in 2 Samuel 24,
En die toorn van die Here het weer teen Israel ontvlam, en Hy het Dawid teen hulle aangehits en gesê: “Gaan tel Israel en Juda.”
In 1 Kron. 21:1, wat die selfde verhaal weergee, sê dit,
Toe het Satan teen Israel opgetree en Dawid aangehits om Israel te tel.
Wel, wie het dit gedoen, God of Satan? Albei. Dit is nie ‘n teenstelling nie. Josef se broers het hom verkoop as slaaf aan Egipte, maar Josef het dit aan God toegereken. Dit is nie ‘n teenstelling nie. Beide is waar op verskillende vlakke. Dit is ook so in verband met die gegewe illustrasie hierbo. God het dit gedoen, maar Hy het Satan gebruik as die eksekuteer van Sy wet. Israel het gesondig, en God het Israel geoordeel, deur Satan te gebruik om dit te doen, want dit is sy werk.
Om die volk te tel het nege maande en twintig dae geduur om af te handel [ 2 Sam. 24:8]. Daarna het God se oordeel Israel getref, en eers toe het Dawid blykbaar agtergekom dat hy gesondig het deur te versuim het om die halfsikkel losprys, soos deur die wet voorgeskryf, in te samel, Ex. 30:12
As jy die volle getal van die kinders van Israel opneem volgens hulle geteldes, moet hulle elkeen vir sy lewe losgeld aan die Here gee as hulle getel word, sodat geen plaag onder hulle mag wees as hulle getel word nie.
In der waarheid was God van plan om Israel te oordeel, so Hy het vir Dawid gesê om die volk te tel. Dit self was nie ‘n sonde nie. Maar God het geweet Dawid was onkundig [of het vergeet] van die Mosaïese Wet van die sensus. Dit was gedoen sonder die losprys van ‘n halfsikkel en dus was die mense onbedek, wat hulle vatbaar vir die ‘plaag’ gemaak het.
Dus is 70, 000 mense deur die plaag gedood. [2 Sam. 24:15].
Sit jou self nou in Dawid se skoene. Jy vind uit dat jy die wet oortree het, maar jy weet God het bedoel om Israel te oordeel. Jy weet dat dit God was wat veroorsaak dat jy die volk tel. Gaan jy sê, “God het veroorsaak dat ek dit doen.”? Of sal jy sê, “Die duiwel het veroorsaak dat ek dit doen”? Of sal jy bely?
Sal jy God se soewereiniteit gebruik as ‘n verskoning om te sondig? Sal jy geen behoefte voel om te bely nie? Kyk na wat gebeur het in 2 Sam. 24:10
Maar Dawid se gewete het hom gekwel nadat hy die volk getel het, en Dawid het aan die Here gesê, “Ek het swaar gesondig deur wat ek gedoen het; Here, vergeef dan nou tog die skuld van u kneg, want ek het baie dwaas gehandel.”
Dawid het verantwoordelikheid op homself geneem en nie God se soewereiniteit as ‘n verskoning vir sy sonde gebruik nie. Die Bybel s duidelik vir ons dat God veroorsaak het dat dit gebeur en ook hoekom. God het beplan om Israel vir hulle nasionale sonde te oordeel. Soos ek in my boek geskryf het, Secrets of Time, het die mense nie hulle Sabbatsjare of die Jubel jaar gehou vandat hulle Kanaän ingeneem het nie, en hulle het God 70 jaar geskuld. So God het hulle geoordeel en 70,000 mense is dood-‘n duisend vir elke rus jaar geskuld.
Maar dit het nie Dawid verhoed daarvan om te bely nie. Dawid was nie ‘n fatalis nie. Hy het verantwoordelikheid vir sy eie vlak van outoriteit geneem.
Net so het God alreeds verantwoordelikheid op Sy vlak geneem deur die redding van die hele mensdom by die laaste Jubileum te verseker. Maar dit beteken nie daar is geen meer behoefte vir die mens om te bely nie. God roep alle mense na bekering en belydenis [2 Petrus 3:9].
Erken God se soewereiniteit, maar neem verantwoordelikheid vir jou dade volgens jou vlak van outoriteit. Erken dat jou outoriteit beperk is, en dat jy min kan doen om jou hart te verander, maar bid dat God jou sal lei in wat-ook-al omstandighede nodig is om jou die waarheid te wys, om die afgode van jou hart om te gooi, en om jou die kuns van gehoorsaamheid te leer. Wees dan wakker om op alles te reageer wat God jou kant toe bring. Dit is die pad na die lewe.