God's Kingdom Ministries
Serious Bible Study

GKM

Donate

Hoofstuk 10: Kwalifikasie vir die Priesterdom

Uit hierdie studie is dit duidelik dat die evangeliese begrip van die term ‘wegraping’ moderniseer moet word. Die Griekse term wat Paulus in 1 Tessalonisense 4:17 gebruik vir ‘wegvoer’ of ‘wegraap’ is harpazo. Die voor die hand liggende doel van die harpazo is om die Here te ontmoet in die lug. Hoewel ligging tog iets daarmee te doen het, is die klem op die ontmoeting self asook die Een met wie ons ontmoet.

Die ontmoeting se ligging is ‘in die lug’, eerder as ondergronds of in die hemel. Daarom sal die dooies opgewek word om Hom in die lug te ontmoet. Ons is egter so gewoond aan die geestelike ‘prentjie’ van ons sterflike denke, waar net party in die ruimte verdwyn, soos deur boeke en flieks ondersteun word, dat ons neig om te vergeet wat die doel van harpazo is.

In Handelinge 8:39-40 lees ons hoe Filippus harpazo ervaar het:

39 And when they came up out of the water, the Spirit of the Lord snatched [Greek: harpazo] Phillip away; and the eunuch saw him no more, but went on his way rejoicing. 40 But Phillip found himself at Azotus ...

39 En toe hulle uit die water opklim, het die Gees van die Here Filippus skielik weggevoer [Grieks: harpazo], en die hofdienaar het hom nie meer gesien nie, want hy het sy weg met blydskap gereis. 40 Maar Filippus is in Asdod gevind...

Filippus het nie nodig gehad om die aarde te verlaat nie, maar hy het ‘n geestelike ondervinding gehad waarin hy daartoe in staat was om die beperkings van sy fisiese liggaam te bowe te kom. Sy naam beteken ‘liefhebber van perde’, wat profeties spreek van die wit-perd-leër in Openbaring 19:14.

Petrus het ‘n tipe harpazo openbaar toe hy op die water, Jesus tegemoet gegaan het en Hom terug na die skuit vol dissipels vergesel het (Matteus 14:29). In hierdie geval word die woord nie gebruik nie, maar die profesie van die verhaal illustreer die beginsel. Weer is daar geen aanduiding dat Petrus hemel toe is, of na die berg vanwaar Jesus gekom het nie. Indien dit die geval was, kon daar moontlik verwys word na ‘n ‘wegraping’ in die konteks wat die kerk verkondig. Petrus het egter wel die fisiese beperkings van sy liggaam te bowe gekom.

Harpazo word in Openbaring 12:5 gebruik waar die ‘manlike kind weggeruk [is] na God en Sy troon.’ Mens kan in hierdie geval redeneer dat dit beslis met ligging te doen het, maar dit gaan weereens daaroor dat die wêreld se beperkings te bowe gekom en die troon bestyg is. Dit is van toepassing op Jesus self -  die oorspronklike manlike kind - maar ook Sy liggaam, wat ‘saam met Hom as konings [sal] regeer’ (Openbaring 20:6).

Die uiteindelike doel daarvan om Christus ‘tegemoet’ te gaan, ongeag ligging, is om met Hom versoen te word as een Liggaam. Dit is die ontmoeting tussen die Kop en liggaam om ‘n Nuwe Mens te openbaar - verenig in ‘n liggaam met baie lede. Uit ‘n huweliksoogpunt sal hulle ‘een vlees’ word.

Ons kan dit ook uit die oogpunt van priesterlike wette benader - die oorwinnaars wat met die eerste opstanding opgewek word, saam met die oorwinnaars wat nog lewe met die wederkoms, sal immers ‘priesters van God en van Christus wees’ (Openbaring 20:6). Ons het reeds gesien hoe dit ‘n volle 7 dae verg om as priesters ingeseën te word en hoe dit met die 7 dae van die Loofhuttefees ooreenstem, maar daar is meer... Levitikus 21:17-20 sê:

17 Speak to Aaron, saying, ‘No man of your offspring throughout their generations who has a defect shall approach to offer the bread of his God. 18 ... a blind man, or a lame man, or he who has a disfigured face, or any deformed limb, 19 or a man who has a broken foot or a broken hand, 20 or a hunchback or a dwarf, or one who has a defect in his eye or scabs or crushed testicles.  

17 Spreek met Aäron en sê: Niemand uit jou nakomelinge, in hulle geslagte, aan wie ‘n liggaamsgebrek is, mag nader kom om die spys van sy God te offer nie. 18 ... ‘n blinde of ‘n lamme of een wat in die gesig vermink is of iemand by wie ‘n liggaamsdeel te lank is, 19 of iemand wat ‘n been of ‘n arm gebreek het, 20 of wat ‘n boggel het of uitgeteer is of ‘n vlek in sy oog het of aan skurfte of uitslag ly of ‘n gebreklike skaamdeel het.

Aangesien Esegiël dit duidelik stel dat die Orde van Melgisedek (seuns van Sadok) beslis die reg sal hê om aan God te verskyn, sal hulle beslis geen defekte hê nie. Dit is vanselfsprekend, aangesien daardie verheerlikte liggaam beslis nie defektief of beperk sal wees nie. Dit beteken egter glad nie dat iemand wat in hul leeftyd wel ‘n gebrek het, op grond daarvan gediskwalifiseer sal word om ‘n priester van die Orde van Melgisedek te word nie. Dit dui eerder daarop dat iemand met enige gebreke, genees sal word daarvan.

Ons moet egter ook op ‘n korporatiewe vlak na die vervulling hiervan kyk, nie net op individuele vlak nie. God stel ‘n korporatiewe liggaam saam wat sal funksioneer as ‘n korporatiewe priester. Dit vereis nie net alleen dat elke ledemaat sonder gebrek sal wees (op daardie dag) nie, maar ook dat die Kop met die liggaam verbind sal wees.

Sonder die Hoof van die liggaam sal hierdie korporatiewe priester steeds nie kwalifiseer om aan God in die Tempel in die hemel te verskyn nie. Dit is waarom die Hoof (Christus) moet kom en die liggaam weggevoer moet word, Hom tegemoet - dit is die oomblik wanneer hierdie korporatiewe priester sal kwalifiseer om daardie vlak van bediening te betreë.

Mens kan redeneer dat baie individue deur die geskiedenis gekwalifiseer het om saam met Christus te regeer, omdat hulle met Hom as die hoof herenig is. Dit is beslis die waarheid. Elke individu is ‘n tempel van God in eie reg, maar elk is ook net een ‘lewende steen’ (1 Petrus 2:5) in ‘n ‘geestelike huis’. Hierdie korporatiewe tempel word uit lewende stene gebou op die ‘hoeksteen’ - Christus, en die fondasie van die Apostels en Profete (Efesiërs 2:19-22).

In sover die ‘nuwe korporatiewe man’ as ‘n priester voorgestel word, waarvan ons almal lede is, sal dit nie kwalifiseer om te ‘heers’ voordat die Hoof aan die liggaam daaraan verbind is nie. Die Hoof kan nie aan die liggaam verbind voordat alle lede van die liggaam nie opgewek en saamgestel is nie. Eers wanneer elkeen wat geroep is om oorwinnaar te wees, by hierdie korporatiewe liggaam ingesluit is, sal die Hoof daarby aansluit en die kwalifikasie volgens wet bereik.

Let op die tipes en skadu’s van Salomo se tempel. Die werk om die stene te vorm is nie op die bouperseel gedoen nie (1 Konings 6:7). Eers nadat al die nodige stene gevorm was, is alles gelyk na die bouperseel geneem en daarmee gebou. Nadat al die bouwerk afgehandel was, het die heerlikheid van God die tempel gevul. So sal dit ook met ons wees.

Die doel van die Fees van Trompette is om die afgestorwe oorwinnaars op te wek - hulle is die lewende stene wat in die verlede klaar gevorm en eenkant geplaas was, tot al die stene gereed is. Dan kom die Jubeleum, wanneer die lewende oorwinnaars ‘n nuwe ‘naam’ sal kry, soos Jakob se naam verander is na Israel. Volgende sal die Loofhuttefees aanbreek, wanneer die lewende oorwinnaars onsterflikheid gaan ontvang, want Christus sal nie ‘in dieselfde juk trek’ (2 Korintiërs 6:14) as sterflikheid nie en Hy sal nie ‘vreemde vlees’ (Judas 1:7) trou nie. Solank as wat ons sterflik is, kan ons nie ‘n onsterflike Hoof ontvang nie.

Daarom sal die lewende oorwinnaars eers verander moet word in ‘n atomos, Grieks vir ’n atoom van tyd - ‘n oomblik, ‘... ons sal almal verander word, in ‘n oomblik, in ‘n oogwink ...’ (1 Korintiërs 15:51-52). Daarna is alles egter nog nie afgehandel nie, want dit sal 7 dae van reiniging neem, voordat ons (oorwinnaars) aan die Vader voorgehou of voorgestel kan word.

In die middel van hierdie reinigingsperiode, moontlik op die 5de dag, sal Jesus (in die middel van die fees) na die dissipels toe kom in die tempel om liggaam en Hoof bymekaar te bring, sodat die Nuwe Mens ‘n Hoof sal hê teen die 8ste dag van die Loofhuttefees. Dan eers sal die Liggaam volledig wees en sonder gebrek om voor God te verskyn en volgens die wet as priester kwalifiseer.

Dus sal die voltooide Nuwe Mens op die 8ste dag aan God in die tempel in die hemel voorgestel word, wanneer Hy uit die tempel sal verskyn om Sy heerlikheid aan die mense op aarde te openbaar, soos Hy gedoen het in Levitikus 9:23-24 tydens die inseëning van Aäron en sy seuns.

Dit sal ‘n nuwe tydperk van administrasie op aarde begin (Daniël 7:18) en die Koninkryk van God (die Klip-Koninkryk van Daniël), sal groei tot dit die hele aarde vul (Daniël 2:35). Die aarde sal nie deur hierdie ‘vuur’ van die teenwoordigheid van God venietig word nie - die ‘vuur’ van Sy heerlikheid sal wel alle sonde en korrupsie vernietig.

Wanneer alle vorms en strukture van die skepping hul rebellie staak en weer onder die gesag van die Skepper kom, kan gesê word dat ‘... alles aan Hom onderwerp [is], sodat God alles in almal kan wees.’ (1 Korintiërs 15:28). Die dood sal vernietig wees (1 Korintiërs 15:26), die groot Skepping-Jubileum sal aangekondig word en die Goddelike plan sal voltooi en die doel bereik wees.