God's Kingdom Ministries
Serious Bible Study

GKM

Donate

Hoofstuk 2: Skrifgedeeltes Rakende die Wegraping

Die bekendste skrifgedeelte rakende die tweede koms van Chirstus staan geskryf in 1 Tessalonisense 4:15-17:

15 For this we say to you by the word of the Lord, that we who are alive, and remain until the coming of the Lord, shall not precede those who have fallen asleep [those who have died]. 16 For the Lord Himself will descend from heaven with a shout, with the voice of the archangel, and with the trump of God; and the dead in Christ shall rise first. 17 Then we who are alive and remain shall be caught up [Greek: harpazo] together with them in the clouds to meet [Greek: apentesis] the Lord in the air; and thus we shall always be with the Lord.  

15 Want dit sê ons vir julle deur die woord van die Here, dat ons wat in die lewe oorbly tot by die wederkoms van die Here, die ontslapenes [mense wat reeds gesterf het] nie sal vóór wees nie. 16 Want die Here self sal van die hemel neerdaal met ‘n geroep, met die stem van ‘n aartsengel en met die geklank van die basuin van God; en die wat in Christus gesterf het, sal eerste opstaan. 17 Daarna sal ons wat in die lewe oorbly, saam met hulle in wolke weggevoer [Grieks: harpazo]  word die Here tegemoet [Grieks: apentesis]  in die lug; en so sal ons altyd by die Here wees.  

Vers 15 verseker ons dat Paulus se fokus die volgorde van gebeure was. Sy hoofpunt was om te verduidelik dat die opstanding van die dooies die eerste gebeurtenis sou wees. Hy sê dit sal die tegemoetkoming van die Here in die lug voorafgaan.

Baie neem natuurlik aan dat hierdie gebeure byna gelyktydig sal plaasvind, maar die feesdae van Israel bewys die teendeel. Paulus maak geen melding van tydsberekening in hierdie skrifgedeelte nie, behalwe vir die algemene ‘daarna’ of ‘dan’ waarmee hy ‘volgende’ bedoel.

Soos ek in hoostuk 4 sal aandui, vind die fees van Trompette op die 1ste dag van die 7de maand op die Hebreeuse kalender plaas. Dit profeteer van die opstanding van die dooies. Die wegvoering of wegraping ‘harpazo’ vind tydens die Loofhuttefees plaas wat nie eers begin voor die 15de dag van die 7de maand nie. Dus sal hierdie twee gebeure minstens twee weke uitmekaar plaasvind.

Let ook op dat die aartsengel wat die trompet sal blaas vir die dooies om op te staan, Migael gaan wees en nie Gabriël nie. Ek glo dat Daniël 12:1-3 dit duidelik genoeg maak dat Migael die engel van opstanding is.

Terug na Paulus se stelling in vers 15-17 hierbo: Hy sê dat ons die Here in die lug tegemoet sal gaan. Die Griekse woord wat hier gebruik word is apantesis wat beteken om tegemoet te gaan en te begelei (vergesel). Hierdie woord word vier keer in die Nuwe Testament gebruik.

Dit word in Matteus 25:1 en 6 aangewend waar die aankoms van die bruidegom bekend gemaak is. 10 Maagde is aangesê is om uit te gaan om die bruidegom te gaan ontmoet. Vyf van hulle was dwaas en moes eers olie vir hul lampe gaan koop. Met hul terugkeer na waar almal gewag het, was die deur gesluit - hulle was te laat vir die bruilof. Dit is vanselfsprekend dat die vyf wyse maagde die bruidegom tegemoet kon gaan en hom vergesel het na die bruilof waarna die deur daarheen agter hulle gesluit is.

Die Bruidegom het nie opgedaag om die vyf wyse maagde weg te raap en saam met Hom terug te neem vanwaar Hy gekom het nie. Hulle het Hom gaan ontmoet en vergesel na die bruilof waar hulle op Hom gewag het. Om weggevoer te word ‘tegemoet’ beteken dus ‘ontmoet en terug begelei’.

Die volgende plek waar apentesis aangewend word is in Handelinge 28:15. Paulus is as gevangene na Rome geneem.

15 And the bretheren, when they heard about us, came from there as far as the Market of Appius and the Three Inns TO MEET US; and when Paul saw them, he thanked God and took courage.

15 En die broeders wat van ons lotgevalle gehoor het, het ons daarvandaan TEGEMOETGEKOM tot by die Appius-mark en die Drie Herberge; en toe Paulus hulle sien, het hy God gedank en moed gevat.

In hierdie skrifgedeelte is dit duidelik dat die broeders nie saam met Paulus terug is na Jerusalem vanwaar hy gekom het nie. Hulle het hom uit Rome tegemoet gegaan en vergesel na Rome waar hulle vandaan gekom het (Die Appius-mark en Drie Herberge was in Rome).

Dus is dit duidelik dat Paulus se stelling dat gelowiges sal uitgaan om die Here in die wolke (lug) te ontmoet, nie beteken dat hy bedoel het dat die Here hulle almal dan saam met Hom terug sal neem hemel toe nie. Paulus het gesê dat ons die Here tegemoet sal gaan as metgeselle om Hom te begelei en vergesel met Sy terugkeer (as bruidegom) na die aarde. Dit is die sinnebeeld (sinlik waarneembare aanduiding van ‘n geestelike begrip) wat beskryf word deur die gelykenis (profesie) van die 10 maagde.

Baie neem aan dat Jesus gaan kom om die heiliges weg te neem, sodat hulle die ‘groot verdrukking’ in die sogenaamde toekoms sal vryspring. Om hierdie bewering te staaf word Openbaring 7:14 aangehaal waar dit sê: ‘... Dit is hulle wat uit die groot verdrukking kom,’ - hierdie vers maak geen melding daarvan dat verdrukking VRYGESPRING word nie.

In werklikheid moes hulle DEUR VERDRUKKING gaan, want Jesus sê in Matteus 24:29-31 Sy koms om Sy ‘uitverkorenes [te] versamel’ sal plaasvind ‘... dadelik ná die verdrukking van daardie dae ...’.

Wat die meeste verwarring veroorsaak is wanneer Bybel leraars sê dat ‘heidense’ Christene die verdrukking sal vryspring, terwyl Joodse Christene deur hierdie verdrukking op aarde sal gaan. Hierdie kunsmatige onderskeid maak dit vir wegrapings-predikers moontlik om Matteus 24:29-31 op Jode van toepassing te maak en Openbaring 7:14 op nie-Jode.

Hierdie siening veronderstel dat Jode, óf Juda óf Israel is - beide onwaar, soos verduidelik in my boek Who is a Jew? Die Kerk is ‘n voortsetting van die stam van Juda (die goeie-vye-gedeelte van Juda). Die twaalf stamme in die verstrooiing van die huis van Israel was van die begin af nooit identifiseer as Jode nie, sien my boek Who is an Israelite?

Nog ‘n skrifgedeelte wat dikwels ingespan word om die wegrapig mee te bewys is Matteus 24:37-39.

37 For the coming of the Son of Man will be just like the days of Noah. 38 For as in those days which were before the flood, they were eating and drinking, they were marrying and giving away in marriage; until the day that Noah entered the ark, 39 and they did not understand until the flood came and took them all away; so shall the coming of the Son of Man be.

37 En net soos die dae van Noag was, so sal ook die koms van die Seun van die Mens wees. 38 Want net soos hulle was in die dae voor die sondvloed toe hulle geëet en gedrink het, getrou en in die huwelik uitgegee het, tot op die dag dat Noag in die ark gegaan het, 39 en dit nie verstaan het voordat die sondvloed gekom en almal weggevoer het nie, so sal ook die koms van die Seun van die Mens wees.

In hierdie skrifgedeelte vertel Jesus duidelik dat die ONGELOWIGES die mense was wat ‘geëet en gedrink’ het en ‘getrou en in die huwelik uitgegee het’ en nie verstaan het voor ‘die sondvloed gekom en almal weggevoer het nie’.

Jesus het nie hier verduidelik hoe Noag en sy gesin in die ark weggeneem is nie. Hier word vertel hoe die ongelowiges in die vloed weggevoer is - tog verdraai wegrapings-predikers hierdie gedeelte sodat dit voorkom of Noag bloot in die ark weggeneem is!

Net so lees ons in die daaropvolgende verse van Matteus 24:40-41 verder,

40 Then there shall be two men in the field; one will be taken, and one will be left. 41 Two women will be grinding at the mill; one will be taken, and one will be left.

40 Dan sal daar twee op die land wees; een word aangeneem en die ander word verlaat. 41 Twee vroue sal by die meul maal; een word aangeneem en die ander word verlaat.

Watter een word aangeneem? Watter een word verlaat? Dit word in dieselfde konteks beskryf as in die dae van Noag - en verduidelik die dae van Noag. Ons het geen opsie anders as om te sien dat die wat ‘verlaat’ word dieselfde ongelowiges is wat deur die sondvloed weggevoer is nie. Die gelowiges was BESLIS NIE deur die sondvloed weggevoer nie. Wegrapings-predikers verdraai hierdie skrifgedeelte, sodat die teenoorgestelde van Jesus se woorde in Matteus waar vertoon.

Hierdie skrifgedeelte was ook die inspirasie vir die titel van die fliek en boeke, ‘Left behind’. Die ongelowiges is agter gelaat, terwyl die gelowiges in die wegraping weggevoer is. Die hele konsep berus op ‘n verdraaiing van die skrifgedeeltes.

Die waarheid van die saak vanuit my perspektief is dus: Christus kom om Sy Koninkryk te kom regeer en ons sal op ‘n manier uitgaan om Hom te ontmoet en te vergesel terug na die aarde. Die oorwinnaars sal saam met Hom regeer as priesters (Openbaring 20:6). Die doel van die eerste opstanding is om oorwinnaars van vorige generasies wat kwalifiseer om saam met Hom te regeer op te wek. Hulle opstanding sal eerste plaasvind, soos aangedui op die Hebreeuse Feesdagkalender, deur die Fees van Trompette.

Hierdie gebeurtenis sal wêreldwye berou tot gevolg hê (‘dae van berou’) wat tot die dag van Versoening (inkeer) sal lei op die 10de dag vanaf die opstanding. Vyf dae later sal die lewende oorwinnaars onsterflikheid ontvang op die 1ste dag van die Loofhuttefees. Ná sewe dae van reiniging volgens wet sal die oorwinnaars (Seuns van God) aan die Vader voorgehou of voorgestel word op die 8ste dag van die Loofhuttefees.

Meer detail hieroor sal mettertyd verskaf word namate hierdie studie vorder.