God's Kingdom Ministries
Serious Bible Study

GKM

Donate

Hoofstuk 3: Paulus se verwysings na Moses

Gedurende my vroeër jare in die kerk, het ek teenstellende leerstellings vanaf dieselfde kansels gehoor rakende die eindbestemming van die heiliges. Een week het die leraar verlang om hemel toe te gaan om vir ewig daar te lewe en die volgende week het hy verklaar dat die ‘sagmoediges die aarde sal beërwe’ (Matteus 5:5) en dat ons ‘op die aarde sal heers’ (Openbaring 5:10).

Ek was op daardie stadium te jonk om die opgeslote teenstrydigheid daarin waar te neem. Sedertdien vra verwarde mense my gedurig die vraag: ‘Waar gaan ons woon vir ewig?’

Die eerste wet van die koms van Christus is te vinde in Genesis 2:22-24. Dit is in die konteks van die huwelik en is van toepassing aangesien Christus as ‘n bruidegom sal terugkeer. Die bewoording in vers 24 is baie interessant, want dit wil voorkom of dit die normale denkpatroon omkeer:

24 For this cause a man shall leave his father and his mother, and shall cleave to his wife; and they shall become one flesh.

24 Daarom sal die man sy vader en moeder verlaat en sy vrou aankleef. En hulle sal een vlees wees.

Hier is dit nie die vrou wat haar ouers verlaat nie, maar die man. Dui dit nie duidelik daarop dat Christus Sy Vader sal verlaat om aarde (Sy Koninkryk) toe te kom nie, eerder as wat die bruid die aarde verlaat om hemel toe te gaan nie?

Die bewoording van Paulus se stelling aan die begin van hoofstuk 2 (1 Tessalonisense 4:15-17) kom uit die boek Eksodus. Dit is omdat die patroon van Christus se koms vasgestel was toe Hy op die berg Sinaï gekom het om Sy Koninkryk (voorgestel deur Israel) te regeer. Eksodus 19:18-20 sê:

18 Now Mount Sinai was all in smoke because THE LORD DESCENDED upon it in fire ... 19 When the SOUND OF THE TRUMPET grew louder and louder ...  20 ... and the Lord called Moses to the top of the mountain, and MOSES WENT UP.

18 En die hele berg Sinaï het gerook, omdat DIE HERE in ‘n vuur daarop NEERGEDAAL het. 19 Toe die GELUID VAN DIE BASUIN sterker en sterker word ... 20 ... het die Here Moses na die top van die berg geroep, en MOSES HET OPGEKLIM.

Moses het agt aangetekende togte teen die berg op onderneem as sinnebeelding van die agt dae van die Loofhuttefees. Elke tog bevat egter ‘n paar profetiese patrone wat Paulus se terminologie of vaktaal bepaal in sy uitleg van die tweede koms. Die bewoording in bogenoemde skrifgedeelte skep ‘n sinnebeeld van die fees van Trompette op die 1ste dag van die 7de maand, want dit is die dag wat profeteer van die opwekking van die dooies.

Daarom lees ons dat die Here NEERGEDAAL het met BASUIN geklank, en dat Moses OPGEKLIM het om Hom te ontmoet. Hierdie was Moses se 3de tog teen die berg op, net voor God die Tien Gebooie aan die volk gespreek het in Eksodus 20.

Met Moses se 6de tog teen die berg op word ander tipes van die koms van Christus aangedui met die bewoording in Eksodus 24:15,16:

15 And MOSES WENT UP into the mount, and A CLOUD covered the mount. 16 And the glory of the Lord covered it SIX DAYS; and the seventh day he called unto Moses out of the midst of the CLOUD.

15 Toe  MOSES DIE BERG OPKLIM, het ‘n WOLK die berg oordek. 16 En die heerlikheid van die Here het op die berg Sinaï gebly en die WOLK HET DIT SES DAE LANK oordek. En op die sewende dag het Hy na Moses geroep uit die WOLK.

Paulus steun op hierdie toneel wanneer hy in 1 Tessalonisense 4:17 sê:

17 ...  shall be caught up together with them IN THE CLOUDS to meet the Lord in the AIR ...

17 ... saam met hulle IN WOLKE weggevoer word die Here tegemoet in die LUG ...

Die Griekse woord vir wolke is nephele, vanaf die stamwoord nephos. Vine’s Expository Dictionary sê dat nephos...

‘denotes a cloudy, shapeless mass covering the heavens. Hence, metaphorically, of a dense multitude, a throne. Heb. 12:1’

Direkte vertaling: ‘dui op ‘n wolkagtige, vormlose massa wat die hemel bedek. Dus, metafories, van ‘n digte skare, ‘n troon. Hebreërs 12:1’

Hebreërs 12:1 verwys na ‘n ‘groot wolk van getuies’. ‘n WOLK was dikwels gebruik as metafoor vir ‘n SKARE. Deuteronomium 33:2 sê weer ‘Die Here het ... en gekom van heilige tienduisende af;’ Dit word ook in Judas 1:14 aangehaal. Die woord vir heiliges is kodesh, en kan verwys na engele of mense. Ons lees verder in Psalm 68:17 NASB (vers 18 - 1933 AV - hoewel die woord ‘engele’ nie in hierdie vertaling gebruik is nie, word die beginsel van herhaling of kopieering toegepas)

17 The chariots of God are twenty thousand, even thousands of ANGELS [shinan]; the Lord is among them as in Sinai, in the holy place.

18 Die waens van God is tienduisende, duisend maal duisende; die Here is onder hulle; dit is Sinaï in heiligheid.

Die Hebreeuse woord wat hier as ‘engele’ vertaal word, is nie die normale woord vir engele nie. Dit is shinan, wat letterlik ‘herhaling’ beteken (replika of kopie). Dit is die enigste geleentheid waar hierdie woord in die Bybel gebruik word, daarom het ons geen ander voorbeelde beskikbaar nie. Dit het te doen met die replisering, herhaling of kopiëring van God Homself, want engele is ‘n verlenging van die Skepper wat Hom verteenwoordig in ‘n sekere hoedanigheid of roeping.

Ek dink dit profeteer ook van Seunskap, want die hele idee agter die Seuns van God is vir God om Homself te kopieer in die wêreld. Hy bring AMEN-mense voort. Dit is mense wat ten volle ooreen- of saamstem met Hom, wat ‘n verlenging van Hom kan wees volgens Sy wil. Jesus was die AMEN van God (Openbaring 3:14), want Hy het net gedoen wat Hy Sy Vader sien doen het en het net gesê wat Hy Sy Vader hoor sê het.

Met ander woorde, Hy het alles kopieer, want Hy was die Vader se HERHALING.

Dit is uiteindelik die doel van die tweede koms van Christus. Dit is om ‘n WOLK van getuies voort te bring, AMEN-mense; seuns wat volgens die BEELD VAN GOD is. Soos Jesus, sal hulle ‘getroue en waaragtige’ getuies wees (Openbaring 3:14).

Dus het Moses, toe hy teen die berg op is om die Here wat neergedaal het te ontmoet, in die wolk ingegaan. Hy het profeties by die WOLK van getuies of die HERHALINGS van God aangesluit. Of mens hierdie getuies as engele sien of net as mense in verheerlikte liggame, die sinnebeeld bly dieselfde.

Die ander woord wat Paulus in 1 Tessalonisense 4:17 gebruik, is aer wat lug beteken. Paulus sê dat ons die Here tegemoet sal gaan ‘in die lug’. Natuurlik word hiermee aangeneem dat ‘n boontste-atmosfeer reünie sal plaasvind, omdat dit is waar wolke meestal voorkom. As wolke egter in werklikheid heiliges is en nie letterlik wolke nie, sal ‘n boontste-atmosfeer ontmoeting onnodig wees. Miskien het Paulus dus simboliese taal gebruik.

Die Griekse woord aer beteken bloot dat die ontmoeting bogronds sal plaasvind eerder as ondergronds. Dieselfde woord word in Handelinge 22:23 gebruik:

23 And as they were crying out and throwing off their cloaks and tossing dust into the air [Greek: aer].

23 En terwyl hulle so skreeu en hulle klere afgooi en stof in die lug [Grieks: aer] werp,

In 1 Korintiërs 9:26 sê Paulus:

26 Therefore I run in such a way, as not without aim; I box in such a way, as not beating the air [Greek: aer].

26 Ek hardloop dan soos een wat nie onseker is nie; ek slaan met die vuis soos een wat nie in die lug [Grieks: aer] slaan nie.

Met ander woorde, Paulus was nie besig met skaduboks nie, hy was ernstig daaroor om God te volg. In elk van hierdie voorbeelde was die lug nie in die boonste deel van die atmosfeer nie, maar bloot bogronds. Paulus het ons dus vertel dat die dooies opgewek sal word om Christus bogronds te ontmoet, ‘in die lug’. Hulle gaan die wolk van getuies wees waarby die lewende oorwinnaars sal aansluit, net soos Moses in die wolk opgegaan het in Eksodus 24 - hy het nie nodig gehad om die aarde te verlaat en in die atmosfeer in te gaan nie.

Die doel van Paulus se stelling was nie om die presiese mylpunt in die atmosfees te bepaal waar die lewende heiliges die opgewektes sal ontmoet nie. Om rondom die punt te argumenteer is soos die ou teologiese debat oor hoeveel engele op die punt van ‘n naald kan dans. Wat maak dit saak? Wat, ongeag die presiese plek van ontmoeting belangrik is om te verstaan, is die doel van die ontmoeting apantesis, naamlik om Christus aarde toe te vergesel. Nie om hemel toe te gaan vir sewe jaar of drie-en-‘n-half jaar, terwyl die Antichris heers en die aarde brand nie.

1 Tessalonisense 4:17 eindig met ‘... en so sal ons altyd by die Here wees.’ Waar sal ons by die Here wees? Openbaring 5:10 sê dat ons op die aarde sal heers. Openbaring 2:27 sê Hy ‘sal hulle [alle nasies] regeer met ‘n ysterstaf’ en Psalm 2:8-9 sê ‘Eis van My, en Ek wil nasies gee as u erfdeel en die eindes van die aarde as u besitting...’

Hierdie nasies is op aarde, nie in die hemel nie en die mense daarvan sal nie venietig word nie. Die ou staatsvorms, wette en tradisies (instellings) sal ongetwyfeld vergaan, maar mense sal bevry word tot in die glorieryke vryheid van die Seuns van God. Die onderskeie nasies en nasionaliteite sal steeds voortbestaan op aarde, elk in sy spesifieke gebied. Dit sal moeilik wees om nasies as erfdeel te ontvang as al die nasies vernietig is. Nee, alle nasies sal Sy wette leer ken (Jesaja 2:3). Die lig van God is Sy waarheid - Openbaring 21:23-24 sê:

24 And the nations shall walk by its light, and the kings of the earth shall bring their glory into it.

24 En die nasies van die wat gered word, sal in die lig daarvan wandel, en die konings van die aarde bring hulle heerlikheid en eer daarin.

Daar gaan nasies wees in die era wat kom en daar gaan baie evangelisasiewerk wees om te doen. Die oorwinnaars sal beslis toegang hê tot die hemel, maar hulle sal op aarde heers saam met Hom (Openbaring 5:10 en 20:6).