God's Kingdom Ministries
Serious Bible Study

GKM

Donate

Hoofstuk 4: Die Fees van Trompette

Soos vroeër aangedui, het Israel (Noordelike halfrond) twee stelle feesdae eerbiedig, een in die lente en een in herfs. Die lente feeste het met Paasfees en Pinkster te doen gehad, albei reeds volbring deur die kruisiging en die uitstorting van die Heilige Gees in Handelinge 2. Die tweede stel begin met die Fees van Trompette in September en begin die profesie rondom die tweede koms van Christus.

Die Fees van Trompette dui op die opwekking van die dooies, want ons lees in 1 Tessalonisense 4:16, ‘Want die Here self sal van die hemel neerdaal ... met geklank van die basuin [trompet] van God; en die wat in Christus gesterf het, sal eerste opstaan.’ Dit word beaam in I Korintiërs 15:52, ‘... want die basuin sal weerklink, en die dode sal onverganklik opgewek word ...’

Soos al hul ander feeste, het die Fees van Trompette sy oorsprong in die storie van Israel in die wildernis onder Moses. Paasfees herdenk Israel se uittog uit Egipte, Pinkster herdenk die oorhandiging van die wette by die berg Sinaï en die Fees van Trompette herdenk die maak van die twee trompette van silwer in Numeri 10:2.

God het aan Moses in vers 3 opdrag gegee om die vergadering [kahal: kerk] byeen te roep deur op ALBEI basuine of trompette te blaas. Indien slegs die leiers geroep word, moes daar volgens vers 4 op net EEN trompet geblaas word. Die derde aanwending van die trompette was om ‘alarm te maak’ in geval van oorlog. Numeri 10:9 sê:

9 And when you go to war in your land against the adversary who attacks you, then you shall sound an alarm with the trumpets.

9 En as julle in jul land in oorlog kom teen die vyand wat met julle veg, moet julle met die trompette alarm blaas...

Hierdie drie opdragte profeteer van die doel van die Fees van Trompette, dus vertel dit ons ook profeties van die gebeure wat op hierdie dag sal plaasvind. Wanneer ons 1 Tessalonisense 4:16 en I Korintiërs 15:52 lees, is dit duidelik dat net EEN BASUIN profeteer van die opwekking of opstanding van die dooies.

Wie sal dan opgewek word? Volgens wet sal die leiers daardeur byeen geroep word, nie die vergadering of kerk as ‘n geheel nie. Wegrapingspredikers ken nie die wet nie, daarom verkondig hulle dat die hele kerk weggevoer sal word om die Here in die lug tegemoet te gaan met die eerste opstanding. Dit is onwaar - die eerste opstanding is beperk tot die leiers of ‘oorwinnaars’. Openbaring 20:4-6 sê:

4 ... and they came to life and reigned with Christ for a thousand years. 5 The rest of the dead did not come to life until the thousand years were completed. This is the first resurrection. 6 Blessed and holy is the one who has a part in this first resurrection; over these the second death has no power, but they will be priests of God and of Christ and will reign with Him for a thousand years.

4 ... en hulle het geleef en as konings geregeer saam met Christus die duisend jaar lank. 5 En die ander dode het nie herlewe totdat die duisend jaar voleindig was nie. Dit is die eerste opstanding. 6 Salig en heilig is hy wat deel het aan die eerste opstanding; oor hulle het die tweede dood geen mag nie, maar hulle sal priesters van God en van Christus wees en sal saam met Hom as konings regeer duisend jaar lank.

Dit is dus duidelik dat die eerste opstanding slegs die mense sal insluit wat saam met Christus sal regeer in die Loofhuttetydperk wat kom.

As kind het ek geleer dat die kerk opgewek sal word met die eerste opstanding en dat die ongelowiges eers ‘n duisend jaar later opgewek sal word by die Groot Wit Troon. Volgens Jesus is dit egter nie wat sal gebeur nie - in Johannes 5:28-29 sê Hy:

28 Do not marvel at this; for AN HOUR is coming, in which all who are in the tombs shall hear His voice 29 and shall come forth; those who did the good deeds to a resurrection of life, those who committed the evil deeds to a resurrection of judgement.

28 Moenie julle hieroor verwonder nie. Want daar kom ‘n UUR wanneer almal wat in die grafte is sy stem sal hoor 29 en sal uitgaan, die wat goed gedoen het, tot die opstanding van die lewe, en die wat kwaad gedoen het, tot die opstanding van die veroordeling.

Hierdie opstanding sluit dus ‘almal wat in die grafte is’ in. Watter opstanding is dit? Dit kan nie die eerste een wees nie, want die eerste opstanding het ‘n duidelike beperking wat sê: ‘die ander dode het nie herlewe totdat die duisend jaar voleindig was nie.’

Dus het Jesus duidelik verwys na die tweede opstanding. Hy het ook gesê dat gelowiges LEWE sal ontvang op dieselfde tyd wanneer ongelowiges veroordeel sal word. Die feit is dit: Die Kerk soek ‘n wegraping wat alle gelowiges insluit, wanneer dit in werklikheid beperk is tot net ‘n paar. Die Kerk soek ‘n ontsnapping van die ‘groot verdrukking’, wanneer dit in werklikheid, indien daar enige ontsnapping kan wees, beperk sal wees tot net ‘n paar.

Die derde profesie van die Fees van Trompette is dat dit geblaas moet word om alarm te maak in geval van oorlog teen die vyand (Numeri 10:9). Ek vermoed dat dit van Jerusalem se vernietiging profeteer, wanneer God teen Sy vyand sal uitgaan.

Weereens neem die Kerk aan dat enigiemand wat teen die Jode veg God se vyand is. Hierdie geloofsleiers het nooit die wet bestudeer nie. Jesaja 63:9-10 sê:

9 In all their affliction He was afflicted, and the angel of His presence saved them [Israel]; In His love and in His mercy He redeemed them; and He lifted them and carried them all the days of old. 10 But they rebelled and grieved His Holy Spirit; therefore, He turned Himself to become their enemy. He fought against them.

9 In al hulle benoudheid was Hy benoud, en die Engel van sy aangesig het hulle verlos; deur sy liefde en deur sy medelyde het Hý hulle verlos; en Hy het hulle opgehef en hulle gedra, al die dae van die ou tyd. 10 Maar húlle was wederstrewig en het sy Heilige Gees bedroef; daarom het Hy vir hulle in ‘n vyand verander: Hy self het teen hulle gestry.

Dus verduidelik God dat Hy teen selfs volbloed-Israeliete veg en hul vyand word, as hulle teen Hom rebelleer. Hulle kon nie op grond van hul bloedlyn God se ondersteuning kry nie. Sou ons dus selfs vandag se ongelowige Jode as volbloed-Israeliete reken, sal dit nie God hul vriend maak of voorkom dat Hy teen hulle optree nie.

Onthou dat Jesus Christus die Yahweh van die Ou Testament is wat die wet aan Moses gegee het. Om teen Hom te rebelleer is om teen God self te rebelleer, want ons lees in Eksodus 15:2:

2 Yahweh is my strength and song, and He has become my Yashua [Jesus’s Hebrew name]; This is my God, and I will praise Him; my father’s God, and I will extol Him.

2 Die Here is my krag en my psalm, en Hy het my tot heil [Hebreeus:  Yashua - verlosser of redder] geword. Hy is my God, Hom sal ek roem; die God van my vader, Hom sal ek verhef.

Dit word herhaal in Jesaja 12:1-3, waarmee Jesus dit op Homself van toepassing gemaak het in Johannes 7:37-39. Die water van lewe moes ‘uit die fonteine van heil [Yashua]’ getrek word, daarom het Jesus gesê ‘As iemand dors het, laat hom na My toe kom en drink!’.

Die naam Yashua beteken letterlik verlosser of redder. Toe Jesus as baba na die tempel geneem was, was Simeon op die uitkyk vir die Messias - hy het geweet dat Sy naam Yashua sou wees. Daarom lees ons in Lukas 2:30 dat Simeon sê ‘omdat my oë U HEIL [Yashua] gesien het,’.

Die slegte vye van Juda het egter Jesus as die Messias verwerp - Sy staf wederregtelik in besit geneem en teen die God van die Ou Testament rebelleer. Die enigste manier om ‘n ‘goeie vy’ te word, is om van hierdie rebellie te bekeer en tot dit gebeur, bly hulle God se vyand.

In die wet van verdrukking in Levitikus 26, lees ons hoe oordeel oor Israel sou kom en hoe Hy hulle sou laat wegvoer na vreemde lande. Die oplossing word in Levitikus 26:40-42 gegee,

40 If they confess their iniquity and the iniquity of their forefathers, in their unfaithfulness which they committed against Me, and also in their acting with hostility against Me - 41 I was also acting with hostility against them, to bring them into the land of their enemies - or if their uncircumcised heart becomes humbled so that they then make amends for their iniquity, 42 THEN I will remember my covenant...  

40 Dan sal [as] hulle hul ongeregtiheid bely en die ongeregtigheid van hulle vaders deurdat hulle ontrou teen My gehandel het; en ook dat hulle hul teen My versit het, 41 sodat Ek My ook teen hulle versit het en hulle in die land van hul vyande moes bring; of as hul onbesnede hart hom dan verneder en hulle dan boet vir hul ongeregtigheid, 42 sal ek dink aan My verbond met Jakob;...

Hoewel daar beslis individuele Jode is wat bekeer het van hul vyandigheid teenoor Jesus, sal die Israeliese staat as ‘n nasionale eenheid, nie bekeer voor hul vernietiging nie (Jesaja 29:1-6 en Jeremia 19:10-11). Die nasie is in werklikheid glad nie onder God se Verbond nie, want volgens wet (hierbo) moet hulle eers bekeer voordat God Sy Verbond sal ‘onthou’. Hulle het dit nie voor 1948 gedoen nie en staan vandag nog buite die Verbond.

Jesaja 29:1-6 stel dit duidelik dat God Jerusalem as Sy vyand beskou. Hy is die Een wat die stad sal beleër en dit aan die hand van mense sal verwoes.