God's Kingdom Ministries
Serious Bible Study

GKM

Donate

Hoofstuk 6: Die Feeste in Jakob se lewe

Voordat ons voortgaan om die Loofhuttefees en die vervulling daarvan te verduidelik in die tyd van Christus se wederkoms, kyk ons weer na die Ou Testament se tipes en skadu’s om meer insig te versamel met betrekking tot die Fees van Trompette.

Israel se feesdae was natuurlik bedoel om die hoofgebeure gedurende hul reis van Egipte na Kanaän te herdenk:

Paasfees: Uittog uit Egipte Eksodus 12 en 13
Wuifoffer: Tog deur die Rooisee Eksodus 14
Pinkster: Ontvang wette by Sinaï Eksodus 20
Fees van Trompette: Bou van silwer trompette Numeri 10
Dag van Versoening: 12 Verkenners lewer slegte verslag Numeri 13
Loofhuttefees: Dag toe Israel Kanaän moes Numeri 14
  binnegaan, maar nie het nie  

 

Daar is egter ‘n vroeër feesdag-patroon vasgelê in die storie van Jakob-Israel, ‘n paar eeue voor sy nageslag se uittog. Jakob het self ‘n reis onderneem na Haran en elk van die hoofgebeure op sy pad voorspel hierdie selfde feesdae.

Paasfees:

Jakob se reis begin by Beer-Sheba (put van die eed) in Genesis 28:10 Die plek is vernoem deur Isak (verteenwoordig Christus) wat ‘n vredesverdrag met die koning van die Filistyne (Abimeleg) gesluit het in Genesis 26:26-33. Dit was ‘n tipe van die Nuwe Verbond wat Christus met die wêreld gesluit het toe Hy Paasfees aan die kruis vervul het.

Wuifoffer:          

Die Bybel is stil hieroor, maar die Boek van Jasher vertel dat Elifas, seun van Esau-Edom vir Jakob beroof het oppad na Bet-el. Elifas was veronderstel om Jakob dood te maak, maar het ingestem om die rykdom wat Jakob as bruidskat gehad het vir die vrou wat hy in Haran sou kies (Genesis 28:2) in ruil te neem. Hierdie Bybelse bruidskat is deur die vader van die bruidegom betaal, nie die vader van die bruid nie.

Die enigste Bybelse bewys van hierdie roof is die feit dat Jakob na Haran gestuur is om ‘n vrou te gaan kry, maar teen die tyd dat hy daar aangekom het, geen geld gehad het nie. Isak sou hom nie daarheen gestuur het sonder geld vir die gebruiklike bruidskat nie. Aangesien hy niks gehad het nie, moes hy veertien jaar lank vir sy oom werk voor hy met Lea en Ragel kon trou.

Die rower Elifas, was ‘n Edomiet - Edom beteken ‘rooi’ en dit voorspel Israel se tog deur die Rooisee baie jare later.

Pinkster:

Jakob het by Bet-el gestop waar hy daardie nag gedroom het van engele wat op hom neerdaal en weer opvaar. Hy het die klip wat hy as kopkussing gebruik het geolie en ‘n eed afgelê (Genesis 28:20). Jare later het Israel God sien neerdaal op Sinaï, waar hulle ook ‘n eed afgelê het (Eksodus 19:4-8).

So eindig die eerste stel feesdae in die Lente. Jakob se vertoef in Haran skei die twee stelle feesdae. Die patroon hervat sodra Jakob na Kanaän terugkeer. Intussen is hy met Lea en Ragel getroud, maar omdat hy geen bruidskat gehad het nie, het dit sewe jaar geneem vir elk.

Fees van Trompette:

Toe Jakob Kanaän nader, het engele van die Here hom ontmoet (Genesis 32:1). Hy het die plek Mahanaim genoem, wat ‘twee laers of twee kompanjies’ beteken. Dit is hier waar hy gehoor het dat Esau met 400 manskap oppad was om hom te vermoor (Genesis 32:6). Uit vrees het Jakob sy familie en diere verdeel in twee laers (Genesis 32:7), waarna hy gebid het vir verlossing.

Volgens die Boek van Jasher het die engele Esau ook ontmoet, maar het aan hom verskyn in die vorm van 3 perderuiter kompanjies elk met 2000 krygers. Noodloos om te sê, Esau was teen die tyd dat hy Jakob ontmoet het heelwat vriendeliker.

Die punt om waar te neem is egter dat Jakob se huis in twee laers of kompanjies verdeel was. Dit profeteer van die Fees van Trompette, waar gelowiges in twee kompanjies verdeel sal word, naamlik die leiers (oorwinnaars) en die gemeente (kerk). Hulle word ook verteenwoordig deur Lea en Ragel, die twee vroue van Jakob. Lea het swak oë gehad, terwyl Ragel mooi was (Genesis 29:17).

Lea het die meeste kinders gebaar, net soos die kerk die meerderheid sal oplewer. Hoewel sy ‘n wettige vrou was, het sy nie ‘n liefdesverhouding met Jakob gehad nie. Dit profeteer van die gelowiges wat net Christene is, omdat hulle bang is om vir ewig in die hel te brand. Hul liefde is nog nie perfek nie, want hulle is nog bang vir God - ‘... volmaakte liefde dryf die vrees buite,’ (1 Johannes 4:18).

Ragel, die geliefde vrou, het minder kinders gebaar, maar haar seun Josef was die erfgenaam van die geboortereg. Josef verteenwoordig die oorwinnaars.

En so dui die twee kompanjies by Mahanaim op ‘n tipe of skadu van die Fees van Trompette en die feit dat die oorwinnaars op hierdie dag tussen die ander dooies uitgesonder en opgewek sal word. Dus sal die eerste opstanding die gelowiges in twee laers verdeel. Dit is die rede waarom Paulus in Fillipense 3:11 gesê het ‘of ek miskien die opstanding uit die dode kan bereik [ek-anastasis ek nekron].’

Die normale woord wat vir opstanding gebruik word is anastasis, soos gebruik in die vorige vers. Vers 11 gebruik egter die woord ek-anastasis, wat letterlik - direk vertaal - ‘vanuit-opstanding’ beteken. In die Companion Bible sê Bullinger die volgende hieroor:

‘Resurrection from the dead (ek nekron) implies the resurrection of some, the former of these two classes, the others being left behind.’

Met ander woorde, Paulus het gepraat van ‘n opstanding van PARTY, nie almal nie. Hy het gesmag na die eerste opstanding, wat nog nie aan hom verseker was nie. Daarom sê hy in die volgende vers, Fillipense 3:12, ‘Nie dat ek dit al verkry het of al volmaak is nie, maar ek jaag daarna of ek dit ook kan gryp, omdat ek ook deur Christus Jesus gegryp is.’ In vers 13 sê hy verder, ‘Broeders, ek reken nie dat ek dit self gegryp het nie.’

In vers 14 verwys Paulus daarna as ‘die hoë roeping van God’. Hy praat nie hier van sy regverdiging deur geloof nie. Sy regverdiging het plaasgevind op die pad na Damaskus en sy heiligmaking deur Ananias, ‘n paar dae later. Sy doel was egter die hoogste roeping van God, wat die eerste opstanding (vanuit die res) van die dooies is.

Dus spreek Mahanaim van die Fees van Trompette en die eerste opstanding, wanneer God Sy mense in twee laers gaan verdeel, naamlik die leiers en die gemeente. Die leiers word byeen geroep deur een trompet te blaas, terwyl die gemeente byeen geroep word deur op beide trompette te blaas.

Jasher se weergawe van die engele wat Esau-Edom ook ontmoet het, kan moontlik ‘n aanduiding wees van die verwoesting van Jerusalem met die Fees van Trompette. In die verwoestings deur Babilon en Rome, was Jerusalem ingeneem op die 9de Aviv, hoewel die finale slag voorkom om beplan te wees vir die 1ste Tishri (Trompette).

Dag van Versoening:

Jakob het in Genesis 32 met ‘n engel geworstel - dit was ook die dag van Jubileum. Omdat daar twee laers was, moet daar ook twee verskillende vervullings van hierdie fees wees. Die Kerk (gemeente) sal hierdie fees vervul deur ‘n tyd van inkeer en berou, soos die vyf dwase maagde, terwyl die oorwinnaars ‘n Jubileum deur gejubel en gejuig sal vier, soos die vyf wyse maagde.

Met hierdie geleentheid is Jakob se naam verander na Israel - so ook sal die oorwinnaars hul nuwe naam ontvang in vervulling van die Jubileum. Terwyl die Fees van Trompette die oproep is om die Bruidegom tegemoet te gaan, verteenwoordig die Jubileum die oomblik wanneer die dwase maagde met die olie van waarheid terugkeer en die deur na onsterflikheid (bruilof) vir hulle gesluit vind vir nog ‘n duisend jaar.

Loofhuttefees (Succoth):            

Na sy worsteling met die engel, het Jakob die Jordaanrivier oorgesteek en in Succoth wat ‘tent of kraal’ beteken, gekamp. Genesis 33:17:

17 And Jacob journeyed to Succoth, and built for himself a house, and made booths for his livestock, therefore the place is named Succoth.

17 Maar Jakob het na Sukkot weggetrek en vir hom ‘n huis gebou en takkrale vir sy vee gemaak. Daarom het hy die plek genoem Sukkot.

Weer sien ons twee vervullings by Sukkot: ‘n Vaste huis vir Jakob en tydelike vestings (takkrale) vir sy vee. Hierdie tipe en skadu word ook weerspieël in die verskil tussen Moses se Tabernakel (tent) en Salomo se tempel (huis). Soos Israel in die wildernis, sal die kerk (gemeente) eers in tydelike vestings moet woon, terwyl hulle leer hoe om in die lig van Sukkot - Loofhuttefees, te leef.

Almal sal dit gedurende die Tabernakeltydperk (Loofhuttetydperk) wat voorlê, leer.