God's Kingdom Ministries
Serious Bible Study

GKM

Donate

Hoofstuk 8: Die Priesterlike kleredrag en Die Loofhuttefees

Die Goddelike wet onthul Sy plan met beide die eerste en tweede koms van Christus. Die feeste in die 7de maand van die Hebreeuse kalender (September - Oktober) openbaar die volgorde van gebeure met Christus se tweede koms. Dit begin met die opstanding op die dag van die Fees van Trompette, berou van die gemeente (kerk) op die Dag van Versoening, en die heerlikheid van God wat tydens die Loofhuttefees verskyn.

Op die 1ste dag van die Loofhuttefees moet die heiliges hul ‘kleed’ of tabernakel wat onsterflik is van bo ontvang. Daarna verg dit 7 volle dae van reiniging voordat hulle aan die Vader in die tempel van die hemel voorgehou kan word op die 8ste dag van die Loofhuttefees, die laaste ‘groot dag van die fees’ (Johannes 7:37).

Om ‘n onsterflike liggaam te ontvang val ook onder die wettige kategorie van ‘wedergeboorte’. Daarom is die wet van die voorstelling van eersgeborenes hier van toepassing soos geskryf staan in Eksodus 22:29-30,

29 You shall not delay the offering from your harvest and your vintage. The first-born of your sons you shall give to me. 30 You shall do the same with your oxen and with your sheep. It shall be with its mother seven days; on the eighth day you shall give it to Me.  

29 Die offer uit jou volle opbrengs en jou parskuip mag jy nie terughou nie. Die eersgeborene van jou seuns moet jy aan My gee. 30 Jy moet dieselfde doen met jou beeste en jou kleinvee: sewe dae moet dit by sy moeder wees; op die agste dag moet jy dit aan My gee.

Met betrekking tot seuns is dit ook die dag van besnydenis. Onder die Ou Verbond was die seuns fisies besny; onder die Nuwe Verbond word hul harte besny. Die eerste was ‘n fisiese teken van wat God verëis het; die tweede is in werklikheid God se voorvereiste vir die voorstelling of voorhou van die Seuns van God aan Hom.

Die Loofhuttefees is 8 dae lank, om die Seuns van God tyd te gee om wedergebore te word en die dag van besnydenis te bereik, waarop hulle in die Tempel van die hemel voorgehou/voorgestel word. Die wet vereis niks meer of minder as 8 dae nie - in hierdie geval moet dit op die 8ste dag van die Loofhuttefees wees - ‘op die laaste dag, die groot dag van die fees,’ (Johannes 7:37).

Daar is nog ‘n wet hier van toepassing. Die oorwinnaars wat uit die dood opgewek word en die oorwinnaars wat nog leef aan die einde, sal kragte saamspan om saam met Christus te heers en regeer in die Loofhuttetydperk wat kom. Openbaring 20:6 sê ‘... hulle sal priesters van God en van Christus wees ...’.

Daar is dus geen verrassing in die feit dat dit ‘n volle 7 dae neem vir ‘n priester om ingeseën te word nie, waarna hulle te voorskyn kom om te dien op die 8ste dag, wanneer die heerlikheid van God openbaar word. Let op hierdie patroon in Levitikus 8 en 9. Aäron en sy seuns moes in die tabernakel ingaan en daar bly vir ‘n volle 7 dae (Levitikus 8:33). Daarna is hulle uitgeroep op die 8ste dag (Levitikus 9:1). Die rede waarom hulle uitgeroep is word in Levitikus 9:4 gegee: ‘... want vandag verskyn die Here aan julle.’

Die Hebreeuse woord wat vertaal word as verskyn is ra’ah, wat ‘sien’ of ‘om gesien te word’ beteken. Die vers profeteer dus van die openbaring van die Seuns van God, waar die heerlikheid van God in hulle sigbaar sal wees en aan die res van die mense openbaar sal word. Hierdie heerlikheid was inderdaad openbaar op daardie oomblik, want die vuur van God het van ‘die aangesig [Hebreeus: paniym] van die Here uitgegaan en op die altaar die brandoffer en die stukke vet verteer. Toe die hele volk dit sien, het hulle gejuig en op hulle aangesig [Hebreeus: paniym] geval. (Levitikus 9:24).

Dit is profeties van die toekomstige priesterlike bediening deur die Orde van Melgisedek. Dit sal in aanvang neem op die 8ste dag van die Loofhuttefees, nadat die seuns van God ten volle ingeseën is, besnydenis van die hart ontvang het en aan die Vader voorgestel en opgedra is.

Hul bediening sal vir ‘n duisend jaar duur gedurende die Sabbatsmillenium, wat ook as die Loofhuttetydperk bekend staan. Onder hul bediening sal die ‘klip’-Koninkryk van Daniël 2:35 ‘n ‘rots’ word wat die hele aarde vul. Die heerlikheid van God, soos openbaar op die 8ste dag van die Loofhuttefees, sal begin versprei oor die aarde, volgens God se belofte in Numeri 14:21 - soos die waters die see bedek.

Hierdie oorwinnaars sal fisiese liggame hê - wanneer hulle dit so verkies - maar sal nie beperk wees tot die aarde soos ons huidige, sterflike liggame nie. Hulle sal liggame hê van ‘vlees en been’ soos Jesus s’n na Sy opstanding (Lukas 24:39), maar hulle sal uit hierdie fisiese liggaam kan ‘ontklee’ en na die hemel kan terugkeer om in geestelike ‘klere’ aan die Vader te verskyn.

Dit word voorgestel in Esegiël 44 met die profesie van die Zadok priesters wat tipes en skadu’s van die Orde van Melgisedek van priesters is. Esegiël sê dat hulle toegang tot die Tempel sal hê om aan God te bedien, terwyl die ander priesters net aan die mense in die voorhof sal mag bedien - met ander woorde, die sterflike-liggaam-gebied (wêreld). Ons lees die volgende van die Orde van Melgisedek in Esegiël 44:17:

17 And it shall be that when they enter at the gates of the inner court, they shall be clothed with LINNEN garments; and WOOL shall not be on them while they are ministering in the gates of the court and the house.

17 En as hulle na die poorte van die binneste voorhof ingaan, moet hulle LINNE-klere aantrek; maar WOL mag op hulle nie kom as hulle dien in die poorte van die binneste voorhof en daar binnekant nie.

Die linne-klere is die onsterflike liggaam waarvan Paulus in 2 Korintiërs 5:1-4 praat. Dit sal nodig wees vir hulle om aan God in die binneste gedeelte van die Tempel te verskyn om Hom te dien, maar hulle sal nie beperk wees tot hierdie gedeelte nie, want ons lees in Esegiël 44:19,

19 And when they go out into the outer court, even the outer court of the people, they shall put off their [linnen] garments in which they have been ministering and lay them in the holy chambers; then they shall put on other [wool] garments that they may not transmit holiness to the people with their [linnen] garments.

19 En as hulle uitgaan na die buintenste voorhof, na die buitenste voorhof na die volk toe, moet hulle hul klere [linne] uittrek waarin hulle gedien het, en dit neersit in die heilige kamers, en hulle moet ander klere [wol] aantrek, sodat hulle die volk nie heilig maak met hulle klere [linne] nie.

Ons sien hieruit dat hierdie priesters in beide die binneste- en buitenste voorhowe sal kan dien. Die enigste voorwaarde is dat hulle hul klere ooreenstemmend verander wanneer hulle dit doen. Hulle moet in geestelike ‘klere - linne’ God in die hemel dien en fisiese ‘klere - wol’ aanhê om aan mense in die wêreld te bedien.

Dit is die tipe liggaam wat Jesus gehad het ná Sy opstanding. Die dissipels het vergader in ‘n geslote kamer, en skielik het Jesus in hul midde verskyn. Daarom het hulle gedink dat Hy ‘n gees is (Lukas 24:37), maar Hy het hierdie aanname onwaar bewys deur aan hulle Sy hande en voete te wys en saam met hulle te eet - vers 41.

‘n Ruk later het Hy weer verdwyn. Wat het gebeur? Hy het bloot Sy ‘klere’ verander en weer gees geword. Wanneer Hy op aarde verskyn het, het Hy Sy ‘wolklere’ aangetrek om soos die Herder van die skape van Sy weiveld te lyk. Dit is die wettige vereiste van Esegiël 44. Net so, is die wettige vereiste dat Hy God in die binneste voorhof dien, geklee in linne, nie wol nie.

Soos die priesters van ouds, het Hy toegang tot die linneklere in die ‘heilige kamers’ gehad. Nie net die hoëpriester het toegang hiertoe gehad nie, ook die ander priesters wat saam met hom bedien het. So sal dit ook wees met Christus en die Seuns van God.

Die ander priesters , soos in Esegiël 44 profeteer, sal aangestel wees om aan die mense in die buitenste voorhof te bedien, maar nie toegang tot die ‘linneklere’ hê om aan die Vader direk te bedien nie. Hou natuurlik ingedagte dat die enigste rede waarom hierdie priesters hoegenaamd toegelaat sal word om bedienings te hê, sal wees omdat hulle gedurende die Dae van Berou en die Dag van Versoening, hul verootmoedig (om nederig of beskeie te word) het. Hulle is die ‘dwase maagde’ van Matteus 25:2, die onderdrukkende diensknegte van Lukas 12:45 en die wonder-bewerkers van Matteus 7:22 wat sal sê ‘Here, Here’, maar wie Jesus nie ken nie.

In Esegiël 44 is hulle die priesters wat Israel geleer het om afgode (van die hart) te dien. Hulle word tipeer deur die priesterdom van Eli, wat deur Sadok vervang is in die dae van Salomo (1 Konings 2:27,35). Dit is die kontras in Esegiël 44 - Eli vs. Sadok, wat tipes is van die twee soorte priesters in die laaste dae. Leer hierdie verskil en jy sal baie aangaande kwalifikasie vir die Melgisedek priesterdom weet en ook wat dit verg om saam met Christus te heers in die toekomstige tydperk.