God's Kingdom Ministries
Serious Bible Study

GKM

Donate

Hoofstuk 9: Die Patrone van Moses en Jesus

Die instruksies vir die Loofhuttefees in Levitikus 23 sonder slegs twee dae uit - die 1ste en die 8ste - as sabbatte. Wanneer ons egter ‘n dieper studie maak, verskyn ‘n derde dag uit sy skuilplek. Dit is die 5de dag van die Loofhuttefees, wat die ‘middel van die fees’ is.

Eerstens glo ek dat die 8 togte wat Moses teen die berg Sinaï op onderneem het, die 8 dae van die Loofhuttefees verteenwoordig. Aan die einde van sy laaste tog teen die berg op, het hy teruggekeer met sy gesig glansend en die twee tablette met die wette daarop in sy hande (Eksodus 34:29). Ek glo dat hierdie finale terugkeer gevier word op die 8ste dag van die Loofhuttefees.

Tog 1: Eksodus 19:3 tot Eksodus 19:7
Tog 2: Eksodus 19:8 tot Eksodus 19:14
Tog 3: Eksodus 19:20 tot Eksodus 19:25
Tog 4: Eksodus 20:21 tot Eksodus 24:3
Tog 5: Eksodus 24:9 toe die 70 oudstes met God ontmoet het. Geen terugkeer word vermeld nie                                        maar impliseer.
Tog 6: Eksodus 24:15 tot Eksodus 32:15
Tog 7: Eksodus 32:31 tot Eksodus 32:34
Tog 8: Eksodus 34:4 tot Eksodus 34:29 met ‘n glansende gesig as gevolg van God se heerlikheid.

 

Ek het vroeër die doel van die 8ste dag verduidelik. Dit is om die Seuns van God voor te stel en om hul harte te besny, sodat hulle sondeloos sal wees. Dit gebeur ook aan die einde van hul sewe dae lange reiniging van aanraking met die dode en ook die week van priesterlike inseëning.

Let egter daarop dat die 5de tog teen die berg op 70 oudstes ingesluit het ‘en hulle het die God van Israel gesien,’ (Eksodus 24:10). Ek glo dat dit ‘n profetiese stelling is aan die lig van die Nuwe Testament-tipe Loofhuttefees.

Die Evangelie van Johannes gee aan ons die diepste insig met betrekking tot die Loofhuttefees as enige ander Nuwe Testamentiese Evangelie. Johannes noteer 8 wondertekens [Grieks: semeion - Johannes 2:11], wat spreek van die 8 dae van die Loofhuttefees op dieselfde manier as Moses se 8 togte teen die berg Sinaï op. Hulle word noteer as volg:

Wonderteken 1: Johannes 2:1-10 Bruilof in Kana waar water in wyn verander word
Wonderteken 2: Johannes 4:46-54 Die koninklike beampte se seun word genees
Wonderteken 3: Johannes 5:1-13 Siek man in Betesda word genees
Wonderteken 4: Johannes 6:1-13 Vermeerdering van brode voed 5000
Wonderteken 5: Johannes 6:16-25 Jesus loop op die water na die dissipels toe
Wonderteken 6: Johannes 9:1-7 Genesing van die blinde man
Wonderteken 7: Johannes 11:1-45 Opwekking van Lasarus
Wonderteken 8: Johannes 21:3-12 153 groot visse word gevang

 

Soos jy kan sien, behels die 5de wonderteken Jesus wat na die dissipels aangestap kom in die middel van die see van Galilea en Petrus wat uitgaan om Hom te ontmoet. Dit kom ooreen met Moses se 5de tog teen die berg op, vergesel van die 70 oudstes ‘en hulle het die God van Israel gesien’.

Johannes het sy Evangelie op ‘n besonderse manier saamgestel. Eers gee hy die teken en dan die mense se reaksie, gevolg deur spesifieke kommentaar deur Jesus wat ons help om die teken te verstaan. Teken 4 en 5 is egter ‘n uitsondering op hierdie algemene reël, want dit kom rug-aan-rug voor met reaksie en kommentaar nadat albei tekens voltooi is, asof Johannes aandag wou vestig op hierdie twee middelste tekens.

Albei tekens kom voor in die eerste helfte van Johannes 6 en daarna sien ons eers die reaksie van die skeptikuste. Die res van Johannes 6 lewer dan kommentaar oor die vierde wonderteken. Die verhaal in Johannes 7, waar Jesus die Loofhuttefees onderhou, is in werklikheid kommentaar oor die vyfde wonderteken. Jy sal Johannes 6 en 7 self moet lees om ‘n duidelike idee te vorm van die volgorde van gebeure en hoe dit verband hou met die Loofhuttefees.

Soos ek reeds gesê het, illustreer die storie in Johannes 7 die vyfde wonderteken waar Jesus na die dissipels aangestap gekom het in die middel van die see van Galilea, toe Petrus Hom tegemoet gegaan het (Matteus 14:29). Let op die ooreenkomste.

In Johannes 6 stuur Jesus die dissipels vooruit oor die see of meer in die storm in (verdrukking). Dan kom Hy na hulle toe wanneer hulle ongeveer 3 of 4 myl geroei het (Johannes 6:19), wat omtrent die middel van die meer is. Toe Jesus in die boot klim, is die hele skuit dadelik verplaas na Kapernaüm (Johannes 6:21,24). Kapernaüm beteken ‘bedekking’ of ‘vertrooster’ en spreek van die volheid van die Gees.

Op dieselfde manier het Jesus die dissipels opdrag gegee om vooruit na Jerusalem te gaan (Johannes 7:8) om die Loofhuttefees te vier (Johannes 7:2). Later het Jesus Homself in die middel van die fees, in die tempel openbaar (Johannes 7:14). Ek koppel dit aan die profesie in Maleagi 3:1, ‘... dan skielik na sy tempel kom die Here na wie julle soek,’.

Op die laaste dag van die fees het Jesus opgestaan en uitgeroep - Johannes 7:37-38:

37 If any man is thirsty, let him come to Me and drink. 38 He who believes in Me, as the Scripture said, from his innermost being shall flow rivers of living water.  

37 ... As iemand dors het, laat hom na My toe kom en drink! 38 Hy wat in My glo, soos die Skrif sê: strome van lewende water sal uit sy binneste vloei.

Hierdie gebeure het op die 8ste dag van die Loofhuttefees plaasgevind. Dit stem ooreen met die storie in Johannes 6, toe Jesus die dissipels na Kapernaum (bedekking of vertrooster) geneem het. Die oorwinnaars moet die volheid van die Gees ontvang, sodat hulle met ‘n verheerlikte liggaam (soos Moses) terug kan keer om met hul priesterlike pligte op aarde te begin en ‘klere’ sal kan verander soos hulle nodig kry. Hierdie tipes en skadu’s van beide die Ou- en Nuwe Testament dui hierop as die doel van die 8ste dag van die Loofhuttefees.

As ons hierdie bevindinge opsom, sien ons dat die Loofhuttefees begin deur ‘geboorte te skenk aan die Seuns’ - deur aan hierdie mense onsterflikheid te gee. Dit begin ook ‘n sewe-dag reinigingsperiode as gevolg van aanraking met ‘n dooie liggaam, en terselfdetyd inseëning in die priesterdom vir bediening.

Met ander woorde: Jesus kom na die feesgangers in die middel van die fees - moontlik die 5de dag. Op die Fees van Trompette, byna twee weke vroeër, was die dooie oorwinnaars opgewek om die Here tegemoet te gaan, maar dit kom voor of die lewende oorwinnaars, verteenwoordig deur Petrus, Hom in die middel van die fees tegemoet sal gaan.

Wat! Is daar nou twee wegrapings? Daar is geen Bybelse stelling wat die teendeel bewys nie. Paulus gee in 1 Tessalonisense 4:16-17 vir ons die volgorde van gebeure, maar geen detail nie:

16 ... the dead in Christ shall rise first. 17 Then we which are alive and remain shall be caught up together with them in the clouds to meet the Lord in the air. 

16 ... en die wat in Christus gesterf het, sal eerste opstaan. 17 Daarna sal ons wat in die lewe oorbly, saam met hulle in wolke weggevoer word die Here tegemoet in die lug.

Dus sal die dooies eerste opstaan en Hom bogronds, in die lug ontmoet. Dan sal die wat nog lewe en hier is, weggevoer word. Hierdie opmerking bevestig nie tydsberekening nie, slegs die volgorde van gebeure. Paulus se enigste opmerking met betrekking tot tydsberekening, vind ons vroeër in vers 15, wanneer hy sê ‘dat ons wat in die lewe oorbly tot by die wederkoms van die Here, die ontslapenes hoegenaamd nie sal vóór wees nie.’

Blaas van die trompet met die Fees van Trompette dui op ‘n sameroeping van leiers in ‘n opstanding uit die dood. Maar die profetiese tipe en skadu van Moses en Jesus dui daarop dat Jesus na die lewende oorwinnaars sal kom in die middel van die Loofhuttefees, met Petrus wat Hom tegemoet gaan.

Verder, sou daar ‘n 7-jaar tydperk van verdrukking wees, word dit verteenwoordig deur die storm op die see van Galilea? Hou ook ingedagte dat Jesus in die middel van die see na hulle gegaan het, nie aan die begin van die storm, of aan die einde daarvan nie - kan dit moontlik dui op ‘n middel-verdrukking-tydstip? Hoewel ek nie noodwendig glo dat daar ‘n 7-jaar verdrukking tydperk sal wees nie, glo ek wel dat Christus sal kom (verskyn aan die oorwinnaars wat lewe) in die middel van die Loofhuttefees van ‘n jaar. Hy sal ook twee weke voor dit kom, met die Fees van Trompette om die eerste opstanding te fasiliteer.

Dit is om hierdie rede dat dit belangrik is om die Feesdae te verstaan. Dit is vasgestelde tye in profesie en hoewel tipes, skadu’s en tekens bedoel is om gelyktydig te bedek en te onthul, verskaf dit ‘n sekere hoeveelheid inligting wat baie duidelik onthul. Daar sal natuurlik altyd ‘n mate van onduidelikheid wees en ons moet versigtig wees om nie té veel selfvertroue te hê dat ons foutloos is in ons interpretasie van die tipes en skadu’s wat van dinge in die toekoms profeteer nie.