Latest Posts
View the latest posts in an easy-to-read list format, with filtering options.
Die Bybel sê dat elke knie voor Jesus Christus sal buig en dat God alle oordeel aan Jesus toevertrou het. Hoe sal God hierdie doel bereik? Sal Hy dit doen deur te weier om die mensdom vir sonde te oordeel? Of sal Hy dit deur Sy oordele doen? Hierdie boekie toon die verskil tussen Universalisme, wat alle goddelike oordeel ontken, en Restorationism, wat leer dat die oordele van die wet regstellend en herstellend is.
Category - General
Jesus het in Matteus 7:1 gesê: ‘MOENIE oordeel nie, sodat julle nie geoordeel word nie.’ Maar Paulus sê in 1 Korintiërs 6:2 ‘Weet julle nie dat die heiliges die wêreld sal oordeel nie?’ Paulus berispe die kerk, omdat daar niemand bevoeg was om onderlinge geskille op te los nie. Weerspreek Paulus hierdeur vir Jesus? Glad nie.
Ons neem daagliks besluite en vel oordele - elke keuse is ‘n oordeel, want ons besluit of die koers wat ons moet inslaan die regte of verkeerde een sal wees. Om te oordeel en om te onderskei is van dieselfde Griekse woord afkomstig. Ons het die gawe van geestelike oordeel des onderskeids nodig om te kan uitmaak wat reg en wat verkeerd is. Wat meer is, God het outoriteit geskep (Romeine 13:1; Johannes 5:27), sodat onenigheid tussen mense geoordeel kan word. Jesus se woorde was ‘n waarskuwing om nie volgens jou eie persoonlike standpunt te oordeel nie, maar om eerder deur die Gees gelei te word - op die manier sal ons oordeel nie persoonlik wees nie, maar van die Vader.
Daar is dié wat leer dat alle vorme van oordeel verkeerd is, sonder om ‘n verskil tussen oordeel des onderskeids en doem te tref. Hulle sien ook geen verskil tussen die gebrekkige oordeel van ‘n mens en die perfekte oordeel wat van God afkomstig is nie.
Dié wat bang is om God se regters te wees, is eintlik bang vir die outoriteit wat God gee aan hulle wat geroep is om te regeer (oorwinnaars). Miskien is sulke mense eenvoudig nie geroep om te regeer nie, daarom het hulle geen begeerte om te leer hoe om regverdige regters te wees nie. Ek praat van my persoonlike ondervinding met God, wanneer ek sê dat Hy besig is om my op te lei - dikwels deur middel van mislukking - om regverdig te oordeel volgens die gees (gesindheid) van Christus.
Die helfte van hierdie opleiding beslaan die bestudering van die Skrif, die ander helfte behels die ontwikkeling van geestelike vrug, spesifiek wysheid, kennis en onderskeid (1 Korintiërs 12:8-10). Om die Skrif te bestudeer is uiters belangrik (2 Timoteus 2:15) in ons soeke na die waarheid, maar is dit genoeg? Daar is ‘n geestelike kant aan ons wat ontwikkel moet word, want dit is die Heilige Gees wat ons na alle waarheid lei (Johannes 16:13).
Ons moet Hom aanbid in gees en waarheid - BEIDE. Baie denominansies spesialiseer in Bybelstudie om die waarheid te leer, maar verwaardeloos die geestelike gawes. Ander fokus weer so intens op die ondervinding van geestelike gawes dat hulle studie van die Skrif afskeep. Die wenkombinasie is ‘n gesonde balans tussen gees en waarheid.
Baie is in die verlede belemmer deur die leerstelling dat die wet afgeskaf is of opsy gesit is. Hulle besef nie dat Jesus die wet bekragtig het nie (Matteus 5:17-19) en Paulus stel dit vas (Romeine 3:31). Paulus maak dit baie duidelik dat die doel van die wet nooit was om enigiemand te verskoon nie, maar eerder om aan ons te verduidelik wat presies sonde is (Romeine 3:20). Johannes sê sommer prontuit ‘die sonde is wetteloosheid’ (1 Johannes 3:4).
Deur die wet opsy te sit, is sonde effektief gewettig, sodat mense kan sondig soos hulle wil met vrystelling van goddelike oordeel. As ons regering die voorbeeld van die kerk volg (en hulle doen dit), sal seksuele sondes, aborsie en die reg van regeringsowerhede om vir die publiek te lieg vir die beswil van ‘nasionale sekuriteit’, wettig wees (met betrekking tot VSA). Daarom is daar ook ‘n stryd om sekere dwelms te wettig - sou dit slaag sal ‘n groot aantal oortredings verminder, waardeur die populasie in tronke geweldig sal afneem.
Paulus sê ‘… waar geen wet is nie, daar is ook geen oortreding nie.’ (Romeine 4:15). Daar moet ‘n wet wees voordat iets ‘n sonde kan wees - om die wet opsy te sit, is die mens se manier om oortredings toelaatbaar te maak en sonde te wettig. God se metode is om sonde te erken en die volle boete daarvoor te betaal, soos Jesus aan die kruis gedoen het.
Met dit ingedagte, gaan ons terug na Paulus se opmerking in 2 Korintiërs 5 en die bediening van versoening. Paulus sê in vers 19, ons boodskap is dat God nie die wêreld se sondes aan hulle toereken nie. Die sienswyse van Universalisme, soos ontwikkel ‘n paar jaar gelede, is dat die wet deur die kruis opsy gesit is - so is daar nie meer sonde om aan die wêreld toe te reken nie. Hulle voer aan dat dit die manier is waarop God almal sal red. Sonder wette is daar geen aanspreeklikheid vir oortredings (sonde) nie, want Paulus sê in Romeine 3:19
19 Now we know that whatever the Law says, it speaks to those who are under the Law, that every mouth may be closed, and all the world may become accountable to God.
19 Nou weet ons dat alles wat die wet sê, hy dit sê vir die wat onder die wet is, sodat elke mond gestop en die hele wêreld voor God doemwaardig kan wees;
(Hou ingedagte dat ‘doem’ ook deursigtig beteken - Grieks) Dit is een ding om te sê dat die wêreld hoegenaamd geen sonde doen nie; en iets heeltemal anders om te sê dat God hulle sondes aan hulle nie ‘toereken’ nie. Die eerste stelling voer aan dat sonde nie meer bestaan nie; die tweede erken sonde, maar bevestig dat Jesus die boete daarvoor betaal het. Die eerste vernietig die wet; die tweede respekteer die wet soveel, dat dit die volle boete daarvoor betaal.
Universalisme wil die mensdom red deur die wet te vernietig, wat die oortreding daarvan onmoontlik maak, ongeag wat ‘n mens sy naaste aandoen. Ter verduideliking: Die gebeure van 9/11 was dus volgens hierdie leerstelling, nie moord nie - dan bestaan daar nie iets soos moord nie, want die wet teen moord is volgens hierdie leerstelling, by die kruis nietig verklaar.
Ek verkondig heel duidelik nie Universalime nie. Ek bedien ‘restourasie’ (wederoprigting/herstel). Gun my die voorreg om dit te versin: ‘Die restourasie van alle dinge’ is die geloof dat die hele skepping herstel sal word en met God versoen sal raak, nie deur die wet af te skaf nie, maar deur die volle boete vir die oortreding daarvan te betaal.
Terwyl Jesus die FEIT van verlossing vir die mensdom bekom het, verskil die TYD van verlossing - dit word bepaal deur die ‘eskadron’ (Grieks: tagma) waarin ‘n mens val. 1 Korintiërs 15:22,23 sê
22 For as in Adam all die, so also in Christ all shall be made alive. 23 But each in his own order [tagma,’squadron’]
22 Want soos hulle almal in Adam sterwe, so sal hulle ook almal in Christus lewend gemaak word. 23 maar elkeen in sy eie orde [tagma, ‘eskadron’]: as eersteling Christus, daarna die wat aan Christus behoort by sy koms.
Daar is meer as een opstanding aan die kom. Die eerste ‘eskadron’ sal die heiliges/oorwinnaars wees wat geroep is om saam met Hom te regeer en oordeel (Openbaring 20:4-6). Die tweede groep, is die gelowiges wat saam met die ongelowiges sal opstaan (Johannes 5:28,29; Lukas 12:46) voor die Groot Wit Troon (Openbaring 20:11-13). Hierdie tweede groep gelowiges sal die eerste opstanding misloop en nie saam met Christus regeer in die duisendjaar-Loofhuttetydperk (Tabernakel-tydperk) wat voorlê nie. Hulle sal ‘gered word, maar soos deur vuur heen’ (1 Korintiërs 3:15). Jesus verduidelik in Lukas 12:46-49 dat diensknegte van God, wat hul naaste te nà gekom het, eers ‘n ‘loesing’ kry voordat hulle hul prys sal ontvang.
Die ongelowiges in die tweede groep sal nadat hul tyd van oordeel uitgeloop het, teen die einde van daardie tydperk, ook vry wees volgens die wet van die bevrydingsjaar (Jubeljaar), wanneer die hele ‘skepping self vry gemaak sal wees tot die vryheid van die heerlikheid van God’ (Romeine 8:21).
Die hoof onderskeid tussen Universalisme en Restourasie is die saak van goddelike veroordeling: Die een maak geen voorsiening vir oordeel nie, eis geen verantwoordelikheid vir enige vorige oortredings nie en maak geestelike groei uiteindelik onnodig en ontoepaslik. Die ander besef die werklikheid en erns van sonde, betaal die volle boete wat die wet vereis, om die hele wêreld te versoen en red gelowiges deur geloof en ongelowiges deur oordeel, dissipline en geestelike groei.
Die veroordelings van God word vasgestel deur die wet self, daarom is daar geen sonde wat marteling in ‘n letterlike vuur regverdig nie. Die ‘vuur’ waarna verwys word, is ‘n metafoor vir die wet (Deuteronomium 33:2). God se Woord is soos ‘n vuur (Jeremia 23:29), die doel daarvan is om te louter, suiwer en uitsaksel weg te brand, sodat daar ‘n perfekte, volmaakte eindproduk kan wees. Dit is veral sigbaar in die feit dat die loesing wat die tweede groep gelowiges sal ontvang, verduidelik word in terme van ‘vuur’, hoewel hulle op geen manier letterlik sal brand nie. Lukas 12:49 sluit die paragraaf af met Jesus se stelling:
49 I have come to cast fire upon the earth; and how I wish it were already kindled!
49 Ek het gekom om vuur op die aarde te werp, en hoe wens Ek dat dit al aangesteek was!
Jesus sê nie dat Hy uitsien na ‘n dag wanneer mense in ‘n letterlike vuur gemartel gaan word vir ewig en ewig nie. Die ‘vuur’ wat Hy op die aarde kom werp het, word in Lukas 12:46-49 verduidelik as ‘baie of min slae’, direk uit die wet in Deuteronomium 25:2,3 aangehaal:
2 Then it shall be if the wicked man deserves to be beaten, the judge shall then make him lie down and be beaten in his presence with the number of stripes according to his guilt. 3 He may beat him forty times but no more, lest he beat him with many more stripes than these, and your brother be degraded in your eyes.
2 as dan die skuldige slae verdien, moet die regter hom laat lê en hom in sy teenwoordigheid met ‘n aantal slae laat slaan ooreenkomstig sy skuld; 3 veertig slae mag hy hom laat gee, nie meer nie, dat hy hom nie verder met baie slae bo dié laat slaan en jou broer voor jou oë veragtelik gemaak word nie.
Daar is ‘n limiet op die aantal slae (loesing) wat ‘n skuldige kon ontvang vir sy oortredings, net soos daar ‘n limiet is, op die aantal jare wat ‘n oortreder sy straf as slaaf moet uitdien. Die Jubeljaar-wet beperk die tydperk van slawerny of onteiening, wat opgelê kan word, tot 49 jaar (Levitikus 25:10). Dit is die genade van die jubel- en loesingwette. Die wet/gereg van God sluit nie oneindige straf in nie, maar ter selfde tyd is die genade van God ook nie sonder straf vir oortreding nie.
Dus, aan die einde van die ‘poel van vuur’, wanneer die ‘vuur’ sy werk gedoen het, sal die aarde ontsondig en restoureer wees. Die wet vonnis niemand om gemartel te word nie, want marteling word net deur die tradisies van mense goedgekeur. Ongelowiges (oortreders) word ‘verkoop’ en onder die bevoegdheid van regverdige mense geplaas, waar hulle regverdigheid deur arbeid en dissipline (indien nodig), geleer kan word. Tog is daar - selfs vir ongelowiges - ‘n Jubeljaar, wanneer alle skuld gekanselleer word en elke mens restoureer sal word na die nalatenskap van hul voorvaders (Levitikus 25:40,41).
God se doel vir die skepping sal dus vervul word en ‘n sukses wees, nie ‘n mislukking nie.
Die Jubeljaar is die wet van genade, waar elke mens se skuld gekanselleer word, ongeag die verskil daarop uitstaande. Tog is die tydperk wat die Jubeljaar voorafgaan, ‘n tyd van veroordeling en disiplinering vir die oortreder, sodat hy daardeur regverdigheid kan leer. Jesaja 26:9 sê:
9 … for when the earth experiences Thy judgements, the inhabitants of the world will learn righteousness.
9 … want as u oordele op die aarde is, leer die inwoners van die wêreld geregtigheid.
Die profeet Jesaja het die doel van die goddelike Wet verstaan, en geweet dat dit ontwerp was, sodat mense tot inkeer sal kom en daardeur sal verander - nie om hulle te vernietig of vir ewig/oneindig te martel nie. Die wet maak voorsiening vir ‘n oortreder om ‘verkoop’ te word aan ‘n ander (Eksodus 22:3). Die regter bepaal die tydperk van straf na aanleiding van die ‘bedrag’ van die ‘skuld’ wat die oortreder aan die slagoffer verskuldig is. In die ‘hofsaak’ van God teen ‘n ongelowige, is die skuld te groot om terug te betaal, ongeag die aantal jare wat in slawerny uitgedien sou kon word. Dit is die rede waarom ‘n ongelowige vir die skepping se Jubeljaar moet wag, voordat hy restoureer kan word na die erflating wat God vir hom voorberei het.
Die hoofpunt om te verstaan, is dat die wet genade tesame met regverdigheid magtig. Ingebou in die wet, is ‘n limiet op die straf vir oortredings. Om hierdie rede verwys die Nuwe Testament dikwels na ‘ewige/oneindige’ (eonian) straf - met ander woorde, ‘n onmeetlike- of onbekende tydperk van straf. Hoewel ‘eonian’ dikwels verkeerdelik vertaal word as ‘ewig’ of ‘oneindig’, is dit nie die ware betekenis van die woord nie. Young’s Literal Translation vertaal Matteus 25:46,
46 And these shall go away to punishment age-during, but the righteous to life age-during.
46 En hulle sal weggaan in die ewige straf, maar die regverdiges in die ewige lewe.
Dr Young besef dat die Griekse woord ‘eonian’ betrekking het op ‘n ‘eeu’ of ‘onmeetbare tydperk’, nie ‘n ewigheid nie. Hoewel Skrifgedeeltes dikwels verwys na die toekomstige oordeel, is daar geen leerstelling van oneindige veroordeling in die Bybel te vinde nie - die idee kom uit die gedagtes van mense en hul verkeerde interpretasie van die Wet. Mense soos Scofield het van die ‘genadelose erns’ van die Wet gepraat, sonder begrip dat die mens se wette dikwels eerder genadeloos is en so hul beskouing van ‘n oneindige marteling in ‘n letterlike vuur naamlik ‘die hel’, veroorsaak. Mense verkies dat God se geregtigheid wreed voorkom, sodat hul eie wette meer genadig lyk. Dit is sinsbedrog wat uit die mens se trots ontstaan.