God's Kingdom Ministries
Serious Bible Study

GKM

Donate

Hoofstuk 7: Die wette van verlossing /afkoop-wette

Toe ek as kind in die Fillipyne groot geword het (as kind van sendelinge), het ons dikwels gesing van Christus ons Verlosser. My moeder, wat Sweeds was, het ons die Sweedse lied ‘Thanks to God for my Redeemer’ geleer. Ek onthou ook hoe Fred Ruhl, Roy Thomas and Roy’s se pa met hul sterk stemme die ou gesang, geskryf deur Philip Bliss in 1876 getiteld ‘I will sing of my Redeemer’, sing.

Sing, oh sing, of my Redeemer

With His blood, He purchased me.

On the cross, He sealed my pardon,

Paid the debt, and made me free.

Miskien was die aanname dat ons die definisie van ‘n verlosser verstaan het, maar ek onthou nie dat Bybelstudie of een enkele preek ons geleer het wat presies ‘n verlosser is nie. So het dit gebeur, dat ek dekades later, in die wette van Moses daarop afgekom het. Ek het besef dat dit op die hele skepping van toepassing is, eerder as op net myself.

Mens kan enigiets koop, maar jy kan net iets ‘verlos’ as jy dit op ‘n stadium besit het. Aangesien ek vroeg in my lewe geleer is dat ons in sonde ontvang en gebore word, en daarom van die begin af reeds ‘verlore’ is, het ek geglo dat Jesus mens nooit eintlik ‘besit’, voordat jy ‘n gelowige word en jouself aan Hom gee nie. Dus kan Jesus my koop, maar dan is Hy nie eintlik my verlosser nie - óf die Bybel is verkeerd, óf ek misverstaan die Bybel.

Wel, die Bybel het die argument gewen: Ja, Jesus is werklik my Verlosser, want ek is deel van die skepping, wat Hy besit deur skeppingsreg - die prentjie is soveel groter as ‘n individuele persoon. Toe Adam ‘verkoop’ is as dienskneg, is sy kinders ook ‘verkoop’, tesame met sy hele boedel (die skepping). Dus het Jesus gekom om dit wat Hy voorheen besit het (maar wat volgens goddelike wet verkoop moes word) af te koop (verlos). Ek is net ‘n klein deeltjie van dit wat Hy van die begin af reeds besit.

Die Bybel begin met: ‘In die begin het God die hemel en die aarde geskape.’ Hierdie vers bevestig God se eienaarskap asook ontwyfelbare regte wat daarmee gepaard gaan. ‘n Ander lied se woorde lui: ‘This is my Father’s world.’ - Hy besit dit deur skeppingsreg. Om vir Adam se sondeskuld te betaal, is ALLES verkoop aan ‘n ‘Kosmiese Pandjieswinkel’, en steeds was die skepping self met al sy natuurlike hulpbronne en rykdom, onvoldoende om vir selfs die geringste sonde te vergoed, daarom moes ons ‘n tyd van slawerny binnegegaan.

Indien iemand nie ten volle vir die skuld van sy oortreding kan betaal nie, ‘moet hy vir sy diefstal verkoop word.’ (Eksodus 22:3). Indien die skuldige deur iemand (wat nie ‘n naaste familielid is en moontlik nie die skuldige lief het nie) gekoop word, dink die afkoper/verlosser sekerlik eerder in terme van die kapitaalvermeerdering van sy eie rykdom, as die welsyn van die slaaf/skuldenaar. As teenmiddel vir hierdie situasie, het naasbestaande familielede, soos ‘n broer of oom, die reg van lossing vir die skuldige ontvang (Levitikus 25:47-49), solank die voornemende koper genoeg geld het om die skuld af te betaal. Levitikus 25:48 (NASB)

48 then he shall have redemption right after he has been sold. One of his brothers may redeem him.

48 dan moet daar vir hom, nadat hy hom verkoop het, reg van lossing wees; een van sy broers kan hom los,

Dus kan ‘n vriend genoeg geld hê om iemand te ‘los’ (af te koop), maar hy het nie die reg van lossing nie. Die eienaar van die slaaf is nie verplig om sy slaaf aan iemand, wat nie familie van die slaaf is, te verkoop nie - nie teen enige prys nie. Die reg van die slawe-eienaar om die koop te weier, oortref die reg van die vriend wat hom wil koop. Maar as ‘n familielid, met die regte bedrag geld opdaag om die verskil op die faktuur af te los, het die slawe-eienaar geen keuse in die saak nie. Die naasbestaande se lossingsreg geniet voorkeur bo die slawe-eienaar se begeerte om die slaaf in sy besit te hou.

Hierdie wet is uiters belangrik wanneer van toepassing op Jesus, die Verlosser van die skepping. Dit is die rede waarom Jesus as ‘n mens van vlees en bloed moes kom. Hebreërs 2:11 sê ‘om hierdie rede skaam Hy Hom nie om hulle broeders te noem nie,’ vers 14 en 15 sê:

14 Since then the children share in flesh and blood, He Himself likewise also partook of the same, that through death He might render powerless him who had the power of death, that is, the devil, 15 and might deliver those who through fear of death were subject to slavery all their lives.’

14 Aangesien die kinders dan vlees en bloed deelagtig is, het Hy dit ook op dieselfde manier deelagtig geword, sodat Hy deur die dood hom tot niet kon maak wat mag oor die dood het - dit is die duiwel - 15 en almal kon bevry wat hulle hele lewe lank uit vrees vir die dood aan slawerny onderworpe was.

Vers 16 sê verder, dat Hy spesifiek as afstammeling van Abraham gekom het. Dus het Hy op twee vlakke as naasbestaande familielid gekom: Eers as vlees en bloed, sodat Hy kwalifiseer as naasbestaande familielid en wettige losser van Adam, en tweedens as afstammeling van Abraham, om Israel volgens dieselfde wettige reg te kan verlos.

Die hoofaangeleentheid hier, is die feit dat Hy as vlees-en-bloed ‘Son of Man’, gekom het om sodoende, sy lossingsreg as naasbestaande familielid van Adam, te waarborg. Volgens wet het Hy die reg behou om die ganse mensdom, al die pad terug tot by Adam, asook Adam se hele boedel (die skepping), wat hy verloor het, te verlos.

Hoewel die skepping onvoldoende was om die sondeskuld van Adam te delg, het Jesus beslis die vermoë om die skepping wat ingeboet is, insluitend alle skuld wat Adam gemaak het, af te los. Sy lewe en bloed is baie meer werd as al die sonde ooit gepleeg sedert Adam tot die einde van die tydperk.

Die implikasies hiervan is enorm. Gestel jy los ‘n boedel, met alles daarin, af. Wanneer jy opdaag om dit te eis, vind jy dat weinig daarvan oor is - sou jy tevrede wees met die toestand van sake? Natuurlik nie!

Jesus het beslis die VERMOE om die skepping af te los en as naasbestaande, behou Hy ook wettiglik die REG van lossing. Die enigste vraag wat bly staan is dus: WIL Hy die hele skepping verlos, of is Hy (volgens Calvinisme) tevrede om net ‘n gedeelte van die boedel, wat Hy met Sy bloed afgekoop het, te ontvang?

Dit is in werklikheid ‘n vraag aangaande die omvang van God se liefde - het God alles wat Hy geskape het lief - Wil Hy dit hê? Of het Hy van die begin af besluit om net ‘n gedeelte daarvan te verlos en die res daarvan te laat brand vir ewig?

Hoeveel keer hoor ons leerstellings wat preek ‘Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, …’? (Johannes 3:16) Daardie leerstelling gaan dikwels gepaard met preke oor hoe God wens dat Hy almal kan red - asof Sy hande gebind is - Hy is net God.

Met ander woorde, Hy sal baie graag almal wil red, maar die Wet verhoed Hom - hulle sê: ‘Hy is ‘n liefdevolle God, maar Hy is ‘n regverdige God’. Sy regverdige oordeel sal verhoed dat Hy die ganse skepping red. Na intense studie van die Wet, verskil ek van hierdie standpunt. Die Wet is aan Jesus se kant - die wet van lossing laat Hom toe om as naasbestaande familielid, alles wat Hy afgelos/verlos het, te eis. Daar is niks onregverdig hieraan nie.

Mense wat bogenoemde leerstelling preek, het nog nooit die lossingswet bestudeer nie. Die enigste kwalifikasie wat nodig is, is genoeg ‘fondse’ om die uitstaande bedrag op die faktuur te kan aflos.

Wat is die probleem dan? Daar is geen wettige beperking nie.

Daar is egter een ding wat die Wet NIE afdwing nie. Dit sê nêrens dat die naasbestaande familielid DADELIK die skuldige persoon moet verlos nie - daar is geen vasgestelde tyd, waarteen lossing moet plaasvind, aan hierdie Wet gekoppel nie. Die Wet sê net, indien die skuldige NIE verlos is in die tydperk nie, MOET hy in die Jubeljaar vrygelaat word. Levitikus 25:54 sê

54 Even if he is not redeemed by those means, he shall still go out in the year of Jubilee, both he and his sons with him.

54 En as hy nie op dié wyse gelos word nie, moet hy in die Jubeljaar vrygelaat word, hy en sy kinders saam met hom.

Die tyd van slawerny is ook die tyd van moontlike lossing, maar hierdie tydperk eindig, wanneer die lossingswet deur die Wet van Jubileum verswelg word. Volges die Wet van Jubileum, moet alle skuldenaars vrygelaat word van slawerny teen die einde van die 49-jaar siklus. Levitikus 25:8,10 verduidelik die Wet van Jubileum.

8 You are also to count off seven sabbaths of years for yourself, seven times seven years, so that you have the time of the seven sabbaths of years, namely, forty-nine years. 10 You shall thus consecrate the fiftieth year and proclaim a release through the land to all its inhabitants. It shall be a Jubilee for you, and each of you shall return to his property, and each of you shall return to his family.

8 Jy moet ook sewe jaarweke tel, sewe maal sewe jaar, sodat die dae van die sewe jaarweke vir jou negen-en-veertig jaar is. 10 En julle moet die vyftigste jaar heilig en ‘n vrylating in die land uitroep aan al sy bewoners. Dit moet vir julle ‘n jubeljaar wees; dan moet julle elkeen na sy besitting en elkeen na sy geslag teruggaan.

Aan die einde van sewe sabbatsjare, is die Jubileum (Jubeljaar) aangekondig en alle oorblywende skulde is uit blote genade gekanselleer. Dit het lewenslange skuld verhoed asook oneindige straf vir oortredings voorkom. Dit is die wet van genade in die Bybel.

Wat die uitwerking van die Plan in die ‘hier-en-nou’ betref, keur meeste mense op aarde nie verlossing goed nie, omdat hulle oningelig is aangaande Sy voorsiening óf omdat hulle dit van die hand gewys het deur eie pogings om hulself te verlos.

God dwing nie verlossing op enigiemand af nie, al het Hy almal hoe lief. Hy weet, aan die einde, wanneer die lossingstydperk verstreke is en alle sonde in daardie tyd veroordeel is, dat Hy verhewe domein sal inroep oor die ganse skepping deur die wet van Jubileum.

Alles wat aan die begin Syne was sal aan Hom terug besorg word - dit staan so geskryf in die Jubelwet: ‘En as hy nie op dié wyse gelos word nie, moet hy in die Jubeljaar vrygelaat word’.