God's Kingdom Ministries
Serious Bible Study

GKM

Donate

Hoofstuk 4: Elke Knie Sal Buig

Daar is ‘n welbekende Christen aanbiddingslied wat oral in die wêreld gesing word, naamlik ‘Come, Now is the Time to Worship’. Baie gesangeboek teologie is holrug gery en dikwels blatant onwaar of misleidend, maar hierdie spesifieke lied is die waarheid. Tog besef die meeste Christene nie wat hulle sing nie. In die lied is die volgende woorde:

One day every tongue will confess you are God.

One day every knee will bow.

Still the greatest treasure remains for those

Who gladly choose You now!

Dit is gebaseer op Fillipense 2:10,11 en 1 Timoteus 4:10. Die eerste lees:

10 that at the name of Jesus every knee should bow, of those who are in heaven, and on earth, and under the earth, 11 and that every tongue should confess that Jesus Christ is Lord to the glory of God the Father.

10 sodat in die Naam van Jesus sou buig elke knie van die wat in die hemel en die wat op die aarde en die wat onder die aarde is, 11 en elke tong sou bely dat Jesus Christus die Here is tot heerlikheid van God die Vader.

Paulus het op sy beurt uit Jesaja 45:23-25 aangehaal, wat sê

23 I have sworn by Myself [God’s vow], the Word has gone forth from My mouth in righteousness and will not turn back, that to Me every knee will bow, every tongue will swear allegiance. 24 They will say of Me, ‘Only in the Lord are righteousness and strength,’ Men will come to Him, and all who were angry at Him shall be put to shame. 25 In the Lord all the offspring of Israel will be justified, and will glory.

23 Ek sweer by Myself [God se eed]; geregtigheid gaan uit my mond, ‘n woord wat nie herroep word nie: dat voor My elke knie sal neerbuig, by My elke tong sal sweer. 24 Hulle sal van My sê: Alleen in die Here is volle geregtigheid en sterkte; na Hom sal hulle kom; maar hulle almal sal beskaamd staan wat op Hom toornig is. 25 In die Here sal geregverdig word en hulle beroem die hele geslag van Israel.

Hier beloof God dat elke knie sal buig en dat elke tong trou sal sweer aan Hom. Dit sal natuurlik plaasvind by die Groot-Wit-Troon-Oordeel, wanneer daar nie meer ongelowiges sal wees nie. Die profeet praat in vers 25 van die mense van sy tyd, wanneer hy sê ‘In die Here sal geregverdig word … die hele geslag van Israel.’

Hierdie is dieselfde Israeliete wat so ongelowig was, dat God die hele nasie in ballingskap onder Assirië geplaas en van hulle ‘geskei’ het - huweliksontbinding (Jeremia 3:8). Jesaja het geleef om die dag te sien en seker die gedeelte ‘n ruk na die groot egskeiding verwoord. Hy het geweet dat die meeste van die Israeliete nie deur geloof geregverdig was in hul leeftyd op aarde nie, tog sê hy dat die hele geslag van Israel op daardie dag GEREGVERDIG sal word - en ons weet dat dit net deur GELOOF kan gebeur.

So baie leerstellings wil ons laat glo dat gelowiges, te midde van regverdigmaking, vir ewig verlore sal gaan in die toekoms. Nêrens in die Bybel is enige stelling te vinde wat veronderstel dat ‘n mens net in hierdie leeftyd gered kan word nie. Die kerk haal graag Hebreërs 9:27 aan: ‘En net soos die mense bestem is om een maal te sterwe en daarna die oordeel,’ en verduidelik dat dit een kans op verskoning van sonde (regverdiging) beteken. Lees die vers self - dit is nie wat daar staan nie.

Dit is waar dat die mens een maal sterf en dan voor die Groot Wit Troon te staan sal kom vir die oordeel, maar Paulus sê dat elke tong sal ‘bely dat Jesus Christus die Here is tot heerlikheid van God die Vader.’ In 1 Korintiërs 12:3 sê Paulus ‘… niemand kan sê dat Jesus die Here is nie, behalwe deur die Heilig Gees.’ Daarom kan niemand aanvoer dat hul belydenis onafhanklik van die werking van die Heilige Gees was nie. Paulus sê in Romeine 10:9

9 that if you confess with your mouth Jesus as Lord, and believe in your heart that God raised Him from the dead, you shall be saved.

9 As jy met jou mond die Here Jesus bely en met jou hart glo dat God Hom uit die dode opgewek het, sal jy gered word;

Dit is vir die verheerliking van God - bevestig deur Sy eed - dat elke tong op daardie dag sal getuig dat Hy die Here is. Wanneer hulle daardie belydenis van geloof aflê is dit op beroeping van die krag van die Heilige Gees - om die waarheid te sê, dit sal onmoontlik wees om te weier wanneer die krag en majesteit van God in Persoon mens uitdaag tot geloof. Daar was al vele herlewings in die verlede, waar mense op die grond neergeval en hul sondes bely het, toe hulle in die straat verby ‘n gebou geloop het, waar die Heilige Gees op kragtige wyse aan die werk was - hoeveel te meer op die Dag van Oordeel?

Toe ek nog jonk was, moes ek dikwels aanhoor ‘daar sal geen tweede kans wees nie’. Op ‘n manier is dit die waarheid, want God laat niks aan toeval oor nie, maar selfs die Wet gee mense ‘n tweede kans op verskoning van sonde. Paasfees (Pasga) is die fees van die kruis en die Lam van God wat daaraan gesterf het vir die sondes van die wêreld. Ons vier vandag Paasfees, nie deur bloed aan ons deurkosyne te smeer nie, maar deur die bloed van Jesus - die ware Lam van God, aan ons hart en verstand (ons ‘huis’) te wend. Dit is hoe mens ‘geregverdig word deur geloof’.

In Numeri 9:9-11 het God aan Moses bekend gemaak dat, iemand wat nie die Pasga kon vier in die eerste maand nie, dit in die tweede maand kon doen. Dit profeteer van ‘n tweede geleentheid om geregverdig te word.

10 If any one of you or of your generations becomes unclean because of a dead person or is on a distant journey, he may, however, observe the Passover to the Lord. 11 In the second month on the fourteenth day of the month at twilight, they shall observe it.

10 … As iemand van julle of van julle geslagte deur ‘n lyk onrein word of op ‘n ver reis is, moet  hy tog die pasga vir die Here hou. 11 In die tweede maand, op die veertiende dag , teen die aand, moet hulle dit hou …

Die toepassing hiervan is: ‘n Persoon wat aan die dood (‘n lyk) raak, verwys uiteindelik na ons eie sterflike liggame - ‘liggaam van hierdie dood’ (Romeine 7:24). Gelowiges is mense wat ‘uit die dood [beweeg het] in die lewe’ (1 Johannes 3:14) en is gereinig deur ‘die woord wat tot [hulle gespreek is]’ (Johannes 15:3). Ongelowiges is, by wyse van spreke, steeds onrein as gevolg van aanraking met ‘n lyk. Volgens die wet aan Moses bekend gemaak deur ‘n genadige God, sal hierdie mense later ‘n tweede geleentheid kry.

So ook sal iemand op ‘n vêr reis (weg van God), soos die verlore seun in Lukas 15, ook ‘n tweede geleentheid kry om Pasga te vier. Hierdie voorsiening is gemaak vir die meerderheid van die mensdom, wat nog dood is in sonde en wie se harte tans vêr van God af is.

Wanneer God ‘n eed aflê, moet ons besondere aandag daaraan gee. Sy belofte in Jesaja is onvoorwaardelik - dit is eenvoudig ‘n stelling van wat God sal doen omdat Hy wil. Dit is soortgelyk aan Sy eed/belofte in Numeri 14:21 ‘Maar so waar as Ek leef en die hele aarde van die Here se heerlikheid vol sal word.’

So ‘n belofte is nie gegrond op die wil van die mens of die wil van vlees nie, maar slegs die wil van God (Johannes 1:13). Dit beteken nie dat Hy enigiemand forseer om verskoon te word nie; Hy sal die begeerte in almal wakker maak om verskoon te word. Sommige sal in hierdie leeftyd geregverdig word; almal anders sal die mylpaal by die Groot Wit Troon bereik. Die wat Hom vroeg aanneem sal daarvoor beloon word. Die wat Hom later aanvaar, sal gered word ‘maar soos deur vuur heen.’ (1 Korintiërs 3:15).

Dit bring ons by die tweede skrifgedeelte waarop die lied gebaseer word (soos voeër genoem, maar nou eers aangehaal) 1 Timoteus 4:10

10 For it is for this we labor and strive, because we have fixed our hope on the living God, who is the Saviour of all men, especially of believers. 

10 want hiervoor arbei ons ook en word ons gesmaad [hoon/beledig], omdat ons gehoop het op die lewende God wat ‘n behouder is van alle mense, insonderheid [veral] van die gelowiges. 

Hy het nie gesê God is die redder van alle mense - bedoellende gelowiges - nie, hy het ook nie gesê God is die redder van alle mense, spesifiek gelowiges nie - die (NASB) woord is ‘especially’ (veral). Strong’s Concordance sê die woord (#3122) beteken ‘meeste (die grootste persentasie)’ of ‘veral/in die besonder/by uitstek’

Paulus gebruik die term weer in Fillipense 4:22 waar hy sê ‘Al die heiliges groet julle, en veral die wat aan die keiserlike huis behoort, groet julle.’ Met ander woorde almal van die keiserlike huishouding groet hulle, maar daar is spesiale groete uit die keiserlike huishouding - veral van die heiliges af wat daaraan behoort.

Op dieselfde manier is Hy die redder van alle mense, veral die gelowiges - daar is ‘n spesiale redding vir die gelowiges, maar Hy sal alle mense red.

Volgens die lied se woorde: ‘The greatest treasure remains for those who gladly choose You now!’ Oorwinnaars al opgewek word met die eerste opstanding. Gelowiges sal beloon word, en ongelowiges veroordeel, by die Groot Wit Troon, maar uiteindelik sal almal gered word.