Latest Posts
View the latest posts in an easy-to-read list format, with filtering options.
Die Bybel sê dat elke knie voor Jesus Christus sal buig en dat God alle oordeel aan Jesus toevertrou het. Hoe sal God hierdie doel bereik? Sal Hy dit doen deur te weier om die mensdom vir sonde te oordeel? Of sal Hy dit deur Sy oordele doen? Hierdie boekie toon die verskil tussen Universalisme, wat alle goddelike oordeel ontken, en Restorationism, wat leer dat die oordele van die wet regstellend en herstellend is.
Category - General
Die Bybel fokus hoofsaaklik op die geskiedenis van die geboortereg, wat oorspronklik die heerskappy mandaat ingesluit het - die reg van Adam om oor die aarde te heers, wat oorgegee is aan opvolgende generasies. Hierdie heerskappy mandaat eindig met Jesus Christus, onder wie se voete alle dinge geplaas word.
Om hierdie rede gaan die Bybel Meestal oor Israel en Juda se geskiedenis en word ander nasies net genoem sodra hulle met een van die stamme van Israel, of Israel as geheel in kontak gekom het. Dit beteken glad nie dat God nie besorg is oor ander nasies nie. Adam het universele heerskappy ontvang, nie net oor ‘n Tuin iewers in die Midde Ooste nie. Net so, is dieselfde universele heerskappy aan Jesus Christus gegee, wat Koning is oor die hele aarde. Jesaja 54:5 sê dat die Verlosser van Israel, ‘die God van die hele aarde genoem word.’
Die Bybel praat van vyf spesifieke ooreenkomste of verbond in progressiewe volgorde, wat die groot Plan om alles onder die voete van Christus te plaas, bevestig. Die Woord van God sal altyd vervul word en Hy het baie gesweer en beloof, maar die eerste keer waar die woord ‘verbond’ gebruik word, is teenoor Noag in Genesis 9:9,10
9 Now behold, I Myself do establish my covenant with you and with your descendants after you; 10 and with every living creature that is with you, the birds, the cattle, and every beast of the earth with you; of all that comes out of the ark, even every beast of the earth.
9 Maar Ek, kyk, Ek rig my verbond met julle op en met julle nageslag nà julle, 10 en met al die lewende wesens wat by julle is: die voëls, die vee en al die wilde diere van die aarde by julle - al wat uit die ark uitgegaan het, naamlik al die diere van die aarde.
Hierdie verbond is nie net met Noag en sy seuns (die mens) nie, maar ook met die voëls, beeste en wilde diere van die aarde - hulle almal sal letterlik baat by hierdie verbond. Wat meer is, hierdie vier kategorieë van lewende wesens, verteenwoordig die hele aarde. Die omvang van die verbond word verduidelik in vers 16 as: ‘al die lewende wesens in alle vlees wat op die aarde is.’ Vers 17 sê dat die verbond ‘opgerig [is] tussen My en alle vlees wat op aarde...’
Die voortdurende herhaling hiervan in vers 9 en 17, is om seker te maak ons verstaan die universele omvang van hierdie verbond. Die herhaling laat mens dink dat God geweet het dat meeste mense dit sou mis.
Die vier kategorieë spesifiek genoem, het elk ‘n kop of hoofskepsel. Noag en sy seuns verteenwoordig die mensdom, die hoof van die voëls is die arend, die hoof van die beeste is die kalf/bees en die hoof van die wilde diere is die leeu. Hierdie wesens staan, as verteenwoordigers van die skepping, om die troon van God in Openbaring 4:7
7 And the first creature was like a lion, and the second creature like a calf, and the third creature had a face like that of a man, and the fourth creature was like a flying eagle.
7 En die eerste lewende wese was soos ‘n leeu, en die tweede lewende wese was soos ‘n kalf, en die derde lewende wese het ‘n gesig gehad soos ‘n mens, en die vierde lewende wese was soos ‘n arend wat vlieg.
Die vier wesens was ook antiek die vaandels van die vier hoofstamme van Israel (Numeri 2:2), wat die Tabernakel van Moses in die wildernis omring het. Oos was Juda, die leeu (Genesis 49:9; Numeri 2:3); Wes was Efraim, die kalf (Deuteronomium 33:17, Numeri 2:18); Suid was Ruben, die mens (Genesis 49:3, Numeri 2:10); Noord was Dan, die arend wat die slang wegdra (Genesis 49:17, Numeri 2:25).
Die uitleg van die kamp om die Tabernakel onder Moses moes die Tempel - soos in die hemel volgens Openbaring 4:7 - op aarde uitbeeld. Dit alles was egter ook ‘n openbaring van die goddelike verbond met die skepping, volgens Genesis 9.
Esegiël het dieselfde visioen gesien en in sy eerste hoofstuk verwoord. Die profeet het na die noorde gekyk (Esegiël 1:4) en ‘n visioen van die troon van God gesien met die vier lewende wesens, net soos die van die vier hoofstamme van Israel, om die troon geposisioneer. In vers 10 staan geskryf:
10 And for the form of their faces, each had the face of a man (Reuben), all four had the face of a lion on the right (Judah on the east as one faces north) and the face of a bull on the left (Ephraim on the west), and all four had the face of an eagle (Dan).
10 En hulle aangesigte het gelyk soos die gesig van ‘n mens; en al vier het die gesig van ‘n leeu gehad aan die regterkant en al vier die gesig van ‘n bees aan die linkerkant; ook het al vier die gesig van ‘n arend gehad.
Dus het ons drie afsonderlike getuies - Moses, Esegiël en Johannes - wat ons vertel dat die vier lewende wesens in die verbond van God met Noag, verteenwoordig word om die troon van God. Hoewel Israel dit uitbeeld in die volgorde waarop hulle om die Tabernakel uitkamp, dien die vier lewende wesens ook as ‘tipes’ (metafore) wat die hele skepping verteenwoordig. So ook is wat God met die nasie Israel gedoen het, ‘n metafoor vir ‘n veel groter goddelike plan.
Die verbond met Noag is die eerste in die Bybel en bevestig die omvang van van God se Plan vir die hele aarde. Dit is die verbond van die restourasie van alle dinge, want dit is die verbond met alle lewende wesens van alle vlees. Daarom sien Johannes, wanneer ons die einde bereik, ‘n groot visioen van versoening in Openbaring 5.
In vers 8-12 sien hy die oorwinnaars (dié wat ‘op die aarde heers’) in akkoord/ooreenkoms met God en sê in vers 12:
12 … Worthy is the Lamb that was slain to receive power and riches and wisdom and might and honor and glory and blessing.
12 … Die Lam wat geslag is, is waardig om te ontvang die krag en rykdom en wysheid en sterkte en eer en heerlikheid en lof.
Dan sien Johannes ‘n groter groep mense in verse 13 en 14
13 And every thing which is in heaven and on the earth and under the earth and on the sea, and all things in them, I heard saying, ‘To Him who sits on the throne, and to the Lamb, be blessing and honor and dominion forever and ever.’ 14 And the four living creatures kept saying. ‘Amen.’ And the elders fell down and worshipped.
13 En elke skepsel wat in die hemel en op die aarde en onder die aarde en wat op die see is, en alles wat in hulle is, het ek hoor sê: ‘Aan Hom wat op die troon sit, en aan die Lam kom toe die lof en die eer en die heerlikheid en die krag tot in alle ewigheid!’ 14 En die vier lewende wesens het gesê: Amen! En die vier-en-twintig ouderlinge het neergeval en Hom aanbid wat lewe tot in ewigheid.
In ‘The Expositor’s Bible, Vol. 6, p. 854, gepubliseer deur Eerdman’s Publishing Co., verduidelik Rev. William Milligan, D.D. dit as volg:
‘What a sublime concept have we here before us! The whole universe, from its remotest star to the things around us, and beneath our feet, is one - one in feeling, in emotion, in expression; one in heart and voice. Nothing is said of evil. Nor is it thought of. It is in the hands of God, who will work out His sovereign purposes in His own good time and way. We have only to listen to the universal harmony, and to see that it moves us to corresponding praise (v. 14).’
‘The redeemed creation is once more singled out for special mention. At chap. iv. 8, 10, they began the song; now we return to them that they may close it. All creation, man included, cries, Amen. The glorified Church has her heart too full to speak. She can only fall down and worship.’
Volgens die ‘Commentary on the Whole Bible’, page 567 (Zondervan, ondateer)
‘As in ch. 4.11, the four and twenty elders asserted God’s worthiness to receive the glory, as having created all things, so here the four living creatures ratify by their ‘Amen’ the whole creation’s ascription of the glory to Him.’
Dit is ‘n verstommende erkenning deur Bybel verklaarders/kommentaarskrywers wat deur die duidelike woorde van Johannes, onteenseglik beaam dat die hele skepping eendag in akkoord of ooreenkoms met God sal wees en Hom sal verheerlik - nie uit die dieptes van die ‘hel’ nie, maar uit die glorie van ‘n nuwe hemel en ‘n nuwe aarde.
Dit is ook wat Paulus bedoel in Fillipensse 2:10,11, wanneer hy sê dat elke knie sal buig en elke tong getuig ‘tot heerlikheid van God die Vader.’ Daar is geen heerlikheid daarin om almal te dwing om die waarheid te bely nie. Die heerlikheid is in die feit dat die hele skepping in ooreenkoms/akkoord kom met ‘n dawerende ‘AMEN!’ Om die waarheid te sê, die goddelike Plan is nie voltooi voor die vier lewende wesens ‘AMEN’ sê tot verheerliking van God nie.
Al die ander verbonde na Noag bou voort op hierdie eerste verbond en voeg detail by die goddelike Plan. Die verbond met Abraham bevestig die nasie DEUR WIE die plan vasgestel sal word. Met ander woorde, die saad van Abraham - eers fisies en dan geestelik - sal die ambassadeurs van Christus met die Woord van versoening aan die res van die wêreld wees.
Later het die verbond met Moses die STANDAARD VAN REGVERDIGHEID, wat almal sal bekom, bevestig. Die Tien Gebooie van die Ou Verbond het verander in die Tien Beloftes van die Nuwe Verbond. Dit is beloftes dat ons sal nie moor en steel of owerspel sal pleeg nie. In die Nuwe Verbond neem God die verantwoordelikheid op Homself om die alle mense perfek te maak. Die wet - gees en doel ingesluit - is profeties van die geaardheid wat ons sal uitstraal in daardie dae.
Die verbond met Dawid bevestig die troon - met ander woorde, wie sal HEERS in daardie dae. Die hoogste rang word aan Jesus Christus gegee, wat die heerskappy mandaat ontvang het - die roeping van die huis van Juda, spesifiek Dawid.
Ten slotte, is die Nuwe Verbond bekragtig deur die bloed van Christus aan die kruis, om alle vorige verbonde moontlik te maak en die hele skepping vry te koop. Sonder die kruis, sal al die vorige verbonde faal. Maar Kolossense 1:16-20 sê
16 For by Him all things were created, both in the heavens and on earth, visible and invisible, whether thrones or dominions - all things have been created by Him and for Him… 20 and through Him to reconcile all things to Himself, having made peace through the blood of His cross; through Him, I say, whether things on earth or things in heaven.
16 Want in Hom is alle dinge geskape wat in die hemele en op die aarde is, wat sienlik en onsienlik is, trone sowel as heerskappye en owerhede en magte - alle dinge is deur Hom en tot Hom geskape… 20 en dat Hy deur Hom alles met Homself sou versoen nadat Hy vrede gemaak het deur die bloed van sy kruis - ek sê deur Hom - die dinge op die aarde sowel as die dinge in die hemele.
Die konteks van hierdie groot versoening sê vir ons dat ‘alle dinge’, alles insluit wat geskape is, ongeag of dit in die hemel of op aarde is. Dit was geskape ‘tot Hom’ (vir Hom), en omdat Hy alles wat deur Adam verloor is, vrygekoop het, sal Hy alles uiteindelik ontvang. Dit is die verstommende plan van God vir die wêreld.