God's Kingdom Ministries
Serious Bible Study

GKM

Donate

Hoofstuk 9: Dawid se profesieë

Koning Dawid was ‘n koning sowel as ‘n profeet. As koning het hy baie jare gehad waarin hy die goddelike plan vir ander nasies as net sy eie kon oordink. Hoewel hy in Ou Verbond tye geleef het, het hy ‘n Nuwe Verbond perspektief gehad en daarvolgens profeteer. Hier is wat Dawid oor die algemeen van die nasies te sê gehad het.

Psalm 66:4 sê

4 All the earth will worship Thee, and will sing praises to Thee; They will sing praises to Thy name. [Selah]

4 Laat die hele aarde U aanbid en psalmsing tot U eer; laat dit U Naam verhef in psalmgesang. Sela

Psalm 67 sê

1 God be gracious to us and bless us, and cause His face to shine upon us, 2 that Thy way may be known on the earth, Thy salvation among all nations [goyim]. 3 Let the peoples praise Thee, O God; let all the peoples praise Thee. 4 Let the nations be glad and sing for joy; for Thou wilt judge the people with uprightness, and guide the nations on the earth. 5 Let the peoples praise Thee, O God; let all the peoples praise Thee. 6 The earth has yielded its produce; God, our God, bless us. 7 God blesses us, that all the ends of the earth may fear [respect, reverence] Him.

2 Mag God ons genadig wees en ons seën; mag Hy sy aangesig by ons laat skyn! Sela 3 Sodat die mense op aarde u weg kan ken, onder al die nasies u heil. 4 Die volke sal U loof, o God, die volke almal saam sal U loof. 5 Die nasies sal bly wees en jubel, omdat U die volke regverdig oordeel en die nasies op aarde lei. Sela. 6 Die volke sal U loof, o God, die volke almal saam sal U loof. 7 Die aarde het sy opbrings gelewer; God, onse God, sal ons seën. 8 God sal ons seën, en al die eindes van die aarde sal Hom vrees [respekteer, vereer].

Let op in vers 4 (NASB/KJV) en vers 5 (1933 AV) ‘die nasies sal bly wees en jubel’ wanneer God mense oordeel. Meeste mense dink in terme van doem wanneer hulle God se oordeel oor die nasies interpreter - ‘n verdoemenis wat groot vrees en geween meebring. Die opsomming in vers 7 is dat God ons (dit is Israel) sal ‘seën’, sodat ‘al die eindes van die aarde Hom sal vrees (vereer/respekteer)’. Petrus het dit ingedagte gehad toe hy in Handelinge 3:25,26 gepreek het”

25 It is you who are the sons of the prophets, and of the covenant which God made with your fathers, saying to Abraham, ‘And in your seed all the families of the earth shall be blessed.’ 26 For you first, God raised up his Servant, and sent Him to bless you by turning every one of you from your wicked ways.

25 En julle is kinders van die profete en van die verbond wat God met ons vaders gesluit het toe Hy vir Abraham gesê het: ‘En in jou saad sal al die geslagte van die aarde geseën word’. 26 God het, nadat Hy sy Kind Jesus opgewek het, Hom eers vir julle gestuur om julle te seën deur elkeen van sy booshede te bekeer.

Met ander woorde, God seën [ons] deur ons van ons booshede te bekeer, sodat ons ‘n getuienis en evangelie kan hê om ander nasies mee te seën. Sonder God se seën, veroorsaak ons dat ander nasies God vervloek en verwerp (Jesaja 52:5; Romeine 2:24).

Psalm 72:11 sê

25 And let all the kings bow down before Him, all nations serve Him.

25 Ja, al die konings sal hulle voor hom buig, al die nasies sal hom dien.

Dit word weerklank in Openbaring 15:3,4 - Moses se lied

3 ... ‘Great and marvelous are Thy works, O Lord God, the Almighty; righteous and true are Thy ways, Thou King of the nations. 4 Who will NOT fear. O Lord, and glorify Thy Name? For Thou alone are holy; for all the nations will come and worship before Thee, for Thy righteous acts have been revealed.

3 ... ‘Groot en wonderlik is u werke, Here God, Almagtige; regverdig en waaragtig is u weë, o Koning van die heiliges! 4 Wie sal U NIE vrees nie, Here, en u Naam nie verheerlik nie? Want U alleen is heilig; want al die nasies sal kom en voor U aanbid, omdat u regverdige dade openbaar geword net.

Die vraag in vers 4 is retories, want dit is onwaarskynlik dat enige persoon op daardie dag God nie sal vrees en verheerlik nie. Dit is net ‘n kwessie van tyd voor die heerlikheid van God aan die hele mensdom openbaar sal word.

Psalm 78:71 praat van ‘Israel, sy erfdeel’, maar Psalm 82:8 sê

8 Arise, O God, judge the earth! For it is Thou who dost possess [inherit] all the nations.

8 Staan op, o God, oordeel die aarde! Want U het erfbesit van al die nasies.

Al die nasies is God se ‘erfdeel’ – nie net Israel of Juda nie. Net so, sal God aan al die nasies die erfdeel van geregtigheid gee, want ons lees in Psalm 2:8

8 Ask of Me, and I will surely give the nations as Thine inheritance, and the very ends of the earth as Thy possession.

8 Eis van My, en Ek wil nasies gee as u erfdeel en die eindes van die aarde as u besitting.

In die Nuwe Testament sien ons dat die erfdeel nie aan bloedverwante Israeliete gegee word nie, maar aan dié wat in Jesus Christus glo en waardig bevind word om regverdig oor die nasies te regeer. Jesus sê in Matteus 5:5 dat ‘... die sagmoediges ... die aarde beërwe’, wat die kwalifikasie vir leierskap op karakter plaas en nie op afstamming nie. Hiervoor het Jesus net vir Dawid aangehaal uit Psalm 37:11.

Dus sien ons dat Dawid self ook verstaan het dat alle nasies aan God behoort en Sy erfdeel vorm. Hy beoog nie om Sy erfdeel te vernietig nie, maar om vreugde te bring deur regverdige oordeel.