God's Kingdom Ministries
Serious Bible Study

GKM

Donate

Les 4: Om In Ooreenstemming Te Wees

Om ‘n vergewer te wees is ‘n basiese vereiste om ‘n oorwinnaar te wees. Maar vergifnis kan uit gedwongenheid gedoen word, as ‘n Christen dit doen net omdat Hy weet God vra dit. Met ander woorde, dit is dalk moontlik om te vergewe sonder om eintlik saam te stem met God oor die saak. Net so kan ‘n persoon dalk gehoorsaam wees, en homself onderwerp aan die wil van God, en steeds nie saamstem met Sy wil nie. Twee mense wat van mening verskil kan slegs saam loop as daar onvoorwaardelike liefde tussen hulle is. Onvoorwaardelike liefde beteken nie hulle is in ooreenstemming nie.

Dus, al die vereistes wat ons vroeër behandel het is regtig dinge wat ons moet leer terwyl ons op aarde lewe as God se dienaars. Ooreenstemming is nie regtig ‘n les om te leer soveel as ‘n natuurlike wyse van verkeer nie. Gen.2:24:

“Daarom sal die man sy vader en moeder verlaat en sy vrou aankleef en hulle sal een vlees wees.”

Vir party is die idee van ‘een vlees’ net fisies, ‘n seksuele ervaring. Vir dié met meer insig, is dit eenwording van wil en siel. Maar daar is iets self dieper. Dit is om een Gees te word. Tog op al die vlakke is die fundamentele konsep eenheid, of ooreenstemming. Vir daardie rede het Jesus Christus Sy Vader [Yahweh] en Moeder [El Shaddai] verlaat en aarde toe gekom om ‘sy vrou aan te kleef’. [Dit sê nie El Shaddai en Yahweh en Jesus is verskillende individuele gode nie soos baie dink nie. Hierdie is nie die plek vir so ‘n debat nie, maar so gesproke, om Gen 2:24 te volvoer moes Jesus aarde toe kom on een vlees te word met Sy bruid wat hier woon].

Twee Tipes Huwelik Verhoudings

‘n Oorwinnaar is iemand wat in ooreenstemming met God is. Ooreenstemming is die mees belangrikste bestanddeel in ‘n Nuwe Verbond Huwelik uitgebeeld deur Sara, die vrygeborene. In Gal 4:22-31 praat die Apostel Paulus van twee verbonde soos uitgebeeld deur Hagar en Sara- dit is, die slavin en die vrye. In Bybelse tye was daar twee onderskeie tipe huwelike.

As ‘n man met ‘n slavin getroud was, het hulle ‘n meester-dienskneg verhouding gehad. So ‘n vrou het minder regte gehad en sekerlik geen aanspraak in familie sake gehad nie. Haar man kon dalk daardie voordeel aan haar verleen het, maar hy was onder geen verpligting om dit te doen nie. Dit is ‘n Hagar-tipe huwelik verbond. Dit verduidelik ook die verhouding wat Israel met God gehad het toe hulle getroud is by Berg Sinai. Dit was ‘n Ou Verbond Huwelik en in Exodus 19:5 moes Israel sweer om gehoorsaam te wees aan haar man, God. Israel het God se slavin-vrou geword. Dit is nie kwaadaardig nie maar is ook nie heeltemal die tipe huwelik verhouding wat God van Sy mense soek nie. Hy soek meer, en dit is hoekom Hy in Sy plan die feit gesit het dat Hy eventueel van Israel sou skei [Jer. 3:8] en ‘n Nuwe Verbond sou instel gebaseer op beter dinge.

Die Nuwe Verbond word uitgebeeld deur Sara, die vrygeborene. ‘n Huwelik gebaseer op die Nuwe Verbond word nie gebou om die idea van gehoorsaamheid nie, maar die idea van ooreenstemming. Om daardie rede praat Hosea 2:15 van God se Nuwe Verbond Huwelik met Israel en sê:

“En in die’ dag, spreek die Here, sal jy My noem My Man [Ishi] en jy sal My nie meer noem My Baäl [Heer] nie.”

Wanneer ‘n getroude paartjie in ooreenstemming is, watter behoefte is daar om van gehoorsaamheid in ‘n meester-dienskneg verhouding te praat? Dit sou irrelevant wees, want daar is geen vêrdere behoefte om jou eggenoot te beveel om iets te doen nie. Outoriteit word uitgeoefen net as daar nie ooreenstemming is nie en die een in outoriteit moet die ander een verplig om sy wil te doen. Vir daardie rede het God geen belang om met ‘n nie-oorwinnaar te trou nie. ‘n Oorwinnaar is iemand wat in ooreenstemming is met God [Jesus Christus]. ‘n Oorwinnaar ken Sy wil of soek tot hy dit vind. Wanneer hy die wil van God gevind het, dan vind hy dat hy saam stem-af hou aan soek vir verstaan totdat hy in totale eenheid moet Hom gekom het.

In die durasie van leer en geestelike groei kan die oorwinnaar miskien soms nie die wil van God duidelik verstaan nie, maar in tussen tyd, sal hy gehoorsaam soos ‘n goeie dienskneg. Maar hy is nie tevrede net om die wil van God te doen nie. Hy is gedrewe om te verstaan hoekom dit die wil van God is, tot hy in volle ooreenstemming kom. Om te verskil van God is om insig kort te kom. As ons die heelal kon sien soos God dit sien, sou ons almal kon verstaan waarom God doen wat Hy doen, en sou daar geen meningsverskil wees nie.

Dit verander nie outomaties wanneer ‘n mens Jesus Christus aanvaar en geregverdig word deur die geloof in ‘n Paasfees ondervinding nie. ‘n Mens kom ook nie tot volle ooreenstemming met Hom wanneer hy op die Pinksterfees met die Gees gevul word nie. Dit neem die ontwikkeling van geestelike volwassenheid om in ‘n Tabernakels verhouding in te beweeg, ‘sodat jy vervul kan word tot al die volheid van God’ [Ef.3:19].

As ons dus die Ou en Nuwe Verbond Huwelik prinsiepe as Christelike individue toepas, word dit duidelik dat wanneer ons eers na Christus kom, is ons nie skielik geestelik volwasse nie. Ons verhouding met Christus begin as ‘n meester-dienskneg verhouding, nes dié van die Huis van Israel in die Ou Testament. Ons moet eers gehoorsaamheid leer, want dit is die eerste stappie in ons groei. Die funksie van die goddelike wet is om ons die basiese prinsiepe en riglyne te gee wat geskrewe is en toepaslik is op alle mense en ons word dan aangesê om deur die Gees gelei te word, sodat ons die wil van God kan verstaan en leer om al die geskrewe prinsiepe behoorlik toe te pas.

Israel onder Moses was ‘n geskrewe wet gegee, maar dit was geen plaasvervanger vir die wolk- of die vuurkolom nie- wat albei die Heilige Gees se leiding verteenwoordig het. Die Heilige Gees se leiding het ook nie verskil van die geskrewe wet van God nie. Beide kom van die selfde Bron en is nog altyd in eenheid. Dus, die doel van ‘n gelowige se geestelike groei is om te begin met gehoorsaamheid en te eindig in ooreenstemming. Ek sal ook so vêr gaan as om te sê dat geen mens behalwe Jesus Christus Self nog ooit die gehoorsaamheid-stadium kon verbysteek nie, want geen mens begin sommer in ooreenstemming met God hul lewe nie. Dit is nét so waar voor die kruis as na die tyd. Dus, terwyl ons aanspraak maak daarop dat ons vandag onder die Nuwe Verbond staan, is dit meer akkuraat om te sê dat dit ons doel is, eerder as dat ons klaar daar is. Dit is ook waarom Johannes gepraat het van die ‘huweliks ete van die lam’ asof dit nog toekomstig is [Open. 21:9].

God het geen intensie om enige Liggaam mense in ‘n Nuwe Verbond Huwelik te trou tot hulle in volle ooreenstemming met Hom is nie. Hy is met ‘n Hagar by Sinai getroud, maar sal slegs met ‘n Sara trou die tweede keer. Dit is hoekom net die oorwinnaars die eerste opstanding sal beërf en saam met Hom heers [Open. 20:4-6]. ‘n Sara vrou moet ontsettend baie outoriteit hê in ‘n Nuwe Verbond Huwelik, omdat sy net doen wat haar Man doen. Sy beoefen haar outoriteit uit as of dit Hy was wat dit doen-en dit IS Hy wat dit doen, want hulle is ‘een vlees’. [Gen. 2:24].

So sê die Amen

Open. 3:14 sê:

“En skryf aan die Engel van die gemeente van die Laodicense: Dit sê die Amen, die getroue en waaragtige getuie, die begin van die skepping van God…:”  

 Hier is dit Jesus wat met die Kerk van Laodicea praat en Hy noem Homself ‘die Amen’. Hierdie titel is geneem uit Jes. 65:16 wat sê,

Sodat hy wat homself seën in die land, hom sal seën by die God van die waarheid [Heb-amen] en hy wat sweer in die land sal sweer by die God van waarheid [Heb-amen].

Die Hebreeuse woord vir waarheid is amet of emet. Maar amen beteken waarlik. Die woorde is verwant, maar nie heeltemal die selfde nie. Jesaja kon die woord amet gebruik het as hy na die God van waarheid wou verwys. Maar hy het nie. Hy het die woord amen gebruik. Deur dit te gebruik, het hy dit in ‘n titel van God omskep [dit is, Christus], soos gesien in Open. 3:14. Die woord amen was gebruik in Num.5:22, Deut.27:15-36 en verskeie ander plekke wat die bevestiging en ooreenstemming van ‘n saak weergee. Dié wat ‘amen’ gesê het impliseer dat hulle glo dat iets waar is en daarom in ooreenstemming was om aan daardie woord onderworpe te wees. So in Open.3:14 vind ons dat Jesus Self die ‘Amen’ van God is, wat wys dat Hy in totale ooreenstemming met die Vader is. In Johannes 5:19 lees ons:

Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle [die amen amen] die seun kan niks uit Homself doen tensy Hy die Vader dit sien doen nie. Want alles wat Hy doen, dit doen die seun ook net so.”

Weer in Johannes 5:30 sê Jesus;

“Ek kan uit Myself niks doen nie. Soos Ek hoor, oordeel Ek, en My oordeel is regverdig, omdat Ek nie My wil soek nie, maar die Wil van die Vader wat My gestuur het. As Ek van Myself getuig, is My getuienis nie waar nie.”

Dit is wat Jesus die Amen van die Vader maak. Die Vader het die Hemelse getuienis, en die seun die aardse. Hierdie twee getuies het alle dinge gevestig volgens die wet van die twee getuies. Dit was hoe die Hemel en die aarde aan die begin geskape is want ons lees in Johannes 1:3:

“Alle dinge het deur Hom ontstaan en sonder Hom het nie een ding ontstaan wat ontstaan het nie.” 

Die Vader is die Gees, die Seun is die Gees wat vlees geword het-geestelike vlees. Die twee saam werk in harmonie en eenheid en vestig alle dinge. Hemel en aarde was die twee getuies wat nodig was om die heelal te maak. Dit is hoekom die profeet, nadat hy ons vertel van die God Amen sê in die volgende vers van Jes. 65:17-19:

Want kyk, Ek skep nuwe hemele en ‘n nuwe aarde, en aan die vorige dinge sal nie meer gedink word nie en hulle sal in die hart nie opkom nie. Maar wees bly en juig verewig oor wat Ek skep; want kyk, Ek skep [nuwe] Jerusalem om te juig en Ek skep sy mense om bly te wees. En Ek sal ook juig oor [nuwe] Jerusalem en bly wees oor My volk, en daar sal nie meer gehoor word die stem van geween of die stem van geskreeu nie.”

Die feit dat Jesaja hier praat van die Nuwe Jerusalem en nie die oue nie is duidelik as ons Open. 21:1-5 lees. In die Nuwe Jerusalem sal God alle trane wegvee nes Jesaja beskryf het. Vers 5 eindig met:

“…en Hy wat op die troon sit, het gesê: “Kyk, ek maak alles nuut.”En Hy het aan my gesê, “Skryf, want hierdie woorde is waaragtig en betroubaar.”

Wat maak Hy nuut as nie die hemele, aarde en Jerusalem nie? En so, om terug te kom na Open. 3:14 lees ons oor, ‘Die Amen, die begin van die skepping van God’. Dit is deur die selfde Amen prinsiep wat alle dinge aan die begin geskep is. Dit is deur die selfde Amen prinsiep dat die nuwe skepping gemaak word wanneer Hy alles nuut maak. Die enigste verskil is hierdie keer bring Hy ‘n Amen volk voort, ‘n liggaam oorwinnaars, in ‘n sin, van Sy Liggaam, en in ‘n ander Sy Bruid-hulle sal ‘een vlees’ wees.

Om ‘een vlees’  [Gen2:24] te word is eerstens ‘n saak van eenheid- om geestelik, liggaamlik en verstandelik saam te stem. Die oorwinnaars is Een Gees met hul Vader. Die oorwinnaars is lewende offers en word getransformeer deur die vernuwing van hul wil [siel]. Op daardie liggaam kan die Hoof rus in eenheid. Nou soek God vir ‘n Amen Volk, die Liggaam van Christus, die Liggaam van die Amen. Hy is besig om so ‘n liggaam op te wek, genaamd oorwinnaars, sodat Hy die nuwe hemele, ‘n nuwe aarde en ‘n nuwe Jerusalem deur hul aardse getuienis kan maak.

Gevolgtrekking 

Om ‘n oorwinnaar te wees is nie regtig moeilik nie. Die prinsiepe is eenvoudig en word op een of ander manier in kerke en oral geleer. Wie het nie al gehoor dat vergifnis ‘n deugde is nie? Watter Christen het nie al vantevore die Onse Vader gebid nie, wat sê, “vergewe ons die sondes nes ons ook ons skuldenaars vergewe,?” Watter Christen het nog nie gehoor dat God van ons gehoorsaamheid verwag nie? Wie, wat ‘n Christen is, het nog nie gehoor dat ons onvoorwaardelik soos Christus moet lief hê nie?

Die probleem is dat dit ingeskerp is in ons:  die ou katolieke konsep van ‘heiligheid’. Hulle sê daar is net ‘n paar ‘heiliges’, maar daardie pad is te moeilik vir die gewone mens. So ‘n standhouding het baie katolieke afgesit. Hoe dikwels het ek al gehoor iemand sê, “Wel, ek weet ek kan nie ‘n heilige wees nie, so ek kan maar net so wel die lewe geniet terwyl ek hier is. So lank as wat ek kerk toe gaan, weet ek dat ek eendag hemel toe sal gaan al word ek deur baie moeilikhede gesit.”

Erkenning as ‘n heilige in die katolieke kerk vereis dat ‘n persoon ten minste twee wonderwerke doen. Dit sou Johannes die doper diskwalifiseer, wat geen wonderwerke gedoen het nie [Johannes 10:41]. Die grootste profeet het geen wonderwerke gedoen nie! Mat. 11:11 sê:

“Voorwaar, Ek sê vir julle, onder die wat uit vroue gebore is, het daar nie een opgestaan wat groter is as Johannes die doper nie, maar die kleinste in die Koninkryk van die Hemele is groter as hy.”

Terwyl mense maniere probeer uitdink om die grootste in die Koninkryk te wees, selfs om te smag na top posisies in die godsdiens, het Jesus gesê dit is nie die weg om die grootste in die Koninkryk van die Hemele te wees nie. Inderwaarheid, die godsdienstige leiers was aan die onderpunt van outoriteit in God se Koninkryk. In Mat.20 het Jesus dit baie duidelik gemaak:

“Maar Jesus het na Hom geroep en gesê, “Julle weet dat die owerstes van die nasies oor hulle heers en die groot manne oor hulle gesag uitoefen. Maar so moet dit onder julle nie wees nie. Maar elkeen wat onder julle groot wil word, moet julle dienaar wees. En elkeen wat onder julle die eerste wil word, moet julle dienskneg wees, nes die seun van die mens nie gekom het om gedien te word nie, maar om te dien en Sy lewe te gee as ‘n losprys vir baie.”

Mark. 9:35 bevestig dit,

“En toe Hy gaan sit, roep Hy die twaalf en sê vir hulle: “As iemand die eerste wil wees, moet hy die laaste van almal en almal se dienaar wees.” 

So, die konsep van heiligheid is anders as die Bybelse leering van oorwinnaar wees. Die een vereis om groot te wees in die oë van die mense, die ander vereis om geen aansien voor mense te hê nie, om ‘n nederige mens te wees.

Geletterdheid is nie ‘n vereiste om ‘n oorwinnaar te wees nie, mens hoef ook nie Bybelskool toe te gaan nie. Om ‘n oorwinnaar te wees het meer te doen met die twee groot gebooie. Om God met jou hele hart lief te hê en jou naaste soos jou self. Om ‘n oorwinnaar te wees het alles te doen met jou verhouding met Jesus Christus en om getrou te wees in alles wat Hy lei. Jesus het ‘n gelykenis gegee in Mat.25, wat wys wie die outoriteit sal ontvang en heers in God se Koninkryk. Mat.25:21 sê: 

“Sy heer sê vir hom, “Mooi so, goeie en getroue dienskneg, oor weinig was jy getrou, oor veel sal ek jou aanstel, gaan in in die rus van jou heer.”

Die heer het nie ‘n groot generaal of pous aangespreek nie. Hy het met een van sy diensknegte gepraat. Die meester het nie vir groot oorrompelings gesoek nie, net ‘n getroue dienskneg in die klein dinge van die lewe. Dis ‘n oorwinnaar.