Latest Posts
View the latest posts in an easy-to-read list format, with filtering options.
Die opstanding is die vervulling van die Fees van Trompette en die ‘wegraping’ van die heiliges is die vervulling van die Loofhuttefees. Aangesien die meeste leermeesters van die wegrapingsteorie nie die Bybel se feesdae in berekenig bring nie, is hierdie ‘n baie waardevolle en unieke studie. Aanhalings uit NASB en 1933 AV tensy anders vermeld.
Category - General
Min mense weet dat die moderne voorverdrukking-wegrapingsteorie ongeveer 200 jaar oud is. Die vroegste weergawe daarvan is in 1812 deur ‘n Spaanse Jesuit genaamd Manuel de Lacunza y Diaz in ‘n twee volume, 900 bladsy skrywe, The Coming of Messiah in Glory and Majesty, bekend gestel. Die boek is oorspronklik in Spaans gepubliseer en later deur Rev. Edward Irving in Engels vertaal en in 1827 publiseer.
Die basiese uitgangspunt van Lacunza se boek is ‘futurisme’ gekontrasteer deur ‘historisisme’. Tot op daardie stadium het alle Protestantse Hervormers en Bybel bestudeerders die boek van Openbaring uit ‘n historiese oogpunt interpreteer, wat die kerkgeskiedenis vanaf Johannes se dae tot op hede verduidelik het. Hoewel elk sy eie besondere ‘geur’ van historisisme gehad het, het niemand van hulle gedink dat die ‘wegraping’ aan die begin van Openbaring sou plaasvind nie of dat Openbaring van ‘n toekomstige tyd van verdrukking melding maak nie.
Inteendeel, het hulle die Romeinse vervolging van die sogenaamde ‘afwykende sienswyse’ (later bekend as Protestants) gedurende die kerk-tydperk, gesien as die verdrukking van die heiliges waarvan die boek Openbaring praat. Die algemene geloof was dat die Pouslike stelsel self die ‘Antichris’ of ‘horing’ was wat uit die magtige ysterdier (Romeinse Ryk) gekom het (Daniël 7:20-21).
Die Romeinse Kerk het natuurlik gekrenk gevoel deur hierdie kritiek. Hulle kon nie hul beleid van brandstapel terregstelling van mense wat van hul sienswyse verskil het ontken nie, omdat dit openlik bespreek was deur selfs Romeinse biskoppe, kardinale en pouse. Hul selfverdediging het hol geklink toe hulle aangedring het dat hierdie ‘protestante’ sulke marteling verdien het.
Hulle kon ook nie ontken dat die Romeinse Kerk ‘n uitbreiding van die Romeinse Ryk was nie, want die Kerk het beheer geneem toe die ou Romeinse regering in 476 AD geval het. Die Protestantse Hervormers was gou om die Pouslike gebruik, om lerings van Apostels van die hand te wys en verwerp volgens die ‘tradisies van mense’. Hierdie Pouslike dekrete kom perfek ooreen met wat Daniël geskryf het van die ‘...horing wat oë en ‘n mond gehad het wat groot dinge gespreek het, terwyl sy gestalte groter was as van die ander.’ Daniël 7:20.
Dit kom dus voor of Lacunza, die Jesuit, hierdie kritiek van sy Kerk-organisasie wegskram. Hy neem uit die staanspoor aan dat die Bybelse ‘Kerk’ die organisasie genaamd Rooms-Katoliek was en daarom onmoontlik deel kon wees van die dierstelsels wat deur Daniël beskryf word. Dit is die rede waarom dit kritiek is om te verstaan wat die Bybel se definisie van ‘Die Kerk’ is. Dit is nie ‘n gebou of organisasie nie. Dit is die mense - die gemeente.
Die Hebreeuse woord vir Kerk is kahal wat gewoonlik vertaal word as ‘congregation’ - vergadering (van Israel). Byvoorbeeld Psalm 22:22 (vers 23 - 1933 AV)
22 I will declare Thy name unto my bretheren; in the midst of the congregation [kahal] will I praise Thee.
23 Ek wil U naam aan my broers vertel, in die vergadering [kahal] U prys.
Hierdie vers word in Hebreërs 2:12 aangehaal waar kahal as die Griekse woord ecclesia aangewend word. Dit is die algemene Nuwe Testament woord wat as ‘church’ (kerk) vertaal word in die King James Version. Die NASB weergawe van Hebreërs 2:12 lees:
12 saying, I will proclaim Thy name to My bretheren, in the midst of the congregation [ecclesia] I will sing Thy praise.
12 wanneer hy sê: Ek sal U naam aan my broeders verkondig, in die midde van die gemeente [ecclesia] sal ek U prys;
Die woord ‘Kerk’ spreek dus van ‘n gemeente, nie ‘n organisasie of gebou nie. Mense gaan nie na die kerk toe nie; dit is die kerk wat na die gebou toe gaan om saam te aanbid, sonder kommer of hulle in die reën gaan nat word.
Om ‘n Christen te wees beteken nie om ‘n verhouding met ‘n organisasie of mens te hê nie. Dit beteken om in ‘n verhouding met Jesus Christus deur die Nuwe Verbond te wees. Dit is die rede waarom ek nie lidmaatskapkaartjies uitstuur vir God’s Kingdom Ministries nie. Hierdie bediening is nie ‘n Kerk nie. Dit is alleenlik ‘n rigtingwyser na Christus en hoe jy deel kan word van Sy liggaam (gemeente, vergadering, kerk) sodat jou naam in die Lam se Boek van Lewe opgeteken kan word.
Die sukses van hierdie bediening word bepaal deur my vermoë om daardie verhouding te fasiliteer. Enige organisasie wat voorgee dat hulle die ‘ware kerk’ is, is niks anders as nog ‘n kultus nie, ongeag of dit tien of ‘n honderdmiljoen lede het. Enige organisasie wat verg dat mens by hulle moet aansluit en ‘n goeie verhouding met die leiers daarvan handhaaf, is alleenlik ‘die kerk’ as hulle bereid is om vir jou sondes te sterf. En selfs al is hulle bereid om dit te doen, kan hulle nooit jou sondeskuld afbetaal nie.
Lacunza se foutiewe definisie van ‘n kerk was moontlik die mees basiese flater van al sy aannames. Dit was in die eerste plek sy motivering om die voorverdrukking-wegrapingsteorie te ontwikkel en sodoende die druk van die Romeinse Kerk te verwyder en die Antichris na die toekoms te verskuif.
Edward Irving het toe die idees geneem en dit in Protestansie ingespuit in 1827. Vandag neem die meeste Christene aan dat die futuristiese siening van Openbaring nog altyd in die geskiedenis van die kerk bedien is. Tog het die stigterleiers van vandag se kerkverbande nooit futurisme of voorverdrukking-wegraping bedien nie. As die stigters van elke kerkverband vandag in hul onderskeie verbande sou instap, sal meeste van hulle onmiddelik verban word en van dwaalleer en kettery beskuldig word.
Ek ken ‘n leraar wat voor die dwaalleer tribunaal gedaag was om te verduidelik wat hy rondom die wegraping glo. Hy het gesê dat hy glo presies wat die stigter geglo het. Die tribunaal moes verdaag om te gaan oplees wat presies die stigter geglo het. Toe hulle terugkeer is hy verban! ‘n Jaar later het ek my vrou in een van die kerke wat bogenoemde leraar tot stand gebring het ontmoet, maar omdat hy uit die kerverband verban is, het ek eers 26 jaar later die voorreg gehad om hom in persoon te ontmoet.
As ons die wortel van die probleem soek, is die oorsprong die ontbreking van Bybelse insig - dit kom in werklikheid neer op onkunde met betrekking tot Sukkoth - die Loofhuttefees. Vroeg in die kerkgeskiedenis is die wet verwerp as Joods en daarmee het Christene die openbaring van die tweede koms ook opsy gesit.
Die Paasfees het profeteer van die dood van Christus aan die kruis, wat die hoofdoel van Sy eerste koms was. Die Nuwe Testament verduidelik die vervulling daarvan in geweldige detail - hoe die mense besig was om die Paaslammers voor te berei vir die fees, toe Hy gekruisig is. Hy het in die middel van die middag gesterf - tussen die twee ‘aande’, presies soos die wet profeteer het in Eksodus 12:6.
Hy is uit die dood opgewek en het aan die Vader verskyn, terwyl die eerstelingsgerf van die garsoes gedurende die Wuifoffer op ‘die dag ná die Sabbat...’ (Levitikus 23:11) deur die priesters beweeg is. Die tyd waarop Hy aan die Vader voorgehou is was die derde uur van die dag, terwyl die priesters die wuifoffer voor die Vader beweeg het - die wettiese optrede het profeteer van Sy verskyning aan die Vader.
Sewe weke later is die Heilige Gees, gedurende shavout, Pinkster aan die gemeente (mense - nie organisasies nie) gegee in Handelinge 2:1-4. Dit het die profetiese wet van Pinkster vervul.
So het die feesdae wat van Jesus Christus se eerste koms profeteer het, geëindig. Die volgende stel feeste profeteer van Sy tweede koms en bereik ‘n hoogtepunt gedurende die Loofhuttefees. As ons harpazo ‘die wegraping’ definieer in terme van hierdie fees en die porfesië daarvan, sal ons op vaste grond staan. Indien nie, sal ons onkunde vinnig ten toon gestel word.
Die wegrapingsleraars het ongelukkig hul leerstellings ontwikkel met letterlik geen kennis van die Loofhuttefees nie. Dus maak hulle dit ‘n Nuwe Testamentiese leerstelling met geen Ou Testamentfondasies nie. Tog kan Sy tweede koms nie verstaan word sonder deeglike kennis van die Loofhuttefees nie.
Hierdie boek is van plan om hierdie probleem reg te stel.