God's Kingdom Ministries
Serious Bible Study

GKM

Donate

Hoofstuk 3: Die burgers van die Koninkryk

Die tweede noodsaaklike element nodig om ‘n Koninkryk genoem te word, is burgerskap. Die Koninkryk van God het burgers - die mense wat God en die Koning wat Hy aangestel het om die aarde te regeer, dien. Vandag word hierdie burgers ‘Christene’ genoem, hoewel nie elke persoon wat homself ‘n Christen noem, wat God betref, ’n Koninkryksburger is nie - God kyk na die hart nie die titel nie.

Die konsep van burgerskap is die fokuspunt van die Vrugbaarheidsmandaat van Genesis 1:28 ‘wees vrugbaar en vermeerder.’ Adam en Eva was veronderstel om kinders volgens die beeld van God voort te bring, indien hulle voor die sondeval kinders gehad het, sou almal Seuns van God gewees het. Hulle het egter eers na die sondeval kinders gehad volgens die beeld van menslike vlees. Die onderskeid word getref in 1 Korintiërs 15:47-49

47 The first man is of the earth, earthy; the second man is from heaven. 48 As is the earthy, so also are those who are earthy; and as is the heavenly, so also are those who are heavenly. 49 And just as we have borne the image of the earthy, we shall also bear the image of the heavenly.

47 Die eerste mens was uit die aarde aards, die tweede mens is die Here uit die hemel. 48 Soos die aardse mens was, so is ook die aardse mense; en soos die hemelse mens is, so is ook die hemelse mense 49 En soos ons die beeld van die aardse gedra het, so sal ons ook die beeld van die hemelse dra.

Die naam ‘Adam’ beteken letterlik ‘earthy’ - aards, van die Hebreeuse woord ‘adama’, wat grond of aarde beteken. In die skrifgedeelte hierbo stel Paulus die eerste Adam en die laaste Adam (Jesus Christus) in kontras teenoor mekaar. Die eerste Adam het ons ‘n aardse beeld gegee, die laaste Adam gee ons die hemelse beeld wat God van die begin af vir ons bestem het.

Die Koninkryksburgers is dus bestem om die hemelse beeld, die beeld van Christus, te dra - dit is die doel van Seunskap. Die proses waardeur iemand Seunskap bekom met die beeld en gelykenis van Christus in hul karakter, word op verskeie maniere in die Bybel aangedui. Die beste verduideliking is deur middel van die drie feesdae van Israel.

Die boek, The Laws of the Second Coming verduidelik die drie feesdae breedvoerig. Hierdie drie feesdae herdenk die drie hoof gebeurtenisse in Israel se reis uit Egipte na die Beloofde Land, soos aangeteken in die boek Eksodus. Dit is ook ‘n profesie met betrekking tot elke mens se individuele tog uit die koninkryke van mense na die Koninkryk van God.

Die drie feeste verteenwoordig die drie stadiums van ontwikkeling in ons individuele reis. Omdat Pasga of Paasfees die dag herdenk toe Israel uit Egipte vertrek het, verteenwoordig dit die oomblik wanneer ‘n ongelowige persoon ‘n gelowige word - effektief ‘verlaat Israel Egipte’. Pasga is die feesdag wat ‘n mens ‘n Koninkryksburger maak, en dit gebeur deur ware geloof in die Lam van God - Jesus Christus.

Die tweede feesdag, Pinkster, herdenk die dag toe God afgekom het op die berg Sinaï om die Tien Gebooie aan Israel te oorhandig en verteenwoordig die tydperk van opleiding van ‘n Koninkryksburger. Die tydperk is ontwerp om ‘n gelowige, in ‘n geestelike volwassene te verander deur die beginsels van Bybelwette as maatstaf aan te leer, sodat hulle mense met wysheid, regverdigheid en genade kan oordeel.

Die derde feesdag, die Loofhuttefees, was die dag waarop Israel veronderstel was om in die Beloofde Land in te gaan. Israel was egter nie gereed om Kanaӓn binne te gaan nie en dit profeteer van ‘n dag verder in die toekoms, nadat God baie meer leiers oor ‘n tydperk van honderde jare opgelei het, om in die Loofhuttetydperk leiding te neem. Die Loofhuttefees sal volbring word deur die openbaarwording van die Seuns van God, wat bestem is om te regeer onder die gesag van Jesus Christus.

Burgerskap in die Koninkryk van God verg basies geloof in Jesus Christus, deur Paasfees. Leierskap in die Koninkryk verg volwassenheid, bekom deur gehoorsaamheid soos uitgebeeld deur die fees van Pinkster, maar sal eers afgehandel word met die Loofhuttefees.

Soos reeds gesien, profeteer die Loofhuttefees van die openbaring van die Seuns van God, wanneer die volwasse burgers van die Koninkryk ten volle die Jesus Christus-‘beeld’ sal aanneem.

Hierdie drie stappe kan deur drie sleutelwoorde opgesom word: geloof, gehoorsaamheid en instemming of manifestasie. Die pad na Seunskap begin met geloof, waarna dit na gehoorsaamheid beweeg, waar die gelowige se vleeslike natuur moet leer om aan die wil van God onderdanig te word met ander woorde, leer om God se stem te hoor en deur die Heilige Gees gelei te word.

Gedurende hierdie leerproses vind daar geleidelik verandering in die hart van die gelowige plaas. Gehoorsaamheid behels onderdanigheid aan die wil van God, ongeag of mens se eie wil aanvanklik met die wette of opdragte van God saamstem. Namate die leerproses vorder en mens die weë van God begin verstaan, word onderdanigheid deur instemming vervang, omdat mens begin saam stem. Instemming is wanneer mens nie meer voorgesê moet word om iets te doen nie, want mens weet reeds wat gedoen moet word - deur ‘n innerlike dryfveer of motief.

Die doel van Seunskap is dus nie geloof of gehoorsaamheid nie, maar om ten volle saam te stem met die gedagtegang van Christus. Dit sal bereik en afgehandel word, sodra die Loofhuttefees volbring word. Burgerskap in die Koninkryk van God is anders as burgerskap in ‘n Christen nasie.

Die Ou Testamentiese Israeliete was effektief ‘n Christen nasie, opgerig deur Jesus Christus (Yeshua) as Yahweh wat aan Moses verskyn het. Ons sien dit in Eksodus 15:2 en Jesaja 12:2 - albei tekste bevestig aan ons ‘Yahweh has become my Yeshua’ (Verwys na KJV - vertalings, selfs 1933, het hierdie betekenis van Yeshua verlore laat gaan, Eksodus praat van ‘heil’ eerder as verlosser). Met ander woorde Yeshua (Jesus) is die vleeswording van Yahweh (God), die wetgewer wat die nasie Israel deur Moses tot stand gebring het.

Hoewel die woord ‘Christen’ nog nie in Moses se dae in gebruik was nie, was dit van toepassing in daardie tyd. ‘Christus’ is die Griekse term vir ‘Messias’, of ‘Gesalfde’ wat bestem was/is om oor Israel te heers. In hierdie sin, hoewel Jesus nog nie op daardie stadium as die Gesalfde verskyn het nie, was daar ander soos Dawid wat Sy troon tydelik beset het.

Israel was as ‘n Christen nasie tot stand gebring. Dit het egter sekere gebreke gehad onder die Ou Testament, wat op die ou einde noodlottig was. Eerstens was die Ou Testament gebasseer op die burgers se eed of gelofte om die wette na te kom Eksodus 19:8. Dit het hul verlossing op gehoorsaamheid baseer - ‘n resep vir mislukking.

In die tweede plek het die nasie se wette, ‘deelname aan geloofsrituele’ die voorwaarde vir voortgesette burgerskap gemaak. Hierdie wette was gebrekkig onder die Ou Testament, omdat ‘n mens slegs vir sy aksies veroordeel kon word en nie vir wat in sy hart omgaan nie. Byvoorbeeld: Haat is ‘n sonde (Matteus 5:22), maar ‘n persoon moes eers moord pleeg, voordat vervolging volgens die Ou Verbond kon plaasvind. Onder die Nuwe Verbond moet mens die regverdigheid van selfs die Fariseërs oortref (Matteus 5:20), want deur hierdie instelling is haat self rede vir skorsing uit die Koninkryk van God.

Dus is geen wette afgeskaf nie, om die waarheid te sê: Die vereistes is verhoog om houdings en motiewe van die hart in te sluit.

Dus is ‘n Christen nasie essensieel, ‘n Ou Verbondsmetode om die wette van die Koninkryk toe te pas op aarde. Solank die burgers die wette nakom, word hulle nie in die hof veroordeel nie. Die oordeel van ‘passiewe’ haatverwante oortredings is uitheems in die geskiedenis van die wêreld. Dit sou ‘n wêreldlike poging wees om die harte van mense te beheer of verander sonder die werking van die Heilige Gees en nie prakties nie, want dit sal net onderdrukking van haat meebring. Uiterlike toepassing van die wet kan nooit wat in ‘n mens se hart omgaan verander nie.

Israel het besluit dat die wette van God nie toepaslik was wanneer die meerderheid van die burgers nie daarmee saam gestem het nie - met ander woorde wanneer die wette nie in hul harte ‘geskryf’ was nie. Die natuurlike neiging van mense was/is om hul eie kop te volg. Selfs priesters en wetsgeleerdes het die wet ‘geboelie’ om dinge te laat beteken wat God nooit bedoel het vir dit om te beteken nie. Dus het ‘traditions of men’ (oorlewering) die wet vervang en die oorspronklike wet tot niet laat gaan (Markus 7:9). Ons sal later meer hieroor uitbrei.

Uiteindelik was die tempel self in ‘n ‘spelonk van moordenaars’ verander (Jeremia 7:11), met ander woorde, ‘n skuilplek waar ‘moordenaars’ veilig beskerm kon voel teen die wette van God. Op hierdie stadium het God die Babiloniese Ryk laat kom om die nasie tot niet te maak en die burgers in ballingskap te plaas. Dieselfde het in die Nuwe Testament gebeur, want Jesus het Jeremia se woorde aangehaal en op daardie tempel ook van toepassing gemaak (Matteus 21:13). Binne ‘n tydperk van 40 jaar, het die Romeine die tempel en die stad verwoes.

Die punt is: ‘n Christen nasie is ‘n nasie wat die wet van God inspan, maar nie die mag het om mense se harte te verander nie - dit is die noodlottige swakheid daarvan. Die Koninkryk van God daarenteen, is ‘n Nuwe Verbond-idee. Wetstoepassing vind in die Ou Testament tydperk plaas, tesame met die Nuwe Verbond konsep, soos geprofeteer in Jeremia 31:31-34, maar die openlike uiting daarvan benodig die koms van die Messias as die Lam van God om aan die kruis te sterf, sodat die Nuwe Verbond deur bloed bekragtig kan word.

Dus was burgerskap van die nasie Israel, onder die Ou Verbond, gegrond op ‘n persoon se aksies. Onder die Nuwe Verbond word burgerskap van die Koninkryk van God gegrond op ‘n mens se hart.

In beide gevalle word burgerskap gegrond op besnyding - onder die Ou Verbond was dit uiterlik en vleeslik, onder die Nuwe Verbond is dit innerlik van die hart. Onder die Ou Verbond het besnyding van die vlees grootliks betekenisloos geword, omdat die uitwendige teken nie noodwendig ‘n refleksie van die hart se innerlike kondisie is nie.

Godsdienstige- en  politieke leiers het egter besnyding as die teken van burgerskap van die ‘Joodse’ nasie beskou. Die Nuwe Verbond skaf uitwendige tekens af en gaan reguit na die hart. Wanneer Paulus sê ‘n Jood is NIE een, omdat hy uitwendig besny is nie, maar WEL omdat hy innerlik van die hart besny is (Romeine 2:28,29), verduidelik hy burgerskap van die Koninkryk van God. Paulus het gesê dat besnyding van die hart noodsaaklik was om ‘n burger van die Koninkryk te word.

Dit was in direkte teenstelling met die voorskrifte opgestel deur die priesters in die tempel, wat wagte by die deur van die binnehof van die tempel laat wagstaan het om nie-Jode en vroue uit die tempel weg te hou. Enigiemand wat by die tempel wou ingaan moes eers die wagte wys dat hy uiterlik besny was en daardeur ‘n burger van Israel - Joods - was. Volgens hul tradisie was slegs sulke mans waardig om God te nader, niemand was gevra of ondersoek om seker te maak of hul hart besny was nie.

‘n Israeliet (Jood) was ‘n burger op grond van een enkele bewys - besnydenis, wat op hulle uitgevoer is in die ouderdom van 8 dae. Volgens wet kon selfs ‘n volbloed Jood sy burgerskap verloor wanneer sekere wette verontagsaam is, byvoorbeeld die offerwette.

Levitikus 17:1-7 sê dat ‘n burger wat ‘n offer wil bring, dit na die tempel moes neem en voor God aanbied in die regte plek daarvoor (waar Hy Sy naam geplaas het). Vers 4 waarsku dat ‘n man wat die reëls van offers verontagsaam ‘uitgeroei [moet] word onder sy volk uit’ - dit is skorsing van burgerskap.

Onder die Nuwe Verbond, met Jesus as die ware Offer vir sonde, verloor mens burgerkap van die Koninkryk van God deur te weier om die Bloed van Jesus te bring na die regte plek waar Hy Sy naam geplaas het. Met ander woorde, die bloed van Jesus moet op ons voorkoppe aangewend word, want ons is nou die ware tempel waar Hy Sy naam geplaas het (Openbaring 22:4). Enigiemand wat versuim om dit te doen, is nie burgers van die Koninkryk van God nie.

‘Die wet is geestelik’ (Romeine 7:14). Dit moet toegepas word in die Koninkryk van God, maar nie op dieselfde manier as onder die Ou Verbond nie.

Die Nuwe Verbond openbaar ‘n waarheid wat nog altyd waar is, maar wat nie toe algemene kennis was nie - dat burgerskap van God op die hart gegrond word, nie op die vlees nie. Die bekragtiging van die Nuwe Verbond stel dit duidelik dat iemand wat slegs uiterlik besny is, NIE ‘n burger van die Koninkryk van God is nie. Dat die wettige vereistes met betrekking tot die vervulling van offers, ‘n voorvereiste is om burgerskap te bekom, is duidelik. Die mens moet die ware Offer van Christus aanvaar en Sy bloed aan die ware tempel, wat hul liggaam is, aanwend.

Wie ookal weier om hierdie offer te maak, was NIE ‘n burger van Israel of Juda (Jode) nie. Daarom sê Paulus dat so ‘n persoon NIE ‘n Jood (of Judaïetise burger) is nie. Dit het niks met ‘n mens se ras of geslagslys te doen nie. Dit was ‘n kwessie van wet, toegepas in die konteks van die Nuwe Verbond wat bekragtig was.

Dit was nog altyd moontlik dat nie-Jode burgers van Israel kon word. Onder die Ou Verbond moes so ‘n persoon net besny word, maar selfs dan was hulle steeds as minderwaardige burgers beskou en behandel, wat baie ontmoedig het om hierdie skuif te maak. Onder die Nuwe Verbond moet almal besnydenis van die hart ondergaan, ongeag hul geslagslys en wanneer dit gedoen is, is hulle almal gelykwaardig in die Koninkryk van God. Galasiërs 3:28 sê

28 There is neither Jew nor Greek, there is neither slave nor free man, there is neither male nor female; for you are all one in Christ Jesus.

28 Daar is nie meer Jood of Griek nie, daar is nie meer slaaf of vryman nie, daar is nie meer man of vrou nie; want julle is almal een in Christus Jesus

Almal het gelyke geleentheid tot burgerskap en almal bekom dit op dieselfde manier. Niemand kan hul geslagslys, bloedlyn of vleeslike besnydenis as basis vir hul reg tot burgerskap voorhou nie. Elke persoon het die reg om van Pasga te vorder deur Pinkster en uiteindelik openbaar te word as ‘n Seun van God in die Loofhuttefees - gelyke geleentheid vir almal.