God's Kingdom Ministries
Serious Bible Study

GKM

Donate

Hoofstuk 1: Wat behels die Koninkryk?

Jesus het ‘Die Evangelie van die Koninkryk’ verkondig en Hy het gesê dat hierdie Evangelie aan die hele wêreld verkondig sou word, voordat die einde aanbreek. In Mattheus 24:14 sê Jesus:

14 And this gospel of the kingdom shall be preached in the whole world for a witness to all the nations; and then the end shall come.

14 En hierdie evangelie van die koninkryk sal verkondig word in die hele wêreld tot ‘n getuienis vir al die nasies; en dan sal die einde kom.

Wat is hierdie Evangelie van die Koninkryk? Is dit dieselfde as die Evangelie van Verlossing wat deur so baie verkondig word? Nee, Verlossing is net ‘n klein gedeelte van die Evangelie van die Koninkryk en dit fokus primêr op hoe mens burgerskap in die Koninkryk van God kan bekom. Min weet egter iets van die Koninkryk van God self en het net ‘n vae visie daarvan. Daarom begin ons by die begin. Die Koninkryk van God begin tereg in Genesis 1:1

1 In the beginning God created the heavens and the earth.

1 In die begin het God die hemel en die aarde geskape.

Die Koninkryk van God omsluit enigiets en alles wat God geskape het, in beide die hemel en op die aarde. Die Koninkryk sluit dus nie net die hemel in nie, maar ook die aarde. Dit is belangrik om te begin met ‘n duidelike begrip van die omvang van die Koninkryk, want om die begin te verstaan is so goed soos om die einde van die storie ook te begryp.

God besit Sy skepping deur middel van skeppingsreg, daarom aanvaar die Bybel God se eienaarskap van die ganse aarde en dit aanvaar ook die oppermag van God oor alles wat Hy besit. Daarom behou God die reg om grond te gee aan wie Hy wil, om alle gebeure op aarde te bestuur en die terme te bepaal waarvolgens die mens op enige deel van Sy skepping leef.

Sonde en dood het God se Koninkryk binnegedring, eers in die hemel en daarna op die aarde. Dit het ‘n tydelike probleem veroorsaak wat God van die begin af reeds oplos. Hierdie oplossing sal teen die einde van die aarde se geskiedenis voltooi wees. Sonde en dood sal uitgewis word en, soos later geprofeteer, sal die heerlikheid van God die hele aarde bedek.

Dit is belangrik om te verstaan dat God se skepping aan die begin as goed verklaar was. Nadat alles klaar geskape was, was dit as ‘baie goed’ verklaar (Genesis 1:31). Al die stof, klippe, water, plante, diere en die mens self, was nie deur ‘n bose gees gemaak nie, maar geskape deur ‘n goeie God.

Hierdie basiese feit is later deur baie gelowe betwis, waar hulle verkondig het dat vlees wesenlik boos is en slegs die gees goed. Die Grieke in Paulus se tyd kon nie verstaan hoe ‘n goeie God menslike vlees kon bewoon, deur die krag van Pinkster nie - hoe kan God Homself besoedel deur ‘n bose liggaam te bewoon?

Met ander woorde, om die Evangelie van die Koninkryk te verstaan, moet ons verstaan dat vlees nie wesenlik boos is nie. Dit was as goed geskape en het die artistieke vermoë en karakter van die Skepper daarvan reflekteer. Hierdie beskouing van die oorsprong bepaal die uitkoms van die einde van die geskiedenis van die aarde.

Sonde en dood is indringermagte, en hoort nie in die skepping nie. Sonde het ‘n ompad of verlenging van geskiedenis en tyd self veroorsaak, om ‘n oplossing vir die probleem wat daaruit ontstaan het, te bewerk.

Die doel van die geskiedenis vorm ‘n groot deel van die Evangelie van die Koninkryk. Hierdie Evanglie vertel ons van die aard en verhouding van God met Sy skepping. Dit vertel ons van die probleem van sonde en dood. Dit vertel ons van die Goddelike Plan om die probleem op te los en ten slotte, vertel dit ons dat God uiteindelik sal slaag en oorwin. Die doel waarvoor Hy die hemel en aarde geskape het sal verwesenlik word.

Die aarde is geskape om die heerlikheid van God te openbaar. Indien God nie hierdie doel bereik nie, sal dit van Hom ‘n sondaar maak, want die Hebreeuse woord vir sonde is kawtaw. Dit beteken ‘om te versuim om ‘n doel te bereik’ of ‘om ‘n doel te mis’.

Sonde het God egter nie verbaas nie en Hy is ook nie onbekwaam dat Hy nie alles kan herstel nie. Die uiteindelike doel van die geskiedenis word die ‘herstel van alle dinge’ in Handelinge 3:21 genoem. Paulus stel dit anders in 1 Korintiërs 15:28

28 And when all things are subjected to Him, then the Son Himself also will be subjected to the One who subjected all things to Him, that God may be all in all.

28 En wanneer alles aan Hom onderwerp is, dan sal ook die Seun self Hom onderwerp aan die Een wat alles aan Hom onderwerp het, sodat God alles in almal kan wees.

Die res van die Bybel vertel vir ons van die plan waardeur hierdie doel bereik sal word. Daar is baie detail en elk openbaar ‘n ander aspek van die karakter van God en Sy verhouding met Sy skepping, veral die mens self. Om elk van hierdie details te bespreek, sal ‘n baie diep studie van die Bybel verg en meer hoofstukke as wat ooit in ‘n leeftyd geskryf of gelees kan word benodig. Hierdie skrywe is daarop gemik om die leser ‘n breë perspektief van die Koninkryk van God te gee en laat dit aan ander boeke oor om op die detail te fokus. As mens ‘n algehele oorsig het, sal dit makliker wees om die detail te verstaan, sonder om daarin verlore te raak.

In die verloop van die geskiedenis het God vir die mensdom twee metodes gegee waarvolgens die Koninkryk gevestig kan word. Die eerste was ontwerp om te misluk, sodat ons sal verstaan wat nie werk nie. Die tweede is ontwerp om volkome te slaag. Hierdie twee metodes is opgesluit in die Ou Verbond en die Nuwe Verbond.

Die Ou Verbond het die verantwoordelikheid om God se doel te bereik en volmaaktheid te bereik, op die vleeslike mens geplaas. Dit het misluk, daarom is die Ou Verbond afgeskaf ten gunste van die Nuwe Verbond. Die Nuwe Verbond plaas die verantwoordelikheid om die doel van God te bereik en volmaaktheid vir ons almal te bewerk, op Jesus Christus. Die uitwerking van die Nuwe Verbond is natuurlik nog nie afgehandel nie, maar die Evangelie van die Koninkryk verkondig Jesus Christus as die Een deur wie die doel van God bereik sal word.

Enige koninkryk moet oor vier basiese elemente beskik om ‘n koninkryk genoem te word. Daar moet ‘n koning, burgers, wette en grondgebied wees - die Koninkryk van God bevat al vier. Geskiedenis is die storie van die vorming en ontwikkeling van die Koninkryk van God vanaf ‘n saadjie tot ‘n magtige boom wat die hele aarde bedek.

Ten einde die Koninkryk van God te verstaan, moet ons die vier elemente ondersoek en kyk hoe elk in die storie pas.