God's Kingdom Ministries
Serious Bible Study

GKM

Donate

Hoofstuk 6: Die hele aarde

Die Koninkryk van God is nie meer beperk tot die ou land van Kanaӓn of Palestina nie - dit was ‘n Ou Verbond Koninkryk wat bestem was om te misluk, tog het dit ‘n patroon daar gestel waarvolgens die Koninkryk van God later die hele aarde sal beslaan.

Toe Israel hul eerste geleentheid gehad het om die Beloofde Land binne te gaan, het hulle nie genoeg geloof gehad om in Kanaӓn in te gaan nie. Van die twaalf spioene wat teruggekom het, het tien ‘n slegte verslag gelewer, wat die Israeliete eerder geglo het. God het toe voorgestel om oor te begin met Moses self en die beloftes deur hom te vervul, maar Moses het geprotesteer en gesê dat die nasies dan sal dink dat God nie daartoe in staat is om Sy belofte aan Israel na te kom nie.

By die blote voorstel dat Hy skynbaar nie Sy belofte kan nakom nie, het God as volg reageer in Numeri 14:21

21 but indeed, as I live, all the earth will be filled with the glory of the Lord

21 Maar so waar as Ek leef en die hele aarde van die Here se heerlikheid vol sal word,

Hier openbaar God Sy Meesterplan vir die aarde. Kanaӓn was maar ‘n baie klein gedeelte van die Goddelike Plan - dit was ‘n tipe metafoor vir ‘n groter plan om die hele aarde met die glorie van God te bedek.

Die frase ‘so waar as ek leef’ maak dit een van God se beloftes. Omdat Hy by niks groter as Homself kan sweer nie, het Hy op Sy eie lewe gesweer. Dieselfde belofte word op verskeie maniere in die Skrif herhaal, Psalm 72:19 is die eerste geleentheid waar dit aangehaal word.

19 And blessed be His glorious name forever; and may the whole earth be filled with His glory. Amen and Amen.

19 En geloofd sy vir ewig sy heerlike Naam! En laat die hele aarde met sy heerlikheid vervul word! Amen, ja amen.

Die tweede aanhaling kom in Jesaja 6:3 voor, waar die engel in Jesaja se visioen die volgende woorde spreek

3 And one called out to another and said, Holy, Holy, Holy, is the Lord of hosts; the whole earth is full of His glory.

3 En die een het die ander toegeroep en gesê: Heilig, heilig, heilig is die Here van die leërskare. Die hele aarde is van sy heerlikheid vol!

Die derde aanhaling is deur dieselfe profeet, Jesaja 11:9

9 … For the earth will be full of the knowledge of the Lord as the waters cover the sea.

9 … want die aarde sal vol wees van die kennis van die Here soos die waters die seebodem oordek.

Die finale aanhaling daarvan vind ons in Habakuk 2:14

14 For the earth will be filled with the knowledge of the glory of the Lord, as the waters cover the sea.

14 Want die aarde sal vol word met die kennis van die heerlikheid van die Here soos die waters die seebodem oordek.

Dit is logies dat water 100% van die seebodem bedek. Kennis van die glorie van God sal op dieselfde manier die hele aarde 100% bedek - daar sal geen deel van die aarde wees, waar die glorie van God nie bekend of openbaar is nie.

In Daniël 2 lees ons dat koning Nebukadnesar van Babilon gedroom het van ‘n groot beeld, met ‘n kop van goud, arms van silwer, buik van brons en bene van yster. Hy het ook ‘n klip gesien wat die beeld teen die voete tref, sodat die hele beeld tot stof verkrummel. Daarna het hy gesien hoe die klip groter word tot dit die hele aarde gevul het (Daniël 2:35). Daniël het die droom vir koning Nebukadnesar uitgelê. Ons lees in Daniël 2:44

44 And in the days of those kings the God of heaven will set up a kingdom which will never be destroyed, and that kingdom will not be left for another people; it will crush and put an end to all these kingdoms, but it will itself endure forever.

44 Maar in die dae van dié konings sal die God van die hemel ‘n koninkryk verwek wat in ewigheid nie vernietig sal word nie, en die heerskappy daarvan sal aan geen ander volk oorgelaat word nie; dit sal al daardie koninkryke verbrysel en daar ‘n einde aan maak, maar self sal dit vir ewig bestaan -

Dit is die betekenis van die klip wat groter word tot dit die aarde vul (Daniël 2:35). Dit is ‘n verwysing na die Koninkryk van God. Daar sal ‘n dag kom wanneer God se Koninkryk, die opeenvolging van Babiloniese ryke (Babilon, Mede & Perse, Grieke en Rome met hul tydsverlenging), sal vervang. Dit is die vyfde en finale koninkryk in die aarde se geskiedenis.

God se Koninkryk sal alle onderdrukkende vorme van mense-regerings afskaf en mense vryspreek om die glorieryke vryheid van God se kinders te geniet. Ek glo ons is tans in die tydperk waar die klip die beeld teen die voete tref, sodat dit begin verkrummel. Ons weet nie hoe lank hierdie tydperk gaan duur nie, maar die belangrikste gebeurtenis sal die openbaring van die Seuns van God wees (heiliges), wat geroep word om saam met Christus te regeer in die volgende tydperk.

Die sewende hoofstuk van Daniël verduidelik meer hieroor. Daniël self het ‘n soortgelyke droom as Nebukadnesar gehad - hy het vier gediertes gesien: ‘n Leeu vir Babilon, ‘n beer vir Persië, ‘n luiperd vir die Grieke en ‘n vierde dier met yster tande wat Rome verteenwoordig.

Hy het ook ‘n ‘horinkie’ uit die Roomse dier gesien kom wat Pouslike-Rome uitbeeld. Hierdie klein horing het oorlog gevoer teen die heiliges en hulle oorwin (regsmag van hulle ontneem) tot die eindtyd, wanneer hierdie outoriteit weer aan die heiliges van die Allerhoogste gegee word. Die heiliges is die oorwinnaars of Seuns van God.

In Daniël 7:13,14 lees ons

13 I kept looking in the night visions, and behold with the clouds of heaven One like a Son of Man was coming, and He came up to the Ancient of Days and was presented before Him. 14 And to Him was given dominion, glory, and a Kingdom, that all the peoples, nations, and men of every language might serve Him. His dominion is an everlasting dominion, which will not pass away, and His Kingdom will not be destroyed.

13 Ek het gesien in die naggesigte, en kyk, met die wolke van die hemel het Een gekom soos die Seun van ‘n mens, en Hy het gekom tot by die Oue van dae, en hulle het Hom nader gebring voor Hom.     14 En aan Hom is gegee heerskappy en eer en koningskap; en al die volke en nasies en tale het Hom vereer; sy heerskappy is ‘n ewige heerskappy wat nie sal vergaan nie, en sy koninkryk een wat nie vernietig sal word nie.

Dit vergelyk met die Klip-Koningkryk wat Nebukadnesar in sy droom gesien het - dit is die Koninkryk van God. Jesus Christus self is die Koning van hierdie Koninkryk, maar ons lees in Daniël 7:22 dat die heiliges besit neem van die Koninkryk.

Dit stem ooreen met Openbaring 20:6 waar ons lees dat die mense wat opgewek word met die eerste opstanding, saam met Christus as konings sal regeer vir ‘n duisend jaar. Die Seuns van God word geroep om regeerders in die Koninkryk te wees, onder Christus die Koning. Daniël 7:27 sluit as volg af:

27 Then the sovereignty, the dominion, and the greatness of all the kingdoms under the whole heaven will be given to the people of the saints of the Highest One; His Kingdom will be an everlasting kingdom, and all the dominions will serve and obey Him.

27 Dan word die koningskap en die heerskappy en die grootheid van die koninkryke onder die ganse hemel gegee aan die volk van die heiliges van die Allerhoogste; hulle koninkryk is ‘n ewige koninkryk, en al die heerskappye sal hulle vereer en gehoorsaam wees.

Dit is die godspraak of profesie van die Koninkryk van God in die Bybel. Dit verwag ‘n tyd wanneer alle mense op aarde Jesus Christus sal ken as hul Koning en hulle sal deur die oorwinnaars (heiliges) of Seuns van God regeer word met liefde en gelykheid.

Psalm 67 herdenk hierdie tydperk in ‘n lied:

1 God be gracious to us and bless us, and cause His face to shine upon us, 2 that Thy way may be known on the earth, Thy salvation among all nations. 3 Let the peoples praise Thee, O God; let all the peoples praise Thee. 4 Let the nations be glad and sing for joy; for Thou wilt judge the people with uprightness, and guide the nations on the earth. 5 Let the peoples praise Thee, O God; let all the peoples praise Thee. 6 The earth has yielded its produce; God, our God, bless us. 7 God blesses us, that all the ends of the earth may fear [respect, reverence] Him.

2 Mag God ons genadig wees en ons seën; mag Hy sy aangesig by ons laat skyn! Sela 3 Sodat die mense op aarde u weg kan ken, onder al die nasies u heil. 4 Die volke sal U loof, o God, die volke almal saam sal U loof. 5 Die nasies sal bly wees en jubel, omdat U die volke regverdig oordeel en die nasies op aarde lei. Sela. 6 Die volke sal U loof, o God, die volke almal saam sal U loof. 7 Die aarde het sy opbrings gelewer; God, onse God, sal ons seën. 8 God sal ons seën, en al die eindes van die aarde sal Hom vrees [respekteer, vereer].

Die profeet Haggai verwys na Jesus en Sy Koninkryk as ‘the desire of all nations’ (Haggai 2:7 KJV) (weereens is die waarheid as gevolg van vertaling verlore). Die Koninkryk van God is nie ‘n tyd van verdrukking nie - dit sal alle nasies vry maak van huidige regerings se onderdrukking en die regsmag van onvolmaakte mense.

Die hoof gebeurtenis wat die oomblik sal aankondig wanneer die regsmag en outoriteit aan die Heiliges van die Allerhoogste God oorhandig word, is die openbaring van die Seuns van God. Paulus sê in Romeine 8:19-21

19 For the anxious longing of the creation waits eagerly for the revealing [manifestation] of the Sons of God. 20 For the creation was subjected to futility, not of its own will, but because of Him who subjected it, in hope 21 that the creation itself also will be set free from its slavery to corruption into the freedom of the glory of the children of God.

19 Want die skepping wag met reikhalsende verlange op die openbaarmaking van die kinders van God. 20 Want die skepping is aan die nietigheid onderworpe - nie gewillig nie, maar ter wille van hom wat dit onderwerp het. 21 in die hoop dat ook die skepping self vrygemaak sal word van die slawerny van die verganklikheid tot die vryheid van die heerlikheid van die kinders van God.

Die ganse aarde wag aandagtig vir hierdie gebeurtenis, want dit sal bewys dat die wet van Jubileum die hele skepping sal vrymaak van slawerny van sonde. Dan sal die aarde die doel van die skepping vervul.