God's Kingdom Ministries
Serious Bible Study

GKM

Donate

Hoofstuk 2: Die Koning van die Koninkryk

Adam was die eerste koning van die aarde. Ons lees in Genesis 1:26

26 Then God said, Let us make man [Heb. awdawm, of Adam] in our image, according to our likeness, and let them rule over the fish of the sea and over the birds of the sky, and over the cattle, and over all the earth, and over every creeping thing that creeps upon the earth.

26 En God het gesê: Laat Ons mense maak na ons beeld, na ons gelykenis, en laat hulle heers oor die visse van die see en die voëls van die hemel en die vee en oor die hele aarde en oor al die diere wat op die aarde kruip.

Genesis 1:26 gebruik die term awdawm op die manier wat na die mensdom verwys, eerder as Adam spesifiek. Genesis 1 gee dus vir ons ‘n algemene stelling van die skepping van die mensdom in konteks tot die res van die skepping, sodat ons kan verstaan dat die mensdom op die sesde dag geskape is.

Genesis 2 verskaf die details rondom die skepping van die mensdom en begin met Adam spesifiek. Genesis 2:7 gebruik die Hebreeuse term eth ha-awdawm wat ‘hierdie mens - Adam’ beteken. (Bullinger se notas rakende Genesis 2:7 kan geraadpleeg word vir meer inligting hieroor). Waarna egter hier opgelet moet word, is dat Genesis 2:7 na presies dieselfde Adam as Genesis 1:26 verwys.

‘n Mandaat vir heerskappy is aan die eerste Adam gegee, wat hom die regmatige koning van die aarde gemaak het. God was en is egter die Oppermag as gevolg van Sy skeppingsreg. Hy het nie Sy soewereiniteit opgegee deur aan Adam gesag of heerskappy oor die aarde te gee nie.

Adam het onder God se gesag regeer - sy koningskap was voorwaardelik - hy moes onderdanig bly aan die Skepper en Eienaar van alle dinge. God behou die reg om konings op aarde aan te stel of te onttroon.

Toe Adam sondig, het sy natuur gepoog om die aarde onafhanklik van God se Oppermag te regeer, asof dit syne was - hy het effektief die troon van die Skepper wederregtelik beset. Sy keuse om onafhanklik te wees het hom uit die gebied van lewe na die ryk van dood of mortaliteit verskuif. God het hom in Genesis 2:17 gewaarsku dat hierdie keuse hom sou laat sterf…

17 but from the tree of the knowledge of good and evil you shall not eat, for in the day that you eat from it, you shall surely die.

17 maar van die boom van die kennis van goed en kwaad, daarvan mag jy nie eet nie; want die dag as jy daarvan eet, sal jy sekerlik sterwe.

Bullinger se notas rakende Genesis 2:17 kan geraadpleeg word vir meer inligting hieroor, maar hierdie skrywe poog nie om die boom self of wat dit beteken te bespreek nie. In hierdie omvattende studie is dit voldoende om te verstaan dat die keuse om van die boom van kennis van goed en kwaad te ‘eet’, ‘n saak van ongehoorsaamheid of sonde was en dat die gevolg van hierdie keuse om te sondig, die dood meegebring het.

Na die sondeval het Adam en Eva kinders volgens hulle sondige natuur (beeld) in die wêreld gebring. Indien hulle kinders sou verwek voor die sondeval, sou die kinders ook volgens die beeld van God wees, maar hul ganse nageslag dra ongelukkig die beeld van hul sondige vlees. Om hierdie rede het Adam se sonde hom sterflik gemaak en hierdie sterflikheid word van generasie tot generasie oorgedra. Paulus se in Romeine 5:12.   

12 Therefore, just as through one man sin entered into the world, and death through sin, and so death [mortality] spread to all men, on which [eph ho] all sinned.

12 DAAROM, soos deur een mens die sonde in die wêreld ingekom het en deur die sonde die dood, en so die dood tot alle mense deurgedring het, omdat almal gesondig het -

Sterflikheid is die mensdom se fatale defek, swakheid of siekte wat veroorsaak dat hy aanhoudend sondig. Die Evangelie van die Koninkryk leer ons hoe om hierdie siekte te oorwin, sodat ons kan ophou sondig. Verder leer die Evangelie ons ook van die Goddelike plan, nie alleen vir elke mens individueel nie, maar ook vir die hele wêreld (1 Johannes 2:2).  

Sonde en dood het ‘n probleem veroorsaak met koning Adam, indien hy onsterflik gebly het, sou hy koning van die aarde gewees het, tot hy die kroon aan sy kinders oorhandig het. Dit was Adam se werk om die aarde te beteuel of mak te maak - om alles onder God se gesag en regverdige heerskappy te bring. Omdat hierdie eerste Adam gesondig en daardeur misluk het om sy werk te doen, was dit nodig dat ‘n ander Adam slaag waar die eerste een misluk het. Die ander Adam is Jesus Christus (1 Korintiërs 15:45).

Adam se mortaliteit beteken dat hy moes sterf en dat sy kroon opeenvolgend oorhandig moes word aan sy nageslagte deur die geskiedenis. Omdat die mens nou gebore word volgens die beeld van sondige Adam, is sy neiging om selfsugtig te wees. Meeste begeer om hulself aan te stel om oor ander te heers. Hierdie selfsug veroorsaak dat hulle beplan hoe om hul wil op ander af te dwing en van mense slawe te maak - dit is die oorsprong van die koninkryke van die mensdom.

Baie wedywer om hierdie krone en begeer om die trone te beset, sodat hulle eerder hul eie idees kan afdwing. Kom ons gaan terug na die begin en volg rakelings die oorsprong van hierdie koninkryke van die aarde:-

Heerskappy was die eerste van twee mandate (elemente) wat deur die geboortereg omvat word. Die tweede was vrugbaarheid wat in Genesis 1:28 gegee is - ‘wees vrugbaar en vermeerder’. Hierdie tweede mandaat is die oorsprong van Seunskap en was ontwerp om die Koninkryk van God met burgers van die Koninkryk te bevolk. Indien Adam en Eva kinders volgens die beeld van God verwek het, sou hul nageslag almal burgers van die Koninkryk van God wees en was daar geen probleem nie.

Die geboortereg wat albei mandate van Genesis 1 insluit, is deur Adam aan Set oorhandig. Toe Set oorlede is, was dit aan sy seun Enos oorhandig en so was die geboorterg herhaaldelik oorhandig al die pad tot by Noag wat dit deur die vloed gedra het.

Noag het dit aan Sem oorgedra wat 600 jaar oud geword het (Genesis 11:10,11). Hy het al sy kinders en kleinkinders oorleef, daarom het nie een van hulle die geboortereg in hul leeftyd ontvang nie - Sem het nog geleef, terwyl 10 generasies van sy nageslag geleef en gesterf het. ‘n Studie van Genesis 11 toon dat Sem selfs vir Abraham oorleef het. Abraham was die man wat die geboortereg by Sem moes oorneem wanneer hy sterf. (Lees ook Secrets of Time vir meer inligting hieroor)

Sem is uiteindelik oorlede toe Isak en Jakob onderskeidelik 110 en 50 jaar oud was. Die geboortereg het Abraham dus oorgeslaan en is direk aan Isak oorhandig. Die Bybel maak vir die eerste keer direk melding daarvan met betrekking tot Isak waar sy tweeling seuns Jakob en Esau daaroor veg.

Jakob het uiteindelik die geboortereg ontvang, hoewel nie sonder probleme as gevolg van sy eie vleeslike motiewe nie. Jare later is die geboortereg verdeel tussen twee van Jakob se seuns - Jakob het die heerskappymandaat van die geboortereg geskei en dit aan Juda oorhandig (Genesis 29:10), terwyl Josef die res van die geboortereg, spesifiek die vrugbaarheidsmandaat (Genesis 49:22) ontvang het. Hierdie feit word in 1 Kronieke 5:1,2 bevestig.

Juda se besit van die heerskappymandaat was egter slegs tydelik aan hom toegeken en hy of sy nageslag sou heers ‘totdat Silo kom; en aan Hom sal die volke gehoorsaam wees.’ (Genesis 49:10). Hierdie profetiese stelling was aanvanklik duister, maar met verloop van tyd het die betekenis daarvan duidelik geword - die Verbondsark en die Tabernakel was opgerig in die dorp Efraim (‘n seun van Josef), ook bekend as Silo (Josua 18:1).

Later was die Ark verskuif van Silo na Jerusalem (Psalm 78:60-68) as gevolg van die korrupte priesterskap van die huis van Eli. Nog later het God sy Heerlikheid uit die tempel in Jerusalem ook onttrek, weens die korrupsie van daardie priesters (Jeremia 7:12-14). God het Jerusalem verlaat, soos hy Silo vroeër verlaat het. Van daar is die Heerlikheid van God bestem om ‘n permanente woning te vind in die Nuwe Jerusalem, ‘n geestelike stad waar mense die tempel vorm (1 Korintiërs 3:16), waar Sy naam op almal se voorkoppe geskryf is (Openbaring 22:4).

Die profesie van Silo het ‘n liggaam van mense geword, eerder as ‘n fisiese gebied op aarde. Hierdie liggaam van mense het Jesus as hulle hoof en saam vorm hulle ‘een nuwe mens’ (Efesiërs 2:15), voorgestel as die finale tempel, gebou op die fondasie van die apostels en profete, met Jesus Christus self as die hoeksteen (Efesiërs 2:20).

Uiteindelik is die elemente van die geboortereg, deur Jakob verdeel, bestem om herenig te word in Jesus Christus. Sy eerste koms was as deel van die stam van Juda, spesifiek die nageslag van koning Dawid, sodat hy volgens wet kwalifiseer om die heerskappymandaat en die staf te ontvang.  

Sy tweede koms sal as deel van die stam van Josef wees, om wettig te kwalifiseer om die geboortereg ook te ontvang. Daarom profeteer (Openbaring 19:13) ‘Hy was bekleed met ‘n kleed wat in bloed gedoop was,’. Hy word op hierdie manier beskryf om te identifiseer met Josef, wie se kleed ook in bloed gedompel was (Genesis 37:31). Die tweede koms is belangrik, omdat dit die werk wat Jesus Christus met Sy eerste koms begin het, sal afhandel. Sonder ‘n tweede koms kan Hy nie die geboortereg van Josef ontvang nie.

Terug by die heerskappymandaat en staf: Jesus se eerste koms was, soos reeds verduidelik, deur die stam van Juda en die saad van Dawid, sodat Hy as wettige Koning van die aarde kwalifiseer. Uiteidelik sal al die konings van die aarde Hom dien - nie onder dwang nie, maar met vreugde en blydskap. Jesus was nooit ‘n voorstander van dwang wat almal verplig om voor Hom te buig en Hom te dien nie. Hy verkies om ‘n voorbeeld te wees en almal se respek en liefde te verdien deur die liefde van God aan ons almal te demonstreer. Daarom sê Psalm 67:4,5

4 Let the nations be glad and sing for joy; for Thou wilt judge the peoples with righteousness and guide the nations on the earth. 5 Let the peoples praise Thee, O God; let all the peoples praise Thee.

4 Die volke sal U loof, o God, die volke almal saam sal U loof. 5 Die nasies sal bly wees en jubel, omdat U die volke regverdig oordeel en die nasies op aarde lei. Sela.

Geskiedenis toon egter baie troonrowers - Jesus se reg om die aarde te regeer was van die begin af uitgedaag. Nimrod was die eerste om die mens te oorweldig en te verslaan en ‘n mededingende koninkryk, naamlik Babilon, te vorm. Hy het klaarblyklik die profesië met betrekking tot die Messias verstaan en besef dat Hy bestem was om oor die aarde te heers - Nimrod wou daardie Messias wees.

Sem het die gebied van Nimrod se Babiloniese koninkryk verlaat en Wes getrek na die land Kanaӓn. Daar het hy ‘n stad gebou, dit Salem ‘Peace’ genoem (Jeru-salem ‘City of peace’) en ‘n troon onder die titel van Melgisedek ‘King of righteousness’ opgestel. Hierdie twee stede het die aartsvoorbeeld van die historiese konflik tussen ‘geheime’ of ‘verborge’ Babilon en die ‘Nuwe’ Jerusalem geword.

Later is die heerskappymandaat aan koning Dawid oorhandig saam met die belofte dat die Messias uit sy nageslag gebore sou word, maar Dawid se heerskappy en troon is deur sy seun Absalom uitgedaag. Hy het op grond daarvan dat hy die seun van Dawid was, gevoel hy kwalifiseer, maar hy was ‘n troonrower en sy karakter het hom as onwaardig, om die heerskappymandaat te ontvang, bewys.

‘n Duisend jaar later, is Jesus gebore uit die bloedlyn van Dawid, om Sy troon te eis, maar Hy is ook uitgedaag op dieselfde manier waarop Absalom vir Dawid uitgedaag het. Die storie van Dawid en Absalom het weer in die Nuwe Testament afgespeel toe die hoërpriesters die troon van Christus wederregtelik beset het. Net soos Dawid ‘’n tweede koms’ gehad het, waar Absalom onttroon en uit die weg geruim is, net so sal Jesus ‘n tweede koms hê waar die troonrowers uit die weg geruim sal word en hul vals koninkryke uitgeroei sal word.

Jesus sal terselfdertyd as Josef kom om die geboortereg met die staf te herenig. Op daardie oomblik sal die Koninkryk van God nie alleen ‘n Koning hê nie, maar ook regverdige heersers, die geopenbaarde Seuns van God - eersgeborenes in Christus. Hierdie eerste ‘vrug’ van die skepping, verwek deur Jesus Christus volgens die beeld van God (Jakobus 1:18) (waarmee die eerste Adam gefaal het), sal regeer onder die gesag van Jesus Christus. Hierdie eersgeborenes in Christus sal met die eerste opstanding onsterflikheid ontvang en vry van sonde wees.