God's Kingdom Ministries
Serious Bible Study

GKM

Donate

Hoofstuk 5: Die terrein van die Koninkryk

Die Koninkryk van God beslaan grondgebied, wat alles wat God geskape het bevat, of dit nou in die hemel is, of op die aarde. Alles wat Hy besit is deel van Sy Koninkryk en Hy besit dit as gevolg van die skeppingsreg.

In Moses se dae, toe God aan die Israeliete die land Kanaӓn as hul nalatenskap gegee het, het Hy dit duidelik gemaak dat hulle NIE die grond besit nie. Hulle kon nie oppermagsaanspraak daaroor maak nie, hulle was bloot aan bewind daarvan. Dit staan onteenseglik in Levitikus 25:23, waar God sê

23 The land, moreover, shall not be sold permanently, for the land is mine; for you are but aliens and sojourners with me.

23 DIE grond moet ook nie vir altyd verkoop word nie; want die land is myne, omdat julle vreemdelinge en bywoners by My is.

Met ander woorde, die mens se gebruik van grond word deur die wet beperk - gebruik daarvan is nie onvoorwaardelik nie. Indien die wet oortree word, sal die mens, dien ooreenkomstig, beboet word. God eien Homself hierdie reg in Levitikus 26:33 toe, en kan mens dus uit ‘n grondgebied ontset (Levitikus 26:33).

Israel se reg tot die land Kanaӓn was op voorwaarde dat hul gehoorsaam sou wees. Dit was as gevolg van hul rebellie en ongehoorsaamheid dat God hulle, eers deur die Babiloniërs en toe die Romeine, van hul beheer oor die land ontneem en uit die land verstrooi het.

Nadat God Juda ontset het aan die hand van Koning Nebukadnesar van Babilon, het Hy hulle weer in Jeremia 27:5 herhinder aan Sy reg om dit te doen.

5 I have made the earth and men and the beasts which are on the face of the earth by My great power and by My outstretched arm, and I will give it to the one who is pleasing in My sight.

5 Ek het die aarde, die mens en die diere wat op die aarde is, gemaak deur my grote krag en deur my uitgestrekte arm, en Ek gee dit aan wie dit reg is in my oë.

Die aarde is geskape om die glorie van God te manifesteer en uiteindelik sal Sy doel met die skepping bereik word - God sal nooit misluk in Sy doel nie.

Die land Kanaӓn is ‘n tipe of metafoor vir ‘n baie groter vervulling wat in die toekoms sal plaasvind. Dink aan Kanaӓn as ‘n skaalmodel, ontwerp om aan ons te verduidelik wat God se intensie vir die hele aarde inhou. Hy is nie bloot die God van Kanaӓn nie, nie alleen die God van Abraham, Isak en Jakob nie, Hy is die ‘God van die hele aarde’ (Jesaja 54:5).

Die Ou Verbond was die eerste metode wat God ingestel het om Sy doel te bereik. Dit was ontwerp om te misluk, want God wil hê dat die mens sy eie beperkings sal besef. Die Ou Verbond het die verantwoordelikheid om God te gehoorsaam en so die Koninkryk van God op te rig, aan die mens oorgelaat - aan die mens se pogings, begeertes en vermoëns om gehoorsaam te wees (Eksodus 19:8). ‘n Mens se selfvertroue in sy eie vermoëns moet afgebreek word deur ondervinding.

Israel en toe Juda het misluk en is uitgeset. God het daarna ‘n Nuwe Verbond ingestel, waar Hy die verantwoordelikheid op Homself neem om regverdigheid op aarde te laat geskied. Met die Nuwe Verbond sê God ‘Ek sal’ en ‘jy sal’ in stede van die Ou Verbond se ‘AS jy’ - die Nuwe Verbond hang van God se vermoë af, eerder as die vermoëns van die mens.

Verder is die grondgebied van die Koninkryk vergroot, van ‘n smal strook in Palestina, tot die hele aarde.

Toe God Juda in die dae van Jeremia uitgeset het, het die burgers eers gedink dat dit bloot ‘n 70-jaar gevangenskap sou wees, waarna hulle sou terugkeer - die lewe sou daarna voortgaan soos tevore. Nebukadnesar se droom in Daniël 2 het egter daarop gedui dat Babilon slegs die begin (kop) van ‘n veel groter beeld was. Die beeld verteenwoordig ‘n veel langer gevangenskap wat sal voortduur tot aan die einde van hierdie tydperk.

Nadat die 70-jaar gevangenskap van Juda onder Babilon verstryk het, het Juda hulself vir ‘n verdere tweehonderd jaar onder die gesag van die Mede en Perse (twee arms van silwer in Nebukadneser se droombeeld) bevind. Hierdie fase is opgevolg deur die Grieke (die buik van die beeld) en die Romeine (die twee bene van die beeld). Verder het Daniël ook in ‘n visioen gesien dat Rome se tydperk verleng sou word deur ‘n ‘horinkie’ (Daniël 7:8,20). Die verlengde tydperk is vervul deur Papal-Rome na die val van keiserlike-Rome in 476 A.D.

Daniël het wel net ‘n breë omskrywing van die opeenvolging van die ryke ontvang, maar hy het ook gesien dat die Seuns van God (heiliges) uiteindelik die gesag en regsmag oor die aarde ontvang - dan en alleenlik dan, sal die verlengde gevangenskap eindig. Die Nuwe Testament getuig dat die heiliges van God hul gesag deur die krag van die Nuwe Verbond sal ontvang, nie die Ou Verbond nie.

God sal ook die Babiloniese opeenvolging van ryke gebruik om die aarde te verenig, net soos Nimrod, die stigter van Babilon, aan die begin gepoog het om die mensdom te verenig deur oorwinning en onderwerping (Genesis 11:4). God span dus Babilon se voornemens vir Sy eie doel in om die grondgebied van Sy Koninkryk te vergroot, om die hele aarde in te sluit. Op die manier, wanneer die tyd aanbreek en God Babilon se gesag staak, kan Hy als op een slag eien en die hele aarde oorneem.

Christene mag dalk geskok word deur Babilon se pogings om alle grense te verwyder, ‘n een-wêreld-regering, ‘n een-wêreld-geloof en ‘n globale ekonomie in te stel, maar die mense wat die Goddelike Plan verstaan en glo in God se Almagtigheid, kan hierdie verwikkelinge dophou sonder vrees.

Hulle verstaan dat al hierdie dinge deel vorm van God se Meesterplan en dat God die Babiloniërs gebruik as Sy diensknegte, net soos Hy koning Nebukadnesar gebruik het (Jeremia 25:6). Hulle is onwetend God se diensknegte, geroep om die koninkryke van die wêreld namens die Koninkryk van God te organiseer. Sodra hul werk voltooi is, sal God dit wat hulle opgebou het volgens Sy wette regstel en in Sy Koninkryk verander. Openbaring 11:15 sê

15 And the seventh angel sounded; and there arose loud voices in heaven, saying, ‘The kingdom of this world has become the kingdom of our Lord, and of His Christ; and He will reign for the ages of the ages’.

15  EN die sewende engel het geblaas, en daar was groot stemme in die hemel wat sê: Die koninkryke van die wêreld het die eiendom van onse Here geword en van sy Christus, en Hy sal as Koning heers tot in alle ewigheid.

Jesus het gesê dat Sy getroue diensknegte, wat die ander onderdruk het, nie seggenskap sal ontvang in Sy huis nie. Lukas 12:42-44 sê

42 And the Lord said, ‘Who then is the faithful and sensible steward, whom his master will put in charge of his servants, to give them their rations at the proper time? 43 Blessed is that slave whom his master finds so doing when he comes. 44 Truly I say to you, that he will put him in charge of all his possessions’.

42 En die Here antwoord: Wie is dan die getroue en verstandige bestuurder wat die heer oor sy diensvolk sal aanstel om hulle rantsoen op tyd te gee? 43 Gelukkig is daardie dienskneg vir wie sy heer, as hy hom, só besig sal vind. 44 Waarlik, Ek sê vir julle, hy sal hom oor al sy gesittings aanstel.

Ons sien hier dat die getroue diensknegte in beheer van al Sy besittigs sal wees. Met ander woorde, hulle sal heers oor al die mense wat nie as leiers kwalifiseer het nie. Vereistes vir leierskap is die vermoë om mense met liefde en vriendelikheid te behandel, eerder as onregverdigheid en onderdrukking. Ons kwalifiseer dus deur ons manier van lewe in die huidige tydperk.

Daniël 7:27 noem hierdie leiers ‘die volk van die heiliges van die Allerhoogste’. Hulle ontvang regsmag in die Koninkryk van God in die volgende tydperk, wanneer die ‘Klip-Koninkryk’ die Babiloniese beeld teen die voete tref. Ons lees ook in Openbaring 5:10

10 And thou hast made them to be a kingdom and priests to our God; and they will reign upon the earth.

10 en [U] het ons konings en priesters vir onse God gemaak, en ons sal as konings op die aarde heers.

Wie sal hierdie heiliges wees? Volgens die Christen-Zioniste sal hulle Jode wees wat op die laaste oomblik bekeer of verander word. Die Nuwe Testament verduidelik dat hulle Christene sal wees, nie bloot net Christene nie, maar sogenaamde ‘oorwinnaars’. Hulle is die mense wat die volle reis deur Pasga en Pinkster voltooi het. Dit is hulle wat die visie gehad het om anderkant Pinkster tot by die Loofhuttefees te vorder, ongeag hul bloedlyn.

Die idee dat Jode sal bekeer of verander na die beeld van Christus en dan dadelik sal kwalifiseer vir leierskap in die Koninkryk, is absurd. Die idee is gebaseer op die wanbegrip dat ‘n mens se bloedlyn voldoende is om ‘n leier in God se Koninkryk te wees. Hulle neem aan dat die Jode, Israel is en dat ‘n Pasga-ondervinding hulle as leiers sal kwalifiseer, maar dit is nie wat in die Skrif geskryf staan nie.

God het die skeidingsmuur afgebreek en is besig om ‘n ‘een nuwe mens’ in Christus te vorm (Efesiërs 2:15). Die nuwe mens is korporatief met Jesus as die hoof en die oorwinnaars as die liggaam. Almal word op dieselfde manier gekeur om deel van die liggaam te vorm, ongeag hul bloedlyn. Almal word verskoon deur Pasga, gereinig deur Pinkster en verheerlik deur die Loofhutte om betyds te kwalifiseer vir die eerste opstanding.

Paulus beskryf hierdie ‘een nuwe mens’ in Christus ook as ‘n korporatiewe tempel, gebou op die fondasie van die Apostels en die Profete, met Jesus Chirstus as die hoeksteen. Maak nie saak watter metafoor ingespan word nie, die onderliggende waarheid wat dit openbaar, is gebasseer op ‘n mens se persoonlike verhouding met Christus.

Openbaring 20:6 sê dat hierdie oorwinnaars saam met Christus sal regeer vir ‘n duisend jaar tot die einde van die ‘Sabbat-dag’ (millennium). Dit sal die eerste week vanaf Adam beëindig, waarna die volgende groot fase van die Goddelike plan sal aanbreek. Dan sal die wat afgestorwe is, opgewek en geoordeel word. Al die ongelowiges sal dan onderwerp word aan die ‘Liggaam’ van Christus en hulle sal dan voor Hom buig en belei dat Hy die Here is (Fillipense 2:10,11). Verder kan niemand sê ‘dat Jesus die Here is nie, behalwe deur die Heilige Gees (1 Korintiërs 12:3).

Dit sal hulle almal se Pasga-ondervinding wees, want hulle sal dan almal gelowiges word. Van daardie oomblik af begin hulle regverdigheid leer deur Pinkster tot die finale tydperk aanbreek, wat bekend staan as die skepping se jubeljaar - Jubileum, wanneer die ganse aarde die vryheid van die Seuns van God sal ervaar (Levitikus 25:10).