Latest Posts
View the latest posts in an easy-to-read list format, with filtering options.

Hierdie boek is die eerste van agt in die reeks en behels ‘n studie van Openbaring 1 en 2. Dit eindig met Openbaring 2:17 Aanhalings uit NASB en 1933 AV tensy anders vermeld.
Category - Bible Commentaries
Die boek Openbaring is ‘n Hebreeuse boek, uitgedruk in die Griekse taal.
Dít alleen verbind hierdie boek met die boek van Daniël. Die beeldspraak en simboliek is afgelei van Hebreeuse geskrifte. Dr. Bullinger wys daarop dat daar sewe gedeeltes in die hoofdeel van die boek Openbaring is, wat afwissel tussen tonele wat onderskeidelik op aarde en in die hemel afspeel.
A Inleiding (hoofstuk 1)
B Die mense op aarde (hoofstuk 2, 3)
C¹ In die hemel (hoofstuk 4, 5)
D¹ Op aarde (hoofstuk 6:1 - 7:8)
C² In die hemel (hoofstuk 7:9 - 8:6)
D² Op aarde (hoofstuk 8:7 - 11:14)
C³ In die hemel (hoofstuk 11:15-19)
D³ Op aarde (hoofstuk 11:19)
C⁴ In die hemel (hoofstuk 12:1-12)
D⁴ Op aarde (hoofstuk 12:13 - 13:18)
C⁵ In die hemel (hoofstuk 14:1-5)
D⁵ Op aarde (hoofstuk 14:6-20)
C⁶ In die hemel (hoofstuk 15:1-8)
D⁶ Op aarde (hoofstuk 16:1 - 18:24)
C⁷ In die hemel (hoofstuk 19:1-16)
D⁷ Op aarde (hoofstuk 19:17 - 20:15)
B¹ Die mense op die nuwe aarde (hoofstuk 21:1 - 22:5)
A¹ Slotsom (hoofstuk 22:6-21)
Hierdie sewe gedeeltes rig ons aandag op die sewende letter in die Hebreeuse alfabet, sayin wat ’n ‘wapen’ beteken - die stamwoord beteken ‘om te sny’. In hierdie geval sien ons dat hofuitsprake en wetstoepassing deur middel van engele, as geestelike wapens gebruik word om die gewenste doel van die hemel te laat geskied. Hierdie doel is om ‘alles aan Homself [te] kan onderwerp’ (Filippense 3:21)
Hierdie hemel-en-aarde struktuur van die boek was nie ontwerp om hemel en aarde van mekaar te onderskei nie, maar om dit met mekaar te verbind in ‘n oorsaak-en-gevolg verhouding. Die doel is harmonie, nie die veroesting van die aarde of die onderwerping daarvan as ‘n slavin nie. Hierdie goddelike doel bereik ‘n hoogtepunt in Openbaring 21:2, waar ons die Nuwe Jerusalem sien neerdaal uit die hemel na die Nuwe Aarde wat in die vorige hoofstukke voorberei is. Dit word in terme van ‘n huweliksbevestiging uitgebeeld (‘n bruid versier vir haar bruidegom). Eenheid en ooreenstemming word so tussen hemel en aarde bereik.
Dit was die doel van die geskiedenis van die begin af. Die doel was nie vir Christus om met ‘n slavin (‘Hagar’ volgens Galasiërs 4:22-25) te trou nie. Christus wil met ‘n vrye trou, wat mede erfgenaam en heerseres saam met Hom kan wees. Net ‘n vrye kan aan die beskrywing in Genesis 2:18 voldoen as ’n ‘hulp wat by hom pas.’ Die beskrywing van die bruid in Openbaring 21:2 verduidelik wat God bedoel het in Genesis 2:18 wanneer Hy saam met ons, op ‘n gemeenskaplike- en in ons op ‘n persoonlike vlak, woon. Mens kan sê dat geskiedenis self die tyd is wat dit neem vir hierdie ‘bruid’ om haarself gereed te maak om ‘by Hom te pas’. Dit word moontlik gemaak deur interaksie tussen hemel en aarde. Dit bied ook ‘n beeld van die soewereine opdragte van God in die hemel, wat gewenste veranderinge op aarde teweegbring.
Dit is die globale doel en progressie van geskiedenis wat die basiese struktuur van Openbaring as voorstelling ten doel het. Beide Johannes en Daniël word by hierdie doel ingesluit saam met die hele Woord van God van die begin af.
Dus was die boek Openbaring se doel nie om die uiteindelike vernietiging van die hele aarde te beskryf nie, maar eerder die hernuwing daarvan op dieselfde manier as wat God ons denke op individuele vlak vernuwe. Die vernietiging van die ‘ou mens’ word bereik deur die redding van die ‘nuwe mens’. Wanneer die Heilige Gees Christus in ons verwek en die Heilge ‘saad’ tot geboorte bring, gaan als wat in vyandskap met God is verby, maar als wat in ooreenstemming is met God erf alle dinge saam met Christus.
So is dit ook op gemeenskaplike vlak van die mensdom in geheel. Die eerste hemel en die eerste aarde gaan verby, nie as gevolg van vernietiging nie, maar deur vervanging met die perfekte Nuwe Aarde. Die hemel wen die hart van die bruid en die groot bruilof kan plaasvind.
Elk van die 22 hoofstukke bevat ‘n onthulling van ‘n Hebreeuse letter in opeenvolgende volgorde en bied ‘n oorsig van die boek self.
In werklikheid koppel dit die boek Openbaring aan Psalm 119, wat in 22 gedeeltes opgebreek is. Al 8 verse van elke gedeelte begin met dieselfde letter van die Hebreeuse alfabet. Hierdie Psalm was bedoel om die openbaring van die Woord te verteenwoordig, wat uit 22 letters bestaan. Die 22 letters word gesien as uitdrukking van die volle openbaring van God se Woord. Dit bevestig die waarheid van Deuteronomium 8:3 wat Jesus teen die duiwel gebruik het in Matteus 4:4:
4 But He answered and said, ‘It is written, Man shall not live on bread alone, but on every word that proceeds out of the mouth of God.’
4 Maar Hy antwoord en sê: Daar is geskrywe: Die mens sal nie van brood alleen lewe nie, maar van elke woord wat deur die mond van God uitgaan.
Dus was die boek Openbaring ontwerp om die volle omvang van die waarheid wat vanuit die mond van God gaan aan te bied. Die feit dat dit in Grieks geskryf is, beteken nie dat dit met ‘n Griekse bril gelees moet word nie. As Johannes bedoel het om Griekse patrone aan te bied sou hy 26 hoofstukke geskryf het, een vir elke letter van die Griekse alfabet. Hy het egter 22 duidelike gedeeltes geskryf, wat maklik in 22 hoofstukke verdeel soos aangebied in die vorm van die boek.
Johannes sê in Openbaring 1:3 ‘Salig is hy wat die woorde van die profesie lees, en die wat dit hoor en bewaar ...’ Woorde word gevorm deur letters. In vers 1 sê hy dat die woorde ‘openbaar’ en ‘te kenne’ gegee is deur Sy engel. Die Griekse woord is semaino, en beteken ‘om ‘n teken te gee’. Die stamwoord is sema, wat ’n ‘merk’ beteken.
Hoewel dit in Grieks uitgedruk is, is die gedagte daaragter Hebreeus. Die laaste letter van die Hebreeuse alfabet is tau, en beteken ’n ‘merk of teken’. In Esegiël 9:3-4 is die man ‘wat met linne bekleed was,’ opdrag gegee om ’n ‘teken (tau) op die voorhoofde van die manne wat sug en steun oor al die gruwels wat daarin gedoen word’, te maak. Dit was meer as net ‘n teken, dit was die handtekening van God, oorspronklik geskryf as ‘n X of as ‘n kruis op hul voorkoppe.
Johannes onthul subtiel reeds aan die begin van die boek die uiteindelike doel, naamlik vir die Eienaar om die hele aarde te eis en beskerm. As Skepper besit God die aarde en Hy is ook daarvoor verantwoordelik. Aangesien tau die laaste letter van die alfabet is, sien ons dat God Sy Naam aan die einde van hoofstuk 22 teken. Openbaring 22:4 sê: ‘... Sy Naam sal op hulle voorhoofde wees’ - Sy Naam is natuurlik Jesus, ‘verlosser/verlossing’ (Openbaring 22:21), wat Sy naam met ‘n X geteken het.
Alef א bul, eerste, primêr, begin (Openb. 1)
Bet ב huis , huishouding (Openb. 2)
Gimel ג kameel, trots, oplig (Openb. 3)
Dalet ד deur (Openb. 4)
He ה asem, gees (Openb. 5)
Vav (Wau) ו spyker, pen, verbinding (Openb. 6)
Sajin ז wapen, sny (Openb. 7)
Get ח heining, binnekamer (Openb. 8)
Tet ט slang, omring (Openb. 9)
Yod י toe hand, werk, daad (Openb. 10)
Kaf כ oop hand, palm (Openb. 11)
Lamed ל os, stok, outoriteit (Openb. 12)
Mem מ water, chaos (Openb. 13)
Noen נ vis, swerm, wemel (Openb. 14)
Samek ס opstel, ondersteun (Openb. 15)
Ajin ע oog, sien, manifesteer (Openb. 16)
Pe ף mond, woord (Openb. 17)
Sade צ haak, begeer (Openb. 18)
Kof ק agterkop, wat volg (Openb. 19)
Resj ר hoof, leier (Openb. 20)
Sjin ש tande, verslind, verbruik (Openb. 21)
Tau ת merk, teken (Openb. 22)
Dit sal beter verduidelik word wanneer ons elke hoofstuk van Openbaring bestudeer. Soos ons sal sien, het elke hoofstuk iets te doen met elk van die Hebreeuse letters.