Latest Posts
View the latest posts in an easy-to-read list format, with filtering options.

Hierdie boek is die eerste van agt in die reeks en behels ‘n studie van Openbaring 1 en 2. Dit eindig met Openbaring 2:17 Aanhalings uit NASB en 1933 AV tensy anders vermeld.
Category - Bible Commentaries
Johannes gaan voort in Openbaring 1:7:
7 Behold, He is coming with [meta] the clouds, and every eye will see Him, even those who pierced Him; and all the tribes of the earth will mourn over Him. Even so, Amen.
7 Kyk, Hy kom met [meta] die wolke, en elke oog sal Hom sien, ook hulle wat Hom deursteek het; en al die geslagte van die aarde sal oor Hom rou bedryf; ja, amen.
Die konsep van die Messias wat ‘met die wolke kom’ is ‘n verysing na Daniël 7:13-14, waar die profeet van ‘n tyd praat wanneer die nasies veroordeel sal word:
13 I kept looking in the night visions, and behold, with the clouds of heaven, One like a Son of Man was coming, and He came up to the Ancient of Days and was presented before Him. 14 And to Him was given dominion, glory, and a kingdom ...
13 Ek het gesien in die naggesigte, en kyk, met die wolke van die hemel het Een gekom soos die Seun van ‘n mens, en Hy het gekom tot by die Oue van dae, en hulle het Hom nader gebring voor Hom. 14 En aan Hom is gegee heerskappy en eer en koningskap...
Jesus het Daniël se profesie op Homself van toepassing gemaak gedurende Sy verhoor voor die raad. Toe die Hoërpriester Hom gedaag het om die waarheid te praat (volgens die wet in Levitikus 5:1), was Jesus verplig om volgens wet die waarheid en niks anders as die waarheid te praat nie. Matteus 26:64 sê:
64 Jesus said to him, ‘You have said it yourself; nevertheless I tell you, hereafter you shall see the Son of Man at the right hand of Power, and coming on the clouds of heaven.
64 Jesus antwoord hom: U het dit gesê. Maar Ek sê vir u almal: Van nou af sal u die Seun van die mens sien sit aan die regterhand van die krag van God en kom op die wolke van die hemel.
Die hoërpriester het aangeneem dat Jesus ‘n bedrieër was, sy klere geskeur en Jesus ter dood veroordeel op aanklag van godslastering (meineed). Johannes weerspreek Kajafas deur daarop aan te dring dat Jesus se getuienis waar was. Jesus is inderdaad die Een wat kom om aan die Oue van dae voorgehou te word en wie heerskappy en eer en koningskap ontvang.
Terwyl sommiges glo dat hierdie profesie reeds volbring is toe Jesus opgevaar het na die troon in die hemel, is dit my opinie dat hierdie profesie op daardie stadium slegs gedeeltelik vervul was. Onthou die gelykenis van Jesus oor ‘n man van hoë geboorte wat na ‘n vêr land moes reis om ‘n koningskap vir homself te gaan ontvang en daarna terug sou keer (Lukas 19:12). Dit is een ding wanneer outoriteit toegestaan word, maar iets heeltemal anders om ‘n koninkryk te ontvang. Om die Koninkryk van die troonrowers terug te neem is presies wat Christus nog moet doen met Sy wederkoms.
Herodus die Grote is ‘n goeie voorbeeld van hoe hierdie konsep werk. Hy is na Rome om ondersteuning en magtiging te bekom, sodat hy koning kon word. Daarna het hy teruggekeer om die koningskap af te neem van van sy teenstander, Antigonus. Dus is toestemming van ‘n hoër mag om heerskappy te ontvang nie dieselfde as om dit bloot te annekseer nie. So is dit ook met Jesus Christus - Hy het opgevaar na die hemel om die koninkryk wettig te ontvang, maar hy moet terugkeer om dit van die troonrowers weg te neem en fisies daarvan besit te neem.
Die tussentydse koninkryk (tussen die eerste koms en wederkoms van Christus) word uitgebeeld as ‘n Saul-koninkryk, beheer deur die stam van Benjamin, eerder as Juda. Dus het Christus die Oue van dae genader om toestemming tot die Koninkryk te ontvang, maar dit eindig nie daar nie. Hy sal ‘met die wolke’ terugkeer om die aarde fisies terug te neem as Koning van konings en Heer van here. Daardeur sal Hy beheer neem van die Dier-koninkryk, ‘... en al die volke en nasies en tale het Hom vereer.’ (Daniël 7:14)
Met betrekking tot Christus se koms met die wolke, gaan Openbaring 1:7 voort:
7 ... every eye will see Him, even those who pierced Him; and all the tribes of the earth will mourn over Him. Even so, Amen.
7 ... en elke oog sal Hom sien, ook hulle wat Hom deursteek het; en al die geslagte van die aarde sal oor Hom rou bedryf; ja, amen!
Johannes het Sagaria parafraseer. Sagaria 12:10 sê:
10 And I will pour out on the house of David and on the inhabitants of Jerusalem, the Spirit of grace and of supplication, so that they will look on Me whom they have prierced; and they will mourn for Him, as one mourns for an only son, and they will weep bitterly over Him, like the bitter weeping over a first-born.
10 Maar oor die huis van Dawid en oor die inwoners van Jerusalem sal Ek uitgiet, die Gees van genade en smekinge; en hulle sal opsien na My vir wie hulle deurboor het, en hulle sal oor Hom rouklaag soos ‘n mens rouklaag oor ‘n enigste seun en bitterlik oor Hom ween soos ‘n mens bitterlik ween oor ‘n eersgebore kind.
In Johannes se parafrase stel hy Christus se koms gelyk aan die uitstorting van ‘die Gees van genade en smekinge’. Wanneer Johannes sê ‘elke oog sal Hom sien’, verwys hy na Sagaria se stelling: ‘hulle sal opsien na My’. Sagaria het nie verwys na die hoeveelheid mense wat Hom sou sien nie. Johannes sê ‘elke oog sal Hom sien’.
Johannes sluit spesifiek dié wat Hom deursteek het in, met ander woorde die Jode (nie die Romeine nie). Johannes het voorheen hierdie vers van Sagaria aangehaal tydens sy weergawe van die kruisiging. Johannes 19:35-37 lui:
35 And he who has seen has borne witness, and his witness is true; and he knows that he is telling the truth, so that you also may believe. 36 For these things came to pass, that the Scripture might be fulfilled, ‘Not a bone of Him shall be broken.’ 37 And again another Scripture says, ‘They shall look on Him whom they pierced’.
35 En hy wat dit gesien het, het dit getuig, en sy getuienis is waaragtig; en hy weet dat hy die waarheid spreek, sodat julle kan glo. 36 Want hierdie dinge het gebeur, dat die Skrif vervul sou word: Geen been van Hom sal gebreek word nie. 37 En weer sê ‘n ander Skrif: Hulle sal sien in wie hulle gesteek het.
Johannes was by die voet van die kruis toe Jesus gekruisig is - hy was ‘n ooggetuie. Dit het in die laaste tyd mode geword om die Romeine te blameer vir Jesus se kruisiging. Sagaria het egter profeteer dat die Jode Hom sou deursteek en die wet opsigself profeteer dat dit die priesters sou wees wat dié offer sou maak. In Handelinge 4:10 sê Petrus vir die priester en sy familie ‘deur die Naam van Jesus Christus, die Nasaréner, wat julle gekruisig het’. Later het Stefanus in Handelinge 7:52 vir die hoërpriester gesê:
52 Which one of the prophets did your fathers not persecute? And they killed those who had previously announced the coming of the Righteous One, whose betrayers and murderers you have now become.
52 Watter een van die profete het julle vaders nie vervolg nie? Ja, hulle het dié doodgemaak wat vooraf die koms verkondig het van die Regverdige, van wie julle nou verraaiers en moordenaars geword het;
Johannes gaan in Openbaring 1:7 voort en sê: ‘al die geslagte van die aarde sal oor Hom rou bedryf’. Hy sê nie al die stamme van Israel nie, sy omvang sluit dus die ganse aarde met baie nasies van mense in. Hy stel ‘n vervulling van die Abrahamitiese roeping voor, wat ‘n seën vir alle geslagte van die aarde sal wees (Genesis 12:3). Tog sê Johannes dit sluit spesifiek dié wat Hom deursteek het in.
Sagaria se profesie vertel ons wanneer die Gees van genade en smekinge uitgestort word, dat dit rouklaag en geween sal veroorsaak. Om ‘op te sien na Hom’, is om Hom te sien vir wie Hy is. Dan sal die groot leuen oopgevlek word. Daardie generasie sal dan besef dat hul eerste-eeuse godsdienstige leiers vir hulle gelieg het. Matteus 28:11-15 beskryf die aard van daardie leuen:
11 Now while they were on their way, behold, some of the guard came into the city and reported to the chief priests all that had happened [ie Jesus’s resurrection]. 12 And when they had assembled with the elders and counselled together, they gave a large sum of money to the soldiers, 13 and said ‘You are to say: “His disciples came by night and stole Him away while we were asleep”. 14 And if this should come to the governor’s ears, we will win him over and keep you out of trouble’. 15 And they took the money and did as they had been instructed; and this story was widely spread among the Jews, and to this day.
11 En terwyl hulle op weg was, kom daar sommige van die wag in die stad en vertel die owerpriesters alles wat gebeur het [met betrekking tot Jesus se opstanding]. 12 En nadat hulle saam met die ouderlinge vergader en raad gehou het, het hulle die soldate baie geld gegee 13 en gesê: Julle moet sê: Sy dissipels het in die nag gekom en Hom gesteel terwyl ons aan die slaap was. 14 En as dit by die goewerneur gehoor word, sal ons hom tevrede stel en maak dat julle sonder sorg is. 15 Hulle het toe die geld geneem en gedoen soos hulle geleer was. En hierdie storie is versprei onder die Jode, tot vandag toe.
Wanneer die Joodse mense uitvind hoe hul godsdiensleiers hulle bedrieg het, gaan hulle bitterlik ween soos oor ‘n eersgebore seun wat dood is.
Daar is meer aan hierdie bitter geween as wat sommiges omgee om te erken. Hulle sal beslis ween en van hul verwerping van Christus in die verlede bekeer. Tog het sonde nagevolge, veral langdurige rebellie teen God. Jesus se gelykenis van die wingerd in Matteus 21:33-41 wys die gevolge daarvan om die Seun van die Eienaar dood te maak. In werklikheid het Jesus die owerpriesters en ouderlinge hulself laat oordeel. Hy het vir hulle gevra:
40 ‘Therefore when the owner of the vineyard comes, what will he do to those vine-growers? 41 They said to Him, ‘He will bring those wretches to a wretched end, and will rent out the vineyard to other vine-growers, who will pay him the proceeds at the proper seasons.’
40 Wanneer die eienaar van die wingerd dan kom, wat sal hy met daardie landbouers maak? 41 Hulle antwoord Hom: Die slegte mense - hy sal hulle ‘n slegte dood laat sterwe en die wingerd verhuur aan ander landbouers wat hom die vrugte op die regte tyd sal gee.
Jesus se uitspraak word in Matteus 21:42-44 gegee:
42 Jesus said to them, “Did you never read in Scriptures, ‘The stone which the builders rejected, this became the corner stone; this came about from the Lord, and it is marvelous in our eyes?’ 43 Therefore I say to you, the kingdom of God will be taken away from you, and be given to a nation producing the fruit of it. 44 And he who falls on this stone will be broken to pieces; but on whomever it falls, it will scatter him like dust.”
42 Jesus sê vir hulle: Het julle nooit in die Skrifte gelees nie: Die steen wat die bouers verwerp het, dit het ‘n hoeksteen geword. Hy het vir die Here gekom en is wonderlik in ons oë? 43 Daarom sê Ek vir julle: Die koninkryk van God sal van julle weggeneem en aan ‘n volk gegee word wat die vrugte daarvan sal dra. 44 En hy wat op hierdie steen val, sal verpletter word; maar elkeen op wie hy val, dié sal hy vermorsel.
Hier verwys Jesus na twee duidelike profesieë: Die eerste is uit Psalm 118:22-23, waar die steen wat verwerp is die hoeksteen word. Die tweede is die ‘klip’ van Daniël 2:35 waar die yster, klei, koper, silwer en goud [koninkryke] ‘fyngestamp’ word en soos kaf deur ‘die wind weggeneem’ word van die ‘dorsvloere’ af. Die klip (die Koninkryk van God) word dan ‘n groot rots wat die hele aarde vul.
Jesus het gewaarsku dat dieselfde klip wat deur die Joodse volk verwerp was, die klip is wat al die koninkryke, insluitend hulle volk, gaan fynstamp. ‘Daarom’ het Jesus geprofeteer: ‘die koninkryk van God sal van [hulle] weggeneem en aan ‘n volk gegee word wat die vrugte daarvan sal dra’. Wie sal hierdie koninkryk dan ontvang? Die oorwinnaars, nie die hele kerk nie, maar slegs dié wat wel die vrug van die Gees wat God van die begin af verlang het, voortbring.
Hier is dit weer van kardinale belang om die funksie van die drie feesdae te verstaan: Paasfees bring regverdiging, Pinkster - heiligmaking en Loofhutte - verheerliking. Indien gelowiges nie deur Pinkster groei nie, hoe kan hulle vrug voortbring teen die tyd van die oes, wanneer Loofhutte gevier word?
Deur die Paaslam te verwerp, het die Jode (as ‘n nasie) nie eens die eerste fees gevier op die manier wat God vereis nie. Wanneer Christus ‘met die wolke’ kom, sal hulle die Lam van God herken en die Paasfees onderhou op ‘n aanvaarbare manier volgens die Nuwe Verbond. Hulle sal egter nie tyd hê om geestelik te groei nie en sal daarom nie kwalifiseer om in die Koninkryk te heers nie. Hulle sal besef dat die Koninkryk van God van hulle ontneem is en dat hul fisiese bloedlyn hulle nie as priesters van die Orde van Melgisedek kwalifiseer nie.
Toe Dawid deur Absalom van sy troon beroof is (2 Sameul 15:10), het Dawid uit die stad gevlug met die pad langs die Olyfberg verby, waar hy ‘n offer gemaak het (2 Sameul 15:30-32 KJV). Dit het profeteer van Jesus se offer op dieselfde plek. Agitofel, Dawid se vriend, het hom verloën net soos Judas Jesus later verloën het. Simei het Dawid gevloek en met klippe gegooi (2 Sameul 16:5-6), net soos Jesus met klippe gegooi was terwyl Hy aan die kruis gehang het - soos almal wat van godslastering aangekla was, was die teiken vir die gesig: ‘... so misvormd was sy voorkoms, geen mens meer nie, en sy gestalte was nie soos dié van ‘n mensekind nie’ (Jesaja 52:14).
Dawid het ‘n onbekende tyd in die wildernis deurgebring; Jesus het na die hemel opgevaar vir ‘n onbekende tyd. Toe Dawid teruggekeer het om sy troon terug te neem - dit profeteer van die tweede koms van Christus. Van relevante belang in die profesie van Dawid se terugkeer, is die feit dat Absalom dood is (2 Sameul 18:14). Absalom, die troonrower het nie saam met sy vader geheers ná Dawid se terugkeer nie. Só sal die rowers van Christus se troon ‘n soortgelyke lot teëkom.
Matteus het ‘n ander Koninkryksgelykenis van Jesus aangeteken in Matteus 22:1-14. ‘n Koning het ‘n bruilofsfees vir sy seun gehou. Dié wat uitgenooi was het geweier om die geleentheid by te woon. Wat meer is, hulle het die boodskappers mishandel en doodgemaak (Matteus 22:6). Ons lees die koning se reaksie in Matteus 22:7:
7 But the king was enraged and sent his armies, and destroyed those murderers, and set their city on fire.
7 Toe die koning dit hoor het hy kwaad geword en sy manskappe gestuur en daardie moordenaars omgebring en hulle stad aan die brand gesteek.
Die koning het toe ander diensknegte gestuur om uit te gaan op die paaie en almal te nooi wat hulle kon vind. Van hulle was nie behoorlik aangetrek in klere van verlossing nie en hulle is ook later uitgegooi (Matteus 22:13). Ons lees die gevolgtrekking in vers Matteus 22:14:
14 For many are called, but few are chosen.
14 Want baie is geroep, maar min uitverkies.
Met ander woorde: beide Jode en nie-Jode word geroep, maar uiteindelik word min uitverkies. Die uitverkorenes is die oorblyfsel van genade soos Paulus in Romeine 11:5-7 verduidelik. Die res is ‘verhard’ (NASB en 1933 AV); ‘verblind’ (KJV).
In Matteus 23 verduidelik Jesus ‘n reeks ellendes aangaande Jerusalem wat ‘profete vermoor het’ (Matteus 23:31). Bewus daarvan dat Hy binnekort gekruisig sou word, sê Hy in Matteus 23:32: ‘Maak die maat van julle vaders dan vol!’
Matteus 23:35 sê dat Jerusalem verantwoordelik gehou sal word vir ‘al die regverdige bloed wat vergiet is op aarde, van die bloed van die regverdige Abel af tot op die bloed van Sagaria’. Hy eindig met Matteus 23:38-39:
38 Behold, your house is being left to you desolate! 39 For I say to you, from now on you shall not see Me until you say, ‘Blessed is He who comes in the name of the Lord!’
38 Kyk, julle huis word vir julle woes [verlate] gelaat! 39 Want Ek sê vir julle: Julle sal My van nou af sekerlik nie sien nie totdat julle sal sê: Geseënd is Hy wat kom in die Naam van die Here!
Hierdie verlatenheid van Jerusalem het die eerste keer plaasgevind toe die stad deur Babilon verwoes is in 586 v.C. Daarna was dit weer verwoes in 70 n.C. Die derde groot verwoesting moet nog in die toekoms iewers plaasvind. Ons weet dit omdat die profeet Jeremia geprofeteer het dat die stad so erg verwoes sal word, dat dit nie weer herstel of herbou sal word nie (Jeremia 19:10-11). Hy het dit illustreer deur ‘n pottebakkerskruik in die vallei van Ben-Hinnom, Gehenna in Grieks, stukkend te gooi.
Die Ou Jerusalem sal nie in die laaste minuut gespaar word, soos baie aanvoer nie. Paulus sê die aardse Jerusalem is ‘Hagar’ (Galasiërs 4:25) en verteenwoordig die Ou Verbond. Jerusalem en haar kinders (Jode) sal nie die Koninkryk beërwe nie, maar sal uitgewerp word (Galasiërs 4:30), tot voordeel van kinders van die Nuwe Verbond - dit is Sarah of die Nuwe Jerusalem (Galasiërs 4:26,28,31).
Christus sal kom iewers rondom die verwoesting van Jerusalem - of dit voor of daarna is, weet ek nie. ‘Elke oog sal Hom sien’ wanneer Hy kom en al die volke van die aarde sal ‘bitterlik ween’, sommige meer as ander. Die Jode sal ween, omdat hulle deur hul godsdiensleiers mislei is. Hulle sal ook ween, omdat hulle sal besef dat die Koninkryk van God van hulle ontneem is. Hulle sal ween omdat hul droom om oor die wêreld te regeer as die ‘uitverkorenes’ hulle sal ontwyk. Slegs die oorblyfsel van genade sal saam met Christus heers en regeer.
Bekering in daardie laatste uur sal geen verandering bring aan die uitsprake wat Christus gemaak het voor Sy kruisiging nie. Dit sal nie Jeremia se profesie of die verwoesting van Jerusalem verander nie. Bekering sal eerder aan Jode en alle ander mense die geleetheid gee om burgers van die Nuwe Jerusalem te word, waardeur hulle ewe veel geseënd sal wees as al die ander burgers daarvan.