God's Kingdom Ministries
Serious Bible Study

GKM

Donate

Hoofstuk 9: Die Seun van Die Mens

Die stem wat Johannes op die dag van die Here gehoor het, het hom opdrag gegee om aan die sewe gemeentes te skryf, en vir hulle te sê wat hy gesien het. Voordat Johannes egter begin het om hierdie boodskap in te neem, het hy sy omgewing waargeneem en omgedraai om te sien wie met hom gepraat het.

Die Stem Vanuit die Tempel

Openbaring 1:12-13 sê

12 And I turned to see the voice that was speaking to me. And having turned I saw seven golden lampstands, 13 and in the middle of the lampstands one like a son of man, clothed in a robe reaching to the feet, and girded across His breast with a golden girdle.

12 Toe draai ek my om, om te sien watter stem met my gespreek het; en toe ek my omgedraai het, sien ek sewe goue kandelaars, 13 en tussen die sewe kandelaars in Een soos die Seun van die mens met ‘n kleed aan wat tot op die voete hang, en gegord om die bors met ‘n goue gordel.

Dit was dus ‘n visioen van die tempel in die hemel met die stem van God wat daaruit praat - die hemelse heiligdom. Hiervan lees ons in Hebreers 9:11,

11 But when Christ appeared as a high priest of the good things to come, He entered through the greater and more perfect tabernacle, not made with hands, that is to say, not of this creation.

11 Maar Christus, wat opgetree het as Hoërpriester van die toekomstige weldade, het deur die groter en volmaakter tabernakel wat nie met hande gemaak is nie, dit wil sê, wat nie aan hierdie skepping behoort nie.

Die opgewekte, verheerlikte Christus het nie gepraat uit die Allerheiligste (van die aardse tempel) soos mens sou verwag nie, maar uit die midde van die kandelare in die Heiligdom. Hierdie sewe goue kandelare was duidelik veronderstel om die sewe gemeentes te verteenwoordig. Johannes praat sewe keer van hierdie kandelare in Openbaring (Openbaring 1:12, 13, 20 [twee keer], Openbaring 2:1, 5 en 11:4), asof hy die sewe gemeentes wil beklemtoon.

Sedert die Gees aan die sewe gemeentes gegee is op Pinkster, vind ons Christus geposisioneer in die middel van die kerk. Die kerk vul die rol van die priesterdom, want slegs priesters word in die Heiligdom toegelaat. Dit sê dat alle ware Christene veronderstel is om priesters te wees en nie bloot priesters oor hulle aangestel moet hê nie.

Die vorm waarin Christus verskyn, word beskryf ‘soos die Seun van die mens’. Met ander woorde: in die vorm van ‘n mens, aangetrek soos die Hoëpriester van die Megisedekorde. Die term ‘Seun van die mens’ dra geweldige profetiese betekenis, aangesien die term gebruik word om die Een te beskryf wat na die Oue van Dae gaan volgens Daniël 7:13, om heerskappy oor die aarde te ontvang. Hy kan in die hemel heers as die Seun van God, maar omdat die mens outoriteit oor die aarde ontvang het volgens Genesis 1:26-28, moes Hy die Seun van die mens word, om oor die aarde te heers. Hy moes die laaste Adam wees, volkome na die beeld en aard van God, om die reg van outoriteit te ontvang.

Hebreërs 8:1-2 sê:

1 Now the main point in what has been said is this: we have such a high priest, who has taken His seat at the right hand of the throne of the Majesty in the heavens, 2 a minister in the sanctuary, and in the true tabernacle, which the Lord pitched, not man.

1 Die hoofsaak nou van wat ons gesê het, is dit: Ons het so ‘n Hoëpriester wat gaan sit het aan die regterhand van die troon van die Majesteit in die hemele, 2 ‘n bedienaar van die heilige dinge en van die ware tabernakel wat die Here opgerig het en nie ‘n mens nie.

Johannes was self (aan sy moeder se kant) deel van ‘n familie van priesters, soos ek verduidelik in Dr. Luke: Healing the Breaches, Boek 8, Hoofstuk 9. Dus het Kajafas, Johannes persoonlik geken (Johannes 18:15), en met Jesus se verhoor kon Johannes met die deurwag reël om aan Petrus toegang tot die binnehof (waar die verhoor plaasgevind het), te verleen. Teen die einde van die tweede eeu het Polikrates die volgende geskryf:

‘Again there is John, who leant back on the Lord’s breast, and who became a priest wearing a mitre [petalon], a martyr and a teacher; he too sleeps in Ephesus.’ [quoted by Eusebius in Eccl. Hist., III, 31]

Vertaal uit Engels:

‘Dan weer is daar Johannes, wat terug gelê het teen die Here se bors, wat ‘n priester geword het, wat ‘n miter [priesterlike hooftooisel] gedra het, ‘n martelaar en leraar geword het; hy ‘rus’ ook in Efese.’

Dit wil voorkom of Johannes se verbintenis met die Aäroniese priesters aan hom priesterlike aansien verleen het, selfs in die kerk in Efese en miskien ook in al die kerke van Asië.

Die Kleed en Gordel

Die kleed of rok van Aäron, die eerste hoëpriester van die ou orde, was pers (Eksodus 28:31). Johannes vertel nie vir ons wat die kleur van Christus se kleed in die hemel se tabernakel (in die geestesrealm) was nie. Onthou dat Paulus gesê het dat ‘die wet geestelik is’ (Romeine 7:14). Dus word dit verteenwoordig deur die ‘draad van pers stof’ (Numeri 15:38), wat bedoel was om mense te herhinder aan ‘al die gebooie van die Here’ (Numeri 15:39). Die hoëpriester moes die beliggaming van die volledige en presiese voorneme van die wet van God wees.

Aäron se gordel word volledig beskryf in Eksodus 39:29:

29 and the sash of fine twisted linnen, and blue and purple and scarlet material, the work of the weaver, just as the Lord had commanded Moses.

29 en die gordel van fyn dubbeldraadlinne en van pers en purperrooi en bloedrooi stowwe, veelkleurige werk, soos die Here Moses beveel het.

Die gordel was veelkleurig, met linne (‘n teken van die regverdige optrede van heiliges - Openbaring 19:8, pers (geestelike wet), purperrooi (heerskappy) en bloedrooi (verlossing). Ongewone klem word geplaas op die feit dat dit deur ‘n ‘wewer’ gedoen moes word, sodat al die kleure ingesluit en verenig word as ‘n geheel.

Nietemin vind ons Christus in Openbaring 1:13 ‘gegord om die bors met ‘n goue gordel’. Goud verteenwoordig die Goddelike natuur. In die konstruksie van die Verbondsark, wat van hout gemaak en met goud oorgetrek is, is die profetiese beeld van die menslike natuur oorgetrek met die Goddelike natuur. Dit was ‘n metafoor van Christus as Seun van die mens en Seun van God.

Die ou hoërpriester het ‘n veelkleurige gordel gedra, maar Christus dra ‘n goue gordel. Sy Goddelike natuur troef al die ander kleure, want dit is as gevolg van Sy Goddelike natuur - deur die maagdelike geboorte - dat die doel en profesieë van die ander kleure vervul is.

Die Wit Hare

Openbaring 1:14 sê:

14 And His head and His hair were white like white wool, like snow; and His eyes were like a flame of fire.

14 Sy hoof en hare was wit soos wit wol, soos sneeu, en sy oë soos ‘n vuurvlam,

Christus word hier beskryf met dieselfde terme as die Oue van Dae soos in Daniël 7:9, ‘Sy kleed was wit soos sneeu en die hare van sy hoof was skoon wol;’. Hierdie fisiese beskrywing het ’n geestelike betekenis en doel, want die wet sê in Levitikus 19:32:

32 You shall rise up before the grayheaded [seybah, hoary, old age], and honor the aged, and you shall revere your God; I am the Lord.

32 Vir die grys hare [seybah, grysaard, bejaarde] moet jy opstaan en die persoon van ‘n grysaard eer; en jy moet jou God vrees. Ek is die Here.

Hierdie wet profeteer dat die mens uit die dood sal opstaan wanneer die Oue van Dae kom. Daarom sien ons in Daniël 7 die dooies opstaan om voor die Oue van Dae te staan te kom vir die finale oordeel. Daniël 7:13 sê vir ons dat die Seun van die mens ‘tot by die Oue van dae’ gekom het ‘en hulle het Hom nader gebring voor Hom.’ Hy vertel ook vir ons dat die Oue van dae wit hare het, maar gee nie ‘n fisiese beskrywing van die Seun van die mens nie.

Dit word aan Johannes oorgelaat om te verduidelik dat die Seun van die mens ook wit hare het. Dieselfde respek wat aan die Oue van Dae betoon word, word dus aan die Seun van die mens betoon. Dit identifiseer Christus ook as die regter van die aarde, soos Hy in Johannes 5:26-27 gesê het:

26 For just as the Father has life in Himself, even so He gave to the Son also to have life in Himself, 27 and He gave Him authority to execute judgement, because He is the Son of Man.

26 Want soos die Vader lewe het in Homself, so het Hy aan die Seun ook gegee om lewe in Homself te hê. 27 En Hy het Hom mag gegee om ook te oordeel, omdat Hy die Seun van die mens is.

Jesus het in Johannes 5:28-29 van die opstanding gepraat:

28 Do not marvel at this, for an hour is coming in which all who are in the tombs shall hear His voice, 29 and shall come forth; those who did the good deeds to a resurrection of life, those who commited the evil deeds to a resurredtion of judgement.

28 Moenie julle hieroor verwonder nie. Want daar kom ‘n uur wanneer almal wat in die grafte is, Sy stem sal hoor 29 en sal uitgaan - die wat goed gedoen het, tot die opstanding van die lewe, en die wat kwaad gedoen het, tot die opstanding van die veroordeling.

Dit is ook van belang om te merk dat die opstanding, om voor die Een met wit hare te staan, nie ‘n versoek of ‘n voorstel is nie. Onder die Ou Vebond, is die gebooie bloot opdragte om te gehoorsaam afhangend van die wil van die mens. Onder die Nuwe Verbond oefen God Sy soewereine mag as Skepper uit. Die wette is dus profesieë en beloftes uitgeoefen deur die wil van God.

Gevolglik eis die Ou Verbond dat die mens sal staan in die teenwoordigheid van ‘n grysaard of bejaarde - en die mens is gehoorsaam of ongehoorsaam aan hierdie opdrag. Die Nuwe Verbond plaas egter nie die keuse in die hande van die mens nie, maar alleenlik in die hande van God. Om hierdie rede is dit nie die mens se keuse wanneer hulle opgewek word nie. Hulle word ontbied - gearresteer en gedwonge na die Groot Wit Troon gebring vir die oordeel.

Wat meer is, die wet vereis dat ‘die persoon van ‘n grysaard’ geëer word en ‘jy moet jou God vrees.’ Terwyl dit ‘n opdrag was onder die Ou Verbond, wat deur die mens gehoorsaam kon word of nie, is dit ‘n feitlike stelling (‘n belofte) onder die Nuwe Vebond. Met ander woorde, die wet sê nie vir ons wat die mens mag doen nie, maar wat alle mense SAL DOEN by die Groot Wit Troon oordeel. Dit stem ooreen met Jesaja 45:23-24:

23 I have sworn by Myself, the word has gone forth from My mouth in righteousness and will not turn back, that to Me every knee will bow, every tongue will swear allegiance. 24 They will say of Me. ‘Only in the Lord are righteousness and strength ...’

23 Ek sweer by Myself; geregtigheid gaan uit my mond, ‘n woord wat nie herroep word nie: dat voor My elke knie sal neerbuig, by My elke tong sal sweer. 24 Hulle sal van My sê: Alleen in die Here is volle geregtigheid en sterkte ...

Ons sien dus dat alle mense trou sal sweer by die Groot Wit Troon en Hom sal aanbid en vereer volgens die wet, selfs dié wat in ongeloof geleef en gesterf het. Hulle moet natuurlik steeds die dissipline van die vuurdoop ondergaan om tot geestelike volwassenheid te groei. Tog sal hulle almal hulle volle erfdeel in Christus ontvang aan die einde met die Skepping se Jubileum, wanneer God ‘alles in almal’ word (1 Korintiërs 15:28).

Oë Soos ‘n Vuurvlam

Aan die einde van Openbaring 1:14 sê Johannes van die Spreker dat ‘Sy oë soos ‘n vuurvlam’ is. Dit word aan die einde van die boek herhaal, in Openbaring 19:12, waar ons die verheerlikte Christus op dieselfde manier beskryf sien. Die vensters van die siel laat ons toe om iets van Sy wese te sien. Deuteronomium 4:24 sê:

24 For the Lord your God is a consuming fire, a jealous God.

24 Want die Here jou God is ‘n verterende vuur, ‘n jaloerse God.

Soos ons binnekort in Openbaring 1:16 sal sien - ‘... ‘n skerp tweesnydende swaard het uit Sy mond uitgegaan ...’. Hebreeuse idiome vergelyk die tong (en die gesproke woord) met ‘n swaard. Die Hebreeuse woord labbah beteken beide ‘n ‘vlam’ en die ‘punt’ van ‘n wapen, soos ‘n swaard of spies.

Hebreërs 1:7 sê ook dat God ‘... van Sy boodskappers [engele] winde maak en van Sy dienaars [predikante] vuurvlamme;’ Die woord van God is in Sy engele en word deur die engele se name weerspieël. Dus word ‘n engel uitgebeeld as ‘n vlam of die punt van ‘n swaard, wat die Woord van God is en uit die mond van Christus kom.

Sewe Oë

Daar word verwys na die oë van Christus in Sagaria 4:10 - ‘... die oë van die Here wat die ganse aarde deurloop ...’ Mens moet in die konteks van die ‘steen’ wat voor Josua neergelê is (Sagaria 3:9) daarna kyk. Op dié ‘steen’ is daar ‘sewe oë’ wat ook ooreenkom met die sewe lampe op die kandelaar in die tempel (Sagaria 4:2).

Dit is geweldig kompleks, maar waarskynlik dat hierdie ‘steen’ verband hou met die klip-Koninkryk wat in Daniël 2:35 tot stand kom en beskore is om die hele aarde te vul. Indien die sewe lampe die sewe gemeentes in Openbaring 2 en 3 verteenwoordig, is dit duidelik dat die kerk veronderstel is om die sewe ‘ligte’ of oë te hê, waarvolgens hulle hul verantwoordelikhede onder God moet nakom. Die kerk het natuurlik vêr te kort geskiet, maar die oorwinnaars in die kerke het nie misluk nie. Deur met Christus en die goddelike plan in ooreenkoms te wees, sien die oorwinnaars die wêreld deur Sy oë. Deur die engele wat hulle roepings bepaal aan te neem, word hulle die lewende woord deur die manifestering van die woord van hul engele in hul lewens.

Die oë van die verheerlikte Christus is dus ‘vuurvlamme’ - dit verteenwoordig engele wat deur Hom in die wêreld uitgestuur is met die Woord van God. Daardie engele word die oë van God in die wêreld. Sewe is spesifiek toegestaan aan die sewe gemeentes, wie se oorwinnaars die lewende woord word en sodoende die hemel aarde toe bring. Omdat hulle ‘in Christus’ is, is hulle die steen of klip wat ‘sonder toedoen van mensehande’ losgeraak het en ‘die hele aarde’ gevul het.

Die Hebreeuse konsep van ‘oë’ word gedeeltelik toegeskryf aan die sestiende letter van die Hebreeuse alfabet, ajin - wat oorspronklik geskryf is as ‘n oog. Die ajin dra ‘n getalwaarde van 70. Sewe oë verteenwoordig 7 X 70 of 490, wat profeties hoogs gelaai is soos duidelik uit die openbaring van Daniël se sewentig weke. Indien toegepas op tydsiklusse is die sewe oë (7 X 70) dieselfde as tien Jubileums (49 X 10).

Om hierdie rede kom dit voor of toesig oor die goddelike plan, die doel van die ‘sewe oë’ is wat in die wêreld uitgestuur is. Hulle moet dus sorg dat gebeure op voorgeskrewe tye, volgens die wil van God plaasvind. Ons moet ook in gedagte hou dat die ajin die sestiende letter van die Hebreeuse alfabet is, wat die Bybelse getal van liefde is. Liefde vorm die agtergrond vir die volle plan en wil van God en alle oordeel kom voort uit Sy hart van liefde. Dit is die rede waarom goddelike oordeel, hoewel soms ernstig, regstellend is - ontwerp vir die uiteindelike welstand van die sondaar.

Brons voete

Openbaring 1:15 gaan voort,

15 and His feet were like burning bronze, when it has been caused to glow in a furnace, and His voice was like the sound of many waters.

15 en Sy voete soos blink koper wat gloei soos in ‘n oond, en Sy stem soos die stem van baie waters.

Dawid het in Psalm 8:7 geskryf, ‘U het alles onder sy voete gestel’. Hy het hierdie Psalm geskryf nadat hy Goliat verslaan het. Dit word in die Nuwe Testament aangehaal en op Christus van toepassing gemaak in Hebreërs 2:8, 1 Korintiërs 15:27 en Efesiërs 1:22. Dit is duidelik dat Christus Sy vyande (voorgestel deur Goliat) onderwerp deur middel van oordeel. Dit is die rede waarom Sy voete voorgestel word as gloeiende koper, want koper is die metaal wat goddelike oordeel in die Bybel voorstel. Die koper altaar in die voorhof van die tabernakel en tempel is die plek waar sonde geoordeel word deur middel van offers.

Aan die ander kant moet ons die feit dat God ook Sy vyande onderwerp deur die krag van liefde, soos demonstreer deur Sy bereidwilligheid om vir Sy vyande te sterf (Romeine 5:6-10), ingedagte hou. Om hierdie rede is al die diere wat aan God geoffer was om ons sondeskuld te vereffen, voorbeelde van Christus. Dit beeld goddelike oordeel uit wat deur liefde gemotiveer word, volgens Sy aard. Met ander woorde, goddelike oordeel is nie ontwerp om permanent te vernietig nie, maar om alles onder Sy voete te bring, sodat God ‘alles in almal’ kan wees (1 Korintiërs 15:28).

Onder die Ou Verbond waarna Paulus verwys as die ‘bediening van die dood’ (2 Korintiërs 3:7), is mense fisies deur die swaard gedood. Kanaän is op dieselfde manier deur die fisiese swaard oorwin. Onder die Nuwe Verbond, bekend as die ‘bediening van die gees’ (2 Korintiërs 3:8), ontvang gelowiges ‘die swaard van die gees’ (Efesiërs 6:17). Hierdie wapen is ‘skerper as enige tweesnydende swaard’ (Hebreërs 4:12). Hierdie geestelike swaard is die Woord van God, wat die krag het om ‘siel en gees’ te skei en ‘is ‘n beoordeelaar [wat kan onderskei] van die oorlegginge en gedagtes van die hart’.

Dit is belangrik om te verstaan dat die oordeel van God onder die Nuwe Verbond nie toegepas word om die grootste deel van die mensdom uit te wis nie, maar om ‘n manier te vind om hulle in te sluit in die Koningkryk van God. Almal moet onder die voete van Christus geplaas word. Met ander woorde: onder sy outoriteit. Hy het dit met Sy dood aan die kruis vermag, soos uitgebeeld deur die metafore van offers op die koper altaar. Hoewel die sonde van die wêreld ontsaglik groot is, is Sy bloed baie meer werd as al die sondeskuld van die ganse mensdom dwarsdeur die geskiedenis. Hy het dus die vermoë gehad om self die prys te betaal vir die sondeskuld van die wêreld en Hy het die skepping lief genoeg gehad om met Sy lewe daarvoor te betaal.

Sewe sterre

Openbaring 1:16 eindig Johannes se beskrywing van die Een wat met hom gespreek het:

16 And in His right hand He held seven stars; and out of His mouth came a sharp two-edged sword; and His face was like the sun shining in its strength.

16 En in Sy regterhand het Hy sewe sterre gehou, en ‘n skerp tweesnydende swaard het uit Sy mond uitgegaan, en Sy gesig was soos die son wat skyn in sy krag.

Die verduideliking vir die sewe sterre word later in vers 20 gegee: ‘die sewe sterre is die engele van die sewe gemeentes’. Die sewe sterre is die Pleiades aan die hemelruim, uitgebeeld as die ‘sewe susters’, wat ook die sewe gemeentes in die boek Openbaring is.

In Professor E. Raymond Capt se boek, The Glory of the Stars, skryf hy op bl 101,

‘In the neck of Taurus is another cluster of stars called the ‘Pleiades’ (the Seven Sisters). The word means ‘the congregation of the judges’ or ‘rulers’. The brightest star in the group is ‘Al Cyone’ (Arabic), which means ‘the centre’. Some leading astronomers believe it is the centre of the universe. Apparently that is what was implied when Job is asked of God, ‘Canst thou bind the sweet influences of the Pleiades?’ (Job 38:31).

Vertaal uit Engels:

‘In die nek van die stier is ‘n ander groep sterre genaamd die ‘Pleiades’ (die Sewe Susters/Sewe-ster). Die woord beteken ‘die vergadering van die beoordeelaars’ of ‘maghebbers’. Die helderste ster in hierdie groep is ‘Al Cyone’ (Arabies), wat ‘middelpunt’ beteken. Sommige vooraanstaande astronome glo dat dit die middelpunt van die heelal is. Blykbaar is dit wat impliseer was toe God vir Job gevra het, ‘Kan jy die bande van die Sewe-ster knoop?’ (Job 38:31)

Deur die sewe gemeentes met die Pleiades te vergelyk soos Johannes doen, wys vir ons dat die Kerk ‘die byeenkoms van die beoordeelaars’ genoem word. Met ander woorde: ‘n jurie. Die kerk is die ‘vergadering’, eerder as ‘n georganiseerde struktuur. Die Ou Testamentiese woord kahal, word in Nuwe Testamentiese Grieks vertaal as ecclesia (Hebreërs 2:12), wat op sy beurt weer in Afrikaans vertaal word as ‘kerk’ (soms ook gemeente). Die kerk in die wildernis onder leiding van Moses (Handelinge 7:38) was nie ‘n organisasie of die tabernakel nie. Die kerk is die ‘vergadering’ of gemeente wat na die tabernakel of gebou gaan, nie die tabernakel of gebou waar die mense byeenkom nie.

Terug by die feit dat sommige astronome meen dat Pleiades die middelpunt van die heelal is: Die Pleiades word ook as die troon van God gesien. Daarom is dit interessant dat die kerk - gesien as die vergadering - geroep word om te heers by Sy troon, wat die middelpunt van alles is. Openbaring 2:1 sê dat Hy ‘die sewe sterre in Sy regterhand hou’, soos Paulus ook in Efesiërs 1:20 sê dat Christus uit die dood opgewek is en dat Hy sit ‘aan Sy [die Vader se] regterhand in die hemele’.

Die ‘regterhand’ dui op mag, outoriteit en heerskappy. In hierdie geval het dit ‘n dubbel betekenis. Eerstens het Christus die mag oor die sewe gemeentes (kerke), omdat Hy die Hoof is en voorrang oor alles het. In die tweede plek is outoriteit aan die gemeente gegee as gevolg van hul posisie in Hom en onder Hom. Hul outoriteit is bloot ‘n uitbreiding van Christus se eie mag.

Sy Aangesig

In sy beskrywing, los Johannes die beste vir laaste: ‘... en Sy aangesig was soos die son wat skyn in sy krag’ (Openbaring 1:16).

Die aangesig van Christus word vergelyk met middag sonskyn. Johannes sien Christus ten volle ontsluier, waar Hy die glorie van God manifesteer, soos gedurende Sy gedaante verandering voor die drie dissipels op die berg. Hierdie gebeurtenis is te vinde in Matteus 17:2, waar dit sê:

2 And He was transfigured before them; and His face shone like the sun, and His garments became as white as the light.

2 En Hy het voor hulle van gedaante verander, en Sy gesig het geblink soos die son , en Sy klere het wit geword soos die lig.

Hierdie manifestasie is ‘n Nuwe Testament vergelyking van die gedaante verandering van Moses toe hy ook op die ‘berg’ was. Ons lees daarvan in Eksodus 34.

Die Gedaanteverandering van Moses

Moses het teen die berg opgegaan, en met sy sesde tog het God aan hom die Tien Gebooie op kliptafels oorhandig. Terwyl hy daar was het die volk egter ‘n goue kalf gemaak om te aanbid. Toe Moses na veertig dae teruggekeer en gesien het wat die volk gedoen het, het hy die kliptafels stukkend gegooi (Eksodus 32:19).

Daarna is hy vir ‘n sewende keer teen die berg op om vir die volk in te tree (Eksodus 32:21). God het hom toe meegedeel dat Hy nie meer die volk persoonlik sou lei nie, maar dat ‘n engel hulle sou lei. Daarna het Moses sy agste en finale tog teen die berg op onderneem, soos geskryf staan in Eksodus 34:4, toe God ‘n ander verbond met Moses en Israel gesluit het in vers 10:

10 Then God said, Behold, I am going to make a covenant. Before all your people I will perform miracles, which have not been produced in all the earth, nor among any of the nations; and all the people among whom you live will see the working of the Lord, for it is a fearful thing that I am going to perform with you.

10 ... Kyk, Ek maak ‘n verbond; voor jou hele volk sal Ek wonders doen soos dit op die hele aarde en onder al die nasies nie geskape is nie, sodat die hele volk onder wie jy is, die werk van die Here kan sien. Want verskriklik is dit wat Ek aan jou gaan doen.

Hierdie verbond is vooruitgeloop deur die lig wat uit Moses se gesig geskyn het, toe hy met die nuwe kliptafels (met Tien Gebooie daarop) van die berg af teruggekeer het. Moses se gedaante-verandering was die begin van hierdie verbond van wonderwerke. Ek glo dat dit die basis gevorm het van die viering van Israel se finale fees: die Loofhuttefees - spesifiek die agtste dag daarvan. Dit is die dag waarop die volheid van die gees en die verheerlikte liggaam ontvang word.

Moses was die eerste om die patroon in te stel en dit as ‘n feesdag te onderhou. Later is dieselfde patroon herhaal deur Christus, want Hy was ‘n profeet net soos Moses (Deuteronomium 18:18; Handelinge 3:22). Die finale herhaling sal gesien word met die ‘liggaam van Christus’ op die agtste dag van die Loofhuttefees van een of ander jaar.

Nie Moses of Christus se gedaanteveranderings is spesifiek gedateer nie, want God het Sy plan meestal verberg in voorbeelde. Ons weet uit die storie in Eksodus dat dit plaasgevind het in die herfs van daardie jaar, maar die feit dat Moses van sy agtste tog teen die berg af teruggekeer het, is ons eerste leidraad. Verder het hy die tweede stel wette gedra, omdat hy die eerste stel stukkend gegooi het. Dit is ‘n metafoor vir die Nuwe Verbond, waardeur die wette onderhou sal word (Hebreërs 8:8-12).

Dit was egter presies dieselfde wette (Eksodus 34:1) wat God aan Moses gegee het op die eerste tafels. Die enigste verskil is dat die tweede stel wette nie gebreek was nie, want dit sal onderhou word, gebaseer op wat God in ons sal vervul en nie hoe goed die mens dit self onderhou nie.

Die verskil tussen die twee gedaanteveranderings is dat Moses nodig gehad het om sy gesig met ‘n sluier te bedek, terwyl Christus in Sy volle onthulde glorie aan Johannes verskyn het, ‘soos die son’. Paulus verduidelik in 2 Korintiërs 3:14 dat die Ou Verbond die veil is. Hy sê dat hierdie sluier deur Christus verwyder word (2 Korintiërs 3:16). Wanneer dit verwyder is, sal Psalm 80:4, 8 en 19 vervul word: ‘... herstel ons, en laat u aangesig skyn, sodat ons verlos kan word’.

Op dieselfde manier moet die voete van die onthulde Christus as deel van die Nuwe Verbond-manifestasie van Christus gesien word. Die Nuwe Verbond word gebaseer op die beloftes van God, terwyl die Ou Verbond op die mens se beloftes berus. Die mens se beloftes kan nie volkome nagekom word nie, daarom lei dit tot die dood. Slegs God se beloftes sal volkome vervul word en wanneer Christus as die bemiddelaar van die Nuwe Verbond kom, sal daardie beloftes beslis gehou word. Met ander woorde: alles sal onder Sy voete geplaas word.