Latest Posts
View the latest posts in an easy-to-read list format, with filtering options.

Hierdie boek is die eerste van agt in die reeks en behels ‘n studie van Openbaring 1 en 2. Dit eindig met Openbaring 2:17 Aanhalings uit NASB en 1933 AV tensy anders vermeld.
Category - Bible Commentaries
Die titel van Johannes se boek kom van die eerste drie geskrewe woorde daarvan. Apokalupsis lesou Christou ‘Die Openbaring van Jesus Christus’. Die term apokalupsis beteken ‘openbaring, onthulling, bekendstelling, bekendmaking en verskyning’. Dit is ‘n saamgestelde woord afgelei van apo wat ‘van, af of skeiding’ beteken en die werkwoord kalupto wat ‘wegsteek of bedek’ beteken. Saam spreek die twee dele van ‘n ontsluiering.
Dit kom voor of daar ‘n dubbele bekenis vir hierdie woord is. Eerstens is dit die ontsluiering van waarheid deur Jesus Christus, met ander woorde die openbaring van iets wat voorheen weggesteek of bedek was. Tweedens bied dit die onthulling van Jesus Christus self, wat die verpersoonliking van waarheid is. In Johannes 14:6-7 lees ons:
6 Jesus said to him, ‘I am the way, and the truth, and the life; no one comes to the Father, but through me. 7 If you had known me, you would have known my Father also; from now on you know Him, and have seen Him.
6 Jesus antwoord hom: Ek is die weg en die waarheid en die lewe; niemand kom na die Vader behalwe deur My nie. 7 As julle My geken het, sou julle My Vader ook geken het, en van nou af ken julle Hom en het julle Hom gesien.
Om die woorde van Jesus te glo is dieselfde as om Hom te herken as die waarheid, want mens kan nie die waarheid van die oorsprong daarvan in Sy Persoon verwyder nie. Ons ken mense aan die ‘vrug’ wat hulle dra.
Om die boek Openbaring waarin Jesus Christus onthul word, behoorlik te verstaan, moet ons dit nie alleen sien as ‘n voortgang van Daniël nie, maar ook as ‘n boek wat voortbou op die Evangelie van Johannes. Dit word voortgebou op die sesde wonderteken in die besonder - soos aangeteken in Johannes 9. Dit vertel die verhaal waar Jesus die man wat blind gebore is genees - hy kon nie sien nie asof sy oë bedek was met ‘n sluier, tot Jesus dit ontsluier het en Homself aan die man geopenbaar het.
Die man het toe gelowig geword en ‘n dissipel geword. Later jare het hy die Bethanië-familie vergesel na Provence in Galië. Hy het die Biskop van Augusta Tricastinorum en die dorpie St. Restitut geword, wat na hom vernoem is - toe hy uit Judea weggetrek het, het hy die Romeinse naam Restitutus aangeneem.
Restitutus het ‘n lewende teken van die onpenbaring van Jesus Christus geword.
Johannes het sy Evangelie geskryf om die Loofhuttefees (ook bekend as die Fees van Tabernakels) te verduidelik. Daarom is daar agt wondertekens in sy Evangelie aangeteken, een vir elke dag van die Fees. Saam vorm dit ‘n Hebreeuse spieëlpatroon - die struktuur van die boek.
A Die Bruilof in Kana (Johannes 2:1-11)
B Die koninklike beampte se seun genees (Johannes 4:46-50)
C Die siek man van Betésda (Johannes 5:1-47)
D Kos vir vyfduisend mense (Johannes 6:1-14)
D₁ Jesus loop op die see (Johannes 6:15-21)
C₁ Genesing van blind gebore man (Johannes 9:11-41)
B₁ Lasarus uit die dood opgewek (Johannes 11:1-44)
A₁ 153 visse gevang (Johannes 21:1-14)
Terwyl die hooffokus van Johannes se Evangelie die middelste twee tekens was (verteenwoordigend van die twee komste van Christus - D en D₁), verteenwoordig die boek Openbaring C en veral C₁. Ons word almal blind gebore tot Jesus Homself aan ons openbaar deur die sluier van ons oë te verwyder, sodat ons die waarheid kan sien en in Hom kan glo. Die blinde man is na die bad van Siloam gestuur om daarin te gaan was (Johannes 9:7). Siloam beteken ‘gestuur’. Die betekenis van hierdie teken word aan die einde van die hoofstuk gegee, waar die man uit die tempel ‘verban’ is (Johannes 9:34).
Parallel aan hierdie storie is die verhaal van die man wat in Jerusalem genees is by die bad van Betésda (Johannes 5:2). Om een of ander rede kon hy nie loop nie, maar Jesus het vir hom gesê: ‘Staan op, neem jou bed op en loop’ (Johannes 5:8). Dit dui op die krag van ‘opgewekte’ lewe, wat die vermoë meebring om ‘n mens se roeping te kan vervul. Daarom word die man ‘gestuur’. Die betekenis van hierdie wonderteken word deur Jesus se lering, soos opgeskryf in die res van Johannes 5, verduidelik. Dit gaan hoofsaaklik daaroor om ‘Amen’-mense te word. Net soos Jesus, doen dié wat werklik ‘gestuur’ word, niks uit hulself nie (Johannes 5:19, 30), maar lewer slegs getuienis van Christus en Sy waarheid. Op hierdie manier eer hulle die Seun (Johannes 5:23) eerder as hulself.
Soos voorheen vermeld is die parallel van die Betésda-verhaal die een by die bad van Siloam, waarin die blinde man se oë genees was. In beide gevalle was die opposisie gelei deur die godsdienstige leiers wat hul teenkanting baseer het op die feit dat Jesus op die Sabbat genesing gedoen het. In beide gevalle het hulle (vergeefs) by Moses appèl aangeteken (Johannes 5:45-47 en Johannes 9:28-29) vir ondersteuning van hul blinde siening.
Die godsdienstige leiers van Jesus se tyd het nie verstaan dat hul oë verblind was deur sluiers sedert die dae van Moses toe hy ‘n sluier oor sy gesig moes dra om die heerlikheid van God van hulle te verberg nie (Eksodus 34:29-35). Paulus vertel in 2 Korintiërs 3:12-16:
12 Having therefore such a hope, we use great boldness in our speech, 13 and are not as Moses, who used to put a veil over his face that the sons of Israel might not look intently at the end of what was fading away. 14 But their minds were hardened; for until this very day at the reading of the old covenant the same veil remains unlifted, because it is removed in Christ. 15 But to this day whenever Moses is read, a veil lies over their heart; 16 but whenever a man turns to the Lord, the veil is taken away.
12 Terwyl ons dan sodanige hoop het, gebruik ons baie vrymoedigheid; 13 nie soos Moses nie, wat ‘n sluier oor sy gesig gesit het, sodat die kinders van Israel nie die oë kon vestig op die einde van wat moes vergaan nie. 14 Maar hulle sinne is verhard. Want tot vandag toe bly by die lesing van die Ou Testament dieselfde sluier sonder dat dit opgelig word, die sluier wat in Christus vernietig word. 15 Ja, tot vandag toe, wanneer Moses gelees word, lê daar ‘n sluier oor hulle hart; 16 maar wanneer hulle tot die Here bekeer is, word die sluier weggeneem.
Toe Moses sy gesig bedek het, het dit nie sy eie sig belemmer nie. Die sluier het die heerlikheid van God vir die mense verberg - húlle was die blindes, nie Moses nie! Daarom sê Paulus dat ‘n ‘sluier oor hulle hart’ lê. Hierdie sluier bly in plek ‘sonder dat dit opgelig word’ solank mense vertrou op die Ou Testament en die Bemiddelaar van die Nuwe Verbond verwerp. Die Griekse woord anakalupto , ‘unlifted’ in Engles, word vertaal as ‘sonder dat dit opgelig word’. Die King James Vertalling (KJV) stel dit as ‘untaken away’. Die sluier bly nie bloot passief oor hulle nie, it word opsetlik NIE VERWYDER NIE.
Die sleutel tot verwydering van hierdie sluier is in geloof aan Jesus Christus en deur inskiklikheid tot die Nuwe Verbond. Nadat die twee mans, die eerste by Betésda en die ander by Siloam genees was, het hulle ontdek dat hulle direk in konflik gekom het met dié wat nog in Moses geglo het. In hul blindheid het die twee mans se teëstanders egter ook nie in Moses geglo nie, want die sluier oor hul oë het verhoed dat hulle die heerlikheid van God kon sien wat op Moses se gesig was. Dus het Jesus na die genesing van die man by die bad van Betésda vir die godsdienstige leiers gesê: (Johannes 5:44-47)
44 How can you believe, when you receive glory from one another, and you do not seek the glory that is from the one and only God? 45 Do not think that I will accuse you before the Father; the one who accuses you is Moses, in whom you have set your hope. 46 For if you believed Moses, you would believe Me; for he wrote of Me. 47 But if you do not believe his writings, how will you believe My words?
44 Hoe kan julle glo wat van mekaar eer aanneem, en die eer wat van die enige God kom, nie soek nie? 45 Moenie dink dat Ek julle sal beskuldig by die Vader nie. Daar is een wat julle beskuldig - Moses op wie julle gehoop het. 46 Maar as julle Moses geglo het, sou julle My glo, want hy het van My geskrywe. 47 En as julle sy geskrifte nie glo nie, hoe sal julle My woorde glo?
Met ander woorde: hulle het nie probeer om die heerlikheid van God deur die sluier van Moses te sien nie. Hulle was tevrede om deur mekaar verheerlik te word met titels, posisies van ourotiteit en reputasies wat deur hulself geregverdig was. Hulle sal by Moses appèl aanteken net om te vind dat hy as getuie teen hulle optree in die hooggeregshof van God.
Dus kan die boek Openbaring nie verstaan word deur dié wat nog deur die sluier van die Ou Verbond bedek word nie. Mens moet Moses glo wat van Jesus getuig het. ‘n Mens moet as ‘t ware na Moses gaan en hom vra om die sluier van sy gesig te verwyder, sodat ons sy geskrifte met Nuwe Verbond oë kan lees. Dan kan mens Sy heerlikheid sien en Sy waarheid verstaan. Wanneer Moses die sluier van sy gesig verwyder sien ons Jesus Christus van aangesig tot aangesig - Hy was die profeet soos Moses. Deuteronomium 18:18-19 sê:
18 I will raise up a prophet from among their countrymen like you, and I will put My words in his mouth, and he shall speak to them all that I command him. 19 And it shall come about that whoever will not listen to My words, which he shall speak in My name, I Myself will require it of him.
18 ‘n Profeet sal ek vir hulle verwek onder hulle broers uit, soos jy is, en Ek sal My woorde in sy mond lê, en Hy sal vir hulle sê alles wat Ek Hom beveel. 19 En die man wat na my woorde wat Hy spreek in my Naam, nie luister nie, van hom sal Ek self rekenskap afeis.
Dit word op Jesus toegepas in Handelinge 3:22-23. Hierdie profesie van Moses vertel ons dat God elke mens verantwoordelik sal hou wat nie na die woorde van hierdie Profeet luister nie. Die parafrase in vers 23 is meer spesifiek:
23 And it shall be that every soul that does not heed that prophet shall be utterly destroyed from among the people.
23 En elke siel wat nie na dié profeet luister nie, sal uit die volk uitgeroei word.
Die sluier word gekoppel aan die Ou Verbond en die Ou Verbond is op sinnebeeldige wyse Hagar (Galasiërs 4:24) en die aardse Jerusalem (Galasiërs 4:25). In werklikheid is die aardse stad Jerusalem, ‘n visuele simbool van die Ou Verbond wat as slavin uitgewerp (Galasiërs 4:30) moet word.
Daarom is enigiemand wat vertrou op die Ou Verbond en Jerusalem beskou as hul geestelike moeder, nog onder ‘n sluier waardeur die heerlikheid van die openbaarde Christus nie gesien kan word nie. Sulke mense is geestelike Ismaeliete en sal nie mede-erfgename van die Koninkryk word, tensy hulle bekeer en kinders van die Nuwe Jerusalem - Sarah - word nie. ‘Maar ons, broeders, is soos Isak, kinders van die belofte;’ (Galasiërs 4:28).
Die boek Openbaring word simboliseer deur die tau, die teken wat oorspronklik deur ‘n kruis of X aangeteken is. Dit is asof die boek terselfdertyd geseël en geopen is - gelyktydig gesluit en oopgesluit. Die sleutel tot insig van die boek is die merk van God - die tau (X of kruis) wat op ons voorhoof moet wees soos verduidelik in Openbaring 7, met die verseëling van die stamme van Israel. Hoewel mense dalk tekens op hul voorhoofde maak as godsdienstige gebruik, sal sulke fisiese tekens niks doen om die sluier te lig, terwyl sulke mense op die Ou Verbond-godsdiens staatmaak nie.
So sit die titel van die boek Openbring (geneem uit die eerste woorde daarvan) die doel van die boek self uiteen. Afgesien van die konsep van die sluier en die oplig daarvan, sal die meeste mense die boek Openbaring met versluierde oë lees. Ons bid dus dat ons die woorde van Moses aangaande Jesus sal glo. Ons bid dat hy sy Ou Verbond-sluier sal lig, sodat ons die heerlikheid van Jesus Christus op sy gesig en in die hele Skrif sal sien.
Dan alleen word Jesus werklik openbaar, een treë op ‘n slag - deur Openbaring te ontsluit.